JOHAN SE TUISGEMAAKTE WORS

Johan se tuisgemaakte boereworstested
JOHAN SE TUISGEMAAKTE WORS
Ek het gou vir my 20 kg wors gemaak en is hy lekker en ek weet wat is daarin so ek eet dit met ń geruste hart ek eet glad nie slaghuis wors nie
5 kg skaap stertvet
5 kg skaapvleis
5 kg beesvleis
5 kg wildsvleis koedoe en springbok
Ouma’s Boerewors speserye
2 koppies oats vir ń goeie tekstuur
Die wors is lekker vet en het ń baie mooi tekstuur.
Dit is nou soos ek van wors hou.

Resep en foto: Johan Coetzee




MARIETJIE SE ELANDPASTEI

marietjie se elandpasteitested
MARIETJIE SE ELANDPASTEI
Braai uie en knoffel stukkies in pan met olyfolie.
(ek het dit nie vandag gedoen nie want my meisiekind eet nie uie nie – maar wou bitter graag ).
Voeg vleis wat in blokkies opgesny is by.
(ek het eland steak gehad .. maar enige lekker steak kan gebruik word).
Braai lekker bruin in pan.
Voeg die volgende by:
Bietjie soja sous
sesame olie
worcestersous
klein bietjie jimmy sous
bietjie blatjang
speserye
nutmeg
naeltjies
gemmer
koljander
kaneel
flippen lekkker spice of steak en chops
paprika
swartpeper
sout
Meng alles goed.
Voeg nou redelik water by want dit word later verdik.
Kook tot vleis lekker sag is. as die vloeistof droogkook sit aanmekaar water by, want daar moet ‘n lekker sous ontwikkel.
Intussen het ek so ñ halwe koppie sago in kook water laat lè.
Toe die sago al die water opgeslurp het, het ek nog water bygevoeg en dit in die mikrogolf gekook vir so 5 min tot sago heeltemal deurskynend is.
Roer na elke min se kook.
Wanneer vleis lekker sag is en daar ‘n lekker sous is het ek ñ blikkie sampioene bygevoeg.
Sit nou die sago by… myne was heeltemal afgekoel. Meng tot lekker deurgekook is.
Indien die mengsel nou te souserig is kan jy dit verdik deur ‘n poeier te gebruik soos soppoeier, ek het knorr se harty beef stew mix gebruik, maar letterlik net ñ lepel. Dit hang af van hoeveel vloeistof jy in pan het.
Laat die mengsel afkoel.
Skep in ñ oondvaste bak uit.
Rol deeg uit en plaas bo oor vleis.
Smeer met geklitste eier
Steek gaaitjies in deeg met vurk
Bak in voorverhitte oond tot bruin.
Resep en foto: Marietjie Nel




BLOUWILDEBEES SCHNITZEL

 

BLOUWILDEBEES SCHNITZELtested

BLOUWILDEBEES SCHNITZEL
Ek het nie regtig afmetings gemaak nie, maar hier is wat ek gebruik het:
Blouwildebees steaks lekker plat geslaan met vleishammer
Meel
Steak and chops braai salt
Sout
Peper
Peri-peri spice

Ek het die rou vleis eers in die meel mengsel geskud en toe in rou eiers gedip en weer in die meel mengsel. Daarna het ek maar net ge-deep fry.
Dis heerlik as jy nog so bietjie Aromat oor die gaar schnitzels gooi
Bron en foto: Roxelle De Vries

Resep geplaas deur Linda Venter




CARPACCIO MET N TWIST

CARPACCIO WITH A TWISTtested
CARPACCIO MET N TWIST
Koedoe / Kudu carpaccio. ( Alternatief enige bees fillet of snit ).
Sny die vleis en dun repies.
Marineer rou vleis in suurlemoensap, balsamiese asyn en olyfolie vir minimum 4 ure ( kan oornag ook laat staan ). Spesery met suurlemoen peper.
Botter beskuitjie van keuse liggies. Plaas snysel kaas, in hierdie geval Briekaas bo-op, smeer met hot English mosterd en plaas gedreineerde vleis snitte daarop. Sout na smaak. Bedrup met nog suurlemoen en tobasco na smaak.
As dit `n begin van die maand snack is, gebruik organiese ” baby herb ” slaai blaartjies en ingelegde ” capers “.
BRON – Johan Rossouw




WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS


WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS
Jerenice Stafford Goosen – Hoe maak mens dat wilds vleis nie daai wilde reuk en smaak het nie? Ek en die kinders probeer om dit te eet, maar daai smaak en reuk is te veel. Gee raad asseblief, want ons het vriende wat gedurende jag tyd vir ons gee, maar dan moet manlief maar alleen eet.

Petré Van Jaarsveld – Kook eers met ‘n bietjie uie, naeltjies en asyn, water dan af en kook dan weer met uie, naeltjies, bietjie knoffel en asyn of rooiwyn, lekker blokkies varkspek by en klein aartappeltjies.

