RAAD VIR DIE KOOK VAN WAATLEMOENSTUKKE

 

MAKATAAN WENKE

RAAD VIR DIE KOOK VAN WAATLEMOENSTUKKE

BIETJIE MEER OOR WILDEWAATLEMOENE ( MAKATANE, KARKOERE,TSAMMAS)
Wildewaatlemoene kan in die plek van soetwaatlemoene gebruik word vir konfyt of suurtjies.
Omdat sommige van die vrugte bitter is, is dit wys om altyd eers aan die vleis te proe.
Die wildewaatlemoen moenie groen gepluk word nie hy moet aan die plant gelos word totdat die stingeltjie heeltemal verdroog het.
VIR STUKKE KONFYT
Kook dit soos soetwaatlemoen konfyt, maar neem die volgende in ag.
1. Wildewaatlemoen met ‘n stywe skil kook taamlik bros konfyt. Sommige soorte word egter maklik sag en moet dus nie in water gekook word voordat dit in die stroop gesit word nie, want dit sal die stukke te sag maak.
2. Laat die stukke 2 dae lank in kalk of koeksoda water week en nie net oornag soos met soetwaatlemoen konfyt nie.  Kalk 25ml/5 liter  en koeksoda 45ml/5 liter water

GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN SOETWAATLEMOENSTUKKE
Prof. Jess Davidtsz waarsku in Jess Davidtsz se kookboek dat die prikgaatjies oral moet wees, maar dat jy die stukke nie voos moet prik nie. Moet ook nie van die kalkafsaksel op die stukke laat kom nie, want dit sal bruin vlekkies maak.
As die konfyt te vinnig kook, bly dit liggroen van kleur, die gewenste kleur is goudgeel of effens bruingoud. Die donkerbruin kleur word verkry deur die konfyt een of twee keer ornag in die stroop te laad koud word.
Om die konfyt brosser te kry kan ½ telepel fyn aluin by die stroop gesit word waarin die skil opkook of ‘n stukkie so groot soos ‘n ertjie. Moenie te veel insit nie, dit sal die skil hard maak.

* lekker vir later*

Christabel Garisch
Sny maketaan in 3 stukke, skil ‘n stik, steek buitekant vol gaaitjies VOOR JY DIT UITHOL! Hol nou uit, steek binnekant en dan sny jy ring, steek kant van ringe en dan sny jy blokkies. Ek steek dan die kant van elke Blokkie. Dis regtig BAIE makliker om so te verwerk.

Foto: Christabel Garisch

Cheryl Van Blerk
Jy druk jou gaatjies en laat le dit daar in, so uur haal uit en kook in stroop

Petré Van Jaarsveld
Weet net dat dit in kalkwater moet lê.. nog nooit gehoor van aluin wat bygevoeg word wanneer dit gekook word nie. Word dit nie maar soos maketaan gekook nie?

Petro Borchard
Dit wat ek kan opspoor, spoel jy die stukke af nadat dit in die aluin water gelê het. Die moderne neiging blyk om Pickling Crisp te gebruik in Amerika. Weet nie of mens dit hier kry nie

Marius de Beer
Moderne Waatlemoenkonfyt
Gooi kookwater oor skille en laat oornag staan. Kook dan 2.5 koppies vrugte met 15 ml gebluste kalk tot deuskynend. Dreineer. Kook suiker in skoonwater en suurlemoensap met 2ml sout en gemmer as jy wil. kook Vrugte tot stoop dik is en geniet.
Ja jy kook dit in genoeg water om die stukke te bedek saam met die kalk. As dit deurskynend is dreineer jy die kalk water en kook dan normaalweg soos altyd. Een eenheid vrugte op een en n half eenheid suiker. Vul met water tot net tot alles bedek is en kook tot stroop dik is.

Katryntji Nell
Sover as my kennis strek sny blokke prik met n vurk reg rondom blokkie en los oornag in aluin poeier dit maak blokkie stewig dat dit nie pap kook nie.

