KAMMA WILDSPASTEI

2015-09-26-kammawildspasteitested
KAMMA WILDSPASTEI
2kg Stowe beesvleis sonder vet (ek het 1kg beesvleis gebruik)
100 g Varkspek, gesnipper (ek het 300g vark kookvleis gebruik)
75 ml Asyn
75 ml Worcestersous
15 ml Sout
10 heel Kruienaeltjies
50 ml Water
( In plek van die water en asyn het ek 125ml rooiwyn gebruik)
Swart peper na smaak
Plaas alle bestanddele in die drukkoker en stoom vir 50 min todat die vleis van die been afval. Verwyder bene en naeltjies en maak vleis fyn. Prut gewoonweg vir 15 min.
(Om die pastei te rek het ek die volgende bestanddele bygevoeg
250g gaar noodles
4 aartappels in blokkies gesny en vooraf sag gekook
4 groot wortels in blokkies gesny en vooraf sag gekook
1 pakkie bruin uiesous met kookwater aangemaak tot ‘n pasta.
Wanneer die vleis soos hierbo gaargemaak is en die bene verwyder is, voeg die gaar aartappels en wortels by en roer die bruin uie sous pasta daardeur om met die sous te meng. Prut vir ‘n paar minute langer om die sous te laat verdik. Voeg dan die gaar pasta by en haal van die hitte af)

Pasteikors
1 Eier
125 ml Melk
125 ml Kookolie
375 ml Koekmeel (1½ k)
¾ tlp Bakpoeier
Knippie sout
Meng alle bestanddele. Skep vleis in gesmeerde bak en skep kors
bo-op. Bak vir 20 min by 200ºC.
Bron: Rina J v Rensburg aangepas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.




HENNIE SE WILDSPASTEI

2015-09-06-henniesewildspasteitested
HENNIE SE WILDSPASTEI
Ek het die vleis in blokkies gesny en oornag in 2 liter late harvest gemarineer.
Daarna in vir 1.5 uur in my elektriese stoompot gekook in die wyn, maar oxtail vleisblokkies, twee groot teelepels karamelsuiker, twee teelepels appelkooskonfyt en titseltjie asyn met 500 ml warm gemeng, bygegooi.
Ook paar naeltjies en all Spice.
Daarna die vleis in bak geskep, sonder die sous.
Dan het ek uie, bacon en bruin mushrooms apart in die pan gebraai en bo-oor gegooi. Dan twee snye witbrood, geweek in melk opgebreek en ook bo op gestrooi.
Dan vir een uur gebak met skilferkorsdeeg oor natuurlik.
Bron en Foto:  Hennie van Deventer (lid)




BROS ROOIBOK LEWER

2015-08-12-brosrooiboklewertested
BROS ROOIBOK LEWER

Meng in ‘n sakkie (ziplockbag):
2 koppies koekmeel
½ eetlepel braai spice
1 teelepel suurlemoenpeper
1 teelepel knoffel poeier saam
Maak mengsel van:
2 geklitste eiers
bietjie melk

Spoel lewers af en dreineer.
Doop die lewer elk in die eier- en melk mengsel.
Rol in die meel mengsel en en bak in diep olie tot goudbruin en bros (so 3 min).
Bak net ‘n paar op ‘n slag anders trek jou olie water en dit kook gaar en jou bros lagie val af.
Bedien saam met enige sous, ‘n brand een en soet een werk goed saam.

BRON/FOTO: Jp Erasmus




VLAKVARK BOUDJIE

tested
VLAKVARK BOUDJIE
1 vlakvarkboudjie
12.5 ml knoffel-en-kruie-geurmiddel
5 ml fyn naeltjies
2 ml groente-aftrekselpoeier
2 ml gegeurde seesout
5 ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels laat le bo oor boudjie.

MARINADE
200 ml appelsap
Nartjieskil
100 ml Coke
marmelade

Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas.
Draai gereeld om.
Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud.
Plaas boud en appelsap in ‘n swaarboomkastrol en voeg Coke by.
Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160ºC tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200ºC en bak die laaste 20 – 30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin.
Bron: Elda Lombard




EERLIKE BLESBOKSKENKELPOT

2015-07-27-eerlikeblesbokskenkelpottested

EERLIKE BLESBOKSKENKELPOT

1 1/2 kg blesbok skenkels
2 kleinerige aartappelsin agstes gesny
2 groterige uie in ringe gesny
2 groterige wortels in kwarte oor doe lengte gesny
1 e growwe sout
1/2 t witpeper
1/2 t chillie flakes
2 blokkies hoener stock
1 e crushed garlic
1/4 k balsamiese asyn
1 bottel rooiwyn

Braai die vleis en uie saam met ‘n klein bietjie olyfolie.
Voeg dan die bottel rooiwyn by en prut vir ± 3 ure.
Voeg dan die aartappels en wortels by asook die res van die bestandele by en prut vir nog ‘n uur.
Bedien op saam met rys !

Bron/foto: Gideon Louw




KARRINGMELKMARINADE VIR KOEDOE FILLET


KARRINGMELKMARINADE VIR KOEDOE FILLET
500 ml karringmelk
250 ml olyfolie
15 ml gekneusde knoffel of na smaak
25 ml Worcestersous
15 ml geur-opwekker
10 ml mosterdpoeier
10 ml grofgemaalde swartpeper
25 ml suurlemoensap

Verwyder die vel en alle senings.
Meng al die bestanddele goed saam.
Marineer die vleis ten minste 24 uur lank – draai dit gereeld om. Verwyder die vleis uit die marinade en dreineer.
Rooster vir 30 minute oor matige kole en bedruip gereeld met marinade.
Sny vleis in skywe van sowat 10mm en bedien met ’n pepersous.




