SPRINGBOK VLEISPASTEITJIES

2014-07-19-anntested
SPRINGBOK VLEISPASTEITJIES
Kook springbokvleis saam met skaapskenkels, verhouding 2 tot 3 of soos dit vir jou lekker is. Ek het na smaak bygegooi: suurlemoensap, knoffel, koljander, mosterd, gekapte uie, knoffelsout, naeltjies, wit peper. Kook tot die vleis van die bene afval op ‘n matige hitte.
Haal al die bene uit, vlok die vleis mooi. Gooi appelkooskonfyt en bruin asyn na smaak by en verdik met ‘n bietjie maizena. Dit moenie te souserig wees nie. Gebruik blaardeeg en maak die pasteitjies.
Verf met Mayonnaise. Bak teen 180° C tot mooi bruin.

Resep en foto: Annelore Von Solms Joubert




GEMSBOK SIRLOIN IN DIE OOND

wilds fillet

wilds fillet 2tested

GEMSBOK SIRLOIN IN DIE OOND
+/- 1.5 kg vars Wild Sirloin
Sout
Peper
Olyfolie
Balsamiese of bruin asyn
Knoffel botter
Feta kaas
Bees BAKON

Meng 1/2 koppie olyfolie en 3 eetlepels asyn en smeer die vleis goed in.
Steek nou gate in die vleis met n breelem mes, en stop elke gaatjie met bietjie knoffel botter en n stukkie Feta kaas. Spesery nou met sout en growwe swart peper, en smeer behoorlik in, met die olie mengsel..
Drapeer nou die heerlike stukkie vleis in bees BAKON, en steek dit op die kante met tandestokkies vas, sodat die Bakon nie opkrul in die bakproses nie…
Voorverhit die oond tot 200 grade op bake&grill…en druk daai vleisie in die oond…(sal vanaand se vir hoe lank)….hehehe

Hier is die resultaat van daai Gemsbok Sirloin..
Oondgebak…
MURGSAG….en uit die boeke uit
Ek het dit gebak teen 200 grade celsius, vir 30 minute…
Saam met n groen slaai, en gebraaide aartappels…

Resep en foto: Stefaans Blaauw




MARINATED SPRINGBOK CHOPS

2015-10-18-marinatedspringbokchopstested

MARINATED SPRINGBOK CHOPS
Serves 4-6
1,5 kg springbok chops
Marinade
250 g tin crushed pineapple
60 ml (¼ cup) soya sauce
250 ml (1 cup) mayonnaise
250 ml (1 cup) chutney
60 ml (¼ cup) olive oil
60 ml (¼ cup) honey-and-mustard sauce
5 ml (1 teaspoon) mild curry powder
30 ml (2 tablespoons) sugar
30 ml (2 tablespoons) dried mixed herbs
salt and freshly ground black pepper
Preheat oven to 180°C.
Place the chops in an ovenproof dish and season with salt and pepper.
Marinade: Mix the marinade ingredients well and pour over the chops. Cover with foil and cook in the oven for 1½ hours. Serve with chips.
Recipe posted by Lisinda Blaauw
Photo:  Lisinda Blaauw




SPRINGBOK FILLET IN NETVET

springbok fillet in netvetspringbok fillet in netvet 2tested
SPRINGBOK FILLET IN NETVET

Springbok fillet,
In Netvet…met gebraaide Uie, aartappels en rys..
En n knoffel bottertjie, so op die kant.
1/2 koppie olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
Meng die olyfolie en die suurlemoensap, en laat die filletjies daarin le vir 24 uur..draai hulle gereeld om in die mengsel..
Steek nou n mes so op die lengte in, en stop n kaas daarin.
Spesery nou met sout, peper, en garlic mengsel
Draai in Skaap netvet toe, en steek dit met n tandestokkie vas.
verhit die oond vooraf tot 250 grade celsius…
bak hulle nou op GRILL so hoog moontlik in die oond, totdat die kaas begin uitloop…dan is hulle gaar.
Smeer nou n strepie HOT English mostert op, dan die knoffel botter, en geniet saam met die gebraaide rys mengsel..
More doen ons die res op die kole..

