VLEISLAND se Eland ( WILD) Sirloin in roomsous en NETVET

2014-02-05-picture1tested

VLEISLAND se Eland ( WILD) Sirloin in roomsous en NETVET
Neem so 2.5 kg stuk Wild Sirloin..( wat nou al 10 dae vakuumverpak is) en in die koelkamer le teen 0 tot -4 grade.
Plaas die volgende in ‘n vakuumsakkie:
250 ml room
½ olyf olie
4 eetlepels suurlemoensap/of asyn
2 teelepels woestersous
2 telepels growwe swart peper
1 teelepel origanum
1 teelepel pietersielie
GEEN SOUT !!!
Meng alles goed deur, plaas die steak in die mengsel, rol dit goed daar binne. Vakuumverpak dit nou weer, en los vir die VOLGENDE 7-10 dae weer in die yskas of koeler… Dan eers kole toe..

Na nog 10 dae in die room, olyfolie, suurlemoensap, en in die yskas.
Haal ons nou die sirloin uit die roomsous uit, en sprinkel braai speserye oor.
Draai dit in NETVET toe, en sit op die rooster, nie te warm kole nie.
Braai so 10 minute aan elke kant (4 kante) en giet van die room mengsel wat oorgebly het oor, elke draai slag.
Wanneer dit begin “styf word” nie meer so pap voel nie, haal af.
Sny die sirloin in skywe en pak dit in daai room wat oorbly.

Nou het ons gebakte aartappels en tamatieslaai daarmee geniet
EKKE het natuurlik weer VYE KONFYT met GRAU brood daarmee saam ge eet…
Resep: Stefaans Blaauw




FISANT / TARENTAAL RESEP

2014-02-05-1560471_10202832313359237_598661491_ntested

FISANT / TARENTAAL RESEP
2 Fisante
1 groot ui
2 aartappels
Vleisland se spice mix
250 ml room
100 ml rooiwyn

Maak die fisante mooi skoon, smeer hulle met bietjie asyn, en gooi Vleisland se spesery mengsel of hoender speserye oor.
Sit nou die fisante in ‘n baksakkie, gooi die room en rooiwyn in saam met die aartappels en die uie.
Nou gaan die baksakkie en die fisante, PRUTPOT toe, op HIGH gestel, tot more oggend.
DAN VAL DIT SO UITMEKAAR UIT…(sien foto)

Bron: Stefaans Blaauw




WILDSVLEIS SOSATIES


WILDSVLEIS SOSATIES

Ok die vleis is blesbok boud wat ek in blokkies gesny het na al die senings en vliese en goeters verwyder is.

Toe het ek bietjie amasi oorgegooi en deurgemeng en dit in bak met deksel oornag in yskas gelos.

Vanoggend het ek stukke varkvet/spek opgesny en perskes en uie en dit geryg op stokkie en dan kerriesous gemaak en gekook en dan onder in die bak gegooi en bo oor die sosaties.

Die sous moet mense maar doen wat hulle wil want ek gooi net in en wat ek kan onthou is 1 bottel bruin asyn,dan maak jy die bottel vol water na jy die asyn uitgegooi het en gooi dit ook in pot en dan omtrent 1 koppie suiker en dan 3 teelepels borrie en 3 teelepels kerrie,maizena en perske blatjang en dan roer jy nou maar die spulletjie tot dit dikker en gaar is en toe het ek sout en peper na smaak ingegooi tot dit reg smaak vir my en die sous eers laat afkoel voor ek dit gebruik het.

En die sosaties bly nou vir ten minste so 3 dae in die yskas in die sous en jy draai dit elke dag om en skep die sous weer oor en dan terug in yskas.Dan braai jy dit aan die einde van daai tyd of jy kan dit saam met die sous vries en gebruik soos nodig.

Resep: Naudéa Visser




SPRINGBOKLENDE

1557727_10203174220180115_636884484_n

SPRINGBOKLENDE
Mooi maakwenk: Ons bord is gemaak uit ou vloerplankies wat maklik aan mekaar getimmer en afgeskuur is. Dit kos niks en lyk baie goed.

Gebraaide springboklende met goue wortels, aspersies, klein kool koppe, parmesan kaas, pietersielie emulsie, bros gebraaide brood krummels met suurlemoenskil

Voorbereidingstyd 35 minute

(Hou solank jou oond reg op 200ºC om vleis warm te maak net voor die bediening)

10 x 150 g Springboklende of kruisskyf
Olyfolie
Sout en peper

Vryf die Springbokvleis in met die olie en sout en peper. Maak seker die vleis is kamer temperatuur voor jy dit begin braai.

In ‘n lekker groot pan seël die vleis goed af, omtrent 3 minute aan ‘n kant en sit een kant om te rus.

Groen en goue groente
30 klein goue wortels
30 dun vars groen aspersies
5 klein kole, in kwarte gesny
2 eetlepels botter vir braai en n bietjie ekstra….
‘n handvol tiemietakkies

Blansjeer al die groente deur in kokende water te dompel vir een minuut haal uit en plaas dadelik in ‘n bak yswater, die kleur bly dan behoue en die groente lyk mooi vars. Braai die groente in die botter tot lekker gekaremaliseer vir omtrent 3 tot 5 minute, voeg nog n lekseltjie botter by en die tiemie, hou warm. Vir ‘n bietjie ekstra kleur het ons die groente ook vinnig op die riffelpan laat kleur kry!

Ko wenk: Plaas die groente eers in ‘n groot genoeg sif of vergiettes en dompel dan in die kokende water om die proses maklik te maak.

