WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG

WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG
Vir almal wat so sukkel om vetkoek met gekoopte brooddeeg te bak.
Hier is hoe ek dit doen
Koop die deeg vroeg genoeg en los sommer in die sakkie om te rys. Ek los dit sommer so op die kombuistafel
As die sakkie styf span van die deeg is dit reg om te gebruik. As dit nog te vroeg is kan jy dit eers in die yskas bere sodat die sakkie nie bars nie. Haal dan net vroeg genoeg uit om weer kamer temperatuur te word voor jy dit bak
Gooi klein biki olie op die tafel uit en gooi die deeg uit die sakkie op die olie. Draai deeg om dat altwee kante vol olie is.
Druk liggies platter. Ek sny dit dan (ons eet sommer vierkantige vetkoeke)
Ek gebruik sommer die deeg se sakkie en skeur 2 kante oop dat hy plat is en sit dit oor die deeg dat dit nie uitdroog nie
Maak jou olie warm (medium hitte) as ‘n stukkie deeg begin borrels maak in die olie is dit reg. Ek bak dit in my braaipan dan kan ek klomp op ‘n slag maak.
Genoeg olie dat die vetkoek dryf en nie op die bodem lê nie.
Draai af en toe om tot dit is soos jy dit wil hê. As ek met die agterkant van ‘n lepel of vurk op die vetkoek tik en hy klink hol behoort hy reg te wees
Braai eerder bietjie langer op laer hitte dat hy deurgaar word as wat hy buite te donker word voor hy binne gaar is.
Ons het dit met kerrie maalvleis geeet. En die wat oor is het ek gevul en in plastiese sakkies in die vrieskas gesit vir vinnige middagetes om in die mikrogolf te verhit.
Wenk en Foto: Erna Van der Merwe

NOG WENKE
Erna Van der Merwe
Ek het die deeg al ‘n stukkie platgedruk. Dan sit ek tamatie, kaas en uie in en vou toe. Dan braai ons dit so met die vulsel. Dit is baie lekker so.
Marieta Beeselaar
Om roosterkoek te maak, druk ek die deeg net plat met die hand. Strooi met meel, skud net ergste af en braai.
Maggie Howell
Ek rol my deel met ‘n koekroller en sny sommer kleiner. Dit maak ‘n lekker hol dop vir mince of wat mens ook al wil insit. Ek maak soms bite size vir werk met tuna en mayonnaise.
Linda van Niekerk
Ek gebruik dit ook vir brood. Ek knie bietjie margarien in die deeg, dan is dit ook lekker die volgende dag. Sag!
Elsabe Bird
Voordat ek die deeg in die olie sit om te braai, rol ek elkeen plat met ‘n koekroller, dan pof dit op en word hol sodat dit maklik met maalvleis gevul kan word.
Ronell Muller Boshoff
Sonneblom olie. Ek draai my vetkoeke ook net een maal om. Druk net ‘n sosatie stokkie in vir toets en haal uit . Vetkoek bak vinnig en ek bak grotes en genoeg olie en werk met geen meel nie.
Paul Horsford
Ek maak myne amper so, maar gebruik meel in die plek van die olie. Koop, laat rys, strooi meel op blad, haal deeg uit sakkie en rol in die meel, dan rol ek plat met koekroller waarna ek dit in blokke sny. Sodra olie reg is, plaas ek deeg daarin en draai dit gereeld, vorm dan ‘n oulike sakkie vir die mince of konfyt en kaas.
Hanlie Sanders
Ek maak so met deeg wat ek self ook knie. Ek rol dit partykeer platter dan maak dit so lekker hol boepens vetkoek, net reg vir vul met jou gunsteling vulsel.




