HOENDER EN SPINASIE PASTEIVLEGSEL

2014-05-04-hoenderenspinasiepasteivlegseltested
HOENDER EN SPINASIE PASTEIVLEGSEL
Hoender en spinasie pasteivlegsel met oondgeroosterde groente.
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 groot ui, gesny
200 g babaspinasieblare
sout en peper
100 g Feta, gekrummel
200 g hoenderborsfilette, gaar en in blokkies gesny
40 ml botter
40 ml koekmeel
250 ml melk
400 g skilferkorsdeeg (puff pastry)
1 geklitste eier
gekaramaliseerde tamaties
50 ml balsamiek asyn
15 ml bruinsuiker
250 g klein tamaties

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verhit olyfolie en roerbraai sampioene tot gaar en sag.
Voeg die uie en roerbraai tot sag.
Roer die spinasie by en geur met sout en swartpeper.
Laat afkoel en voeg die Feta en hoender by.
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Roer die koekmeel by tot gemeng. Roer die melk by en roer tot verdik. (maak ’n witsous) Sout en peper by sous. Laat afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vleisvulsel in die middel van die deeg.
Sny die deeg aan die kante in repe en vou soos ’n vlegsel oor die vleis. Smeer water op punte van vlegsel en druk liggies vas om te verseker dat dit nie loskom nie.
Verf die pastei met geklitste eier.
Sit op gesmeerde bakplaat. (gebruik 2 eierspane om dit op te lig)
Bak in voorverhitte oond vir 30 minute of tot goudbruin.

Gekaramaliseerde tamaties:
Verhit die balsemiek asyn en suiker en laat prut tot dikkerige stroop.
Gooi tamaties en sout by en laat deur warm word.
Opdien: Sit pastei op opdienbord. Gooi die balsamiese reduksie en tamaties oor die pastei.
Resep geplaas deur Charne de Jager
Foto: Charne de Jager




CUPCAKE TORINKIE

2014-04-25-cupcaketorinkietested
CUPCAKE TORINKIE
Bak cupcakes met:
1 koppie koekmeel
1 koppie strooisuiker
½ koppie olie
½ koppie water
2 teelepels bakpoeier
4 groot eiers geskei
3 eeetlepels kakao
¼ teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel

Sif die droe bestanddele saam (ek hou my droe bestanddele altyd klaar afgemeet in ‘n ziplock sakkie in die vrieskas (iets soos my eie bokskoek he he he)
Klits die olie, eiergeel en water saam tot skuimerig.
Voeg die vanilla by.
Voeg die droe bestanddele by en klits vir ten minste 4 minute.
Klits die eierwit styf en roer by die mengsel

Bak die cupcakes in die cupcake maker of in die oond in silikon bakkies, want jy gaan die cupcakes uit die bakkies verwyder.

Maak ‘n basiese sjokolade versiersel:

4 eetlepels kakao
50 ml kookwater
1 teelepel vanilla
400 g versiersuiker
2 eetlepels botter / margarien

Meng die kakao met die kookwater om ‘n dik pasta te maak. (moenie nou proe nie, dis sleg!! )
Meng die botter / margarien deur die mengsel
Meng die versiersuiker baie deeglik deur die mengsel.

Neem 2 cup cakes en plak dit opmekaar vas met versiersuiker.
Smeer versiersuiker rondom die 2 cup cakes
Plak kit kat stafies rondom vas
Gooi aarbeiroom in die holte bo en versier met maltesers

BRON- Corne Liebenberg




MOSSEL PASTA (wenner -pasta week)

2014-04-17-mosselpastatested

MOSSEL PASTA (wenner -pasta week)
My aand kossies iiiss my pasta gereg saam met mossels en dit WAS lekkkkr !
2 eetlepels ongesoute botter
halwe pakkie spek
2 shallots gekap
1 koppie witwyn
kwart teelepel chillivlokkies
Groot blik geblikte tamaties(ons het vars tamaties gebruik)
5 koppies rou spaghetti
kwart koppie vars pietersielie
1 huisie knoffel
40 – 50 skoon mossels(alreeds in water gekook sodat hulle oopgaan)

