DIE NEL-FAMILIE SE OORSPRONKLKE SKUINSKOEK RESEP
2.5 kg koekmeel (gewone koekmeel, nie bruismeel)
3 pakkies Anchor yeast (droë gis)
4 koppies suiker in louwarm water opgelos
250 g botter gesmelt
1 desertlepel sout
2 desertlepels anys
2,5 kg meel in ‘n groot mengbak.
Voeg die anys, sout en yeast by.
Neem jou suiker en los dit op in die water. BELANGRIK: roer hom in ‘n waterstroop.
Vat die gesmelte botter, gooi oor die droë bestanddele en werk dit deur met jou vingerpunte.
Hou ‘n koppie louwarm water byderhand. Nou vat jy die suikerwater, voeg dit bietjie-bietjie by en knie soos wat jy dit byvoeg.
Wanneer jy klaar is hiermee, voeg die ekstra koppie water bietjie-bietjie by en hou aan met knie totdat jou deeg ‘n sagte deeg vorm.
Jy weet wanneer jy reg geknie het wanneer die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
Net ‘n wenk: BAIE GEDULD nodig wanneer jy knie, want dit gaan maak of jou skuinskoek perfek uitkom, of nie.
Neem ‘n ou tafeldoek en klein kombers, smeer met ‘n verfkwas 2 eetlepels gesmelte botter bo-oor jou kniesel en seël nou jou bak met plastiek.
Maak WARM toe met die tafeldoek en kombers. En los die bak vir 4 ure. Jou deeg is reg wanneer hy dubbeld gerys het en moontlik uit jou bak klim.
Smeer jou werkoppervlak met botter. Dop jou bak daarop om. Nou druk jy die deeg plat met jou hande. (so, 25 cm dik). Sny dit in lang strips. En nou sny jy die strips diagonaal in snitte van 3 tot 3,5 cm.
2 liter kookolie moet byderhand wees
Neem ‘n lekker ou kastrol en gooi ongeveer ‘n liter olie in kastrol.
Maak seker die olie is lekker warm. Nou bak jy die snysels tot hulle mooi goudbruin is.
Jy moet hulle heeltyd omkeer sodat hulle egalig bruin word.
LET WEL: wanneer hulle gaar word, dryf hulle na bo.
Hou maar mooi dop dat hulle nie brand nie.
*Smaak heerlik, net so. Of saam met koffie.
Plasing: Lidia Theron