GROOTMAAT ROLPOEDING

GROOTMAAT ROLPOEDING
(50 PORSIES)
12 koppie meelblom
1 ½ eetlepel sout
2 eetlepel bakpoeier
1 ½ koppie botter of margarien, gesmelt
6 eiers, geklits
1 liter vloeistof – melk of water
3 1/3 koppie fyn konfyt
3 liter kookwater
2 ¼ koppie suiker
Meng die droë bestanddele. Meng die botter, eiers en 1 liter vloeistof . Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele. Die deeg moet nie te styf wees nie. Rol ongeveer 6 mm dik uit en sny in blokke van 30 cm x 22 cm. Smeer met konfyt en rol op. Sit in bakpanne. Meng 3 liter kookwater en suiker en gooi kokend oor die opgerolde deeg. Bak ongeveer 1 uur lank in ‘n warm oond. As rolle dunner is, sal dit gouer gaar bak. Dien op met vla wat nie te soet is nie.