VERBETER DIE GEUR VAN KAAS IN SOUSE

VERBETER DIE GEUR VAN KAAS IN SOUSE
Linda Laing
Hoe kry ‘n mens ‘n lekker kaserige geur as die kaas wat nou op die mark is na niks smaak nie, behalwe as mens ‘extra matured’ koop en dit verg ‘n bankoordrag?
Ronell Muller Boshoff
Jammer ek stem saam, koop maar Cheddar vir pasta en toasted broodjies. Lancewood en Ladismith. Ek kan nie die duur kase bekostig soos jy ook sê. Dit proe nie meer soos in die ou dae nie. Ek vat maar baie Cheddar as ek kaassous maak. Miskien die pakkies kaassouse byvoeg, maar eers aanmaak, ek het al.
Alta Gunter Van Dyk
Ek gebruik ook maar Lancewood se mature Cheddar, of Clover. Wat ek lief is om te doen is om 2 tot 3 veskillende kase te meng, Lancewood se Cheddar is baie lekker so ook Clover.
Elize Grobbelaar
Stem met hierbo. Bloukaas sous: sit bietjie bloukaas slaaisous by. Vir kaassous sit bietjie kaassmeer by. Dit is goedkoop en help met geur. Ek wou eenmaal bloukaas sous maak en basis klaar, vind ek uit ‘n muis het die bloukaas uit yskas gesteel. Net bloukaas slaaisous bygevoeg en dit was heerlik.
Alta Gunter Van Dyk
Elize dit kan ook werk, die bloukaas het ‘n heerlike geur.
Loryne Maria Johanna Styger
Ek gooi kaaskrulle saam met kaas in vir sous.
Petré Van Jaarsveld
Kaas krulle… heerlik!
Martie Beukes
Jy kry Parmasan kaas in ‘n botteltjie, ek gebruik van dit by my kaassous.
Glauda Goosen
Klein stukkie bloukaas saam met gewone Cheddar/Gouda. Gee net ‘n lekker kaas geur!
Hester Pienaar
‘n Bietjie mostertpoeier in ‘n kaasgereg bring die kaas smaak na vore.
Louisa Weideman
Voeg bietjie gerasperde Parmesan kaas by. Werk elke keer.
Hester Pienaar
Parmesan is baie duur.
Louisa Weideman
Jy gebruik net ‘n bietjie vir baie geur. Ek koop ‘n stukkie en bêre dit in die vrieskas. Dan rasper ek dit sommer so gevries, 2 teel is genoeg vir 1 kop witsous.
Marinda Scheepers
Ja ek verkies mature Cheddar, maar dit kos ‘n plaas se geld. Die res proe soos karton. Lancewood s’n nie te sleg nie.
Mien Warnich
Neem van die ‘double cheesecurls’, maak dit fyn en voeg by kaassous.
Elmaure Stevens
Paprika
Hendrik Greeff
Ladismith Chedder het ‘n lekker geur.
Antionette Gouws Taljaard
Sit ‘n bietjie mostertppoeier by. Dit maak die kaasgeur sterkter.
Philip Reineke
Do a research on what cheese goes with certain foods. For example: Parmesan goes best with Spaghetti Bolonaise but the Parmesan is totally lost in a stew or a curry. My experience is pre grated bought cheese loses flavor therefore I grate cheese as I need.
Jasper Louw
Ondervind dit ook, koop nou kaaspoeier en sit van dit by my kaassous ens, werk vir my.
Bea Botha
Daar is ‘n Aromat met ‘n kaasgeur. Dit werk ook.
Ronnie Pieters
Gebruik kaaskrulle. Op pasta het dit ‘n lekker smaak.
Herman Joubert
Maak ‘n witsous en gooi geel Aromat tot die sous geel word.
Sarie May
Probeer die geprosseseerde kaas. Maak ‘n lekker witsous.
Nicci Abrahams
Koop Nederlandse kaas.
Jeanette van den Berg
Ek voeg so eetlepel kaassmeer by.
Hannes Gunter
Gooi pakkie kaassous by.
Linda Langeveld Battiss
Ek gooi ook altyd kaassmeer by.
Hannes Botes
Aromat en klein bietjie mosterd sous. Sommer die goedkoop tipe.
Nicolene Mynhardt Steyn
Ina Paarman se kaas speserye. Of sommer hierdie goedkoop kaaskrulle by die indiër en Chinese winkels, hulle het baie geur.
Foto: Stien Rust




HANDIGE BOKSOOND VIR BRAAI


HANDIGE BOKSOOND VIR BRAAI
Maak ‘n BOKSOOND om disse op kole te bak. Van hoeder, pizza tot koek en poeding…
Neem stewige karton (boks) van so 500 x 500 x 500. Voer sy binnekant met drie lae dik aluminium foelie sodat die punte deels om die boks se buitekante gevou kan word. Draai die boks onderstebo en maak ‘n paar vinger grootte gate in die bo-kant.
Die “omgekeerde boks” is jou oond, geplaas op oop braairooster, (wat darem groter is as die 500 x 500 boks) met hoender/wat ook al op die rooster.
Die karton gee presies dieselfde effek as die deksel van ‘n Webber. Sorg moet altyd gedra word dat jy nie op direkte hitte werk nie.
Vul matige kole en warm as aan van tyd tot tyd soos nodig.
Idee gepos deur Nico Conradie