Resep en foto:  Stefaans Blaauw




LEKKER KUDU STEAKS

tested

LEKKER KUDU STEAKS
Braai steaks in botter tot gaar. Bedek met room (clover boksie room) en prut stadig totdat die room dik en geel word. die room haal die wild smaak uit en maak dit baie sag. doen dit nou al 25 jaar so.

Corinne Moore Gelderblom




WILDS LEWER KOEKIES

10432505_10203925477487227_604262957994558554_ntested
WILDS LEWER KOEKIES

500g wildslewer (die is Rooibok)
sout en peper
knypie fyn naelttjies, bietjie tiemie gerasperde neut
1 ui gekap
2 knoffel toontjies fyn
1 E koek meel
1 eier
2 E asyn 1 t bakpoeier
Maak lewer mooi skoon en week in bietjie melk. Sit alles in voedselverwerker en braai lepelsvol in vlak olie. Bedien met slappap en soet suur sous.

RESEP EN 1ste FOTO: Martie Fourie Moolman‎
TWEEDE FOTO: Johan Röntgen




GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS

2013-06-21-wildsvleispatee
GAARMAAK IDEE VIR WILDSVLEIS
Ek plaas die wildsvleis in flouerige asynwater vir ongeveer 30 min. Giet die asynwater af en plaas die wildsvleis in ‘n groot pot op die stoof. Voeg ‘n stukkie varkspek of ‘n klein stukkie gerookte vark daarby en kook die vleis vir 20 min.
Verwyder die varkspek/gerookte vark en voeg neut, naeltjies en sout na smaak by die vleis. Kook die vleis tot super sag (gewoonlik in ‘n drukkoker), tot amper droog. Plaas die vleis in ‘n groot bak of skottel, verwyder die bene en pluis die vleis in fyn stukke (of sny dit met ‘n kombuis skêr).
Plaas die fynvleis terug in die pot en bring dit tot kookpunt. Ek sorg dat dit bietjie waterig is en bind die vloeistof met meel en paprika (sodat die vleis nie so ‘n wit kleur kry van die meel nie).
Maak die meel en paprika aan met ‘n klein bietjie water en voeg dit by die wildsvleis.
Indien nodig, voeg nog meel by en indien die vleis dalk te droog is, voeg klein bietjie water by.
Bron: Anne Snyman




Lekker Wildsvleis

 

1526427_10152600449693973_5436327582074251706_ntested

Lekker stukkie wildsvleis wat ek by my ma gekry het. Gaar gemaak in Knor cook in bag (mushroom flavour). Vleis eers 2 uur lank laat le in kwart koppie van Ouma Emma se speserye. Gekook vir 2 ure teen 150C. Lekker sag en heerlik.

 

Bron:  Wian Swart




SKAAP SKENKEL EN KERRIE POT

skaap skenkel kerrie pottested
SKAAP SKENKEL EN KERRIE POT

( Ek het hierdie al met Rooibok, en Springbok skenkels ook gemaak)

4 lekker groot skaap skenkels/Wild skenkels
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel koljander
1 teelepel neut muskaat
2-3 heel naeltjies of so 1/2 teelepel fyn naeltjies
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie
1 eetlepel asyn
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 groot ui
1 groot aartappel
1/2 koppie room net so voor opskeptyd

Kook ‘n lekker potjie rys saam..so gebraaide rys..en geniet.

Resep en foto:  Stefaans Blaauw




HOW TO MARINADE TOUGH VENISON

venison t-bone
HOW TO MARINADE TOUGH VENISON

We often go hunting and sometime sit with tough meat. The ideal way to marinade it if u have time is to lay it in sunflower cooking oil and leave for 12 – 24 hours in the frige. It does work. We kept meat this way for 2 days and came out very tender. It was Springbok. We also did T-bone.

Tina De Beer Gouws