GEVULDE WILDS FILLET

 

2015-06-28-gevuldewildsfillettested

GEVULDE WILDS FILLET
2 x filette ( Wildsvleis van jou keuse )
450 ml bier
125 ml olyfolie
50 ml blatjamg
25 ml suurlemoensap
2 uie baie fyn gesny
25 ml mosterd sous
Meng al die bestanddele saam en plaas die vleis daarin vir 24 uur
VULSEL:
1 pakkie ontbytspek
1 blikkie sampioene in halwes gesny
1 uie fyngekap
1 pakkie sampioenroomsop
1 groenrissie, fyngekap
BEDIEN MET :
Appelkooskonfyt

Sny die vleis in die middel, so twee derdes deur. Meng al die bestanddele vir die vulsel saam. Stop die fillette met die mengsel. Steek toe met peuselstokkies.
Rooster tot medium gaar.
Smeer appelkooskonfyt bo-oor
Bron en foto: Johan Du Preez Snr




JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”

2015-06-26-johansebosveldspareribstested
JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”
Resep en foto: Johan du Preez Snr
FOOD LOVERS RECIPES
As jy nie weet wat om nou te doen met die ribbes nie maak so. Sappige “Spare-ribs” vir vlakvark, bosvark, plaasvark, skaap of bees.

1 tot 2 kg ribbes
1 ui, in kwarte gesny
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
3 lourierblare “ bay-leaves”

VIR DIE SOUS
150 ml tamatiesous
75 ml blatjang
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
sout en peper na smaak
5 ml mosterdpoeier
2 ml basiliekruid
50 ml asyn
50 ml bruinsuiker
12.5 ml Worcestersous
1 ml Tabascosous
12.5 ml Soyasous
75 ml heuning
50 ml fyn appelkooskonfyt

Plaas ribbes, uie, knoffel en lourierbare in ‘n kastrol.
Bedek met water en kook vir 40 tot 50 minuute of tot ribbes sag is.
Giet water af. (Of vang spoed met ‘n stoompot)
Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n pan, kook oor lae hitte vir 10 min.
Plaas die ribbes in ‘n oondpan. Bedek met die sous en bak teen 180ºC vir 30 – 40 min.
Draai gereeld om en bedruip met die sous in die pan. Bak todat dit krakerig vertoon.
Hou dit net gereeld dop, dit brand maklik.
Giet die oorblywende sous in ‘n bakkie en die wat nog meer sous wil hê, skep maar op.
Dit werk net so lekker op die kole.
Bedien saam met ‘n klam lap of lek jou vingers af.

 




ELSABIE SE WILDSVLEIS SOUS

tested

 

ELSABIE SE WILDSVLEIS SOUS

Ek gebruik dit elke winter wanneer ek wildsvleis kry. Ek het die resep die eerste keer aanmekaar geslaan toe ek ‘n rooibok nek in dit gaargemaak het. Ek kon die vleis met ‘n vurk van die bene afkrap so sag was dit.
Sous om oor die nek te gooi – die nek was nie in stukke gesny nie, een groot heel stuk

BESTANDELE
2 koppies Passata tamatie pasta sous – enige tamatie basis pasta sous sal werk solank dit ‘n dik sous is
1 koppie rooiwyn
1 koppie Steers Burger Relish (dit was in die yskas toe gebruik ek dit maar!)
½ koppie olyf olie
1 groot gekapte ui
4 huisies knoffel fyn gedruk
1 eetlepel roosmaryn – droog

METODE
Meng die sous bestandele saam en gooi oor die nek in ‘n oondskottel.
Maak goed toe met foelie of sit deksel op en bak by 160 * C vir so 4 ure.
Draai halfpad om en skep weer die sous oor die vleis.
Ek het eers heel op die einde sout oor gegooi.

BRON: Elsabie Templeton




BLOU WILDEBEES SKENKELS

2015-06-15-blouwildebeesskenkels
BLOU WILDEBEES SKENKELS

BESTANDDELE
Uie
Bacon
Vars knoffel
Gemengde speserye
Suurlemoen peper
Corriander
Worcester sous
Garlic and Herb stock
Beef stock
Blou Wildebees skenkels

METODE
Braai uie, bacon en knoffel. Gooi die skenkels, corriander, gemengde speserye, suurlemoen peper, Worcester sous, Garlic and Herb stock, Beef stock (opgelos in 500ml water) by en braai to lekker bruin.
Bedek met water and kook tot sag. Dit kan gevries word vir tot 6 maande en gebruik word vir pasteie.
SOURCE/PHOTO: Suneria Brown




MEATY VENISON BONES

 

2015-06-13-nurturingbynature

MEATY VENISON BONES
The amount of bones will determine how much of each to use:
Lourierblare/Bayleaves
Naeltjies/Cloves
Koljander/Coriander
Neut/Nutmeg
Allspice (pimento’s)
Sout en gemaalde swartpeper/salt and pepper
Bietjie asyn en wostersous/ small amount vinegar and Worcestershire sauce
Cook meat-bones with a little water, add water as necessary until meat fall from the bone.
You can freeze the cooked meat and defrost overnight as needed.
Source:  Kreatiew Kos Idees.