Bros broodkrummels
8 snye dag ou brood
50 ml Olyfolie
Skil van 2 suurlemoen
125 ml fyngerasperde Parmesaan kaas

Verwerk die brood in voedsel verwerker tot grof en braai in olie tot bros, voeg die suurlemoen skil en parmesan by en geur met sout en peper, hou eenkant.

Pietersielie Emulsie
100ml melk
300 ml canola olie
Handvol pietersielie baie fyn gekap
Knippie sout

Meng melk en pietersielie saam. Gebruik n elektriese hand klitser en voeg die olie stadig by die melk en pietersielie mengsel tot dit lyk soos dik room voeg n knypie sout by en hou eenkant.

Hierdie is lekker om te maak met enige geur as ‘n plaasvervanger van mayonnaise
Makiete – Episode 2




COUNTRY-STYLE RABBIT TERRINE

COUNTRY-STYLE RABBIT TERRINE
1 boneless rabbit
200 g chicken livers
200 g pork belly
1 tbsp chopped thyme, leaves only
2 cloves garlic, crushed
1 tbsp Sourz apple liqueur
1 lemon, grated zest and juice
8 rashers of smoked streaky bacon
sea salt and freshly ground black pepper

Place the rabbit, livers and belly pork together in a food processor and pulse to a coarse mince (with recognizable chunks of meat).
Add the thyme, garlic, apple liqueur, lemon and seasoning – leave to marinate for several hours (overnight if possible).
Preheat the oven to 150ºC/gas 1.
Line a 900 g terrine mould or loaf tin with lightly oiled kitchen foil and lay the bacon rashers on the bottom. Spoon in the rabbit mixture and wrap with the kitchen foil. Cover with a lid and place the terrine in a roasting pan of water. Bake for 90 minutes.
Remove the terrine from the oven and take off the lid. Cover the rabbit with a plate and a weight so that the the meat is compressed. Leave for 24 hours before eating.
Recipe posted by Elize de Kock




WYNAND SE VLAKVARKBOUD

WYNAND SE VLAKVARKBOUD

 Ek stop hom met heel knoffel huisies en dan maak ek ‘n pakkie Beef Strogenhoff aan en gooi dit oor die boud.
Hy moet natuurlik in foelie toegemaak word met die dowwe kant buite toe, en geseel word dat die sous nie uitloop nie.
Dan deurnag in die oond, jy kan die boud ook OBS spuit as jy wil.

Wynand De Jonge




BLESBOKNEK POT

 

2014-01-16-blesboknekpottested

BLESBOKNEK POT

Sommer my eie mengsel gemaak!!!
Bietjie kort pad gevat en vleisie gestoompot vir n uur!
Toe in swartpot uie gebraai en vleisie gebraai!
Vleisatreksel by gegooi! Sout, peper, bietjie aromat en balsamic asyn! Aartappels in gesny, worteltjie en boontjies!! Deksel op en nog n uur geprut!! Sousie dik gemaak en nog n halfuur baie stadig gesit!!!

Lip Lekker!!!!!!!

BRON- Benhet Nieuwenhuis




WILDSPASTEI

 

2014-01-11-wildspasteitested

1 kg vleis
6 kruie naeltjies
1 huisie knoffel
2 teelepels sout
1/2 teelepel peper
2 eetlepels asyn
1/4 koppie soetwyn (opsioneel)
50 gram spek (opsioneel)

Voeg al die bestandele saam in die slow cooker. Bedek met water dat die vleis net uit steek. Skakel op High en los vir 5 ure. Sou dit nog nie gaar wees nie, laat gaan dit nog bietjie langer. Ek sou se tussen 5-7 ure.

Wanneer die vleis gaar is, verwyder die naeltjies indien jy wil en as dit te souserig is, gooi van die water af en verdik met mezina.

Line die bak met puffpastry. Ek het een pakkie gebruik en in twee gedeel vir die onder en bokant. Ek het ‘n pakkie mushroomsous aangemaak en by die vleis gemeng.

Skep in die deeg, bedek met boonste laag en verf met eier. Bak in die oond vir 30min teen 180 grade (dit mag verskil van oond tot oond).

Lekker eet!!

BRON- Elré van den Heever




SPRINGBOK SKENKELPOT

1535713_626876297373795_876932876_n

SPRINGBOK SKENKELPOT
Ek vat springbokskenkels kook dit saam met bacon en paar vet skaapskenkels of vet skaaprib.
Die skenkels is geneig om droog en sonder enige vet te wees.

Kook dit baie stadig op gas. Gebruik van die oxtail blokkies met paar naeltjies en knoffel. Speserye na smaak.

Ek hou baie van droë vrugte en gooi dit in bykans al my potte. Aan die einde verdik ek die sous met oxtail soppoeier. Voeg genoeg uie ook by in pot. Uur voordat pot reg is, voeg ek aartappels by.

Dulcken Dwyer




GEROOKTE VLAKVARK PASTEI

 

lyn se kers etetested

Die gerookte vlakvark het ek persent gekry en maar soos gewone wildsvleis gekook, met sherrie+varkspek+vars kruie! Hier is die ‘baie maklike’ kors resep..
125ml Melk,
125ml Olie,
1 Eier,
200ml S/R Meel,
5ml Sout
meng als saam tot glad, gooi oor vleis en pak uie ringe bo op. So maklik soos dit! Ek gebruik hierdie kors gereeld, sommer hoender pastei ook!

Lyn Stephenson