Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, aardappel blokkies en die helfte prei, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ‘n bietjie sout en peper saam in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Bedek en prut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.
Haal die bene, vleis en lourier blarre uit en sit dit appart. Vat n staaf blender en maal alles fyn, gooi nou vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ‘n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.)
NOTA: Ek het net ‘n paar veranderingen gemaak in plaats van so baie uie die helfde vervang met prei en 1 groot aartappel bygesit in die eerste kook fase…daarna het ek die vleis en lourier blare uitgehaal en alles wat in die pot was met n ‘stick blender’ fyn gemaal toe die vleis en res van die groente in gegooi.