 

Verhit botter en voeg spek en shallots by en roer tot spek verbruin.
Voeg die wyn en chillivlokkies by en kook vir ongeveer 2 min tot die vloeistof verminder het.
Voeg die tamaties by en kook(+- 10 min) tot vloeistof met die helfte verminder het.
Intussen kook die spaghetti in soutwater vlgs aanwysings en dreineer.
Kap die pietersielie, knoffel en 1 t sout saam op n houtbord..
Voeg die mossels by die sous en roer.
Bedek en kook vir +- 10 min.
Verwyder die mossels en sit dit in ‘n aparte bak.
Voeg die spaghetti by die sous en verhit vir 1 min. Voeg knoffelmengsel by.
Skep die pastamengsel in ‘n bak en skep die mossels bo op.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Geplaas deur: Gideon Louw




JUDY SE SOUTRING- SAVOURY RING

2014-04-13-soutringtested

JUDY SE SOUTRING- SAVOURY RING
My resep met AVO in:
1 pak Bacon Kips
125 ml margarien
5 fyngedrukte, gekookte eiers
mayonnaise, na smaak
sout en peper
1 houer maaskaas
70 ml gerasperde Cheddar kaas
2 avokado’s
bietjie suurlemoensap
350 g dik skywe ham
mosterd

Druk die Bacon Kips fyn, smelt die margerien en meng saam. Verdeel in 5 gelyke dele.
Spoel jelring net met koue water uit, maar voer pannetjie met kleefplastiek.
Vul jelring of broodpannetjie in lae as volg:

1. Eerste koekielaag.

2. Die eiers gemeng met ‘n bietjie mayonnaise, sout en peper.

3. Koekielaag.

4. Die maaskaas gemeng met die Cheddar kaas.

5. Koekielaag.

6. Die avokado’s, fyngedruk en gemeng met bietjie suurlemoensap en mayonaise.

7. Koekielaag.

8. Die hamskywe, opgekap in klein blokkies en gemeng met mayonnaise en mosterd.

9. Koekielaag.

Druk vas en plaas in yskas vir so 2-3 ure. Keer uit op bord voor bediening. Enjoy!

BRON- Judy Bester




VISSERMANSPOTJIE – WESKUSKOS (wenner – vis en seekos week)

2014-04-01-vissermanspotjietested

VISSERMANSPOTJIE – WESKUSKOS (wenner – vis en seekos week)
6 porsies
2 e olie (30ml)
2 groot uie in skywe gesny
1 rooi soetrissie gekap
1 t knoffel (5ml)
1 k rou rys (250ml)
4-6 tamaties gerasper (sny in helfte en rasper – gooi velle weg)
2 t sout
1 t rooipeper
3 k hoender aftreksel (750ml)
suiker indien nodig
500 g witvis filette (hake)
250 g bevrore ertjies

Verhit olie in swaarboom kastrol
Smoor uie en soetrissie tot sag
Voeg rou rys by, roer tot gemeng
Voeg tamaties, sout en rooipeper by met 2 1/2k (625ml) van die aftreksel
Bedek en prut vir 30 minute, proe en voeg suiker by indien nodig
Voeg vis by rysmengsel, roer ertjies by en prut verder vir 15 minute
Kyk dat nie droog kook nie en voeg res van aftreksel by

FOTO- Marie Dumas Jennings
Resep geplaas deur Maria Dumas Jennings




BASIESE BROODDEEG (wenner – brood week)

basiese brood cornetested
BASIESE BROODDEEG (wenner – brood week)

Hierdie resep noem ek my DKW (dans, kerk en werk) brooddeeg, omdat ek dit vir ALLES gebruik.
Vir die brood op die foto, lees die nota onder aan asb?
1 liter louwarm water
1/8 koppie asyn (30 ml)
1/8 koppie suiker (30 ml)
½ koppie olie + nog ½ koppie olie om mee te knie
2 eetlepels sout
22 g kitsgis
12 koppies koekmeel

