WILDSVLEISPASTEI MET BLAARDEEG

WILDSVLEISPASTEI MET BLAAR DEEG
500 g Blaardeeg
VULSEL:
1 kg gaar Wildsvleis, gemaal of in blokkiesgesny
200 g swoerdlose streepspekvleis
15 ml blatjang
125 g droë appelkose, gekap
30 ml rooi wyn
5 ml gekapte vars tiemie
1 knoffelhuisie, fyngedruk

Rol die helfte van die deeg uit. Voer ‘n tertbord daarmee.
Meng die bestanddele vir die vulsel en skep die mengsel in die gevoerde tertbord.
Bedek met die uitgerolde oorblywende deeg en druk die rande toe.
Sny gleufies bo-in om die stoom te laat onsnap.
Bak 30 minute (of tot die deeg bros en goudbruin is) by 180ºC .
Sit warm voor saam met Geelrys met Rosyne en Kweperjellie.
Lewer 8 porsies
Resep geplaas deur Aldie Key Meissenheimer
Foto:  Gideon Louw




ELANDKERRIE

Kerrie hoendertested

ELANDKERRIE
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Eland kerrie met klappermelk, bedien op basmati met piesangs, blatjang en tamatie/uie salsa. En daar is genoeg vir more aand wanneer dit nog beter gaan smaak.
Ek braai die skenkel stukke net so heel in bietjie olyfolie in my stoompot totdat hulle begin verbruin, dan voeg ek die gekapte uie en knoffel by, braai liggies totdat uie deurskynend is.
Voeg nou die kerriepoeier, ster anys, kardamom sade, fennel sade, 1 teelepel borrie, sout en peper, 2 kaneel stokkies en so 10 heel naeltjies by en laat die speserye so 5 min liggies braai sodat die geure kan uitkom.
Voeg  1½ koppie kookwater en so ongeveer 30ml suurlemoensap en gerasperde skil by en stoom ten minste ‘n uur totdat die vleis van die bene afval.
Verwyder die bene (maak seker die murg bly in die kerrie) en sit aartappel blokkies en wortelblokkies by, stowe tot die groente sag is en bedien.
Oops vergeet om te noem ek voeg ‘n ½ blikkie klappermelk by wanneer ek die groente bysit.




MARIANNE SE WILDSKERRIE

Marianne se Wildskerrietested

MARIANNE SE WILDSKERRIE
Resep en foto:  Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
Braai die volgende saam:
3 steranysse
6 cardomom pods
¼ teelepel fennel saad
¼ teelepel cumin saad
½ teelepel mosterdsaad
½ teelepel koljandersaad
2 stukke cassia
½ teelepel swartpeperkorrels
2 gekerfte uie
Voeg by:
1 kg wildsvleis in blokkies gesny
1 groot tamatie in blokkies gesny
handjie vol gekapte seldery
vars kruisement met so 6 blaartjies aan
1 gekapte groen soetrissie
Ekstra:
aartappels en wortels in blokkies
2 opgehoopte eetlepels groen tamatie kerriepasta
1 opgehoopte eetlepel kerriemix
2 gekapte brandrissies
½ teelepels borrie
½ koppie room/plein jogurt/klappermelk

Braai bogenoemde saam in bietjie olie, pasop om nie die kruie te brand nie, matige hitte.
Voeg ongeveer 1 kg wildsvleis in blokkies gesny, by. 1 groot tamatie in blokkies gesny, handjie vol gekapte seldery, die toppie van vars kruisement met so 6 blaartjies aan, 1 gekapte greenpepper en laat prut. Voeg bietjie water by indien nodig.
Voeg 2 opgehoopte eetlepels groen tamatie kerriepasta (http://www.foodloversrecipes.com/2015/06/groen-tamatie-kerriepasta/) by en 1 opgehoopte eetlepel kerriemix van jou keuse, 2 gekapte brandrissies en ½ teelepels borrie by.
Prut ongeveer 1 uur. Voeg wortels en aartappels by en prut tot sag.
Voeg ½ koppie room/plein jogurt/klappermelk by en paar gekapte vars koljanderblare(danhia) by en meng deur.
Bedien op basmati rys of rys van jou keuse.
Afhangende van die snit kan dit langer prut nodig he.
Nota:  Wat is Cassia
Dit is amper soos kaneelstokkies maar is die buitenste bas van dieselfde plant as waarvan kaneelstokkies gemaak word. Dit lyk soos boombas, en het nie helemal so sterk kaneelgeur nie

