HEERLIKE GESONDE WRAP


HEERLIKE GESONDE WRAP
Resep en foto: Venita Bok Nolte
FOOD LOVERS RECIPES
(hier is die bestanddele wat ek gebruik het – ek het 5 wraps gemaak en daar het nog van die hoender oorgebly)
1 gerasperde wortel
½ blikkie mielies
3 hoenderborsies
500 ml plain jogurt
1 tamatie
½ komkommer, gerasper
klein houertjie fetakaas
1 pakkie wraps
Kook hoenderborsies (ek het myne gekook saam met lemon pepper, mint, pietersielie, hoenderspice en braaispice).
Meng halwe gerasperde komkommer met die jogurt, gooi spices by na smaak. (Ek het pietersielie, mint en lemon pepper gebruik, jy kan ook bietjie suurlemoensap bygooi)
Pak alles in lae op die wrap, vou toe en gooi kaas oor!
Bak in oond of smelt kaas in mikrogolf…. Ek het die mikrogolf gebruik, want dit is vinniger en spaar krag, en die wraps was glad nie taai nie.



