BOEREWORS MET PERSKES

BOEREWORS MET PERSKES
Foto: Maralize Van Winsen
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot ui
1 kg boerewors
30 ml sonneblom olie
1 blik(410 g) perskeskywe
50 ml blatjang
5 ml sojasous
Skil en kerf die ui.
Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Dreineer die perskeskywe, behou die sap.
Versprei die perskes oor die wors.
Meng perskesap, blatjang en sojasous en giet bo-oor worsmengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat ‘n lekker sous gevorm het.
Bedien saam rys, pasta of kapokaartappels.




PAP EN WORS MET ‘N TWIST

PAP EN WORS MET ‘N TWIST
Braai n klomp uie. Maak n redelike stywe pap wat kan bolle maak. Braai wors bruin maar nie gaar. Pak gebraaide uie onder in bàk maak pap balle met roomys skepper. Maak 250ml room àan met n pakkie beef strogenoff sous poeier.  Skep nou die wors op die pap en nog uie. Gooi room mengsel oor en bak 15 min vir 180 grade C.  Ek sit nog bietjie kaas bo oor.

Tanya Smith se raad:
Met die mushrooms en goed wat eers bietjie gebraai is in olie en die room wat ook olie afskei, het daar so olie lagie gedryf. Ek sal myne net volgende keer die mushrooms en goed rou oorgooi en di sous met melk aanmaak ipv room

Photo: Tanya Smith
Resep geplaas deur Sarina Moretti




PETRO SE BANGERS VIR MASH

FB_IMG_1480000163028tested

PETRO SE BANGERS VIR MASH
Nie n resep nie … net peppers gebraai bangers gebraai en n soet kerrie sous gemaak …
15 ml Rajah med kerrie
15 ml suiker
15 ml appelkooskonfyt
Bietjie bruin asyn en water gemeng …stadig gekook vir n rukkie … en n klein bietjie meel by geroer om dit te verdik !

Bron en Foto : Petro van Genderen




BOEREWORS, BRANNAS EN KAAS PASTA MET KNOFFEL EN RISSIES

Boerewors brannas en kaas pasta met knoffel en rissiestested
BOEREWORS, BRANNAS EN KAAS PASTA MET KNOFFEL EN RISSIES
1 kg boerewors
500 g pasta(macaroni)
rissie vlokkies
knoffel vlokkies
Nando’s peri peri(knoffel) na smaak
Eetlepel Hot German Mustard
Eetlepel mayonnaise
Blikkie tamatie puree
1 ui grof gekap
Halwe koppie brandewyn
Koppie coke
Kook die wors in brandewyn en coke mengsel, saam met knoffel en rissie vlokkies en gekapte ui. Wanneer wors gaar is, haal uit pan en sny vel af. Sny fyn met mes tot maalvleis. Dreineer sous in pan deur sif sodat uie in sif agterbly. Gooi sous terug in pan waarin wors was en voeg mosterd, mayonnaise, en peri peri by. Gooi maalvleis by sous en prut oor lae hitte tot sousie mooi dik is .

Kook macaroni saam met rissie, knoffel, sout en gemengde speserye tot sag. Spoel af. Pak nou laag macaroni, laag boerewors en laag kaas. Herhaal tot bak vol is en bak in oond tot kaas mooi goudbruin en crispy is by 180ºC. Moenie vergeet om al die sous saam met maalvleis oor pasta te skep nie.

Skep in bord en sprinkel met parmesan kaas.

RESEP EN FOTO: Coetzee Neethling




KOOS SE HOENDERWORS

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

KOOS SE HOENDERWORS
15 gram sout op elke 1 kg ontbeende hoender vleis
2 gram peper op elke 1 kg vleis en
1 gram hoender speserye op elke 1 kg vleis.
Gooi maar ekstra Hoender velletjies by vir die vet veral die vet en vel wat jy kry by stertjie kant

Maal alles saam en stop jou derms.. geniet

Resep:  Koos van der Merwe




CELESTENE SE PAPBALLE MET WORS

CELESTENE SE PAPBALLE MET WORS
Eie hoeveelhede van:
stywe pap
wors
ui
groen soetrissie
sampioene
knoffel
Beef Stroganoff dry cook-in sause van Knorr
room of melk
klontjies botter
pietersiele vir bo-oor

Maak lekker stywe pap en laat bietjie afkoel. Braai solank die wors net bruin buite om, nie gaar nie.
Braai ui, in die pan van die wors, jy kan groen soetrissie en sampioene bysit, ek sit graag knoffel ook by.
Maak balle met jou roomys skepper en plaas in gesmeerde oondbak. Skep uiemengsel bo-oor.
Neem jou wors en druk dit liggies bo-op die papballe.

