HOMEMADE BOEREWORS

2014-03-08-homemadeboerewors

HOMEMADE BOEREWORS
1 kg beef mince (not lean mince)
1 tbs each of ground salt, nutmeg, cloves, coriander
sheep casing

(This boerewors is good for folks like me with kidney trouble. Most boerewors contains either pork meat, fat or casing). Kneed spices through mince. Check smell or taste and add spices in same ratio, if more preferred. Stuff in casing using sausage maker or use thick funnel.

BRON- Adelle Yvette Potgieter




VLEISLAND SE BOEREWORS/DROËWORS

2014-06-30-stefaansseworstested

VLEISLAND SE BOEREWORS/DROËWORS
32 kg vleis
8 kg Beesvet of skaapstertvet
650 g sout
50 g fyn naeltjies
50 g fyn neut muskaat
80 g swart peper
250 g koljander
750 ml Worcestersous (NIE ASYN NIE)

Sny die vet en vleis in blokkies en sprinkel die speserye oor, dan die worcestersous, meng goed deur.
Maal alles deur ‘n boerewors siffie ( Verkieslik n 5-6mm gaatjie).
Voeg 5 liter yswater by en meng dit met die hand deur. Laat staan vir so half uur en stop in 24/26 derms.

ONTHOU….as jy droëwors wil maak..KOM DAAR NIE WATER IN NIE!!

Ek stop dit ook soms in n VETDERM in, maar dan maal ek so 5 groot uie saam…dan braai hy ‘n barshou..

Resep en foto: Stefaans Blaauw




PAP EN BOEREWORSGEBAK

 pap en wors geregtested
PAP EN BOEREWORSGEBAK
Hier sal ek sommer die tamatie smoor ook oor die pap en wors sit voor hy oond toe gaan, Yummies
Maak dié ou gunsteling ’n slag op ’n ander manier gaar.Pap
900 ml warm water
60 ml sagte botter
Sout na smaak
250 g mieliemeel
250 ml gerasperde cheddarkaas
Vars gemaalde swartpeper na smaak

Tamatiesmoor
1 ui, fyn gekap
15 ml olie
1-2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
1 x 410 g blik gekapte tamaties
125 ml water
30 ml tamatiepasta
3 ml sout
5 ml suiker
3 ml vars gemaalde swartpeper
10 ml gekapte, vars oreganum
1 x 500 g medium-dikte boerewors, in agt porsies gedraai en geknip

Pap: Gooi die warm water in ’n groot kastrol en voeg die helfte van die botter en die sout by. Roer tot die botter gesmelt is. Gooi die mieliemeel by en klits tot glad. Verhit oor lae hitte tot kookpunt terwyl geroer word en laat die pap prut tot dit gaar is. Haal van die hitte af, voeg die res van die botter, die cheddarkaas en die swartpeper by. Roer deur en sit die deksel op. Hou warm tot die wors gaar is.Wors: Sit die stukkies wors in ’n groot pan en giet ’n bietjie kookwater bo-oor. Verhit tot kookpunt. Bedek die pan en prut tot die wors amper gaar is. Verwyder die deksel, voeg nog ’n bietjie water by indien nodig en draai die worsies om. Braai nou oop tot die wors mooi bruin is. Hou aan om bietjies water by te voeg sodat die wors nie droog braai nie en sodat daar genoeg pansouse vorm. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of olie. Skep die pap in die voorbereide oondbak en skep die worsies bo-op. Druk die worsies effens in die pap. Skep die pansouse oor en geur met sout en peper. Bedek en bak vir 20 minute tot die pap deurwarm is. Maak die tamatiesous terwyl die pap en wors in die oond is.

Tamatiesmoor: Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar minute. Voeg die tamaties, water, tamatiepasta, sout, suiker en swartpeper by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute tot die sous geurig en afgekook is. Roer die oreganum by. Jy kan nou die tamatiesmoor oor die pap en wors skep en so verder bak vir sowat 15 minute of jy kan die sous afsonderlik saam met die pap-en-worsgebak bedien. Lewer ses porsies.
Foto: Adam Cloete




DIE WENNER VAN ALLE SALAMI

2014-01-29-diewennervanallesalami

DIE WENNER VAN ALLE SALAMI
“ready packs” spices wat jy kan koop en maak…
10 kg wildsvleis..sonder senings.
5 kg vet ( Skaapstert, beesbrisket, of varkspek)
Maal die vleis deur n 4-6mm siffie en VRIES dit.
Vries die vet sonder om dit te maal.
Wanneer die vleis gevries is, saag jy dit in klein blokkies 1 duim X 1 duim omtrent, en so ook met die vet wat gevries is.

