PAP- EN WORSTERT


PAP- EN WORSTERT
Resep geplaas deur Pikkie Langenhoven
Foto: Pikkie Langenhoven
FOOD LOVERS RECIPES
Maak stywe pap en skep dit onder in ‘n oond bak.
Braai ongeveer 500 g wors net aan een kant. Nie tot gaar nie. Haal uit die pan en gebruik dieselfde pan en sous om twee blikkies tamatie smoor met jou eie kruie in te verhit.
Plaas ‘n lagie rou uie oor die pap voordat jy die tamatie mengsel oor die pap giet.
Plaas nou die half gaar wors bo-op.
Bak vir ongeveer 25 minute by 180ºC.
Nota:
Ek het so klein bietjie suiker by die tamatie gesit.




WORSBREDIE


WORSBREDIE (varsity kos)
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira
FOOD LOVERS RECIPES
5 geskilde aartappels, in dun skywe gesny
1 koppie rou rys
1 pakkie Chillie en beef Royco Sop
1 rooi pepper
1 ui
knoffel
300 g tot 500 g boerewors
Pak aartappel skyfies in ‘n gesmeerde oondskottel. Ryg bolletjies wors uit derm uit en pak dit rond op die aartappels. Sprinkel koppie rou rys oor aartappels en wors.
Braai ui, peppers en knoffel en skep dit oor die rys. Meng soppoeier met 700 ml koue water en giet dit oor die inhoud. Maak toe met foelie en bak ongeveer 90 minute op 180°C.
Bedien saam met ‘n slaai en soet groente soos ertjies.




BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO


BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO
Resep: Talissa Olwagen
FOOD LOVERS RECIPES
4 medium uie, in klein blokkies gesny
10 groot tamaties, fyn gesny
10 eetlepels kerriepoeier
10 teelepels braaispeserye
5 teelepels Steak and Chops speserye
3 kg goeie gehalte wors, in stukkies gesny
olie om uie in te braai
10 opgehoopte eetlepels bief ekstrak poeier
10 koppies rou pampoenBraai die uie tot sag.
Voeg die kerrie, braai speserye en die steak en chop speserye by en braai so 2 min om geure uit te kry.
Voeg die wors by en braai lekker bruin (so 15 min op lae hitte).
Voeg die tamaties by en braai n verdere 2 minute. Roer gereeld.
Maak die bief ekstrak poeier aan met 2 koppies water.
Voeg die pampoen by met die ekstrak water en sit op lae hitte vir so 20-25 minute met ‘n deksel op.
Kook tot alles gaar en sag is.
Bedien met rys of pap.
Genoeg vir 30 mense.
Notas:
Jy kan nog meer poeier byvoeg as jy dit dikker wil hê.
Jy kan dit ook doen met hoender fillets wat in repies gesny is in plaas van die wors.
Jy kan die pampoen vooraf gaar maak en net byvoeg ook as jy wil, maar dit sal gaar word in die 20-25 min wat dit prut.

 




