ZELDA’S CURRY WORS DISH

ZELDA’S CURRY WORS DISH
Photo and recipe: Zelda Ellis
2nd Photo: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Just made some lovely wors curry on this cold evening.
Chop and fry one medium sized onion.
Cut raw wors into small pieces about 3 cm each (about 6 pieces wors of about 20 cm long).
Add to onions and fry until brown.
Add the following:
chutney, to taste
sweet chili sauce, to taste
2 tablespoons curry powder
1 sachet tomato paste
2 tablespoons apricot jam
salt to taste
Cube about 4 medium potatoes and add to wors.
Add 1 cup mixed diced vegetables.
Mix all together.
Add about a cup of water and let simmer until done.
Serve on basmati rice.




ROMERIGE BOEREWORS PASTA

ROMERIGE BOEREWORS PASTA
Foto: Annalize Hattingh
Resep geplaas deur Annalize Hattingh
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het macaroni ipv skulpie pasta gebruik en wit cheddar ipv mozzarella, was heerlik.
4 tot 6 porsies
500 g (1 pak) klein skulpiepasta
600 g boerewors, gaar en in happiegrootte gesny
1 kop broccoli, in klein blommetjies gebreek en gestoom
sout en peper na smaak
knypie paprika
Sous:
72 g (2 x 36 g-pakkies) Creamy Cheese Vegetable Bake
500 ml (2 koppies) gekookte volroommelk
300 g (1 blik) geroomde sampioene
Bolaag:
187 ml (¾ koppie) mozzarellakaas, gerasperKook pasta tot al dente in borrelende soutwater waarby 10 ml olie en 5 ml sout gevoeg is. Dreineer, spoel onder lopende water af en roer bietjie ekstra olie deur, sodat pasta nie aan mekaar kleef nie.
Skep pasta in gesmeerde oondbak van ongeveer 30 cm x 20 cm.
Plaas boerewors op pasta, gevolg deur broccoli, sout, peper en paprika.
Sous:
Meng albei pakkies groentesous vinnig by kookmelk en roer vir een minuut.
Roer geroomde sampioene by. Meng goed.
Skep sous oor gereg.
Sprinkel kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.




IDEES MET WORS


IDEES MET WORS
FOOD LOVERS RECIPES
Zelda Ellis:
Maak wors kerrie: Heerlik.
I will give you my recipe out of my head now as I make it: Fry 1 chopped onion. Add curry powder and spices. Cut raw wors into pieces of about 2-3 cm. Add to the onion and spices. Stir fry them until brown. Add chutney and sweet chilli sauce. Add a little water in need. Add cubed potatoes and cook until potatoes are soft. I cube the potatoes quite small as the wors cooks through quickly. I also add carrots and peas but this is optional. Serve on rice.
Christine Janse van Rensburg:
Ryg wors uit, vorm in balletjies, en pak in ‘n oondbak. Crush ‘n groot pak skyfies bo-oor, sprinkel baie kaas oor en bak in oond teen 180ºC tot die balletjies gaar en die kaas lekker gesmelt is.
Elsabie Templeton:
Maak spaghetti Bolognese met wors. Druk die vleis uit die derm en rol in balletjies (Dis reeds gesout en gespesery) en panbraai terwyl jy ‘n Napoletanasous maak en spaghetti gaarmaak. Bedien die balletjies vleis bo-op die pasta en skep die sous oor.
Marinda Scheepers:
My dogter braai 2 uie en en 3 aartappels. Hang af hoeveel mense julle is. Sny wors stukkies soos verkies. Braai aartappels, uie en wors net mooi bruin. Vat 1 koppie rys. Pak rou rys en aartappels, uie en wors in oondbak. Maak bruin uiesoppoeier aan met 3 koppies water en bak plus minus 30 tot 45 min op 180º C. tot die rys gaar is en meeste van die vloeistof opgeneem is.
Susanna Kruger:
Maak wors gaar en hou eenkant. Maak pap nie te styf nie ook nie te slap nie, so tussen in wanneer pap gaar is, skep met roomys lepel balletjies in gesmeerde bak. Sny wors in stukke en druk stukke wors op elke bal pap in. Neem pakkie beef stroganoff en meng met melk, giet bo oor die pap en wors. Ek sit bietjie gerasperde kaas ook oor. Bak in oond op 180ºC tot kaas gesmelt is.
Dis heerlik, jy kan slaai by maak as jy wil, maar nie nodig nie.