RAAD VIR MARMALADE


RAAD VIR MARMALADE

Joyce Woodley  (FOTO BO)
Ek gebruik ‘n julienne skiller om die skil in repies te kry, en druk die sap uit. Die pitte, sap en skille meet ek. As daar byvoorbeeld vier koppies is, dan voeg ek vier koppies water by. Week die mengsel oornag, en kook dit die volgende dag vir ‘n halfuur. Dan meet ek weer hoeveel koppies daar is en voeg dan soveel koppies suiker en ‘n paar stukkies gemmer by.Bring dit stadig tot kookpunt sodat die suiker kan smelt. Kook dit dan vinnig. Wanneer die mengsel soos lava begin kook is jou marmelade reg. Laat dit afkoel sodat die skilletjies nie afsak in die marmelade nie. Moenie dikwels roer nie, dit maak die marmelade troebel. Marmelade moet in klein hoeveelhede gekook word sodat dit vinnig kan kook.

Petro Borchard
Ek kook die hele lot saam tot sag genoeg om vleis maklik uit te krap en sny die skil in repies. Daarna kook ek die skil apart indien nog nie sag genoeg en gooi daarna die lot bymekaar en kook tot gereed
Beteken “die lot bymekaar”, dus dat jy die vleis benut in die Marmelade ?
Ja ek doen. Wanneer ek lemoen marmelade doen gooi ek nog van daai lemoen konsentraat (soos Minute Maid) by om die smaak te konsentreer.

SUURLEMOENMARMELADE
Weeg 12 pas ryp suurlemoene se gewig in wit suiker af. Halveer die suurlemoene, druk die sap uit en sit eenkant. Week die pitte in 250ml koue water. Bedek die suurlemoendoppe met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook dit totdat dit sag is sodat daar ‘n vuurhoutjie maklik deur gesteek kan word. Dreineer die doppe, verwyder die albedo en gooi dit weg. Sny die doppe in kort, smal strokies. Verhit die suiker, suurlemoensap en die water waarin die pitte geweek het stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit tot effens stroperig. Voeg die repies skil by die stroop en kook dit taamlik vinnig tot die regte dikte, roer die mengsel af en toe. Wanneer ‘n klein bietjie van die stroop jel op ‘˜n koue piering getoets word, en dit rimpels stoot met die vinger is dit gereed om gebottel te word. Skuim die marmalade af indien nodig en laat ‘n rukkie afkoel. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.




HOW TO CLEAN STICKY SILICONE BAKEWARE

HOW TO CLEAN STICKY SILICONE BAKEWARE
Silicone bakeware has revolutionised the way we make cakes and muffins at home, but have you noticed that it seems to work less and less well each time you use it? That’s probably because you’re not removing that sticky, greasy film that coats the pan after each use. That film renders the non-stick practically useless, so it’s no wonder our cakes are coming out of the pan with their bottoms missing.
What is This Sticky Residue on Silicone Bakeware?
You’ve baked a delicious cake in your silicone cake pan, you’ve popped the cake onto the cooling rack, and you’ve washed the cake tin… yet it still doesn’t feel clean. Why? Silicone is designed to be non-stick, which makes it an excellent choice for baking cakes and muffins, but it’s these non-stick properties that make cleaning silicone a bit tricky. The bakeware is non-stick because it doesn’t absorb any oils or grease – it leaves them on the surface, which helps foods to simply lift out of the pan with the slickness of the oil. The oils cling to the silicone, which means that even after washing, a small amount of grease may remain, which causes a tacky, almost sticky feel.
Minimising Stickiness on Silicone Bakeware
Having clean silicone bakeware is important – it means you can be sure that any bacteria has been removed completely – so it’s important to not only understand how to clean silicone baking moulds, but also to understand how you can minimise the likelihood of that sticky, greasy film building up.
Hands up if you grease a silicone baking pan before using it. That’s probably most of us. When we first learned to bake, there was no such thing as silicone bakeware – we just used old tins that were as far from non-stick as you could imagine. These tins needed a thick layer of grease to ensure the cake didn’t stick to the pan, and this is something that’s embedded in most of us. Oil and cake pans go together like cheese and wine, but we need to try to break this association – silicone DOESN’T need extra oil. In fact, it’s this adding of extra oil that makes silicone a bit of a nuisance to clean.
Unfortunately, skipping the oil isn’t going to solve all of your silicone bakeware problems completely. Cakes and muffins are often filled with vegetable oil or butter, and as the cake cooks these fats melt and begin to leak from the cake batter into the pan. This is actually a good thing as it will help you remove the cake from the pan quite easily, but it does mean that there will still be that thin sticky film (although it should be much thinner, and much easier to clean, than if you were adding extra oils).
Cleaning Silicone Bakeware
If you’re going to use silicone bakeware, then knowing how to clean silicone baking pans is essential. Removing that sticky residue isn’t difficult or time consuming, but it does require a little more effort than simply washing in hot water. Follow these simple steps and you’ll see just how easy it really is:
Wash your silicone bakeware in hot water with a good quality dishwashing soap or liquid – one that’s designed to cut through grease like dishwashing products from Persil. There’s no special technique needed here, just wash the cookware as you would any of your other dirty dishes. This will remove most of the grease from the pan, but you should expect some to remain as it clings so tightly to the silicone.
Don’t dry your bakeware – leave it slightly wet for now. Feel around the pan with your fingers for any areas that are obviously still greasy, and apply baking soda to each oily area. Don’t be shy with the baking soda: you want quite a thick covering.
Use a soft dishcloth to gently massage the baking soda, mixing it with the water that’s still in the pan to create a thick, creamy paste. Work this paste into the greasy areas of the silicone. Don’t be tempted to use an old toothbrush or anything that could scrape the silicone as this will remove the non-stick covering. While baking soda is technically an abrasive, it’s mild enough that it won’t do any damage to your bakeware.
Now it’s time to give yourself a little break. Leave the baking soda to dry completely on the pan – this could take a few hours depending on how thick a covering you’ve put on. Sit down with a cup of tea and a slice of that delicious cake you’ve just made.
Fill your sink with hot water and dishwashing soap once more, and give the bakeware a final wash, ensuring you remove all of the dried paste. Dry the pan and feel for any greasy leftovers – you should find that they’ve all disappeared and you’re left with clean bakeware that’s ready for it’s next use. What will you make this time?
Photo: Nicolene Mynhardt Steyn




