NICOLENE SE DEEG VIR GEBAKTE VIS

 

deeg vir vis baktested

NICOLENE SE DEEG VIR GEBAKTE VIS

Easy peezy……
1 cup flour,
1 tsp salt,
1tsp baking powder,
1 cup ice old water.

Mix all ingredients to a batter, dip the fish pieces and bake in hot oil

Het dit reeds vanaand uit getoets. Eerste probeer slag en dit was ‘ n wenner.

Foto en resep:  Nicolene Botha




MARIE SE CREMORA AARTAPPELS

cremora aartappels
MARIE SE CREMORA AARTAPPELS

Cremora aartappels gemaak vanaand

Aartappels in stoompot gekook nie pap nie soos vir aartappelslaai.
Bak spray en cook gespray aartappels in skywe gesny.
Sout en peper oor gestrooi
Lemon en black peper speserye ook oorgestrooi of speserye van jou keuse met klontjies botter orals in bak gesit.
Strooi cremora oor die aartappels totdat aartappels mooi bedek is met die cremora.
Bak in oond 180 grade ek ook kaas oorgestrooi. Bak tot kaas gesmelt het

Resep en Foto: Marie Rheeder Troskie‎




MARIE SE NOEDELSLAAI

marie se noedelslaai 2tested

MARIE SE NOEDELSLAAI
½ pakkie van 500 g noedels gebruik
1 ui fyn gekap
½ koppie wit asyn
½ koppie suiker
½ koppie tamatiesous
1 teelepel kerriepoeier

Kook alles saam en skep warm oor die gaar noedels.
Ou resep het net helfte aangemaak vir braai vanaand

Foto en Resep: Marie Rheeder Troskie‎




EISBEIN IN DIE SLOW COOKER

eisbein in slow cookertested
EISBEIN IN DIE SLOW COOKER
Vanaand se gerookte eisbein met kool, gemengde groente en mash.
Ek het net 1 koppie water in pot gesit,  growwe sout en growwe peper, dit was regtig heerlik sag.
Eisbein was 5 ure in slow cooker en toe paar minute in oond onder grill om vetjie lekker crispy te kry, nadat ek bietjie heuning en mosterd sousie gesmeer het…. borde spreek vanself.

Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL

hol vetkoeke mete vulseltestedhol vetkoeke met vulsel 2
HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL
Maar ek dink Tanya as jy dit nie vir ‘n 2de keer laat rys nie behoort dit nie hol te wees as jy dit bak nie. My resep:
1 kg koekmeel / broodmeel
2 eetlepels asyn
2 eetlepels suiker
1 pakkie kits gis
7.5 ml sout, en so 2 tot 3 koppies louwarm water

Knie tot glad en elasties ± 10 min. Bedek bak met plastiek en laat rys 1 uur. Vorm vetkoek en bak in olie. Gewoonlik rol ek die deeg uit en druk met ‘n glas of piering die vetkoek uit, dan laat ek dit weer bietjie rys terwyl ek my vulsel voorberei. Sodra my vulsel reg is om net te prut tot gaar, bak ek my vetkoek, dan het dit weer effens gerys en as jy dit in die olie sit rys dit vanself nog en is lekker hol binne.

Resep:  Cornelia Bosman Walkinshaw

Foto en idee: Wanda van der Merwe
Vanaand het ek bietjie rondgespeel met vetkoek deeg. Lekker vetkoek deeg gevul met tamatie-uie bredie, viennas en kaas! Dit was baie lekker!
Ek het maar die 4 kante bymekaar gevou en met ‘n groot gesukkel het ek die punte maar net inmekaar gedruk en die bondeltjie liggies in my hande gerol. Dit is nogals tricky, die deeg kan nie te dun wees nie. Ek het die kante bietjie dunner gedruk na ek die vulsel ingesit het om dit als bymekaar te kan kry.




FANTASTIESE PAELLA

2015-01-13-paellatested

FANTASTIESE PAELLA
1 kg mossels in hulle doppe
150 ml droë wit wyn (en ‘n glasie vir die kok!)
1 bossie seldery gekap (blare & stingels)
3 groot uie gesny in ringetjies
200 g kalamari ringe
30 ml olyf olie
24 garnale skoongemaak maar met doppe aan
30 ml knoffel gekneus of opgekap
8 hoender porsies (boudjies en dye werk goed)
400 g salami in blokkies gesny
2 groen pepers opgekap
4 tamaties opgekap
750 ml hoender ekstrak
10 ml paprika (hier gebruik ek bietjie meer en ek gebruik gerookte paprika)
5 ml borrie
15 ml suurlemoen sap
500 ml rou rys
250 ml ertjies (bevrore werk goed)
Vars pietersielie (vir garnering)
Sout en peper

Stoom die mossels, wyn, seldery en ‘n derde van die uie vir ‘n paar minute. Gooi die mossels wat nie oopgemaak het nie weg en behou die res. Braai die kalamari vinnig vir net 2 minute in die olie en verwyder van die pan. Braai die garnale en knoffel vir 3 minute en verwyder van die pan. Braai die hoender porsies oor hoe hitte tot bruin en dan stadiger tot gaar. Voeg die salami, groen peper, die res van die uie, tamaties, hoender ekstrak en die helfte van die paprika en suurlemoensap by en laat kook. Voeg die rys en res van paprika by en prut vir omtrent 15 minute. Voeg dan al die seekos behalwe die mossels by en prut tot die rys gaar is. Voeg die ertjies by en garneer met die mossels. Sprinkel mildelik met vars gekapte pietersielie en bedien met suurlemoen wiggies.

