


MALEISE KOEKSISTERS
Meng die volgende almal saam
1 kg koekmeel
1 pkie yeast
1 tlp sout
2 tlps mixed spice
1 tlp fyn kaneel
1 tlp fyn neut
125 ml suiker
sit dit eenkant….
Nou meng jy die volgende saam
3 kwart koppie olie
1 en ‘n half koppie louwarm water
Meng die twee bymekaar, maw water by meel, eers met ‘n slap lem mes en dan as als deur gemeng is strooi jy meel op jou tafel en keer die deeg uit en begind te knie. Moet nou nie die meel gaan dood knie nie net mooi egalig om n lekker elastiese deeg te maak. Jy vat dan nou jou bak smeer dit lekker olie en plaas daai lekker slap ma elastiese bol deeg da in. Draai hom toe soos n baba wat koud kry en sit in n warm plekkkie om te rys.
Stap twee terwyl daai deegie nou besag is om te gesels en te rys maak vir jou n lekker stroop deur 2 koppies suiker met 1 koppie water te meng tot suiker opgelos is. Sit jou pot op die stoof en laat dit kook op lae hitte tot jy n lekker dun ma kleefbare stroop het. Ek persoonlik sit altyd n stuk kaneel en gedroogde naartjie skil in my stroop vir extra geur.
Nou ja daai baba het nou lank genoeg gebroei en is seker nou al verdubbeld as nie meer. Jong as dit nie gerys het nie, is jou yeast oud. Dis al wat kan fout gaan as jy gevolg het wat ek se dan is daar niks anders logies verkeerd behalwe ou yeast nie.jy vat nou daai deeg en breek dan sal se golf bolle af dalk tiksie kleiner en rek dit so bietjie uit sodat dit bietjie langer is. Sit dit op n meelbestrooide tafel. So maak jy tot al jou deeg op is en jou tafel vol koeksisters is. Jy sal ook oplet soos jy aangaan daai eerste paar rye het alweer begin rys dis 100% reg so. So moet dit nie te groot maak nie want dit rys nog in die olie ook.
O gats ekt vergeet om te se as jy nie ‘n deepfryer het nie moes jy al lankal ‘n swaarboom pot eers baie belangrik eers warm laat raak het en as die stoom hom so loop en uitkom dan eers voeg jy jou olie in en crown visolie werk ma al te goed hier. Nou laat jy jou olie ook lekker warm word om dit te toets vat jy so n stukkie deeg en gooi dit in die olie. As hy borrels maak en van onder af opspring want sy gat brand dan is jou olie warm.
Nou ja nou kan jy begin afbak so 4 tot 5 op n slag in jou pot. Moet nie te veel op n slag insit nie want dan trek dit die olie in. En dan het jy drunken koeksisters en ons wil dit nie he nie ok.
Jy bak van jou eerste ry af tot by jou laaste ry tot als opgebak is. Ons verstaan mekaar mos nog hier ne.
Nou ja die harde werk is so te se klaar al wat jy nou doen is verhit weer jou stroop tot dit borrel en sit weer so 4 tot 5 koeksisters in jou pot en stroop hom somaar lekker. Kyk hier kan hy ma versuip ma oek nie te veel nie. Haal hom uit sit in n bak waat jy onder n laag fyn klapper gestrooi het sit die gesuikerde koeksisters da in en bestrooi milldelik met klapper, jah so gaan jy aan tot jy genoeg gesuiker het vir die ou teetjies wat jy nou vir 4oclock gaan geniet.
Dit wat oorbly mag jy opdeel en en sakkies sit vir die vrieskas, maar nie vir langer as n maand nie gehoor.
Laastens jou stroop as dit te taai word so na die tweede batch dan sit jy net bietjie warm water in en laat dit weer kook nou net nie n hele koppie water nie net ‘n bietjie ok.
Hoop van harte dat dit nou n verstaanbare en maklik genoeg gese is en dat ek nie weer hoef te verduidelik wat aangaan nie, ag ek speel maar alle vrae is welkom.
Geniet die resep kan jou so 50 dalk meer koeksister gee hang ma van jou grote af.
Lekker bak
Resep: Washielah adams