RAAD VIR WINTERS HANDE-VOETE

RAAD VIR WINTERS HANDE-VOETE
Trudie Truter

Ek wil net sê ek kry winters hande en iemand my vertel van gliserien en spirits meng dit 50/50 en dit werk fantasties my voete nog nooit so sag.




TUISGEMAAKTE “BUTTER SPREAD”


TUISGEMAAKTE “BUTTER SPREAD”
Met die pryse van bg spreads hetsy dit botter of margarien is, is die n paar rand besparing.
Vir ‘n 500 g botter of margarien. (Agv die besparing kan jy dalk nou botter of selfs Rama margarien) bekostig.
Meng teen kamer temperatuur met ¼ koppie olie (sonneblom, canola, olyf).
En siedaar jou eie smeer botter.
Moenie jou mengbak sommer net was nie. Spoel met kookwater en kook jou rys daarin. So gebruik jy elke bietjie lekkerte.

RESEP EN FOTO: Delene Breytenbach




WENKE VIR HOL VETKOEKE

WENKE VIR HOL VETKOEKE
Paul Horsford
Ek rol my deeg plat met n koekroller, sny dan die deeg in vierkante en sit dit in my olie. Dit maak n sakkie waarin ek my kerrie maalvleis sit.
Jeanette van Leeuwen
jou resep en jou tegniek moet reg wees my moeder maak die heeerlikste vetkoek en sy het my ook die trick gewys! jou vetkoek moenie te groot stuk wees nie rek hom oop gooi in olie as hy op kom draai dadelik om dan pof hy en siedaar hol vetkoek!!
Corrie Volschenk
Ek rol my deeg uit tot so amper 2 cm dik. Dan sny ek met n mes vierkante. As olie warm is sit dit in die olie met die kant wat bo gelê het eerste in die olie.
Rina Kleinhans
Daar is twee goed wat ek definitief op die groep geleer het wat werk en dit is, dat dit moet dun uitgerol wees, druk dan af met ‘n blikkie wat altwee kante oop gesny is, (glo sny met ‘n mes sal dieselfde doen), dit seel die kante, dan trek jy die deeg lekker voor jy hom in die olie gooi, en nou die ander een, gooi die hele tyd warm olie oor die vetkoek, dan blaas hy op soos ‘n blaasoppie… en voila
Susan Fourie Maré
My moeder sin was altyd hol. Sy het weer gese, knyp jou bolletjie deeg af en rek hom uit met jou vingers tot plat en grootte wat jy wil he, bak dan direk in jou olie, nie weer laat rys nie.
Yolandi Ferreira
Wat ek doen is ek rol dit ook dun uit en sny in vierkante. Dan maak ek dit toe dat n rukkie staan. As ek dit dan in die olie sit vat ek n lepel en gooi van die warm olie bo op die vetkoek ook. Dit maak dat hy hol is binne in.
Barbara Burrell
Ek knyp die bolletjie deeg af rol hom en rek hom uit met jou vingers moet nie sy asem uitdruk nie, bak dan direk in jou warm olie.
Ronel Botes
Die geheim van n hol vetkoek is om nie te duk stuk deeg in die olie te sit nie. Dit moet ook nie gediep braai word nie. Sit n deksel op, indien dit n glas deksel kan wees, nog beter. Dan kan jy sien hoe deeg rys. Na n rukkie, draai om en sit deksel weer op tot jy dink vetkoek is reg.
Annie Van Zyl Knoesen
Deeg moet styf wees… So dit word gemaak van knie deeg. Deeg plat uitgerol of uitgerek… Net so een cm dik. En siedaar… Koevertjie koekies soos my kleindogter sê.
Charmaine Human
Ek knie my verkoek…na hy gerys het…maak ek my bolle..en laat staan op n olie oppervlak..dan maak ek n vadoek warm in microwave en gooi oor bolle deeg…en dan laat ek bolle deeg staan so 10min om weer te rys…olie kan intussen tyd warm word..ek vat elke bol ek trek hom..tot sogroot soos ek hom wil he…en dan braai ek hom…hy maak n holte…en daarin slep ek my mince…