NS: Ek volg hierdie resep naastenby, ek verkies om my rys en paprika effens te braai voordat ek die nat bestandele en vloeistof begin bygooi. Ek hou ook daarvan om suurlemoen skil te rasper en oor te strooi wanneer die rys braai. Jy kan ook Spaanse Chorizio wors bysit vir daai egte Spaanse geur. Paella is baie veelsydig, jy kan net met hoender stukke maak of net met seekos. Ek het dit al met kreef sterte ook gemaak en dis baie spesiaal!

Baie belangrik!! Wanneer dit gaar is moet die rys moet effens vassit onder in die pot, paella is nie ‘n souserige besigheid wanneer dit gaar is nie.

NOTA:
Die wonderlike ding van paella is dat dit so veelsydig is. Jy kan enige seekos, hoender en vark gebruik. Vandag het ek hoender stukke, spek stukkies en garnale gebruik. Die belangrikste is egter om nie te roer nadat jy die vloeistof begin bygooi nie. Jy wil daai krakerige gekarameliseer kors “socarrat” op die bodem vorm. Dis ‘n gesogde lekkerny in Spanje. Nog iets, ek gebruik net wyn wat ek sal drink in my kos.
Vanaand met hoender, pangasius vis EN calamari.

FOTO: Elsabie Templeton

 




KAMMA PERLEMOEN

KAMMA PERLEMOEN
Ek het vanaand ‘n resep getoets, ek post hom hier dan sê julle wat julle daarvan dink. Proe vir my meer na kamma alikreukel!
1 pk Hoendernoedelsop
500 ml water
1 blik sardyne
500 ml gaar rys
1 eier, geklits
10 ml asyn
1 ui fyngekap tiemie
125 ml Kaas
Kook sop en water vir 5 min saam. Dreineer vis en haal grate uit en maak fyn. Voeg res van bestanddele by. Roer sop in. Skep in tertbord en bak 15-30min by 180 grade C.
Resep:  Hannalie Wessels




“TUNE-UP” TUNA SLAAI

tune-up tuna geregtested

“TUNE-UP” TUNA SLAAI
Ons eet weer vanaand ons spesiale Tuna slaai.
Die basiese resep is 2 blikkies tuna (water of olie afgegooi),
gerasperde of blokkies kaas,
fyngekapte ui en ‘n groot pak Kaas en Uie chips (fyngedruk).
Daarby kan jy enige iets anders voeg waarvan jy hou.
Tamatieblokkies,
‘n blikkie ertjies,
hardgekookte eiers,
mielies (pitmielies),
blaarslaai.
Meng met Mayonniase of maak ‘n pienk sous van Mayo, Tamatiesous, Chutney en aromat.
Ons eet dit met vars rolletjies. Geniet! (O ja, ons noem dit Tune-up).

Foto en resep:  Jeanette Martins




Oulap se Rooislaai – gemengde slaai

 

gemengde slaaitested

Liezl Louw het hierdie gemengde slaai vir vannaand voorberei

2 geelperskes in blokkies gesny
2 skywe waatlemoen in blokkies gesny
1 rooi ui in ringe gesny
1/2 fyn gekapte brandrissie
1 handvol gekapte gras uie
6 peppa dews wat gekerf is
1 handvol gekapte basil blare
1 suurlemoen se gerasperde skil en sap
1 e heuning

gooi in n slaaibak en meng




CHICKEN AND WAFFLES

 

Chicken and Wafflestested

CHICKEN AND WAFFLES

Het vanaand ietsie uit die Amerikaanse Deep South probeer. Chicken and Waffles.
Ek het ‘n baie stywe wafel deeg gemaak. Het uie, knoffel, spring onion en en klein stukkies hoender saam gebraai en by deeg gevoeg. Het stukkies hoenderfilet in karringmelk laat lê en toe in gegeurde meel gedoop en gediepbraai. Het die wafels lekker crispy gemaak en toe stroop oorgegooi. ‘n Paar stukkies hoender op elke een geplaas. Ek het witsous gemaak met baie knoffel, swart peper en kaas, en oor hoender geskep. Ek weet die soet en sout klink snaaks maar dit werk rerig goed saam. My vrou is op haar 2de porsie!

Foto: FeF Francois Gericke‎