CURRIED GAME MINCE

venison mincetested
1 kg Game mince
1 large onion
3 large potatoes
Mix all together in a pressure cooker. Steam for 45 min.
Wash one potato and dice with skin and add to the pot.

Spice with:
1 tsp salt
1 tsp turmeric
2 tsp medium curry powder
1 tsp fresh garlic
1 tbs chutney
½ tsp black pepper
Steam for another 20 Minutes
Serve with rice and whole pearled wheat, or a 50/50 mixture of both and add some raisins.

Recipe:  Stefaans Blaauw




Marinated Porcupine Chops

FLR BB Template
Ingredients
6 Porcupine chops
3 Fingers coltsfoot salt
1 qt Maple sap
2 sm Wild onions
4 Wild leeks Preparation Method

Pour the sap in a birch bark container or other non-metallic
container. Cut up the onions into small pieces and add to the sap.
Place the porcupine chops one at a time into the solution, placing
one wild leek between the chops. Let stand overnight in a cool
place. In the morning grease the stone griddle with fat and remove
the chops from the marinade and fry on the griddle. Serve on hot
cornmeal cakes.
BRON – Jacqueline E. Knight




GESTOPTE WILDSBOUDJIE

WILDS BOUDTJIEtested
GESTOPTE WILDSBOUDJIE
Hier is nou die SONDAG WILDS boudjie wat oond toe gaan.
Gestop met knoffel, naeltjies, skaapstert, Atchar uie, en DAN… het ek daai boudjie DRAPEER in lekker sagte BOERBOK se SPEK – NIE VARK BACON NIE!
Nou bak dit stadig op 120°C in die oond.
±- 1.5kg boud, ontbeen
1 eetlepel tafelsout
1 teelepel swart peper
1 teelepel Masala
1 teelepel mostert poeier
4-6 heel naeltjies
2 eetlepels rou heuning
4 eetlepels regte olyf olie
200 ml ligte Rose wyn
3 knoffelhuisies, gesny
1 ui, in stukkies gesny
1 groot aartappel, in blokke gesny
paar repe skaap stert vet

Meng al die bestandele saam. Steek die boud met ‘n breëlemmes VOL gate, en laat dit in die mengsel lê vir 12 – 24 uur.
Stop nou die boud met alles wat in die sous lê, trek dit met spek oor, en bak vir 1 uur op 120°C. Laat dit nou “GRILL” vir nog so 20 minute totdat die spek lekker krispie is.
Haal uit, sny in skywe, en bedien met bykosse van eie keuse.
Resep en foto’s:  Stefaans Blaauw




DUIKER SIRLOIN

 

2015-03-28-stefaansduikertested

DUIKER SIRLOIN
sny in paar repies SKAAP STERT vet en gooi in ‘n bakkie
sprinkel sommer bruin asyn oor, so 3 eetlepels
1 teelepel swart peper
1 ½ teelepel sout
1 teelepel Masala
100 ml vars room

Meng dit goed deur en steek die lang mes so in die lengte van daai rugbiltongetjie op en maak ‘n lekker lang gat.  Stop dit met SKAAPSTERT vetjies.
Smeer die orige sous en speserye oor die vleis.
Pak dit toe met dun gesnyde skaapstert vetjies, en draai dit in foelie toe.  Bak in die oond op 150°C vir 30 minute, en draai die oond af tot 120°C vir nog 30 minute.
Maak die rug oop, en braai dit vir so 10 minute totdat die skaapstert vet lekker bruin en krispie is.
Gooi die vars room oor en laat staan 10 minute in die oond wat nou afgeskakel is.
Haal die rugbiltongtjies en die fillet uit die rugbeen uit en laat lê dit in die roomsous, terwyl die bykosse geskep word.
Ete net vir TWEE mense.  Elk kry ‘n Duiker fillet, en ‘n stukkie sirloin.
Met geelrys en roomsous.
Stefaans Blaauw




DUIKERBOUD IN DIE OOND (OF ENIGE ANDER WILDSBOUD)

2015-03-24-duikerboudtested
Sny die heupbeen af van die boud af…
Steek die boud vol gate met n breelem mes

Meng nou die volgende sous…

1 koppie OLYF olie
1/4 koppie Bruin asyn of Suurlemoensap
1/2 koppie rou Heuning
1 teelepel swart peper
1 teelepel koljander
1 teelepel fyn neut
1 teelepel fyn kaneel
1 eetlepel sout
1 teelepel Mostert poeier

Meng al die bestandele saam en voeg nou die volgende in die sous…

1 Ui in groterige stukke gesny
so 8- 10 repies SKAAP STERT VET
3-4 knoffelhuisies middeldeur gesny
100 gram Cheddar kaas in repe gesny

Laat staan die mengsel vir omtrent n uur, en stop dan die boud met die Vet, knoffel, kaas, en uie….Gooi die res van die sous oor die boud , en laat staan vir so 6-8 ure in die yskas, of oornag…draai gereeld om..

