3 BESTANDDELE SPONSKOEK (HALOGEN)
Brunhilda Venter
Ek het die drie bestanddele koek probeer in die convectionaire oondjie met 30% minder vloeistof (die eiers in die geval, dus net 4 ipv 6) en dit het gewerk. Oond eers gepreheat vir 6 min en toe gebak by 180°C vir 20 min. Ek dink die gewone oond doen die resep meer reg aan.
3 Bestanddele Sponskoek:
6 eiers, geskei
1 kop self raising meel
1 kop suiker (ek het castor sugar gebruik)
Skei eiers, gooi ½ kop suiker by wit en ½ kop suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Kooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by.
Bak in oond by 180°C vir 30 min.
Foto: Brunhilda Venter