

SOET ROSYNE KOLWYNTJIE
150 g margarien of botter
150 g strooi suiker
3 eiers
150 g bruismeel
75 g rosyne
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer kolwyntjiepan of gebruik papier houertjies.
Room die botter en suiker tot lig en romerig.
Kilts die eiers by, roer die meel by en dan die rosyne.
Skep die beslag in die pan of papierhouertjies.
Bak in die voorverhitte oond vir 15 tot 30 minute, tot goudbruin.
Lewer 10 – 15 kolwyntjies.
Resep: Ronel Lewies Pretorius

