MA SE KERRIEVIS TERT

2014-11-12-lizelletested

1x blik kerrievis (haal al die gagga’s uit)
1 x Uie gerasper (nie te groot)
2 x Tamaties gerasper (nie te groot)
2 x koppies cheddar kaas gerasper
2 x eiers
Sout en peper na smaak

Dreineer tamatie en uie water. Meng als saam en bak teen 180 °C vir so 30 -40 min tot gaar. Bedien met slaai of koud as sout tert.
Resep van my sussie Debbie Bornman
Foto deur Lizelle Lambert




VISKOEKIEGEREG

2014-11-12-cindytested

VISKOEKIEGEREG
± 2 – 3 koppies gaar rys
3 groot uie
kerriepoeier
speserye na smaak
viskoekies (Woolworths hake) hoeveelheid hang af van grootte van bak, ek het 9 gebruik
3 eetlepels koekmeel
700 – 800 ml melk, witsous moet dunnerig wees
kaas, gerasper en opsioneel – ek kan kaas met alles eet

Braai uie in ‘n bietjie olie tot deursigtig en voeg kerriepoeier, (sout, peper, borrie, cajun spice) by na smaak.
Voeg koekmeel by en roer deur.
Voeg die melk by en prut tot effens verdik.
Bak viskoekies intussen vir 10 min teen 200°C. (half gaar)
Skep rys in oondvaste bak.
Met gaatjies lepel skep meeste uie uit sousmengsel bo-op rys en bietjie van die sous.
Pak viskoekies bo-op en skep die res van die sous bo-oor.
Ek gebruik ‘n dun mes om die sous te help deursypel tot by die rys.
Strooi gerasperde kaas bo-oor (ek het ook fyngedrukte nik-naks bo-oor gestrooi).
Bak vir 20 minute teen 180°C.
Variasies kan lekker wees, voeg ‘n laag ertjies by, speel rond met speserye, gebruik visvingers, ens…. En geniet!
Foto en resep: Cindy Goosen




SAVANNAH HOENDER MET EKSOTIESE SAMPIOENE

savagna hoender adritested

SAVANNAH HOENDER MET EKSOTIESE SAMPIOENE
3 eetlepels druiwepitolie
6 hoenderborsies, gehalveer in die lengte
seesout
grofgemaalde gemengde peperkorrels
1 eetlepel botter
400 g gemengde eksotiese sampioene
¼ koppie Madeira of soetwyn
½ koppie organiese hoenderaftreksel
1 koppie preie, grofgekap
½ koppie vars room
6 repies spek, gekap en gebraai

Verhit olie in pan en braai hoender tot bruin aan albei kante.
Verwyder uit pan, geur met sout en peper en hou eenkant.
Plaas sampioene en botter in dieselfde pan en braai vir 5 minute.
Voeg Madeira en hoenderaftreksel by en laat prut vir ongeveer 7 minute.
Voeg preie en room by, laat prut vir ‘n verdere 3 minute.
Voeg hoender by om te verhit.
Skep op opdienbord en sprinkel met spek.

