Wildskenkels met skaapstertjies

 

2014-08-06-wildskenkelsmetskaapstertjiestested

4-6 stukke wild skenkel (die was Gemsbok)
4-6 skaapstertjies
1 groot ui
1 groot Aartappel
300g groenbone
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 eetlepel rooi masala
4 eetlepels olyfolie

Braai uie in die stoompot pot saam met die speserye, gooi dan n koppie water by, en pak die wild vleisies en skaapstertjies.. stoom vir so 30 minute, gooi nou groenboontjies, aartappels, en die by, en stoom vir nog 15 minute….dan is dit etenstyd..
BRON- Stefaans Blaauw




STEFAANS SE DRUKPOT FISANT

FISANT 2tested

STEFAANS SE DRUKPOT FISANT
2 fisante
½ koppie soeterige witwyn
½ koppie olyfolie
2 eetlepels swart asyn
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
5 heel naeltjies
1 stukkie kaneelstokkie gebreek
500 ml water
Ekstra:
250 g sampioene
250 ml varsroom
gerasperde kaas opsioneel

Kook al die bestanddele in ‘n drukpot totdat die voëls sag is, so 2 ure.
Haal uit en laat die sous half droogkook, en braai die sampioene daarin, en wanneer die sampioene bruin raak voeg die vars room daarby.
Maak nou die voëls uitmekaar, en pak in ‘n oondbak, en skep daai lekker dik roomsous daaroor.
Nou ja…ek wou nog ietsie bysit…by daai Fisant potjie
Toe sprinkel ek dit met KAAS toe en bak dit vinnig in die oond.
En toe eet ons eers…wat n WENNER…

Bedien saam met rys, en n lekker slaai

Resep en foto:  Stefaans Blaauw




WILDS PASTEITJIES ALA ELSABIE

 

elsabie se wildspasteitjiestested

Dit was die stowe vleis wat ek gisteraand gemaak het wat oorgebly het en toe in pasteitjies omgetower is. Die vleis in my stoompot in bietjie olyfolie bruin gebraai saam met gekapte uie en toe ‘n koppie rooiwyn bygegooi en so half koppie water en dit vir ‘n uur laat stoom onder druk. Toe gooi ek knoffel, eetlepel fyn koljander, teelepel gemengde Italiaanse kruie, ‘n blikkie tamatie, uie & groenpepper by en laat nog so halfuur onder druk stoom. Teen hierdie tyd was die vleis sag en van die bene afgeval.
Sit toe blokkies aartappel en wortel by asook gesnyde baby marrow en ‘n pakkie wit sampioene by en laat dit gaar word en meng dan ‘n half koppie water met ‘n halwe pakkie bruin uie soppoeier om dit te verdik en die sout smaak te gee. Ek het seker gemaak al die beentjies is uit die vleis verwyder voordat ek dit in die deeg holtetjies geskep het vanaand. Vou toe die deeg soos ‘n wasgoed bondeltjie (gebruik ‘n tande stokkie om dit toe te hou), verf met geklitste eier en bak by 200 C vir 25min of tot mooi bruin en gaar. *Ek sny die uitgerolde deeg in sirkels en pak hulle in my medium muffin panne voordat ek die vleis inskep. So is al die pasteitjies dieselfde grootte en dit lyk sommer mooi ook. ‘n Piering werk goed as ‘n mate vir die sirkels.

http://foodloversrecipes.com/kookwater-deeg-vir-pasteitjies/

 

Elsabie Templeton




WILDSVLEIS IN DIE STOOMPOT

2014-07-29-wildsvleisindiestoompottested

WILDSVLEIS aangepas vir my AEG stoompot.
2 -3 kg wildsvleis in blokkiesgesny
250 g bacon bits
2 uie gekap
1 groen rissie greenpepper
2 tamaties
sout en peper –  ek gebruik gemaalde swartpeper
½ koppie blatjang
½ teelepel mixed herbs
1 blik sampioenroomsop
Bietjie sojasous
Bietjie Worcestersous
2 koppies rooiwyn
125 ml suurroom
½ pakkie knorr Meat Ball Maker
Ekstra:
aartappels
wortels