WORS MIKSEL

WORS MIKSEL
Foto en resep: Sandra O’Connell
FOOD LOVERS RECIPES
Valentine-tyd is daar min tyd vir kosmaak. So as ons braai, braai vir ons baaaaie en raak die huismense gou moeg vir “left overs”. So vanaand het ek die wors so bietjie verdoesel in ‘n braaipan miksel en voorgesit op ‘n braaipapwafel. Almal het gesmul.
2 uie en eetlepel knoffel saam gebraai.
Voeg by:
1 blikkie heel tamatie
1 blikkie tamatie en ui
4 stukke gaar braaiwors, opgesny
6 weense worsies, opgesny
Braai vir 10 minute.
Voeg by:
1 blikkie baked beans
1 koppie gerasperde kaas
Voeg sout en swart peper na smaak by en ook:
2 teelepels Italian Herbs
2 eetlepel Worcestershire sous
Roer alles goed en prut tot deur warm.




BOEREWORS- EN KOOLBREDIE

BOEREWORS- EN KOOLBREDIE
Resep geplaas deur Glenda Diane Emmerson
Foto: Glenda Diane Emmerson
FOOD LOVERS RECIPES
Sny die volgende in stukkies/repies:
1 groot ui
3 tamaties
3 wortels
½ koolkop
(Besluit self op hoeveelheid groente)
handvol dania of pietersielie
10 ml knoffel
Haal boerewors uit die derm en rol in balletjies (soveel wors as wat jy wil).
Verhit bietjie olyf olie in groot pan.
Braai uie en wors balletjies tot bruin.
Ek dreineer die olie af.
Voeg die volgende by:
80 ml Worcestershire sous
50 ml blatjang
20 ml paprika
5 ml gemaalde naeltjies
sout en peper na smaak
Sit die groente by bogenoemde mengsel BEHALWE die kool. Meng. Voeg ongeveer 250 ml water by.
Sprinkel 1 pakkie “roast meat gravy” poeier of bruin uiesoppoeier oor en meng.
Voeg nog ‘n koppie water by. Bring tot kookpunt en sit dan op lae hitte, kook tot wortels amper sag is.
Sit kool bo op die vleis/groente/sous. Sit deksel op en prut vir 15 minute.
Kool behoort nou sag te wees. Meng kool in bredie in en prut nog ‘n rukkie.
Besluit self of sous dik genoeg is en of daar genoeg sous is. Pas aan soos nodig.
Bedien saam met rys en nog dania/pietersielie/fennel blare (die fyn bokant).
Lekker saam met pampoen en room spinasie.




PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA

PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA
Resep en foto:  Leandri Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg wors van jou keuse
4 medium uie, in halfringe gekap
15 ml olyfolie
5 ml knoffel
peper na smaak
Worcestersous na smaak
1 bees aftrekselblokkie
15 ml mosterd
15 ml sweet chilie sous
15 ml blatjang
1 blik chakalaka
1 blik tamaties
1 koppie gerasperde kaas
stywe pap
Braai uie en knoffel in olyfolie tot uie verkleur.
Braai wors bo op uie tot al die water uitgekook is.
Haal wors uit en voeg res van die bestanddele behalwe die kaas en pap by.
Smeer ‘n oondvaste bak en skep ‘n laag pap onderin, stip met botter.
Kook die sous tot dik en gaar, sit wors terug en laat prut vir so 10 min.
Skep sous, wors en nog sous bo-oor, strooi kaas oor en bak tot gesmelt!