Hermien Van Rooyen – Marineer dit in rooiwyn en karringmelk. 2 dae. Baie roosmaryn en pietersielie en naeltjies. Stop met knoffel en spekvleis.

Mickayla Swart – Sit twee lobbe fennel en ‘n ½ koppie asyn en so 5 naeltjies in en kook vir ‘n halfuur na ‘n uur, dreineer water af en haal fennel lobbe uit. Kook dan verder soos normale beesvleis.

Erik Groothuijzen – Appelsap help ook om van die wilde smaak en reuk ontslae te raak. Sê net as julle daarvan ontslae wil raak.

Maryka Harris – smooth peanut butter so 5 eetlepels saam rooiwyn en karringmelk werk ook.

Ylonda Kilian – Spoel af met koeksoda, het dit al baie gemaak.

Anna Marie Durand – Karringmelk of natuurlike jogurt, giet oor vleis en laat oornag in dit lê, spoel af volgende dag en kook met lekker speserye van jou keuse vir my is knoffel, naeltjies en koljander ‘n moet.

Yolandi Yollie Tolken – Laat lê oornag in asyn water en wanneer jy kook meng naeltjies bietjie asyn en room by, glo my dit werk, maak elke jaar self so.

Estelle Krüger Van Pletzen – Ek lê myne vir 3 dae in dikmelk (maas). Sit dit sommer in plastiek sakkie en giet die maas daarin. Draai elke oggend en aand. Net nie naeltjies nie dit gee walglike smaak. Tensy jy daarvan hou. Kook met gemengde kruie en braai speserye. Voeg so bietjie spek (bacon) stukkies by, wildsvleis is geneig om bietjie droog te wees.

Alta Gunter Van Dyk – Ons karoo mense laat lê ons wildsvleis vir so ‘n uur in asyn water en dan spoel jy dit goed af, kook of braai met paar heel naeltjies, gebreekte koljander, sout en peper en jou varkspek of vark skenkels, ander is jou wild te droog. As jy nie vark of lekker vet skaap het nie, sit olie in jou vleis, jy kan ook ‘n heel wortel en seldery insit en uithaal voor jy jou vleis fyn maak. Naeltjies moet oordeelkundig gebruik word, 2 is genoeg.

Johan Du Preez Snr – Maak ‘n sterk aftreksel van rooibos tee en kook eers jou vleis daarin. Dit is gewoontlik jou blaarvreters (Kudu, Rooibok ens.) wat ‘n wilds reuk en smaak het. Die grasvretende spesies het nie dieselfde reuk en smaak nie (gemsbok, eland en springbok.) Dit is maar my ondervinding.

Yolandi Van Der Merwe – Maak dit gaar saam met sitrus vrugte. Lemoene werk lekker. Sommer skil en al.

Marianina Nina Mojet Jordaan – Laat dit oornag in karringmelk lê. Dit trek die wild uit. (Gooi weg as jy vleis uithaal) En ek maak dit gaar in Griekse slaaisous. En moenie skaam wees met kruie nie. Chutney en peppadew spice ook ‘n hit.

Magriet Britz – Naeltjies en asyn maak dit baie lekker en dan kan jy ook goeie rooiwyn gebruik.

Monica Knight Pieterse –  ‘n Hele bottel Franse slaaisous op so 2 kg se vleis, lekker sag ook dan.

Estelle Krüger Van Pletzen – Potjie. Kook met goeie rooiwyn en baie droë vrugte. Gemengde kruie en bbq speserye, knoffel en uie, sampioene, aartappels en groente.

Ellouise Grundling – ek kook al jare wildsvleis op die manier: kook dit half gaar, dreineer die water af. Sit skoon water in met al jou speserye en lekker goetertjies. My wildsvleis proe soos gewone beesvleis, omdat jy die bloedwater afgooi, gooi jy die wild smaak uit.




DUIFIE SE WILDSPASTEI

DUIFIE SE WILDSPASTEItestedduifie se wildspastei mornay
DUIFIE SE WILDSPASTEI
n Pakkie blaardeeg kamertemperatuur
2 ml neutmuskaat
2 ml gemengde spesery
1 ml fyn naeltjies
2 teelepel fyn knoffel
sout en peper
bbq spesery
rooibok en vlakvark vleis
gemengde groente
2 uie
2 tamaties
spek
2 teelepels maizena
Bietjie melk

Voeg vleis, tamaties, uie, spek in pot en kook tot amper sag.
Voeg gemengde groente by.
Kook tot vleis van bene afval.
Pluis die vleis en voeg weer by die gemengde groente.Verhit weer en voeg maizena by prut tot dit verdik.
Laat afkoel. Spuit bak of smeer bak. Verdeel die deeg, rol uit, voer bak uit.
Druk gaatjies met vurk. Skep vleis in die tertdop. Rol oorblywende deeg uit en plaas bo op vleis.
Druk mooi toe langs die kante en druk weer gaatjies op deeg.
Smeer deeg met melk.
Maak blom bo op en smeer ook met melk. Bak in warm oond by 190 ºC tot verbruin
BRON – Duifie Miller
2de Foto:  Mornay De Jongh




