MARIE SE BLESBOK WILDSPASTEI


MARIE SE BLESBOK WILDSPASTEI
Ek het al die afval bene gebruik wat nog vleis aan gehad het. Ons wou nie die vleisies mors nie.
Ek het die bene in my stoompot gekook saam met 1 eetlepel ground cumin spice en 1 eetlepel chicken spice en 6-7 heel wortels saam met die bene tot die vleis van die bene afval. Skep bene in ‘n bak en laat effens afkoel sodat jy die al die vleisies kan afkry.
Intussen stoom in die vleis aftreksel waar bene in was, die groente tot sag:
5 gekapte uie
1 butternut, opgekap in stukkies
6-7 aartappels, blokkies gesny
swartpeper
1 eetlepel ground cumin
1 eetlepel paprika
sout, na smaak
7 huisies knoffel, fyn gekap
Maak aan in ‘n beker:
6 eetlepels tamatie pasta
3 eetlepels Worcestersous
4 eetlepels chutney
2 eetlepels appelkooskonfyt
Sodra groente sag is meng die vleis saam met die groente mengsel in asook die beker mengsel en kook vir 10 minute deur. As die sous nog te veel is, meng deur met bietjie soppoeier (Ek het tamatie sop, mushroom en bruin uie gemeng). Kook deur. Vleis mengsel moet nie te pap wees nie.
Ek het sommer Today Pastry deeg gebruik vir die pasteie. Uitgerol en onder in bak gesit en my mengsel bo-op en toe laag deeg bo-oor. In oond 180ºC gebak tot deeg gaar is.
Die vleis wat oorgebly het in bakkies gevries.
Bron en foto: Marié Fourie