Stowe wildsvleis vir 35 min in 125 ml water, blatjang en bacon.
Braai uie, green pepper, tamaties in olyfolie, voeg soja, worcestersous, sout, peper, mixed herbs, roomsop by.
Voeg die uiemengsel met aartappel en worteltjies by die vleismengsel.
Voeg die suurroom en meat ball maker by en voeg die rooiwyn by.
Sit stoompot op high pressure vir 60 min en dan is dit heerlik sag.

Resep geplaas deur Joyce Geers
Foto- Joyce Geers




KOEDOEPOT

kudupottested
KOEDOEPOT
Stoom koedoeboud wat in blokkies gesny is in stoompot vir paar uur tot baie sag. Voeg geen spice by nie. Na 3-4 ure kook in stoompot, gooi uit in groot kastrol en gooi die volgende by, alles hang af van die hoeveelheid vleis gestoom. Gooi water af in ekstra pot en laat staan vir nou nou. Gooi Worcestershire, blatjang, mosterd poeier, hoenderspeserye, perske konfyt, en swart peper oor vleis in kastrol en braai in bietjie olie tot vleis goudbruin is.

Vat nou die sous en maak pakkie oxtail sop aan en gooi oor vleis en kook, draai hitte af en laat prut. Gooi nou room in en prut vir verdere 15 min. Intussen kook aartappels in kwarte gesny tot sag en braai heel sampioene met uie fyn gekap in botter tot sag. Gooi bietjie knoffelvlokkies oor uie en sampioene. Gooi dan aartappels en knoffel, uie, botter en sampioene by in pot wat stadig prut, nog 5 min en dien op.

Bron:  Jacqueline Wiese




ONTBEENDE SPRINGBOKBOUD

 

2014-07-25-ontbeendespringbokboudtested

Vrydagmiddagete , ontbeende springbokboud. Vra jou slagter om die boud te ontbeen en te stop met spek en dan in ‘n net te plaas. Smeer met suurlemoensap en olyfolie en vryf Ina Paarmans braaispesery oor .Plaas in ‘n groot baksakkie. Gooi 375ml sterk rooibostee in die sakkie en voeg daarby aartappels en uie en 6 skaapsterte . Maak twee gate aan die bokant van die sakkie .Bak vir drie ure teen 140 grade en voeg ‘n handvol droeperskes by na twee ure.
FRANS ODENDAAL




SPINGBOKBOUD

tested
SPINGBOKBOUD
2 kg wildsboud
300 ml asyn
150 ml water
90 gram harde botter
250 g spek
250 ml melk
125 ml water
Sout en vars gemaalde peper
Maggi Fondor en knippie gemengde peper ….. Dit laat ek uit.

Appelkoos roomsous
250 ml room
30 ml koekmeel
60 ml appelkooskonfyt
15 ml asyn
10 ml worcestersous

Meng water en asyn en laat boud minstens 12-15 uur daarin marineer. Maak snytjies in boud. Druk ‘n blokkie botter en snytjie spek in elke snytjie. Ek druk soms ook n pitlose rosyntjie saam in snytjie. Oond 180 grade C. Plaas boud in roosterpan, meng melk en water en giet oor. Geur vleis met sout en peper, fondor en kruie.

Bak 1 uur en bedrup gereeld met pansap. Verlaag temperatuur tot 150 grade en bak nog 2,5 uur. Bedrup vleis steeds. Gooi pansap af en hou eenkant … Dis waarvan jy roomsous gaan maak. Meng bestanddele vir sous en voeg by pansap. Versier boud met halwe appelkose (ek sit n bietjie chutney in elke appelkosie) en gooi sous oor, sit res van sous apart voor, bedien met kweperjellie, gebakte aartappel enngroente.

Hier is n heerlike patat gereg wat ek ook daarby bedien.