KUDU FILLET CARPACCIO

carpachio Maryketested
KUDU FILLET CARPACHIO
Kudu fillet in dun skywe gesny. Olyf olie oor gedrizzle en balsamic asyn. Parmesaan kaas oor en spriet uie oor gesnipper. Lekker saam n glas rooi wyn

FOTO EN RESEP: Maryke Vermeer Clingen




WILDS FILLET CARPACCIO

 

2015-10-23-wildsfilletcarpacciotested

WILDS FILLET CARPACCIO

BESTANDELE/METODE
Wilds fillet , hang af van die grote. Hierdie was so 600gr van ‘n blesbok.
Fillet halfpad gevries , sny in baie dun skywe, plaas tussen gladwrap en kap tot papier dun. Pak skyfies in bord en drissel olyfolie, maldon sout, suurlemoensap, growwe swart peper, kappertjie saad, balsamiese asyn en parmesan skaafsels oor. Bedien met roket blare of fyn gekapte blaarslaai as voorgereg.

BRON/FOTO: Martie Fourie Moolman




VOLSTRUISNEK OP MY OSSO BUCCO STYL

2015-10-14-volstruisnekopmyossobuccostyltested
VOLSTRUISNEK OP MY OSSO BUCCO STYL

BESTANDDELE/METODE
1 Volstruisnek ( in stukke gesaag)
1/2 teelepel Naeltjies
1 Ui (grof gekap)
Sout
1 koppie Asyn

Bedek nek met water en voeg die sout, naeltjies, ui en asyn by. Kook vir 20 minute. Gooi water uit. Tap skoon water in en gooi weer die water uit … Bedek weer met water.

Voeg by :
Sout en Peper na smaak
1 Groot ui (grof gekap)
1 stingel Seldery ( gekap)
3 takkies Roosmaryn
5 takkies Tiemie
3 knoffel Chives blare (gekap)
1/2 teelepel Naeltjies
1/2 bottel Rooiwyn

Kook vir 45 minute

Voeg by:
Geelwortels (French cut) lekker groot stukke
Aartappels in blokke gesny, of Baba aartappels

Kook vir 15 minute. Haal van plaat af en skep nek, aartappels en geelwortels uit in oondskottel

Voeg by in oondskottel:
Sampioene en green-,red-, en Yellow Peppers … Lekker groot stukke gekerf.

Maak aan:
1 pakkie oxtail soppoeier, 1 pakkie bruin uie soppoeier, en 3 eetlepels Bisto, met 1 koppie rooiwyn en water … Gooi mengsel by sous in pot, en kook tot die sous dik raak … Gooi oor nek in oondskottel.
Bedek oondskottel met foelie en bak @ 180 grade C vir 2 tot 2 1/2 ure.

BRON/FOTO: Petré Van Jaarsveld




SPRINGBOKFILET IN SPEK EN ROOSMARYN

 

SPRINGBOKFILET IN SPEK EN ROOSMARYN
Genoeg vir: 8-10
• 1 heel springbokfilet (1-1,5 kg)
• 4 takkies roosmaryn
• 500 g swoerdlose strepiespek
• gebraaide aartappelwiggies en geroosterde uie om voor te sit
• korrelmosterd om voor te sit
Marinade
• 5 ml kerriepoeier
• 10 ml mosterdpoeier
• 3 ml droë tiemie
• 7 ml droë origanum
• 10 ml zeal (vleissagmaakmiddel)
• 30 ml bruinsuiker
• 70 ml bruin asyn
• 30 ml blatjang
• 120 ml tamatiesous
• 130 ml worcestersous
• 300 ml olyfolie
1 Marinade Meng al die droë bestanddele saam. Voeg 10 ml sout by. Voeg die vloeibare bestanddele by en roer goed. Gooi in ’n glasfles en hou in die yskas tot jy dit gaan gebruik.
2 Sny die senings versigtig met ’n skerp mes van die vleis af. As die filet te lank is, sny dit middeldeur.
3 Sit die vleis in ’n bak en bedek dit met die marinade. Laat vir twee tot drie uur marineer.
4 Haal die vleis uit die marinade en skraap die oortollige marinade met die agterkant van ’n mes af. Geur met varsgemaalde swartpeper. Sit die takkies roosmaryn al langs die filet neer. Draai die spek om die vleis en roosmaryn en steek dit met tandestokkies vas.
5 Braai die vleis oor warm kole gaar – omtrent 12 minute vir medium-gaar. Jy kan dit ook onder die oond se element sit. Verf die res van die marinade oor sodra die spek bruingebraai het. geur met sout. Haal van die kole af en laat rus vir 10 minute. sny in skywe en sit voor met aartappelwiggies, geroosterde uie en korrelmosterd.
Resep geplaas deur Elsabie O’Neill Ackerman
Foto’s:  Elsabie O’Neill Ackerman
Hier is die heerlike resep wat ek gemaak het. Ek het net gesnipperde spek wat ek gehad het ipv repe spek gebruik.