Meng die kitsgis, ½ koppie olie,  louwarmwater, asyn, suiker en sout en laat staan tot die mengsel skuimerig word.
Indien dit nie skuimerig word nie, is die gis oud en nie die moeite werd om meel op te mors nie.
Voeg nou die 12 koppies meel by die mengsel en knie goed deur vir 20 minute terwyl jy die ½ koppie olie geleidelik in knie, bietjie vir bietjie.
Maak die bol deeg mooi glad bo op en smeer met ‘n bietjie olie.
Maak toe met plastiek en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af en gebruik waarvoor benodig word.
Ek maak 400 g pakkies op in ziplock sakkies en druk dit mooi plat sodat daar heelwat sakkies bo op mekaar kan pas. Vries die deeg en haal die aand voor gebruik uit en ontdooi in die yskas.
Knie die ontdooide deeg en laat om te rys.
Gebruik soos gewoonlik
Die resep was oorspronklik Kobie Adams sin, maar ek het dit oor die jare aangepas.

Brood op foto:
Ek het 400 g van die brooddeeg gevat en ‘n bal gemaak…. in ‘n gesmeerde pan gedruk en vierkante in die deeg gedruk met ‘n mes toe sesame saad en black seeds oorgestrooi en vir 40 min op 170ºC in die gasoond gebak.

Resep en foto: Corne Liebenberg




AARTAPPEL PLATTER (wenner – Aartappel week)

2014-03-23-aartappelplattertested

AARTAPPEL PLATTER (wenner – Aartappel week)

Aartappel en kaas kruieballetjies

Gaar aartappel
Cheddar kaas (of bietjies verskillende kase)
Gemengde kruie
Bruin brood krummels
Botter
Sout en peper na smaak

Geen hoeveelhede beskikbaar nie.
Meng al die bestanddele tot ‘n hanteerbare “deeg”
Vorm ‘n bal en maak toe in kleefplastiek.
Verkoel vir ten minste 30 minute.
Rol balletjies en hou koud totdat jy dit bedien.

Gevulde aartappelskille
6 Jong gaar aartappels
Vulsel van jou keuse (ek het oorskiet sampioensous gebruik.)
Cheddar kaas
Swart saadjies (Black seed)

Sny die gaar, koue aartappels in die lengte in die helfte deur.
Hol die aartappel met ‘n teelepel uit, maar behou omtrent ‘n ½ cm van die aartappel in die skil.
Vul met die vulsel van jou keuse.
Strooi cheddar kaas oor.
Strooi swart saadjies oor.
Rooster in die oond tot die kaas begin verkleur.

Tiemie en growwe sout aartappelwiggies
Sny gekookte aartappels in wiggies.
Bak in olie tot goudbruin
Skud met growwe sout en tiemie.

Geroosterde knoffel en pietersielie yoghurt doopsous.
2 Geroosterde knoffel bolle
½ Vars pietersielie
5 Eetlepels bulgaarse yoghurt
½ koppie mayonaise
6 Heel peperkorrels
Growwe seesout

Verwerk al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot heeltemal glad.
Idee vir opdien: halwe groenpeper.

Mini tamatie en mozzarella aartappel ‘pizza’
Sny gaar aartappel in 1 ½ cm skywe.
Bak in olie tot mooi bruin
Sny ‘n tamatie in dun skywe en soek naastenby dieselfde grote tamatie as aartappelskyf.
Strooi sout en peper oor die tamatie
Strooi mozzarella kaas oor die tamatie.
Strooi droe basilliekruid oor die kaas.
Rooster tot goudbruin.

Aartappel en gemengde groente poffertjies
3 Gaar aartappels in blokkies gesny
100g Gevriesde gemengde groente
1 Koppie meel
2 Eiers
1 ½ koppie melk
1 Teelepel bakpoeier
Sout en peper

Meng al die bestanddele saam.
Meng die bakpoeier laaste in.
Bak teelepels vol deeg in warm olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier en bedien.