Resep gepos deur Coen Cloete
Foto:  Andri du Toit




ESME SE BOONTJIEBREDIE

2014-11-04-boontjiestewtested
ESME SE BOONTJIEBREDIE

So 1½ medium uie. Of sê mens “ui” (enkelvoud) as dit minder is as twee? Watever: dis ‘n resep: nie ‘n taal les nie.
So een groot opgehoopte teelepel knoffel. HOOG opgehoop: ons hou van knoffel. Met alles. Behalwe miskien ice cream. Miskien.
Drie skaap skouertjops
So ‘n klompie boontjies wat genoeg lyk vir drie tjops: miskien so ‘n kilogram of wat? Ek weet nie so lekker nie… Ek het die boontjies myselwers gekoop en gesny maar dit beteken ongelukkig nie ek weet hoeveel dit was nie.
Sout
Barbecue spice
Heel koljander in ‘n pepermeultjie. Of word dit miraculously ‘n koljandermeultjie sodra jy koljander daarin sit?
So bietjie olyfolie (dis nou gemeet in die metrieke stelsel. In imperiale mate: so bietjie olyfolie)
So bietjie ordentlike witwyn. Enige ordentlike witwyn is OK. Ek het Pinot Auxerois gebruik. Hoekom? Oor lat dit oop was. Chardonnay is ook OK. Of Pinot Grigio. Of Sauvignon Blanc. Of Chenin Blanc. Of Oom Tas… OK, dis nou eintlik meer vreeslik ordentlik nie, is dit? Whatever. Hoeveel is genoeg? Miskien so 250ml? Nie so seker nie…
Water
So maak mens (a la Esmé en Jan)
Sny die ui-en-‘n-half in stukkies. Hoe groot? So lat dit lekker kan braai en nie “mush” word in die pot nie.
Plaas so 20 ml (sjoe, dit klink darem baie presies!) olyfolie in ‘n decent size kastrol en maak goed warm. Braai uie tot dit blink is. Nie bruin nie: net blink.
Wanneer die ui(e?) so 90% blink is (soos wat die average kok is as hy/sy so twee average size glase wyn saam met die kookproses gedrink het) gooi die knoffel by.
Braai nog so bietjie en dan: Skep dit alles uit in ‘n bord of iets soortgelyks.
Sit die plaat flat out aan. Soos in so hoog as wat dit kan gaan. Gooi nog so 20ml olyfolie (mag nie die vleis voortrek relatief tot die ui(e) nie!) en die tjops in die kastrol en braai ordintlik aan die een kant. Draai om (nee man, die tjops, nie jy nie!) en gooi sout, barbecue spice en koljander oor na smaak. Maar onthou: daar kom nog heelwat water, uie en boontjies by: moenie op hierdie stadium skaam wees nie.
Waneer die ander kant ordintlik gebraai is draai weer om (weer die tjops) en spice die tweede kant.
Intussen: kook genoeg water.
Draai die vleis weer om sodat albei gespice-de kante gebraai is en daar genoeg bruin semi-gebrande aanpaksels in die kastrol is.
Wanneer die vleis genoeg gebraai is (na goeddunke): gooi so klein bietjie kookwater by om die aanbrandsels te omvorm in so ‘n bruinerige sousigheid. Gebruik houtlepel om dit alles in suspensie te kry. Gooi dan genoeg kookwater en die wyn by om die vleis te bedek.
Smyt helfte van die uie by. Dis maar net ‘n persoonlike hangup van my: ek hou van fyngekookte uie vir smaak en geur maar ek hou ook van helerige stukkies uie vir tekstuur: om dit te kry gooi ek die res later by.
Maak die kastrol toe-erig (los plek vir stoom om te ontsnap want jy wil die ergste water afkook) en kook vir so ‘n uur tot twee uur. Ek wou sê “prut” maar om genoeg water af te dryf prut ek dit teen ‘n redelike stewige tempo, aldus “kook”, nie “prut” nie.
Sny die boontjies in sulke 20-50mm stukkies. Pasop vir jou vingers: ek het vanaand ‘n ander boontjie ding gemaak en toe sny ek my vinger raak: dis niks lekker nie. Boonop hou my vrou nie van bloederigheid by die boontjies nie.
Na reedsgenoemde uur en ‘n half (of daaromtrent): skep die boontjies en die oorblywende uie/knoffel mengsel by. Sit genoeg sout (of perdalks Aromat of soortgelyk) by na smaak. OPPAS: moenie te veel souterigheid bygooi nie: onthou die water gaan nog afkook en die smake konsentreer. Sit liewer te min by en proe weer wanneer die consistency amper reg is: dis die regte tyd om die fine tuning te doen…. en jy kan nie sout uithaal nie!
Prut vir nog so 37 minute. OK, ek spot: ek weet eintlik nie presies hoe lank nie. Maar dis meer as ‘n halfuur en waarskynlik minder as ‘n uur: ek hou daarvan dat die boontjies redelik sag is maar nie ‘n pulp nie. Die hele triek is dat daar nog lekker juice moet wees maar Vader behoede ons dat die hele besigheid waterig moet wees: tog net nie DIT nie!
Intussentyd: kook rys.