Sous:
Neem 1 pakkie beef stroganoff dry cook in sauce van Knorr en meng dit met 1 koppie room of melk.
Giet dit bo-oor die wors en papballe en plaas klontjies botter bo-op.
Strooi bietjie pietersielie oor. Bak in die oond vir so 30 minute op 180°C.

Bron: Celestene Bosch




BOEREWORS PANNEKOEK OP ‘N STOKKIE

boerewors pannekoek op n stokkietested
BOEREWORS PANNEKOEK OP ‘N STOKKIE
Boerewors van jou keuse ( of ander tipe worsies van jou keuse)
125 ml koekmeel
1 plat teelepel bakpoeier
knippie sout
1 eier
100 ml melk
85 ml water
1 teelepel suurlemoensap
60 ml olie
ongeveer 6 groot eetlepels mieliemeel
nog olie vir diepbraai.
(Hoeveelhede hang af van hoeveel wors jy gaan gebruik. Hierdie bestanddele was te veel vir 7 ongeveer 3 duim lang stukke dik boerewors.)
Metode vir Pannekoek:
Meng die meel, bakpoeier en sout. Klits die eiers, melk, water en suurlemoensap en voeg die olie by. Meng die nat en droë bestanddele en klits goed om van alle klonte ontslae te raak. Voeg die mieliemeel bietjie vir bietjie by tot jy ‘n dik, maar nie taai beslag het.
Maak die wors gaar soos jy verkies en sny dit is ongeveer 3 duim lengtes. Druk ‘n stokkie in elkeen. Maak die olie warm tot ‘n druppel van die beslag dadelik sizzle maar nie dadelik bruin word nie. Hou die temperatuur medium, want as die olie te warm is, gaan die beslag te gou verbruin en brand. Doop die worsies in die beslag sodat dit deeglik met ‘n dik laag bedek is en plaas met stokkie en al in die olie. Braai tot goudbruin en dreineer op kombuispapier.

Bron en foto: Adam Cloete




VARKWORSIES IN GEMMERBIER

VARKWORSIES IN GEMMERBIER
500 g varkworsies
Olie
100 g heel knoppie sampioene
3 wortels, in dun repies gesny
1 blik gemmerbier(340 ml)
1 pakkie groentesop

Ryg die worsies uit en rol bolletjies, braai in olie tot bruin. Voeg die sampioene en wortelrepies by en roerbraai. Meng die gemmerbier met die soppoeier en voeg by. Laat prut tot worsies gaar en sous dik is.
Ek bedien dit met mash en ertjieslaai.

Resep verskaf deur: Marianne de Beer




MIELIE EN WORS KASSEROL

 

MIELIE- EN WORS KASSEROL
1 ui, in halwe ringe gesny
1 soetrissie, in blokkies gesny
Olie
500 g varkworsies of
Oorskiet boerewors
2e botter
50ml koekmeel
250ml melk
Sout en peper
Helfte van 410g blik sweetcorn
125ml gerasperde cheddar kaas
1 tamatie, in skywe gesny
Soteer die uie en soetrissie in biekie olie tot sag, voeg die varkworsies by en braai tot bruin/ of die klaar gaar boereword in stukkies gesny
Maak n witsous van botter, koekmeel, melk en geur met sout en peper en voeg die suikermielies by. Meng deur en giet oor worsmengsel. Giet in oondvaste bak en strooi die kaas oor, pak tamatieskywe bo-op en bak 25min by 180ºC

Resep verskaf: Marianne de Beer




THALIA SE KERRIE LENSIE- EN WORSGEREG

tested

THALIA SE KERRIE LENSIE- EN WORSGEREG
1 koppie lensies
4-6 middelslag aartappels in kwarte gesny
1 middelslag ui,fyn gekap
1 greenpepper,grof gekap
2 knoffelhuisies,op gekap
2 teelepels masala (of enige kerrie)
1 teelepel borrie
± 1 kg wors(opgesny)
Sout en bietjie peper
Kook lensies tot sag. Sit eenkant. Braai ui,greenpepper en knoffel. Voeg masala,sout,peper en borrie by. Braai vir 2 minute en voeg aartappels by. Kook tot amper sag in halwe koppie water op matige hitte. Voeg wors by en kook verder tot gaar. Roer lensies laaste by en laat prut vir 7-10 minute. Dien op met rys of krummelpap.
Dis baie stysel,maar ek kou my vingers af.

RESEP:  Thalia Botha-Rondganger