Koop ‘n bottel AMAZI, sit 4 nappy liners of kaasdoek in ‘n sif oor ‘n bak gooi amazi in.
Laat staan oornag – selfs tot 2 dae – sodat vloeistof kan skei van mekaar.
Gooi die water gedeelte weg en die maas wat bo op die liners le kan jy gebruik vir maaskaas.
Geur soos jy lus het.
Goeie raad is om bietjie sout in die amazi te sit aan die begin van die proses.
Bron: Anina Jeannette Smith