Bron: Corne Liebenberg




MUSHAVI FILLET MET OESTERVULSEL IN NETVET(wenner – braaikompetisie)

SamsungNov2013II 003tested

MUSHAVI FILLET MET OESTERVULSEL IN NETVET

1 Groot bees fillet heel
Netvet groot genoeg om fillet gemaklik te omsingel
1 Blikkie gerookte oesters in stukkies gesny
1 Blik ingelegde perskes in stukkies gesny
3 groen Appels in klein stukkies gesny
1 Teelepel Fennel saad
1 Teelepel growwe swart peper
1 Teelepel heel swart peper
2 Knoffelfhuisies fyn gesny
1 Plat eetlepel growwerige sout
125 ml Kikoman Soyasous
125 ml Balsamic Assyn
1 Suurlemoen se sap
Handvol vars Pietersielie, sweet basil, roosmaryn opgekap en gemeng
Handvol Fennel takkies vir garnering nadat vleis gaar is

Vat een glas rooiwyn en drink dit
Plaas skoon gesnyde fillet op oop netvet
Maak snye oor breedte deur fillet tot amper deur elke 3cm uitmekaar|
Meng vloeistowwe, knoffel en pepers en gooi oor vleis
Meng alle bestandele goed behalwe vars fennel en prop dit in die snye van die fillet
Vou netvet om fillet en steek vas met tendestokkies
Laat staan in vleisbak in yskas vir ‘n dag

Braai die fillet oor baie matige kole om nie die netvet the verbrand nie maar wel te braai. Draai tweekeer om. Jy kan growwe sout oor netvet strooi dat hy mooier kan karmanaliseer, maar dis nie nodig nie. Braai tot netvet gaar is en fillet medium en sappig. Strooi fyn fennelblaatjies en stingeltjies oor en dien op deur langs die vulsels deur te sny.

Drink verskeie glase rooiwyn tydens die proses….

Resep en foto: Deon Huysamen




LOUISE SE WENNER JODETERT

jodetert louisetested
LOUISE SE WENNER JODETERT

hierdie spesifieke resep is die een wat my ma altyd gemaak het, toe ek nog kind was. Ek het die reseppie op ‘n stokou uitklipseltjie van ‘n vergeelde stukkie koerant tussen my ma se resepte ontdek, na sy oorlede is. My ma kon baie goed bak en dit was droomlekker as sy dit gemaak het. Dit bly, soos Johannes inderdaad sê, een van die lekkerste koeke wat bestaan! Dis ‘n absolute moet dat dit oornag moet staan. Die koeklagies en vulsel “fuse” dan saam wat dit maklik maak om te sny die volgende dag.

1 eetlepel botter
¼ koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
1½ koppie meelblom
Klits die botter en suiker tot room. Voeg die eiers een een na mekaar by. Meng baie geod na elke toevoering.  Voeg droë bestanddele by om ‘n rolbare deeg te vorm. Rol baie dun uit en verdeel in vyf ewe groot ronde skywe. Bak in 375 grade tot gaar.

Vulsel:
2½ koppies melk
2 eetlepels meelblom
½ koppie suiker
1 teelepel vanielje
2 eiers

Verhit die melk tot onder die kookpunt. Klits eiers en suiker deeglik en voeg die meelblom by. Voeg eiermengsel by die melk en roer tot dik. Kook 2 minute. Voeg vanielje by. Laat koud word. Sit lae opmekaar met vulsel tussenin. Bedien die volgende dag.

Resep en foto: Louise Groenwald




RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK

sjokolade koek rianatested

RIANA SE WENNER SJOKOLADEKOEK
4 eiers
1 kop suiker
2 eetlepels kakao
4 eetlepels kookwater
1 koppie koekmeel
Knippie sout
250 g margarine /botter gesmelt
1 teelepel vanilla of karamel geursel
2 teelepels bakpoeier


Klits eiers baie goed, voeg suiker by en klits tot romerig.
Los kakao op in kookwater.
Voeg meel en sout by eiermengsel, klits.
Voeg dan kakaomengsel, botter en geursel by.
HEEL LAASTE BAKPOEIER
Bak in 2 laagpanne vir 20-25 min by 180ºC.
Versier soos verkies.
Resep en foto: Riana du Plessis