1 kg uie, in dik skywe gesny
½ koppie balsamiese asyn
½ koppie bruin asyn
3 koppie bruin suiker
¼ koppie heuning
1 koppie vars uitgedrukte lemoensap, met die vessel
1 bay leaf
1 teelepel sout
¼ koppie olyf olie
Giet alles in ‘n groot genoeg kastrol.
Plaas op stoof en kook baie stadig vir 3 ure.
Met deksel op roer gereeld en haal deksel laaste halfuur af.
Laat oop kook totdat stropie lekker dik begin word, toets in ‘n piering tot reg.
Onthou net om te roer !!!
Bottel warm.
Heerlik!!!
Resep geplaas deur Hannalie Kitshoff