ANNETJIE SE GESTOPTE SPRINGBOKBOUD

 

Annatjie se gestopte springbokboud

ANNETJIE SE GESTOPTE SPRINGBOKBOUD
Bestanddele – marinade:
1 k bruin asyn
1 k vleisaftreksel (sien bladsy 2 vir resep)
1 k rooiwyn
1 ui met 12 naeltjies daarin gedruk
8 wonderpeperkorrels
½ k geskroeide koljander
10 swartpeperkorrels
¼ t fyn witpeper
4 E bruinsuiker
4 lourierblare
250 g varkspek in repe gesny

Metode:
Gooi die asyn, vleisaftreksel, rooiwyn, uit met naeltjies, wonderpeperkorrels, koljander, swartpeperkorrels, witpeper, bruinsuiker en lourierblare in ‘n houer.
Laat lê die repe varkspek daarin.
Sny diep kepe in die springbokboud en druk die varkspek daarin.

Speserye en netvet:
2 E growwe sout
1 t fyn swartpeper
2 E geskroeide gemaalde koljander
1 skaap netvet
1 k marinade (soos hierbo)
1 k vleisaftreksel

Metode:
Laat lê die vleis vir agt uur in die marinade en draai dit om.
Na ‘n verdere agt uur, word die boud uitgelig en ingesmeer met growwe sout, swartpeper en geskroeide koljander.
Draai die boud toe in netvet, sit in ‘n oondskottel en bedruip met 1 koppie marinade en 1 koppie aftreksel.
Sit die deksel op.
Bak in die oond teen 150º vir ongeveer 5 uur.

Bestanddele – vleisaftreksel (vir springbokboud marinade):
5 k water
1 murgbeen, middeldeur gekap, met vleisstukkies aan.
2 uie, elk met 12 kruinaeltjies
1 wortel, in dik ringe gesny
1 selderystingel met blare
½ t swart peperkorrels
1 E growwe sout

Metode – vleisaftreksel:
Verhit die vleisaftreksel stadig tot kookpunt en laat prut vir omtrent 5 ure.
Gooi deur ‘n sif en laat afkoel.
BRON – KYKNET




RENE SE WILDSPASTEI

tested

RENE SE WILDSPASTEI
1 kg fyn afgekookte wildsvleis
3 koppies vars broodkrummels
½ koppie rou sago
7 ekstra groot eiers, geskei
2 groen rissies, ontpit, in blokkies gesny
2 middelslag uie, gerasper
150 ml tamatie puree
50 ml peperwortelsous
7 ml sout
10 ml bruinsuiker
Pietersielie na smaak
2 blikkies geroomde sampioen sous.
50 ml droe mostertpoeier
2 ml kremetart

Week die sago 30 minute lank in 250 ml koue water.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Berei ‘n 2 liter oondbak voor (smeer).
Meng die vleis (afgekoel) en broodkrummels saam.
Voeg die eiergele by, dan die sago.
Voeg by smoor uie en soet groenrissies.
Voeg by tamatie puree, peperwortelsous sout, suiker, pietersielie, geroomde sampioene.
Meng die vleismengsel liggies deur.
Meng die mosterdpoeier met ‘n bietjie water om ‘n pasta te vorm. Gebruik die helfte in die vleismengsel.
Skep in bak en bak vir ongeveer ½ uur of tot ligbruin van bo.
Klits die eierwitte en kremetart styf en voeg die res van die aangemaakte mosterd by. Klits goed tot gemeng en smeer oor die vleislaag. Plaas terug in die oond totdat die bo-laag ligbruin is.
uit Ma Susie se boekie – Rene Truter Wessels




GEROOKTE DUIKERBOUD

 

2015-07-11-gerookteduikerboudtested

GEROOKTE DUIKERBOUD

Lekker gestop met Knoffel Atchar..
Beesbiltong vet (Brisketvet)
Vars koljander blare,,,,
Olyfolie en Growwe swart peper…
150 ml Vars room…
Toegemaak met foelie, in die oondbak,

En nou gaan hy oond toe op 100 grade tot in die oggend toe..

Foto en resep:  Stefaans Blaauw




RETHA SE WILDSPOTJIE

tested

RETHA SE WILDSPOTJIE

Braai vleis eers bruin, voeg dan by:
uie
knoffel
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel neutmuskaat
1 teelepel fyn naeltjies
swart peper

Braai vir so 5 min. Voeg dan ‘n beef stock blokkie opgelos in ‘n koppie kook water by en 2 koppies semi-soet rooiwyn. Kook tot vleis sag is.

Gooi water by soos benodig (moet nie te veel vloeistof he nie). Gooi nou groente van jou keuse by en bietjie eksta sout. Wanneer jou groente net gaar is, nie pap, gooi jou sous by.
Sous:
Meng 2 koppie room met 2 ronde teelepels maizena en 3 teelepels bruin suiker.
Kook tot sous verdik. (so 5min) Haal van kole af en laat jou pot so 10 min “rus” voor opskep.

Bron: Retha Ingel Marais