PROBLEMS WITH BREAD BAKING AND RISING

PROBLEMS WITH BREAD BAKING AND RISING
To get the best results in baking, the pans should be placed so that the air in the oven will circulate freely around them. If they are so placed that the loaves touch each other or the sides of the oven, the loaves will rise unevenly and consequently will be unsightly in shape, like those shown in photo.
If the loaves rise higher on one side than on the other, even when the pans are properly placed, it is evident that the heat is greater in that place than in the other parts of the oven and the loaves should therefore be changed to another position. Proper care given to bread while baking will produce loaves that are an even brown on the bottom, sides, and top and that shrink from the sides of the pan.
Tips van Paul Hollywood:

*****The crust has broken away from the loaf:
-If the bread has a ‘flying top’ where the top crust breaks away from the loaf then you have most likely under proved it.

*****I’ve dough developed a skin after I left it to prove:
-Do not leave your dough uncovered when proving as it can cause the dough to develop a crust.

*****The crust has split at the side of the loaf:
-If the crust splits at one side of the loaf then you may have baked the loaf too close to the side of the oven.

*****My loaf has a flat top:
-If the loaf has a flat top then you may have used flour which is too weak. Always use strong bread making flour. Other potential reasons for this problem could be that too little salt was used, the dough was too wet or that the dough was poorly shaped.

*****The surface cracked after I took it out from the oven:
-If the crust surface cracks after removal from the oven then you could have over-proved the dough, the oven could have been too hot or the bread could have cooled in a draft.

*****The dough collapsed when I put it in the oven:
-If the dough collapses when you put it into the oven then it is likely that the dough was over-proved.

*****My bread is like a brick – it has a dense, heavy texture:
-If the bread has a heavy, close texture and hasn’t risen very well then there are a number of reasons for this. The flour could have too low a protein content, there could be too much salt in the bread recipe, you did not knead it or leave it to prove for long enough or you could have killed the yeast by leaving the dough to rise in a place that was too hot.

*****My bread has a course, open texture:
-If the bread has a coarse, open texture then the dough could have been too wet, over-proved or the oven temperature was not high enough.

*****My bread is holey:
-If the bread has an uneven texture with large holes then the dough might not have been knocked back properly ,which could potentially leave large air bubbles, or the dough could have been left uncovered during rising.

*****My bread tastes sour and yeasty:
-If your bread has a sour, yeasty flavour and smells of alcohol then you have either used too much yeast.or you may have use stale yeast or creamed fresh yeast with sugar.

*****My bread goes stale very quickly:
-If your bread stales quickly and is crumbly then you may have used too much yeast, the flour may not have the correct protein content or the length of time that you left the dough to prove for was either too long or too short.

Photo:  Albert Buitenhuis

 




WENK OM GEKLITSTE EIERWITTE LEKKER TE “PUFF”


WENK OM GEKLITSTE EIERWITTE LEKKER TE “PUFF”
Jeanette van Leeuwen
gooi so snuifie cream of tartar (kremetart) by die geklitste eierwitte, hy puff pragtig en bly so
mens maak die mooiste lemon meringue so!
ek gooi 5 ml by my vanilla koek deeg beslag ook vir pragtige fyn tekstuur