 




JACQUES SE WILDSPOT

jacques se wildspottested

JACQUES SE WILDSPOT
Bron en foto: Jacques De Bruyn
FOOD LOVERS RECIPES
120 ml sonneblom olie
4 groot wortels opgesny
6 baba uie in opgesny
2 teelepels knoffel
2 teelepels tiemie spesery
1 kg Wildsvleis
300 g vet skaapvleis
500 ml Rooiwyn of Port
1 500 g sakkie baba aartappels
1 500 g kersie tamaties
2 teelepels sout

Verhit die olie in die pot en bruin jou uie en knoffel vir so 5 min. Voeg dan die vleis by en bruin dit saam met die tiemie en 1 teelepel sout. Sodra die vleis gebruin is, voeg die tamaties, wortels en port/rooiwyn by en 1 koppie water (indien nodig) en laat prut vir so 2 tot 3 ure met die deksel op. Hou ‘n konstante hitte met die kole. Loer gereeld om seker te maak die pot kook nie droog nie. Voeg dan die baba aartappels en 1 teelepel sout (indien nodig) by en kook vir nog 45 min of tot sag.

 




OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS

wildsvleis_ntested
OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS
Resep en foto :Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gemaalde wildsvleis
150 g spek
1 groot ui, gerasper
Die volgende word in vysel saam gemaal:
2 wonderpeperkorrels
8 koljandersade
1 teelepel sout
½ teelepel growwe swartpeper
3 ml neutmuskaat
Knippie tiemie
Heel kool blare

Meng goed deur die vleis en laat staan so uur.
Kook intussen die koolblare tot effe sag, maar nog ferm, dreineer en koel af.
Rol die vleis in balletjies en dan toe in koolblare, pak met oop kant onder in die pan wat jy gaan gebruik.
Giet water oor tot bedek en kook tot amper droog. Maak ‘n bistosousie so dik of dun so verkies en prut nog paar minute.
Ek het met groenterys en slaai bedien.

 




MARCHANT’S SPRINGBOK FILLET

MARCHANTS SPRINGBOK FILLETtested
MARCHANT’S SPRINGBOK FILLET
1 springbok fillet, cut in 50 mm medallion steaks
course salt and black pepper only

Massage salt and pepper in to meat like visible on the picture.
Fry fillet in a non stick pan at high heat and turn down to medium heat. Fry on one side only, do not turn over until you can see ¼ heat has raised up in to the meat. This normally means the meat is sealed on the one side. Turn over and repeat other side.
Before you remove the meat from the pan, add Blueberry Balsamic Reduction to the pan, over the springboks fillets just before you are going to serve the fillets. place on per dressed plates and add just a smeer of Balsamic Reduction. Enjoy!

Source and photo: Marchant Steenkamp




WRAPPED GRILLED QUAIL WITH BOURBON-RED CURRENT GLAZE

Wrapped Grilled Quailtested

WRAPPED GRILLED QUAIL WITH BOURBON-RED CURRENT GLAZE
Recipe adapted by Amanda Conradie
Photo: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
Die Egiptiese Bybelse Geveerdes, met die Whiskey glaze was heerlik. En as Hendrey vir seconds vra, dan weet jy dit is so. Dankie Amanda.
8 quail, about 150 gram each, dressed
1 teaspoon salt
1 teaspoon freshly ground black pepper
8 strips thick-cut bacon
½ cup red current jelly
3 tablespoons bourbon
½ teaspoon Worcestershire sauce

Season each quail with 1/8 teaspoon of the salt and 1/8 teaspoon of the pepper. Wrap the bacon around the quail and secure with a toothpick.
Preheat a grill to medium-low. (180ºC)
In a bowl whisk the red current jelly, bourbon, and Worcestershire sauce until smooth.
Place the bacon-wrapped quail on the grill (I did this on the hob with a griddle pan) and cook, turning frequently, for 10 to 12 minutes, or until bacon is beginning to caramelize in places and the quail have grill marks on all sides.
Brush the quail with the glaze and transfer to pre-heated oven. Continue turning, glazing, and cooking until birds are nicely glazed and grilled on all sides and the flesh is just cooked through, about 20 minutes longer.
Set aside to rest briefly before serving 2 quail per person.
Serve with Orzo Pasta Rice or Couscous




WILDE GANS of EEND

wilde eend stefaanstested
WILDE GANS of EEND
Lekker Eend en Gans reseppie..
Smeer die voël in met balsamiese of bruin asyn en olyfolie…
Gooi dan Growwe swart peper, en “Garlic & Herb” speserye oor, bietjie hoender speserye en vryf goed in…trek n plastieksak oor die bak Laat staan oornag in die yskas…
More Oggend dan gaan dit in baksakkie in…met uie, en daai sous wat in die bak le….en dan bak mens dit teen 150 grade totdat die voel sag is….dan pak ek aartappels in, en dan gooi ek eers die sout…
Wanneer die aartappels sag en bruin is, Maak die sak oop,
Haal die Gans uitmekaar..
Pak nou die Vleis in n oondbak en gooi 250ml vars room daarin,
en bak vir nog 10 minute….dan val alles uitmekaar uit…
Duck or Goose recipe
Clean the bird properly, and rub in with Balsamic vinegar, olive oil, then add Black pepper coarse, lemon & Herb spice, and chicken spice. Rub the spices in and let the meat rest in a covered casserole till morning. Nou add 250 ml water to an oven bag, some onions, and potatoes, vake at 150 degrees Celsius, for about 1 and ½ hours, or till the bird is soft and tender..add 250ml fresh cream to the bag, mix and bake for another 10 minutes….then dish up and enjoy with a pot of rice..

RESEP EN FOTO:  Stefaans Blaauw




BLOUWILDEBEES RUGSTEAKS -SIRLOIN

blouwildebees rugsteaks-sirloinstested

BLOUWILDEBEES RUGSTEAKS -SIRLOIN
Nog enetjie vir die manne wat JAG…en WILD steaks ook eet..
Die MEES ONDERSKATTE VLEIS in die Jagveld..
Smelt 250gram BOTTER
gooi 200 ml Olyfolie by…
1 eetlepel sout
4 eetlepels suurlemoensap of asyn
1 teelepel Growwe swart peper
1 teelepel fyn koljander
Sny die steaks so “Duim” dik…
Meng alles saam goed deur, en laat le die gesnyde wild steaks daarin vir 24 uur
Braai in die vlamme tot medium rare…en GENIET
Met n Knoffel bottertjie…en
Sommer saam n lekker Gebakte eier,
en bruin uie..
SOO smaak hy hier is Hentiesbaai…gebraai..Gistermiddag
Bron en foto: Stefaans Blaauw




BOSDUIF EN SKAAPLIESBREDIE

BOSDUIF EN SKAAPLIESBREDIEtested
BOSDUIF EN SKAAPLIESBREDIE
Braai ongeveer 1/4k varkspek in klein blokkies gesny soos jy kaiings sou doen totdat dit bruin verkleur.
Voeg 1 groot opgekapte ui en paar stukke gekapte spekvleis by en braai nog so 3min.
Los 1 hoenderblokkie in kookwater op en voeg by saam met so
2 knippies pimento,
4 heel naeltjies,
¼ t koljander,
sout na smaak,
ruim knippie mixed herbs.
Voeg 6 skoongemaakte bosduiwe en skaaplies in klein blokkies gesny by. Stoom vir ongeveer 3/4 uur. Skep uit om af te koel en vryf al die vleis van die bene af. Skep terug in die pot en voeg klein aartappeltjies en wortels by en stoom nog 20min. Maak sous dik met maizena in melk opgelos. Prut tot verlangde tekstuur. Bedien op rys met soet groente. Ek het wortelrepies gebruik

Resep en foto: Marianne de Beer