ONTBEENDE WILDSBOUD GEVUL MET BACON, KAAS EN PEPPADEW


ONTBEENDE WILDSBOUD GEVUL MET BACON, KAAS EN PEPPADEW
15 ml gedroogde basil
10 ml gedroogde tiemie
10 ml knoffel vlokkies
5 ml gedroogde roosmaryn
1,25 ml fyn naeltjies
30 ml fyn koljander
30 ml Aromatic Lemon and Herbs
Meng bogenoemde saam in ‘n bakkie en vryf fyn tussen vingers.
Meng 25 ml elk Worceshiresous en suurlemoensap in nog ‘n bakkie.
1 pak streaky bacon, dunner gestrek met die agterkant van ‘n mes
½ koppie fyn gerasperde Cheddar kaas of Feta, gekrummel
Pepadews, soveel jy wil.
Sout,varsgemaalde swartpeper en Aromat na smaak
gelatien poeier
olyfolie en braaisout
2 lourierblare en ‘n kersie. (opsioneel)
stuk vleis net.(Kry by jou slagter)
4,5 kg wildsboud
Ontbeen die boud en vlek oop tot redelik dun- so 2 cm.
Verwyder alle los senings en kliere.
Laat die boud oop le met die binnekant bo.
Sprinkel die woreshiresous mengsel oor en vryf goed in.
Sprinkel sout, aromat en maal swartpeper na smaak oor.
Strooi die kruiemengsel eweredig oor die vleis.
Strooi nou gelatien poeier oor.
Sprinkel die kaas eweredig oor.
Pak vleis toe met gestrekte bacon.
Skeur elke Pepadew in 3 dele en pak hier en daar op bacon.
Sprinkel van die peppadew stroop oor.
Strooi weer gelatien poeier oor.
Bind die vleisnet se een kant toe met n toutjie.
Trek vleisnet oor n groot koffieblik wat oopgesny is aan weerskante.
Rol die vleis op in n rol en werk hom in die koffieblik in van die oop kant van die blik af.
Tel die blik regop en skud die rol versigtig uit in die net in.
Bind die net teen die vleis af en sny die oortollige net af.
Werk die lourierblare en kersie onder die net in. (Opsioneel)
Vryf die hele rol met olyfolie in en sprinkel goed met sout.
OM GAAR TE MAAK:
Sny 2 uie in dik skywe en pak onder in ‘n baksakkie.
Sit rol op uieskywe.
Giet 250 ml Pynappelsap (liqui-fruit) by.
Bind sakkie af en plaas in n oond pan.
Steek n gaatjie in die bokant van die sakkie.
Sit in n voorverhitte oond op 180 ºC.
Draai onmiddelik die hitte af na 120 ºC.
Bak tot vleis gaar en sag is,omtrent 4 ure.
Kan ook deurnag gebak word op 100 ºC.
Die rol kan ook gevries word vir latere gebruik.
Resep: PIET POMPIES





