

RIANA SE SAVORY MUFFINS
Resep en foto: Riana Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml rooi peper
10 ml ‘mixed herbs’
10 ml gedroogde pietersielie
60 ml botter, gesmelt
1 ½ koppie karringmelk
1 eier
1 koppie kaas, gerasper
3 viennas, gerasper (spek sal ook werk)
Sif al die droë bestanddele saam, kaas en viannas ook.
Meng karringmelk, botter en geklitste eier en meng saam met meelmengsel.
Roer deur en skep in muffin pannetjies (ek sprinkel bietjie paprika bo-oor).
Bak vir 15 – 20 min by 220°C.