Fred Oberholzer
Laat die geprikte blokkies oornag in kalkwater om dit stewig te maak. Voeg die aluin poeier by die stroop om dit blink te maak. Dit het geen ander doel nie. Doen dieselfde met koeksusterstroop om dit blink te maak.
Dit is hoe dit werk. My ma het baie konfyt gekook en duisende dosyne koeksisters gebak. Aluin is die geheim vir die blink stroop en blink koeksisters.

Kate Jacobs
Ek myne vir 24 uur in kalkwater laat le,nadat dit gesny en alkante goed geprik is,haal na 24 uur uit spoel paar keer met skoon water af en laat kook in die stroop,tot sag en krakerig,ek toets dit met n tandestokkie.

Katryntji Nell
Gooi net bietjie kremetart of suurlemoensap by kook purposes want veral stukke geniet tot sandsuiker as dit te lank op rak staan.

Petré Van Jaarsveld
Sjoe.. Al wat ek weet…. die stukke moet in kalkwater le vir n dag of 2. Glyserine word by die stroop gegooi om die produk mooi te laat blink…. net soos vir koeksisters. Aluin word gebruik om te suig of te gorrel wanneer jy mangelontsteking het. Aluin het n erge frank smaak wat die mangels laat krimp.. lol

Fred Oberholzer
Jy gebruik n baie klein hoeveelheid volgens die resep. Het grootgeword daarmee in konfyt en in die koeksisterstroop

Johanna Vermaak
Het baie jare waatlemoenstukke…maketaan, gekook..laat le oornag in kalk…dis om dit ferm te hou….spoel deglik af kook in stroop….dan, dan voeg ek glyserien en suurlemoensap by om dit blink en versuikering te verhoed. Dit werk vir my…

Annatjie Cooper
Waatlemoenstukke word oornag in geblusde kalk gele na hulle goed gepruk is was volgende oggend goed af dan kook jy hulle eers in water sag dan word dit afgeweeg maak jou stroop aan 1kg vir 1 kg vrugte en 3koppies water en heelgemmer wat gekerf is n paar suurlemoen skywe so3.
Dan kookjy hulle indiestroop tot deurskynend bruinerige kleur en ekkook ook n ekstra pot stroop om bottels goed tevul as stroop in kookpot te min is
As jy nie gemmer in wilsit vervang met kaneelstokkenet so lekker




WENK HOE OM VARS GROENTE TE VERWERK OM TE VRIES


WENK HOE OM VARS GROENTE TE VERWERK OM TE VRIES

Ons verwerk die groente en kook water op die stoof. Gooi net die groente daarin vir so 10 minute (die water moenie meer kook nie). Haal uit die water uit, laat bietjie afkoel en verpak. Die groente behou hul kleur ook as dit eers bietjie in kookwater gesit word.
Amanda Verster Vd Merwe

Jy kan ook vars groente blansjeer. Spoel die groente goed af. Kook in ‘n kastrol water. Skakel die plaat af. Doop die groente daarin vir so 2 minute, skep uit laat water afloop en plaas in ‘n ander houer wat vol water en ysblokkies is, laat staan vir 1 minuut, en skep uit, dreineer en skep in vriessakkies, verseël en vries.
Louisa Hollenbach




HOE OM TE VERSEKER JOU PASTEI KORS BLY DROOG ONDER

pastry crust

 

Louise Groenewald
Die vulsel moenie te souserig wees nie en dit moet kamertemp of koud wees as jy dit in die pasteikors sit. Bak dit dadelik as jy die vulsel ingesit het.
Ronel Wall
Verlede week op Pasella het een van die baksters met wie hulle gesels het spesifiek ‘n hoenderpastei gemaak en toe gesë dat sy broodkrummels op die kors gooi sodat dit nie pap raak van die vulsel nie. Die broodkrummels absorbeer dan die sous. Weet nie of dit werk nie, maar ek onthou dat ek dit gehoor het en nogal gedink het dat dit kan werk.