Gebakte patats
Kook sowat 1,5 kg patats in skil tot gaar.
Trek skille af. Sny patats in skywe en pak in lae in gesmeerde bak.
Meng
50 ml mielieblom (maizena)
500 ml lemoensap
125 ml bruinsuiker
10 ml heuning
1 kaneelstokkie
Sout

Laat opkook tot dik en gooi oor patats. Trek met vurk weg sodat sous oral inloop. Bak 45 minute by 180grade C.
Resep:  Amanda Conradie –
(Resep gekry by vriendin Elize.)




GEMSBOK/ORYX FILLET

2014-07-22-gemsbokoryxfillettested

GEMSBOK/ORYX FILLET
Gemsbok/oryx fillet stuffed with cottage cheese, marscapone, garlic and fresh coriander, rolled and wrapped in streaky bacon served with mashed potatoes and stir-fried vegetables.
Placed the streaky bacon slightly overlapping each slice, onto a surface/chopping board. Slice the fillet in half lengthwise and lay it open on top of the bacon. Smear the fillet lightly with Dijon/french mustard and sprinkle salt and freshly ground black pepper over the mustard. In a bowl, mix the cottage cheese, marscapone, chopped garlic and fresh coriander. Place this mixture down the centre of the fillet. Roll up the fillet, including the bottom layer of streaky bacon and secure the roll with toothpicks to secure.
Place it in the oven at 190 degrees for between 15-20 minutes, depending on how you prefer your meat cooked. Let it rest for 5 minutes before slicing. Enjoy
Recipe and photo: Angela Woods Schubach




SPRINGBOKBOUD MET PORT EN SONGEDROOGTE GEELPERSKES

frans se springbokboudtested

SPRINGBOKBOUD MET PORT EN SONGEDROOGTE GEELPERSKES
1 springbok boud
2 koppies port
Res van bestanddele is na smaak:
songedroogde geelperskes (hou paar om in die pan te sit)
cabanossies, in stukkies gesny
olyfolie
Ina Paarman se braaispeserye

Maak kepe met ‘n fillet mes in die boud en stop met die geelperskes en stukkies cabanossi. Vryf die boud goed in met olyfolie en Ina Paarman se braaispeserye. Plaas in ‘n oondpan en giet die port oor die boud. Plaas ‘n paar stukke van die perskes in die pan.
Maak toe met foelie en bak teen 140 ºC vir drie uur, draai elke uur en bedruip met die sous. Vul die vog aan met rooibostee indien nodig. Haal die foelie af vir die laaste 30 minute.
Resep en foto: Frans Odendaal




ROOI RIBBOK FILLETS

kudufilletstested

ROOI RIBBOK FILLETS
Rooi Ribbok fillets gebraai oor vuur en opgedien met gebakte aartappeltjies met ‘n mosselroom sous en lekker heel groenboontjies in ‘n kasie-bacon kombersie…..

Laat le die fillets in ‘n marinade sous wat jy so aanmaak:
1 koppie crushed garlic,
1 koppie olie
2 pakkies garlic steak marinade
1 koppie water.
Gebruik bak met deksel. Besprinkel die bak met bakpoeier, en gooi Worcestershire oor bakpoeier, laat bruis…plaas fillets daarop en herhaal proses. Gooi dan meat tenderizer spice oor fillets. Bedek nou met die marinade wat u aangemaak het. Draai fillets elke 5-6 uur om en laat staan oornag in yskas.
Lekker warm kole, vleis 5-8 min eenkant en dan 5-8 min anderkant.(Hang af hoe groot jou filets) Haal af, sny in ringe, nog bietjie rooi binne-in wees, nie bloederig. Gooi lekker sous oor en sit die lekker gebakte aartappeltjies by in dieselfde opdien bak.

Bedien saam blomkool met wit/kaas sous, heerlike groenbone in kaas/bacon kombersie en heerlike griekse slaai.
Resep en foto:Jacqueline Wiese