MA-SUZIE SE FYNVLEIS WILDSPOT

tested

MA-SUZIE SE FYNVLEIS WILDSPOT
500 g cooked meat
250 g diced bacon
2 onions
mushrooms
spice/herbs of choice ie garlic, rosemary, thyme
1 tin cream mushrooms

Fry onions, mushrooms and bacon. Add the cooked meat. Add spice and/or herbs. Add cream mushrooms and simmer for 10 minutes.
Serve with mash potatoes and greens.
Bron: Rene Truter Wessels




VENISON PIE

 

2015-06-10-venisonpietested

VENISON PIE
2 onions, chopped
250g sliced mushrooms
1kg venison meat, cooked off the bones
2t cloves
1 clove garlic
2t ground coriander
1 t ground nutmeg
Black pepper
250ml red wine
30 ml sugar
30ml brown vinegar
Salt
250ml grated cheese
250ml cream
10ml mustard powder
50ml flour
4 T chutney (or to taste)

For the crust:
250ml milk
250ml cooking oil
400ml flour
20ml baking powder
2 eggs
Pinch of salt
1 onion, sliced in rings
Method:
Fry onions in cooking oil, add mushrooms, garlic, coriander, cloves and nutmeg. When onions start to soften, add meat and fry for 5 minutes. Add red wine, sugar and vinegar. Cook for 2 minutes. Mix cream, mustard powder and flour, stir in until sauce thickens. (If sauce is not thick, add another mixture of the last 3 ingredients). Remove from heat and stir in cheese and chutney. Adjust taste if necessary. Add black pepper and salt to taste. Scoop into ovenproof dish – make sure it is big enough as the crust needs to come on top.
Heat oven to 200 degrees.
Crust:
Mix milk, flour and baking powder. Add salt, eggs and oil. Mix well. Pour over meat mixture and level with a spoon. Pack onions on top of the crust.
Bake at 200 degrees Celsius for 20 minutes or until golden. Serve with chutney.
Photo and recipe: Retha Collett




BLESBOK BOUD MET YOGHURT

tested

BLESBOK BOUD MET YOGHURT
1 blesbok boud
1 kg plain yoghurt
250 gm bacon bits
500 g streaky bacon
1 groot ui
Applekoos konfyt

Laat Blesbok boud oornag in yoghurt lè.
Volgende oggend gestop erg met bacon en smeer met appelkoos jam.
Draai toe in bacon strips, pak uie ringe en en draai toe in foil.
Bak vir 4 ure in die oond op 180ºC.
BRON: Leon Meecham




SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE

 

2015-06-04-skaapstertjieenspringbokknieskywetested

SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE
500 g skaapstertjies
500 g knieskywe
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel fyn neut
1 teelepel koljander
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels appel asyn
1 groot ui
1 groot aartappel
500 gram groenbone
100 ml vars room

Kook die vleis vir 30 minute in die drukpot saam met die speserye. Sny nou die ui, en aartappel in, saam met die boontjies en kook weer vir 30 minute. Meng nou die room by en laat staan so 5 minute voor dit opgeskep word saam met ‘n potjie rys en stampkoring mengsel.
DIE wat nou oorbly, raak môre lekker DIK VLEISSOP.

Resep en foto: Stefaans Blaauw




Gebraaide Wild Rugbiltong

wildrug biltong en kaastested
Gebraaide Wild Rugbiltong

Wild rugbiltong en kaas, in BOTTER gebraai..
Na 2 weke se hang in die koelkamer..
Het ek nou die wildbokkie se Rugbiltonkies uitgehaal, vir n vinnige lekker ontbyt.
Ingesmeer met balsamiese asyn, sout, peper, en Green Onion speserye.
Dan kaas ingestop…
en in BOTTER gebraai in die pan..tot die kaas begin smelt.

Bron en Foto: Stefaans Blaauw