That’s about it: ek hoef tog sekerlik nie te sê “Skep uit op rys en eet” nie, of hoe?

Geniet dit: ek is baie lief hiervoor.
Resep en foto: Esme Slabbert
Posted: Amanda Conradie




MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK

maalvleis en rysgebaktested

MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK
500 ml (2 koppies) gaar rys
250 ml (1 koppie) gerasper kaas
SPEK
250 g (1 pakkie) spek gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
½elk rooi en groen soetrissie, in blokkies gesny
MAALVLEIS
1 ui, gekap
1 knoffelhusie, gekneus
bietjie olie
600 g beesmaalvleis
2.5 ml (½ teelepel) gedroogte gemengde kruie
2.5 ml (½ teelepel) gedroogte soet basiliekruid
sout en peper na smaak
SOUS
64 g (1 pakkie) Potato Bake of wituiesoppoeier
190 ml (¾ koppie) warm melk
250 ml (1 koppie) dikroom
125 ml (½ koppie) water

Stel oond op 180ºC.
SPEK – soteer spek en voeg olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 min. Voeg soetrissie vir laaste 2 min by en verwyder van hitte.
MAALVLEIS – soteer ui en knoffel in olie tot sag. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte.
SOUS – maak potato bake met warm melk aan . Roer dikroom en water by. Hou eenkant.
Skep gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.
Strooi kaas oor gereg en bak 25 min of tot goudbruin.
NS VOEG SO 2 eetlepels blatjang by of na smaak en enige speserye na smaak dit gaan so vinnig JULLE KAN DIE SPEKVLEIS EN UIE BRAAI EN DAN DIE MAALVLEIS SAAM DIT MAAK GEEN VERSKIL EN GEWONE ROOM WERK 100%

Foto en resep geplaas deur Rhode Gillespie de Beer




CHICKEN AND SHRIMP PAELLA

2014-10-31-chickenandshrimppaella

CHICKEN AND SHRIMP PAELLA
2 tablespoons olive oil
¾ pound shrimp (deveined and peeled)
1 chicken sausage sliced in rounds
1 medium onion (finely chopped)
2 minced garlic cloves
1 ½ cup long grain rice
¼ teaspoon parika
¼ teaspoon ground tumeric
1 can dices tomatoes
2 cans chicken broth
coarse salt and ground black pepper
1 cup thawed frozen peas
In heavy pan, heat 1 tablespoon olive oil over med/high heat.
Cook shrimps until just pink (4-5 min). Do not overcook!!!. Transfer to a plate.
-Add remaining tablespoon of oil and the sausage, cook over medium to high heat until just browning. (2 min). Add onion and cook. Stirring until translucent. (3-4 min). Add garlic and rice. Cook while stirring to coat until rice is translucent (1-2 min).
Stir in paprika, tumeric, tomatoes and broth, scraping up browned bits from the pan with a wooden spoon. Season with salt and pepper to taste.
Bring to a boil, reduce the heat to a simmer.
Cover and cook until rice is tender and has absorbed almost all liquid. (20-25 min).
Stir in peas (cook 1 min).
Stir in cooked shrimp.
SERVE!!! ENJOY!!!
Recipe and photo posted by Amanda Conradie