WORSKOS IDEES


WORSKOS IDEES
FOOD LOVERS RECIPES
Santi Evert Erasmus:
Ons ook moeg geraak vir wors net so.
In 3 cm stukkies gesny, repe spek om elke stuk gedraai dwars oor die gesnyde kante. Afwissellend met stukke uie, green, red, yellow peppers en baby marrow op sosatie stokke geryg, liggies met olyf olie gekwas en op die vuur gebraai. Boereworssosaties.
Anuchka En Hendrik Botha:
Braai wors (in klein sirkels gesny so 1 cm)
Voeg2 min beef noodles by met sy sous pakkie.
Blikkie kerrie groente en melk tot noodles gaar is en geniet.
Josh-lin Schereka:
Remove from the casing and make meatballs.
Cook the wors. Set aside. Fry an onion till soft. Chop the wors into rings and add to the onions. Add chopped green pepper. A bit of chilli and paprika if you like. Add 2 tins baked beans.Annemie Coertze Botes:
Sny die wors in stukkies. Plaas in stoompot met aartappeltjies en worteltjies. Voeg 1 blikkie boerie relish daarin en bietjie water. Kook saam tot alles gaar is en eet saam met rys.
Rina Swart:
Sit stukkies rou wors in pan met deksel, strooi rou rys bo op, maak 1 pakkie sop van jou keuse met water aan, giet bo-oor, sit deksel op en kook oor stadige hitte tot rys sag is.
Lani Nelson:
Vat ‘n oondvaste bak, skil ‘n klompie aartappels en sny dit in skywe in die bak, sit die wors rou bo-op die aartappels en sit ‘n deksel op. Bak in die oond tot die aartappels mooi sag is. Bedien op saam met ‘n lekker groen slaai
Sheena Mouton:
Wors stew:
Kook in aparte pot of sommer mikrogolf aartappel blokkies tot gaar.
In ‘n aparte pot – Maak uie en tamatiesmoor, sit aartappels in die mengsel, sout en pepper (ek sit hier kerrie speserye by) en dan braai ek die wors binne in die mengsel. Voeg bietjie water of aangemaakte sousblokkie by.
Jacques De Villiers:
Sny die wors in stukke, kook saam met gesnyde aartapels.
Voeg borrie, konfyt, kerrie en asyn by. ‘n Lekker soet kerrie met pap.
Antjies Venter:
Braai die wors gaar, haal uit en braai uie. Na uie in die wors pan gebraai is, voeg aartappel blokkies by, sit wors terug en sit macaroni bo-op die wors.  Bedek met water en kook stadig tot gaar. Onthou sout en peper na smaak.
Kook tot alles sag, sag is met so lekker dik sous.
Mariaan Thiart Ellis:
Ek braai worsstukkies saam met uie tot gaar, voeg 2 blikke perskeskywe en ‘n ½ koppie mayonnaise by. Laat prut net 3 min. Bedien saam met rys, kapokaartappels of lekker broodjie wat jy in sous kan druk
Angelique Williams:
Ek noem dit “worspot”, ons sny wors in lekker stukkies, maak gaar.  In ‘n pan braai jy die uie lekker bruin, dan voeg jy die volgende gemengde speserye by :
Meng ‘n teelepel van elk, kerrie, borrie, origanum, bbq, meng dit in ‘n bakkie sommer vir ‘n volgende keer ook. Voeg ‘n teelepel of twee van die gemengde spices by uie en sit die wors by. Dan sit jy die gaar rys by. Bedien met ‘n bietjie chutney of hoe ookal jy dit verkies. Lekker veral op ‘n koue aandjie.
Annelie Groenewald:
Sit wors onderin groterige kastrol met ½ koppie water. Pak aartappels, wortels en ‘n ½ kool bo-op. Sit deksel op en kook op medium hitte tot gaar. Nie nodig vir veel geurmiddels nie. Die worsgeur trek deur die groente!
Retha van Vuuren:
Sit 3″ stukkies op ‘n sosatie stokkie, doop in deeg en braai in olie tot bruin, bedien met blatjang, mayonnaise en tamatiesous doopsous as voorgereg!
Ian Nel – Foto
Papballe met wors en braai uie sous.
Skep papballe met icecream scoop in ‘n oondbak. Sit gebraaide wors (nie heeltemal gaar) oor en rondom. Skep gebraaide uie sous oor alles en bak dit verder in oond. Regtig lekker!




FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS


FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS
Resep en foto: Natacha Visagie
FOOD LOVERS RECIPES
500 g boerewors, vel afgetrek
60 g rosyne
410 g blikkie red “kidney beans”, water af gegooi
1 handvol gekapte pietersielie
Meng alles saam en vorm in balletjies (ek kry 12 uit).
Pak in ‘n oondpan en bak in die oond by 180°C tot gaar.
Sous:
Braai 2 gekerfte uie, groen soetrissie (opsioneel) en knoffel (na smaak) tot sag. Voeg die volgende by:1 klein sakkie tamatiepaste (50 g)
1 blikkie gekapte tamaties
1 beef stock blokkie,  gekrummel
1 teelepel droë tiemie
Kook stadig vir 10 minute. Voeg dan ‘n eetlepel suiker, sout na julle smaak en peper by.

Vir die slaai het ek dubbel room, plein jogurt met zest van 1 suurlemoen gemeng en ‘n dollop opgeskep bo-op die slaai en gedroogte bosbessies (cranberries) oorgestrooi vir mooiheid.
Bedien saam met kapokaartappels, pita of pasta en slaai.
Vir garnish ‘n lekker dollop dubbbel room jogurt vir ‘n romerigheidjie.




VLEISLAND SE BOEREWORS


VLEISLAND SE BOEREWORS
Resep en foto: Stefaans Blaauw
FOOD LOVERS RECIPES
7 kg maer beesvleis of wildsvleis
3 kg vet, (sagte beesvet, BEES brisketvet, of skaapsterte)
180 g sout
60 g koljander
20 g swartpeper
10 g fyn naeltjies
20 g fyn neutmuskaat (Nutmeg)
Voeg by:
150 ml Worcestersous
Na alles klaar saam gemaal is, voeg by:
750 ml yswater
Meng goed deur met die hande en stop in 24/26 skaapderms.OF
7 kg maer beesvleis of wildsvleis
3 kg vet (sagte beesvet, brisketvet, of skaapsterte)
180 g sout
60 g koljander
20 g swartpeper
30 g Pimento/Allspice
Voeg  by:
150 ml Worcestersous
Na alles klaar saam gemaal is, voeg by:
750 ml yswater
Meng goed deur met die hande en stop in 24/26 skaapderms.




PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS


PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
200 ml ongesifte koekmeel
1 ml sout
1 eier
125 ml melk
125 ml water
500 g rou boerewors
15 ml botter
Meng al die bestanddele behalwe die wors en botter saam.
Laat beslag 1 uur rus.
Voorverhit oond tot 180 ºC
Prik die wors en plaas dit in ‘n oondvaste bak. Stip met botter.
Verhit dit in die oond tot goed warm.
Skep die beslag oor die warm wors. Bak dit sowat 45 min lank.




BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS


BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS
Foto: Roni van der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Boerewors met sampioene in coke sous gekook word bedien op krummelpap.
Boerewors, in stukke gesny
1 groot ui, in halfringe gesny
1 koppie groen soetrissie stukkies
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel soyasous
1 eetlepel Worcestersous
½ koppie cokeBraai die uie, groen soetrissie en wors saam in ‘n bietjie olie.
Maak ‘n sous van die tamatiesous, bruinsuiker, soya sous, Worcestersous en coke.
Voeg by die wors en laat kook bedek oor ‘n stadige hitte tot die wors gaar is.
Skep die wors uit en sit die sampioene by die sous.
Voeg 1 groot eetlepel soppoeier bêre mengsel met water aan gemaak by.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/01/sous-beremengsel/
Kook die mengsel deur en skep dit oor die wors.
Bedien op krummelpap.

 




STEWED BOEREWORS PIE


STEWED BOEREWORS PIE
Photo:  Louise Cronje
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het sommer ‘n lekker slaai saam met die pasteitjies bedien.
5 ml sunflower oil
1 onion, chopped
1 clove garlic, crushed
750 g boerewors
30 ml cake flour
30 ml  tomato paste
1 x 410 g can tomato and onion gravy
1 cup peas and diced carrots
150 g button mushrooms
125 ml flat-leaf parsley, chopped
salt and freshly cracked black pepper
250 g ready-made puff pastry, defrosted
1 egg, beaten
Heat the oil in a large saucepan.
Add the onion and fry until softened.
Add the garlic and fry for 2 minutes more.
Remove from the pan and set aside.
Chop the boerewors into evenly sized pieces, about 2 cm thick.
Add the boerewors to the same pan and brown the pieces lightly.
Drain any excess fat and return the onions and garlic to the pan.
Add the cake flour and stir to mix.
Stir in the Tomato Paste and the  Tomato and Onion Gravy and bring the sauce to the boil.
Reduce the heat.
Add the button mushrooms, peas and carrots and parsley.
Season to taste and simmer for 15 minutes more or until the mushrooms are cooked and the sauce is thick.
Set aside to cool.
Once the mixture is cool, prepare the pie dishes.
Very lightly roll out the pastry to just a little bit larger than the pie dish.
Place the cooled pie filling into the pie dish.
Brush the edge of the dish with water and place the pastry over the top, sticking the edges to the pie dish.
Make a hole in the middle of the “lid” with the tip of the knife to let steam escape as the pie bakes.
Brush the pastry with the beaten egg.
Bake in a preheated oven at 190˚C for 30 – 35 minutes until the pastry is crisp, puffed up and deep golden brown.




APPLE PORK SAUSAGES SERVED ON RED CHILI TURNIPS


APPLE PORK SAUSAGES SERVED ON RED CHILI TURNIPS
Recipe and photo: Annie Goussard Newton
FOOD LOVERS RECIPES
Served with zucchini and beetroot “spaghetti” and fresh avocado.
55 g beetroot shredded in spaghetti shape per person (24 calories per person)
100 g zucchini shredded in spaghetti shape per person (17 calories per person)
Steam the beetroot and zucchini. Add maldon salt to taste (0 calories)
Add 1 tablespoon butter to veggies per person (100 calories per person)
50 g sliced turnip per person (14 calories per person)
Maldon salt to taste (0 calories)
Pork apple sausage, 263 g per person
(150 calories per 100 g)
Fresh avocado, 127 g per person (160 calories per 100 g)
Lemon juice and maldon salt (0 calories)
Put sliced turnips and pork sausages in instant pot, add maldon salt and 3 teaspoons chili spread (25 calories per teaspoon). Cook for 45 minutes on high. Brown in oven. Serve sausages and turnips on beetroot and zucchini “spaghetti”.