WAFELS
(omtrent 8 wafels)
2 koppies meel
4 t bakpoeier
2 eiers
1 ¾ koppie melk
4 eetlepels gesmelte botter
Knippie sout
Skei die eiers
Klits die eiergele en melk saam.
Roer al die droe bestanddele by die gesmelte botter.
Klits die eierwitte styf.
Voeg die eierwitte by die mengsel.
Bak die wafels.
WAFELSTROOP (dit vries goed)
(Maak net die helfte vir jou huis se gebruik)
8 ½ koppies water
3 ½ koppies suiker
62 ½ gram vlapoeier
25ml vanilla essens
125g gouestroop
¼ t sout
125g margarien
Meng alle behalwe 1 koppie water en vla.
Kook saam
Meng vla en koppie water
Sodra die mengsel begin kook, voeg vlamengsel by en verdik die sous.
Dit vries goed.
Opdiening: Maak wafelstroop warm.
Gooi wafel in stroop.
Wanneer wafel goed stroop “getrek” het, haal uit.
Dien op met vars room of roomys
(My ma se resep)
Foto en resep geplaas deur Charne de Jager
Done