Nou maal jy die vet en die vleis saam deur n growwe sif 8-13mm om dit te breek.
Voeg een pakkie “SALAMI G” van Crown National oor en so 60 ml droë rooiwyn, meng dit goed deur.
Vat so 15 Salami casings, of “visnat” casings, en laat le dit in koue water vir 5 minute.
Maal nou weer alles saam deur ‘n klein siffie 4-4.5mm, en stop dit dadelik lekker styf, in “VISNAT” of salami casings omtrent 50mm caliber, vir klein salamis.
DIE GEHEIM IS….WERK MET GEVRIESDE VLEIS!!!ander bind die salamis partykeer nie……en onthou dit word nie gekook nie.
Nou maak jy dit in n groot plastiek sak toe en laat in die koeler staan oornag.
Hang dit in die oggend uit tot die aand om lekker af te droog.
Nou hang jy hulle in ‘n rook kamer of rookkas wat KOUD rook, tot die volgende oggend, dan haal jy dit uit, maak dit weer in plastieksak toe en laat le weer in die koeler tot die aand. Rook dit weer deurnag met KOUE rook tot die oggend.
Nou hang jy dit in die koeler, en na 5 dae kan jy die eerste een sny en soooooo geniet…

BRON- Stefaans Blaauw- VLEISLAND




OUMA SE BOEREWORS PASTEI

boerewors pastei poppietested

OUMA SE BOEREWORS PASTEI
Bedien 4-6
1 pakkie Ouma se boerewors
20 ml botter
2 groot uie, fyngekap
250 g sampioene, dun gesny
10 ml (2 teelepels) fyn koljander
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) gevriesde ertjies
15 ml (1 eetlepel) koekmeel
125 ml (½ koppie) beesvleisaftreksel
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
Meel vir deeg uitrol
80 g cheddar kaas
1 eier, geklits
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Braai die wors in die pan, hou dit heel en draai dit dat dit rond is. Verwyder en laat dit afkoel.
Smelt die botter en braai die uie tot sag, maar nie bruin.
Voeg die sampioene by en laat dit stadig braai saam met die uie.
Voeg die koljander, sout en die gevriesde ertjies by. Laat dit vir ongeveer 5 minute saam kook oor ‘n matige hitte.
Voeg die meel by en roer tot al die bestanddele goed deur die meel bedek is.
Voeg die aftreksel by en roer goed.
Laat die mengsel stadig prut oor ‘n lae hitte, tot die meel gaar is. Verwyder en laat dit afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg dun uit op ‘n meel bestrooide oppervlak.
Smeer ‘n 20 cm pastei bak liggies met botter of spuit met kleefvrye sproei.
Meet die skilferkorsdeeg in die pastei bak, om te pas as die basis van die pastei. Laat dit liggies sak in die bak en maak seker dat dit mooi egalig pas.
Sny die oortollige deeg af om as die boonste gedeelte van die pastei te dien. Onthou om genoeg van die deeg te laat oorhang aan die kante van die pastei bak, aangesien die deeg wel krimp.
Sit die hele gaar wors-wiel in die middel van die deeg basis, voeg die afgekoelde sous by en besprinkle met kaas.
Gebruik die oortollige deeg en vorm die bedekking vir die pastei.
Smeer die geklitste eier liggies op die deeg basis van die pastei. Pas die deeg bedekking netjies bo-oor en knyp die kante met ‘n vurk om seker te maak die pastei is heeltemal geseë.
Borsel die res van die eier liggies oor die pastei. Maak 2 snytjies in die pastei deeg om die stoom te laat ontsnap.
Sit die pastie in die oond en laat dit bak vir ongeveer 15-20 minute of tot die deeg goudbruin en gaar is.
Resep geplaas deur Benhet Niewenhuis
Foto en nota:  Benhet Nieuwenhuis  – Ek het ‘n blikkie sweet corn ook ingesit en dit was heerlik.




TUISGEMAAKTE BOEREWORS

 boereworstested
TUISGEMAAKTE BOEREWORS
6 kg beesvleis
4 kg varkvleis
90 ml sout
20 ml pepper
80 g koljander
6 ml neut
3 ml naeltjies
400 ml bruin asyn
12 g Pickeling Spice

Maak jou pan warm en maak jou koljander daarin warm voordat jy dit maal. Ek maal en gooi deur ‘n sif en dit wat agter bly. maal ek weer en gooi deur sif.
Sny jou vleis in blokkies en maal dit met jou masjien.
Gooi daardie gemaalde vleis oop op ‘n oppervlakte en strooi al jou speserye en sout en pepper en asyn oor en meng dit baie goed. Jy het sterk arms hier nodig!!
Maak ‘n klein worsie op ‘n bordjie en kook bietjie in die mikrogolf om te proe. As die smaak reg is volgens jou, stop die vleis in jou casing en maak seker jy stop nie te styf nie en daarshy!! Jou eie boerewors en jy weet wat daarin is. Ons maak natuurlik seker dat die varkvleis wat ons in sit, lekker vet is. As jy boerewors maak, kan jy nie gepla wees oor vetmaak nie anders mors jy al jou produkte.
Geniet hoor!
Resep en foto:  Marianne Jacoby




BOEREWORS MET DROE VRUGTE

tested

BOEREWORS MET DROE VRUGTE

Lewer 4-6 porsies

250 g gemengde droë vrugte
25 ml suiker
250 ml water
6 aartappels, geskil en in dun skywe gesny
sout en peper
vars gerasperde neut
5 ml fyn koljander
500 ml beesvleisaftreksel
1 kg boerewors

Kook vrugte, suiker en water saam.
Rangskik aartappels in ‘n gesmeerde oondpan.Geur met sout, peper, neut en koljander.
Voeg aftreksel by en plaas wors bo-op.
Bak in ‘n voorverhitte oond (200°C) tot gaar.
Skep droë vrugte by en bedien.

Cecilia Bedser – Uit my resepteversameling van 40 jaar




BILTONG BOEREWORS

biltong boerewors

BILTONG BOEREWORS

2 kg Rou bees biltong vleis reeds gepekel.(vra jou slagter om vir jou maak) Grof gemaal.
800 gram lam stert vet gemaal
1.5 kg wors derm
100 gram freddy hirsch biltong spice
100 gram freddy hirchs boerewors spice mix

Meng gemaalde vleis en vet goed saam.
Voeg die speserye by en meng baie goed deur.
Stop die derms redelik ferm maar nie te styf nie.
let wel moet nie enige sout by die vleis mengsel voeg nie.
Hierdie is die maklike resep, maar as jy jou eie vleis wil pekel staan dit jou vry, moet my net nie vra om te help nie.

P.s. hierdie is nie n goeie pan wors nie, en moet nooit dood gebraai word nie, anders is dit droë biltong wors.lol
Franco Dippenaar



VLAKVARK SALAMI

salami jantjie

VLAKVARK SALAMI
Hier is n resep wat ook vir my baie lekker is :
8 kg wildsvleis
15 kg vlakvark
7 kg skoon spek
2 kg ys
( Freddie Hersch salami )
As alles gemeng en gemaal is en gestop is moet dit 1 min vir elke mm in 70 ºC water gehou word ( 60mm – 1 uur ). Hang in koelkamer vir 24 ure dan kan jy met die rook proses begin, ek gebruik koue beroking .
Hang op in koel plek om te verouder . Hoop dit help

Jantjie Liebenberg




OUTYDSE KAROO BOEREWORS

OUTYDSE KAROO BOEREWORS
500 g beesvleis
500 g varkvleis
1 kg skaapvleis – nie te maer nie
250 g varkspek [ ongerook ]
12.5 ml port
25 ml druiweasyn
12.5 ml brandewyn
3 teelepels sout
3 ml geskroeide koljander [ fyn gestamp]
3 ml witpeper
3 ml neutmuskaat – vars
1 ml fyn naeltjies
3 ml marjoram
6 salieblare fyngekap
1 eeetlepel lemoenskil fyn geraper [ net die geel gedeelte ]
worsderms
Sny al jou vleis in blokkies, strooi jou speserye oor , asook die sout , laat staan ‘n ruk. Maal nou die vleis. Sny die varkspek in baie klein blokkies en strooi oor die vleis. Sprinkel die vloeistowwe oor en meng met jou vingers se punte, liggies tog deeglik. Stop die derms met ‘n worsstopper.
Ek dink die geheim le ook in die gaarmaak. Vir my moet wors net – net gaar wees, tog nie droog gebraai nie, as jy hom pan gaar maak, gooi ‘n bietjie water onder in die pan en as jy hom vuurgaarmaak rol hom dig op en draai net een keer om, moet nie prik nie.

Resep geplaas deur Leon Smit