KOKKEDOOR TESSIE SE YSKAS KAASKOEK


KOKKEDOOR TESSIE SE YSKAS KAASKOEK
My GEWILDE yskas kaaskoek met verskillendes kleure “toppings”.
Maak gerus die heerlike kaaskoek, dis hemels lekker.
Maak ‘n kors aan met gesmelte margarien en Tennis koekies. Druk vas in gesmeerde ring pan. Bak vooraf die kors vir 5 minute in oond teen 180ºC.
1 blik kondensmelk
1 houertjie fyn maaskaas (ongegeur)
250 ml vars room
125 ml suurlemoensap
1 pakkie suurlemoen jellie (maak aan met 1 koppie kookwater)
Klits kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap saam. Los die jellie op in kookwater en as dit koud is (dit moet nie heeltemal stol nie), voeg by kondensmelk mengsel. Klits room styf en vou styfgeloopte room by mengsel in. Gooi in pan en sit in yskas.
Jellie bo op kaaskoek se metode:
Meng 1 pakkie jellie met 1 koppie warm en 1 koppie koue water. Sit in yskas tot dit net gestol het, gooi dan bo op die kaaskoek en hou verkoel.
Jy kan enigiets anders ook gebruik om bo-op te sit, soos vrugte, ens.
Resep en foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp








