COULD-DO KEBAB – KOEDOE

Kudu Kebabtested

COULD-DO KEBAB – KOEDOE

1 kg Koedoe rugstring in blokkies gesny
2 groot uie in stukkies gesny
15 ml botter
250ml water
1 teelepel komyn
1 teelepel swart peper
1½ teelepel rooipepper (of na smaak)
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 teelepel paprika
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel bruinsuiker
2 koppies bruin druiweasyn
sout en peper
1 eetlepel mielieblom

Braai komyn, swart peper en kerriepoeier in droë pan vir 1 minuut. Voeg ui en botter by en braai tot ligbruin voeg 250 ml water by en kook ongeveer 5 minute. Voeg rooipeper, borrie, paprika, appelkooskonfyt, suiker en asyn by en kook nog 5 minute. Meng 1 eetlepel mielieblom met ‘n bietjie water tot pasta en verdik sous daarmee. Laat afkoel. Marineer vleis in sous vir 3 dae in yskas.

Ryg op stokkies met rooi, groen en geel soetrissies tussen in, rooster oor warm kole. Sout op die rooster en bedruip met marinade tot gaar.

Resep en foto: Martin Grobbelaar.

 

 

 




SPRINGBOK GOULASH

 springbok goulash

SPRINGBOK GOULASH
Nou ja hier volg my resep v Springbok Goulash.. Self aanmekaar gelas en glo my het myself verbaas… Net twee gewees en die pot is leeg..

1 kg Goulash (Marineer so 3 ure in bietjie bakpoeier en 1 koppie melk)
2 groot uie gekerf
3 groot worlets gekerf
5 artappels klein blokkies gekerf (Nie te klein)
3 groot tamaties (vel verwyder en blokkies gekerf)
1 tamatie paste
1 eetlepel groen Kerrie
1 eetlepel medium Rajah Kerrie
3 knoffel huisies
knippie fyn koljander
knippie fyn naeltjies
Squirt Worsestersauce
Sout
Peper
Appelkoos konfyt

Braai Uie, Kerrie poeier, koljander, naeltjies en knoffel saam..in bietjie Olyf (of kook) olie.. Skep uit en hou eenkant.. Braai nou die Goulash nie te lank nie, kan nog bietjie olie by voeg.. Spasieer jou artappels en jou wortels bo-opvleis, so ook die Gebraaide uie mengsel.. Gooi sout en peper by..Voeg 2-3 koppies Warm water oor.. Laat prut op hoog v 1/2 uur.. water moet al redelik min wees.. Stel stoof op 3.. Gooi tamatie stukkies, borrie, Tamatie paste, so 3 eetlepels fyn appelkooskonfyt en Worcester sauce.. Kook nog so half uur.. Sous sal begin dik raak.. As artappels dalk nog bietjie hard is, kan jy hom nog afstel en baie stadig laat prut.. (Sousie is lekke dik, myne so bietjie gepotbraai) Kan dalk nog bietjie water nodig he, wees net versigtig.. kan dalk brand.. Het Sun dried Tastic rys by gemaak… Was regtig heerlik en geen wild smaak…

 Resep en foto:  Malie Louw



KUDU EN VOLSTRUIS PASTEI

kudu en volsruis pastei

500g Kudu
500g Volstruis
1 Blik Koo Samp &Beans
1 blik Soet mielies
Sout en mix spice
5 eetlepels chuctney
1Rol blaar deeg.

Kook vleis in drukkoker tot sag, haal bene uit. Gooi Samp en soetmielies by en
Kook vir 10 min.
Gooi in oond bak en sit deeg oor.
Smeer olyf olie oor.
Sit in oond teen 180 grade vir 35 min of tot bruin.

Geniet saam met slaai.

Floris Momberg



WILDSPASTEI A LA BENHET

2013-09-25-wildspastei
WILDSPASTEI A LA BENHET
Ek het net wildsvleis en bietjie varkvleis saam gekook tot sag in water met sout, peper en worcestersous. Kan uie bysit indien verkies.
Wanneer die vleis sag is, roer ‘n pakkie minestone soppoeier by.

Maak  die “lui huis vrou” degie vir bo en onder.
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
½ koppie melk
½ koppie kookolie
2 eiers
Meng al die bestanddele tot ‘n gladde deeg skep die helfte onder in ‘n gemeerde bak!
Dan lekker souserige vleisop die deeg en skep die res van die deeg bo-oo.
Bak 30 min by 180ºC tot deur gaar en mooi verkleur.

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis




SPRINGBOKSAAL IN DIE OOND

2013-09-24-springboksaalindieoond
SPRINGBOKSAAL IN DIE OOND
1 springboksaal
250 ml (1 koppie) koue water
15 ml (1 eetlepel) asyn
5 ml (1 teelepel) fyn sout
2,5 ml (½ teelepel) varsgemaalde swartpeper
15 ml (1 eetlepel) grofgemaalde koljander
30 ml (2 eetlepel) botter, gesmelt
250 ml (1 koppie) wynasyn
30 ml (2 eetlepel) appelkooskonfyt

Spoel die springboksaal af met ‘n mengsel van die water en asyn. Klad dit droog met kombuispapier.
Meng die sout, peper en koljander en vryf die wildsvleis met jou plathand daarmee in.
Meng die gesmelte botter, wynasyn en appelkooskonfyt om ‘n dikkerige braaisous te maak. Sit die wildsvleis in ‘n oondskottel en giet die helfte van die braaisous daaroor.
Verhit die oond vooraf tot 180 C en steek die skottel in die oond.
Braai in die oond vir 40 minute en giet kort-kort van die res van die braaisous oor. Wanneer die sous pienkerig uitkom as jy die toetspen uittrek, is die vleis gaar. Indien nodig, kan jy dit bietjie bruiner maak onder die oondrooster.
Bedien onmiddellik

FOTO- Annelie van der Merwe-Kruger




HEERLIKE WILDSFILLET

FLR BB Template
HEERLIKE WILDSFILLET
Die toorwoord is botter, room, swartpeper en “hot English mustard” van colemans.
Sny die fillet in selinders van so ongeveer twee duim dik. Laat die porsies regop staan op ‘n houtplank. Stamp dit nou plat met die chutney of ander bottel se boom.
Smeer mosterd oor en druk in vars gemaalde swartpeper.
Maak jou swaarboompan rooiwarm. Sit bietjie olyfolie in en dan botter.
Braai brandbruin aan beide kante, nie meer as ‘n minuut aan ‘n kant as jou pan regtig warm is nie (net seel en verbruin).
Plaas nou porsies op vuurvaste bord in voorverhitte oond van 250 ºC. Nie vir langer as 6 tot 10 minute nie (hang af van die dikte van die porsies en hoe gaar jy dit wil he).
Intussen deglaze jy die pan met room en sit jy versniperde sampieoene by.

Bedien met diepgebraaide ertappels en groen slaai.

Bron- Jozua de la Harpe




WILDSPASTEI MET “SLAP DEEG” KORS

2013-08-27-wildspasteifotojorinaclaassen
WILDSPASTEI MET “SLAP DEEG” KORS
1.5 kg wildsvleis gekook met water en 1 teel naeltjies stukkies.
Varkvet in blokkies gesny stowe tot sag.
Meng die gaar vleis en gestoofde vetblokkies.
250 ml vleisaftreksel
25 ml kookolie
1 ui gekap
50 ml koekmeel
250 ml room
‘n pak gesnyde sampioene
10 ml aangemaakte mosterd
5 ml origanum
sout en peper na smaak
3 ml suiker

Kors:
125 ml water
125 ml olyfolie
1 eier geklits
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
vars gekapte pietersielie

Metode vir pastei
Dreineer vleis, braai sampioene en uie tot glanserig, voeg vleis by, braai liggies, voeg 250 ml aftreksel by. Meng mosterdpoeier, meel en room saam, voeg by die vleis en kook tot dik.
Verwyder van stoof af en skep in ‘n oondbak.
Meng bestanddele vir kors, skep oor die vleis bak 25 min by 180ºC.

Resep geplaas deur Jorina Claassen
Foto- Jorina Claassen




VLAKVARK SALAMI

salami jantjie

VLAKVARK SALAMI
Hier is n resep wat ook vir my baie lekker is :
8 kg wildsvleis
15 kg vlakvark
7 kg skoon spek
2 kg ys
( Freddie Hersch salami )
As alles gemeng en gemaal is en gestop is moet dit 1 min vir elke mm in 70 ºC water gehou word ( 60mm – 1 uur ). Hang in koelkamer vir 24 ure dan kan jy met die rook proses begin, ek gebruik koue beroking .
Hang op in koel plek om te verouder . Hoop dit help

Jantjie Liebenberg




ELAND STEAK – WENKE EN RESEPTE


ELAND STEAK – WENKE EN RESEPTE
Ek moes amper ‘n hele eland alleen opeet so ek het baie eksperimenteer. Ek het drie maniere wat vir my lekker is.

Mosterd steak.
Koop een van daai 300ml bier beker mosterd by makro of PnP. Smeer die steak goed met die mosterd – moet sommer so dik op hom le. Maak ‘n woes warm vuur – vlamme is goed. Draai hom so elke minuut – doen elke kant so 3 keer op die meeste. Dan is hy ‘n perfekte rare en op sy lekkerste. Vir iets soortgelyk maar effe soeter gebruik Knorr se Honey and Mustard salad dressing maar moenie dit in vlamme braai nie.

Marinade steak
40% chutney, Mrs Balls chunkey fruit
40% fyn appelkoos Koo konfyt
15% olyf olie
5% woester sous
Vir elke steak so een eetlepel Roberston gemengde kruie.
Plaas in ‘n bak en meng, smeer steak goed en dik.
Maak ‘n woes warm kole vuur – nie vlamme nie, braai so 15cm op die meeste bo die vuur.
Draai voor die sous brand – as die jam brand raak dit effe bitter, as hy nie brand nie, word dit karamel en met die chutney lek jy die bak uit.

Sommer so steak
Sout, peper en olyf olie
Smeer olyf olie, vryf sout en peper in, laat staan vir so ‘n uur of wat terwyl jy vuur maak.
Braai op woes warm vuur in die vlamme, 2 minute op ‘n kant, 3 draaie
Nou is hy rare – perfek

Algemeen
Eland het ‘n baie growwe tekstuur vleis wat hom ideaal maak vir marinades en souse – die goed trek in sien.
Eland het nie vet nie en olie is nodig om te keer dat hy droog word.
Maak ‘n bitter warm vuur – dis waar vir enige steak. Vlamme is ok moet hom net nie te lank laat lê nie.

Vir RARE – vuur so warm as jy kan draai nie meer as vier keer nie.
Vir Meduim RARE – selfde vuur maar gee nog so 4 draaie.
Vir Meduim is dit beter om ‘n koeler vuur te hê – net warm kole nie vlamme nie en braai hom tot die vleis begin styf voel in die braai tang.
Vir WELL DONE – moenie my vra nie -sulke ouens is nie welkom om by my te braai nie.

Persoonlik verkies ek AL my vleis steak Tartare – ROU. Kry vir jou bietjie Kikoman woester sous by PnP (selfde as die sushi manne sn) en Ina paarman se “garlic and olive” sout. Sny dun repe, gooi kikoman en sprinkel paarman. Smulpaap lekker – maar nie almal waardeer dit nie.

Geplaas deur Linda Venter




KALAHARI SUSHI MET GEKARMALISEERDE UIE

sushi dries

KALAHARI SUSHI MET GEKARMALISEERDE UIE
500 g maalvleis (Springbok)
Simba Skyfies (Balsamic Vinagar)(my gunsteling)
Uie
Rys
Eiers
Sous van jou keuse (my ekstra bestandeel tamatiesous) 
Garneer maalvleis soos wanneer jy vleisballetjies sou maak . As bindmiddel gebruik jy fyngemaakte Simba skyfies van jou keuse, asook ‘n eier .Ek rasper ‘n ½ uie ook in.
Rol maalvleis in ‘n wors vorm. Draai styf in foelie toe en bak in die oond tot gaar . (My 500 g maalvleis het gebak teen 200ºC 40min lank)
Kook intussen rys tot gaar garneer na smaak. Sny vleisrol in skywe so dik soos jy dit wil he .
Kies ‘n vorm wat effe groter is as vleisskyf wat jy gesny het . Skep rys buite om en druk vas .
Keer uit op bord en garnereer met gekarmaliseerde uie of sous van u keuse .

Dries Von Weidtz