Nou is die boud gereed, om in die oond gebak te word, Of in n Swartpot gebraai te word, of in n Baksakkie so saam met die sous waarin dit gele het….OF natuurlik in die prutpt oornag, en dan more net bruin braai in die oond…
Bron:  Stefaans Blaauw




WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)

tested
WILDSBOUD MARINADE (OOK SKAAPBOUD)
10 ml fyn koljander
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5 ml mosterdpoeier
2,5 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat
sout
Repies varkspek
5 knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier
75 ml asyn of 125ml suurlemoensap
75 ml worcestersous
125 ml olie

Vryf boud in met droë kruie. Kombineer sous bestanddele en marineer 24 uur of langer.
Bak 4-5 ure in stadige oond (150 grade C) IN DIE MARINADE.
Kan oornag gebak word teen 120 grade C.
Bak onder grill tot lekker bros indien verkies. Op sy beste as hy so sag is dat hy uitmekaar getrek word met twee vurke in die sous.
Resep en foto:  Kiti de Jager
Kiti Citi –  Ek moet julle se, die smaak is uitmuntend. Ek het die resep tot op die letter gevolg, tot op die ml. Selfs gemmer ingesit al hou ek nie van dit nie. Die smaak is eenvoudig orgasmic. Ek het die sous net dikgemaak. Hy was 5 ure in die oondjie.




SKONROL MET WILDSVLEIS

skonrol met wildsvleistested

SKONROL MET WILDSVLEIS
Vulsel:
25 ml olie
1 ui, gekap
1 ml vars gemaaldes swart pepper
2 ml gedroogde tiemie
10 ml appeljellie of appelkoos konfyt
300 ml warm vleis aftreksel
500 g wildsvleis
5 ml sout
Kook vleis tot gaar en sag.

Skondeeg:
240 ml koekmeel
2 ml sout
175 ml water
20 ml bakpoeier
50 ml botter
10 ml Franse mosterd
100 g Cheddar kaas
2 ml gedroogde kruie

Sif bakpoeier, meel en sout saam.
Voeg kruie by en vryf botter in.
Sny water in.
Rol in ‘n reghoek ongeveer 5 mm dik
Smeer mosterd oor deeg.
Meng kaas en vleis en skep egalig oor.
Rol dit op, sny gleufies in net deur boonste deeg laag.
Bak 39 min by 200°C
Nota:
Ek het die kaas oor die mosterd gestrooi en het bacon gebraai en by vleis ingesit.
Resep en foto:  Lettie Martyniuk




Wildsvleispastei

wildspasteitested

Hier die resep wat julle so graag soek

2kg wildsvleis
1 kg skaap of bees met vet aan

Speserye
Knypie pimeto
Halwe telepel engelse poeier mosterd
30g enige braaispeserye
Halwe telepel fyn koljander
2 blokkies knor hoenderaftreksel
1 ui (opsioneel)
–
1. Sny al die vleis in blokkies,meng al die speserye en kook tot sag

2. As als fyn gekook is, haal bene uit gooi 1 half koppie gemengde groente by, as daar te veel water is, gooi van dit af, vleis moet net net souserig wees.

3. 1 telepel bisto gemeng met ‘n kwart koppie koue water, gooi by die gereg en meng, prut stadig vir 15 min tot 20min. Kyk dat dit nie aanbrand nie. Sous moet nie dukkerig kook. Laat afkoel, skep oor in foelie en vries as jy wil

Geniet

Resep en foto: Coleen Schoeman




KOEDOE EN GEMSBOK-STEAK

Koedoe en Gemsbok steaktested
KOEDOE EN GEMSBOK-STEAK
Koedoe en Gemsbok steak soos ons dit hier in Namibië maak.
Kap jou steaks met vleishamertjie.
Gooi mildelik suurlemoensap oor en gooi braaispeserye oor.
Doop eers in geklitste eiers, dan in bruismeel.
Braai in warm olie. Dit moet warm olie wees anders val die meel af.
Pak in bak.
Maak ‘n soetsuur sousie deur die meel en eiers wat oorbly te meng met asyn en suiker en bietjie water.Jy kan ‘n vleisblokkie by die sous gooi om nog meer geur te gee.
Ons maak mash by en ‘n lekker tamatie, feta en sprietuie slaai.
Ek proe maar die sousie. Gooi so 2 koppies water, vleisblokkie, half koppie suiker en asyn na smaak. Ons hou van hom baie suur. Gooi dan jou eier en meel by wat jy met bietjie water aangemaak het by. Of verdik met maizena.

BRON – Annelore Von Solms Joubert




BESSIE SE WILDSVLEIS

tested

BESSIE SE WILDSVLEIS
Hier is ‘n wildsvleis resep wat almal sal eet. Smeer wildsboud met bietjie kookolie en kook tot net gaar. Sny in skywe en skep in oondbak en gooi sous bo-oor.
Sous is halwe koppie mayonnaize, halwe koppie blatjang en pakkie beesstert sop en een koppie water.
Bak in oond vir ongeveer halfuur by 180 Grade C of mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 min.
Bak moet deksel op he.
Sous kan ook bietjie vermeerder as dit vir jou te min lyk.
My man en kinders is mal daaroor! En my gaste!
Resep:  Bessie Leeuwner Du Preez