SHEPHERD’S PIE WITH CAULIFLOWER MASH

 

cottage pie met blomkooltested

SHEPHERD’S PIE WITH CAULIFLOWER MASH
Serves 6
Here’s a healthier take on family favourite shepherd’s pie – a great winter warmer. Use mashed cauliflower instead of potato for a lighter version of that classic pie topping.
1 large head cauliflower florets, chopped
4 tablespoons olive oil (or coconut oil)
1 teaspoon ground cumin
1 brown onion, diced
4 garlic cloves, diced
2 celery sticks, diced
2 medium carrots, diced
600 g lamb mince
2½ tablespoons tomato paste
1 teaspoon thyme leaves, chopped
80 ml dry red wine
375 ml beef stock or chicken stock (check gluten-free if required)
3 tablespoons flat leaf parsley, roughly choppedPreheat the oven to 180ºC.
Bring a large saucepan of water to the boil then add the cauliflower and cook for about 10 minutes until tender. Drain the cooked cauliflower in a colander and set it aside.
Heat two tablespoons of olive oil in a large frying pan or saucepan over a medium to high heat. Add the cumin, onions, garlic, celery and carrots and cook for five minutes, or until they soften and begin to brown.
Add the lamb mince and cook until browned. Add the tomato paste and thyme and cook for one minute, then pour in the wine and stock and simmer for 10 minutes, stirring occasionally. Season with sea salt and freshly cracked pepper.
Meanwhile, place the cooked cauliflower in the food processor and blend until smooth. Blend two tablespoons of oil through the puree and season to taste with salt and pepper.
To assemble, spread the meat mixture into the base of an ovenproof dish. Top with the cauliflower puree and smooth the top out evenly. Bake the pie in the oven for 30 minutes, or until lightly golden. Sprinkle with parsley and serve with a fresh, seasonal salad of your choice.
Photo and recipe posted by Adam Cloete




AWB BOERE PAELLA

boere paellatested
AWB BOERE PAELLA

Ek het uie en soetrissies gebraai saam met hoender fillets en Choriso. Toe voeg ek rys met hoender aftreksel by en ‘n koppie wit wyn. Daarna toe sit ek tamatie pasta en ertjies by. En vir speserye sout, peper en kerriepoeier. Dis dit. Dit is heerlik.

Resep en foto: Tersia Loggenberg




KITS HOENDERLEKKERTE MET SOUTBESKUITJIES

tested

KITS HOENDERLEKKERTE MET SOUTBESKUITJIES
1 pak salty cracks
1 gaar hoender, in klein stukkies
2 koppies medium witsous
250 ml miracle whip
500 ml vars gesnyde sampioene
1 groenrissie, in dun repies

Meng hoender, witsous, miracle whip, groen rissie en sampioene.
Pak lae salty cracks met mengsel tussen in.
Strooi kaas en fyn pietersielie oor en bak by 180ºC vir 30 min.
Variasie:
Fyn knoffel en rissie kan skop gee aan die gereg.
Tuna kan in hoender se plek gebruik word.
Miracle whip se resep is op blog, dis fantasties.
https://www.foodloversrecipes.com/2013/05/miracle-whip/#more-4864
Enjoy
Resep:  Floraine Wasserman Venter




LIGTE ETE VAN KOUE GAAR VLEIS

tested

LIGTE ETE VAN KOUE GAAR VLEIS
1-3 koppies gesnyde koue hoender- of skaapvleis
2 eiers, hardgekook
1 groot tamatie, skywe
1 koppie gekapte pynappel of piesangs
Smeer ‘n oondbak. Pak afwisselende lae vleis, vrugte, eiers en tamaties
Voeg kerriesous oor en bak 15 minute by 180ºC.

Kerriesous:
3 eetlepels botter
1 ui
sout
1 eetlepels appelkooskonfyt
30 g koekmeel
½ appel
300 ml water
1 eetlepel vrugteblatjang
½ eetlepel kerriepoeier
2 teelepel suurlemoensap

Sny appel en ui fyn. Smelt botter en braai ui liggies. Voeg appel, kerrie, meel, konfyt, blatjang, sout en suurlemoensap by. Voeg water geleidelik by en kook paar minute. Dien op saam met rys.
Resep geplaas deur Petro Calitz