
WAFELS
(omtrent 8 wafels)
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 eiers
1 ¾ koppie melk
4 eetlepels gesmelte botter
Knippie sout
Skei die eiers
Klits die eiergele en melk saam.
Roer al die droe bestanddele by die gesmelte botter.
Klits die eierwitte styf.
Voeg die eierwitte by die mengsel.
Bak die wafels.
WAFELSTROOP (dit vries goed)
(Maak net die helfte vir jou huis se gebruik)
8 ½ koppies water
3 ½ koppies suiker
62 ½ g vlapoeier
25 ml vanilla essens
125 g gouestroop
¼ teelepel sout
125 g margarien
Meng alle behalwe 1 koppie water en vla.
Kook saam.
Meng vla en koppie water.
Sodra die mengsel begin kook, voeg vlamengsel by en verdik die sous.
Dit vries goed.
Opdiening: Maak wafelstroop warm.
Plaas die wafel in die stroop.
Wanneer wafel goed stroop “getrek” het, haal uit.
Dien op met vars room of roomys
(My ma se resep)
Foto en resep geplaas deur Charne de Jager







Done