PADDA IN DIE GAT

PADDA IN DIE GAT
(TOAD IN THE HOLE)
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
2 groot uie
2 eetlepels Engelse mosterdpoeier
Worcestershire-sous
125 g koekmeel
300 ml melk
ʼn teelepel sout
2 eiers
6 tot 8 kleinerige worsies van jou keuse (bangers werk goed)
Sny die uie in dik ringe en braai dit in ‘n bietjie olie oor medium hitte tot dit begin karameliseer. Strooi ‘n knippie sout oor die uie terwyl dit braai. Haal uit die pan en hou eenkant. Dit maak nie saak as die uie nie heel bly nie, hulle gaan in elk geval onder die beslag verdwyn.
Verhit die oond tot 200ºC. Meng die meel, sout en eiers. Voeg ʼn bietjie melk by en roer deur om ‘n pasta te vorm. Voeg die res van die melk by en klits tot dit ‘n gladde beslag is. Laat dit eenkant staan vir 30 minute. Braai die worsies in dieselfde pan waarin die uie was, tot bruin.
Rangskik die worsies in ‘n oondvaste bak en plaas die uie tussen die worsies. Maak ‘n slap pasta van die mosterd en Worchestersous en drup dit oor die uie. Giet die olie en vet wat by die worsies uitgebraai het oor die worsies en uie. Moenie te veel oorgooi nie, dit moet die bodem van die bak met ongeveer 4 milimeter bedek. Smeer ook van die olie teen die randte van die bak op. Plaas die bak met die worsies in die oond net voor dit die korrekte hitte bereik, sodat die olie goed warm word. Giet die beslag oor (jou bak moet net groot genoeg wees dat die beslag tot ongeveer helfte teen die worsies opkom sodat die boonste dele daarvan uitsteek) en bak ongeveer 30 minute by 200°C totdat die deeg gepof het en goudkleurig raak. In die helfte van die baktyd kan gekyk word dat die worsies nie bo die beslag uitgelig het nie, en indien wel, druk hulle terug in die beslag.




PETRE SE KAPOKAARTAPPEL EN WORSGEREG

PETRE SE KAPOKAARTAPPEL- EN WORSGEREG
Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Heel toevallig was dit op my spyskaart vir vanaand. Ek het vanmiddag ‘n resep hier gesien, maar kon dit nie opspoor nie. Hier is my weergawe.
4 aartappels geskil, in blokkies gesny, en sag gekook in sout water.
Dreineer water af.
Voeg een opgehoopte eetlepel botter, en ‘n half teelepel bakpoeier opgelos in ‘n bietjie melk by, asook ‘n klein bietjie fyn neutmuskaat.
Maak fyn en hou eenkant.
Ek het nog van gisteraand se Basmati rys oorgehad, dit ‘n bietjie warm gemaak en met ‘n bietjie botter gemeng. Voer ‘n pirex bak met die rys uit.
Vir die wors vulsel het ek die volgende gebruik:
2 groterige uie gekap
½ groen soetrissie gekap
½ teelepel fyn knoffel
2 klein takkies roosmaryn gekap
2 takkies oreganum gekap
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai bogenoemde alles saam in ‘n pot of pan tot uie sag en deurskynend is.
Voeg die volgende by:
1 blikkie tamatie en uiesmoor
3 eetlepels blatjang
3 eetlepels Sweet Chili sous
bietjie Soja sous, en n
1/3 koppie rooiwyn
Sny wors in stukke en voeg by uie en tamatie mengsel. Kook goed deur tot wors gaar is.
Maak ‘n pakkie wit uiesoppoeier in ‘n bietjie water aan, voeg by mengsel en prut tot dik. Voeg gekapte pietersielie by en roer deur..
Skep vulsel oor rys in die bak. Skep kapokaartappels bo-oor en rasper kaas oor.
Bak teen 180ºC tot goudkleurig.




KAPOKAARTAPPELS EN WORSGEREG


KAPOKAARTAPPELS EN WORS GEREG
Resep geplaas deur San-Mare Joubert Fourie
Foto 1:  San-Mare Joubert Fourie
Foto 2: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Nuwe manier van kapokaartappels en wors.
Klaar gaar kapokaartappels
klaar gaar wors
gebraaide uie na smaak
blatjang na smaak
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 pakkie wit uiesoppoeier aangemaak met 1 koppie melk
Gerasperde kaas na smaak
Sit onder in ‘n oondbak kapokaartappels,  dan laag gaar wors, uie, dan blatjang, blik tamatie en uie smoor. Giet die uiesop mengsel bo oor. Volg met kaas.
Bak by 180ºC  in oond tot gestol.
Heerlik!!




GIDEON SE BOBOTIE WORS

GIDEON SE BOBOTIE WORS
Resep en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis (tuisgemaak)
1 klein ui, gerasper
1 klein wortel, gerasper
1 skyfie pynappel, fyn gekerf
1 eetlepel asyn
1 teelepel kerriepoeier
½ teelepel borrie
1 dessertlepel suiker (12.5 ml)
1 eetlepel blatjang
2 teelepels tamatiesous
½ koppie koekmeel
1 eier
‘n knippie fyn koljander, asook neut en ook naeltjies
Meng alle bestanddele saam in ‘n mengbak en stop in varkderm.