
GROOT ROG HAWERMOUTBROOD
So hier is die resep vir ‘n groot (2 lb/900 g) brood. Vars uit die broodmasjien eet ons dit sommer maklik in een sitting op. Op die oomblik is dit die brood wat ons die meeste bak.
400 ml water
2 eetlepel olie
1 groot eier
1 1/2 teelepel sout
2 eetlepels suiker
150 g growwe rogmeel
150 g fyn rogmeel
150 g hawermout (fyn gemaal in die voedselverwerker)
45 g Maizena (mielieblom)
7 g kits gis (vir broodmasjiene)
Plaas alles in die volgorde die broodmasjien en meng eers self.
Kies dan die ‘whole wheat’ siklus vir ‘n 2 pond broodjie.
As die siklus klaar is bak die brood vir ‘n verdere 30 minute op die ‘extra bake’ funksie. (En toets dat dit deur gaar is voor jy die siklus stop)
En vir variasie:
Die 150 g fyn en growwe rogmeel kan vervang word met 300 g fyn rogmeel, maar dan benodig jy 430 ml water.
Week 2 opgehoopte eetlepels linsaad (flaxseed) in ‘n bietjie water vir ten minste ‘n uur (of sommer oornag) en voeg dit by die brood
Voeg 2 opgehoopte eetlepels anys saad by. Dit gee dit ‘n heerlike anys geur, sonder dat dit ‘n sterk anys smaak het.
Voeg 2 eetlepels kakao by vir ‘n donkerder brood.