Antonietta Passeri Faleschini
Breadcrumbs on the pastry before adding the filling works, try it.
Peggy Devine
Prik die onderkors met vurk, smeer eierwit bo-oor bak so 5 min skep koue vulsel in maak toe met deeg, vat dan die eiergeel gemeng met bietjie melk en verf bo-oor. Werk baie goed vir my.
Allen Liebenberg
voor verhit jou oond, maak seker die vulsel is blits warm.
Verf die deeg met eier mengsel voor jy die vulsel in die dop gooi en maak verder jou pastei soos normaal, onthou om ‘n stoom gaatjie in die “deksel” te maak
Charmain Bester
op cooking channel se hulle ju moet nadat jou deeg onder in bak gesit is meel oorstrooi en dan vulsel
Alida Siebert
ek ‘blind bake’ gewoonlik die kors met geklitste eierwit boop, dan baie koue vulsel en die kors word heerlik crispy




WENKE WAT WERK

GOOD FOOD 2

WENKE WAT WERK
Beskuitblik = Gooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou-
Broodblik = Halwe aartappel in die blik hou die brood vars-
Om vleis sag te maak as jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by, asyn kan ook in gegooi word-
Om hoender sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor dit voordat jy dit gaar maak-
‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat, ontdooi bevrore vis in melk, die melk gee ‘n lekker geur aan die vis-
Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die pan bak-
Aartappels braai mooi bruin as dit eers in melk gedoop word-
Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan oopbreek, die eier sal nie aan die bodem van die pan vas sit nie-
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook
Coen Cloete
As jy iets diep olie braai gooi ‘n kurkprop in dit demp die spat van olie en hou jou olie langer skoon soos met viskoekies ens – by ‘n ou wyse portugese tannie geleer en waargeneem.




GEBRUIK VAN KRUIE EN SPESERYE

2013-07-02-kruieenspeserye

GEBRUIK VAN KRUIE EN SPESERYE
Pimento (Allspice) – Bredies
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte
en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie,
piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, –
pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, vark-, vis- en
wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) – Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur
vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse en
hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) – Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte
o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak,
pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie

Geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Bron- Afr resepte




GEBRUIKE VIR SPESERYE

2013-07-02-speserye
GEBRUIKE VIR SPESERYE

Eksotiese speserye van regoor die wêreld is deesdae tot ons beskikking , tog beteken die beskikbaarheid daarvan maar min as jy nie weet hoe om dit te gebruik nie. Tower jou kookkuns op met die wonderwêreld van speserye.

Om die wêreld van speserye in die beperkte ruimte van een artikel in te pas, is ´n moeilike taak. Hierdie is dus slegs ´n aptytwekker – net ´n kort beskrywing van sommige speserye wat dikwels in die kombuis gebruik is.

Brandrissie

In plaas daarvan om rooipeper of rissiepoeier te gebruik om ´n byt aan jou kos te gee, gebruik klein gedroogde brandrissies. Dit is baie maklik om die sterkte te beheer, deur die hoeveelheid rissies wat jy insit, aan te pas. Die ander voordeel is dat jy die brandrissies dadelik kan verwyder as dit te skerp proe, of as dit net reg is en jy dit nie skerper wil hê nie. Brandrissies word ook in tuisgemaakte kerriepoeier gebruik.

Kaneelstok

Almal van ons ken kaneel in pannekoek en ander lekkernye, maar dit kan ook vir sout-geregte gebruik word. Kaneel, veral saam met komyn en koljander, word dikwels in die Marokkaanse kookkuns gebruik. Voeg ´n heel kaneelstok by jou volgende bees-, vark- of skaapstowegereg. Of probeer die resepte vir vla en spesery-tee, wat onderaan verskyn.

Kardemom

Dis baie moeilik om die geur van kardemom te beskryf , maar wat ek wel kan sê is dat dit onmoontlik is om nie aan die geur verslaaf te raak nie! Dit is terselfdertyd sterk en tog subtiel, warm en kamfer. Dit is die heel beste om kardemompeule aan te koop. Onthou: dit moet groen en plomp wees. Binne die peul is daar klein swart saadjies ,dis wat jy wil gebruik , maar in baie geregte kan jy die hele peul insit en later verwyder. As jy dit heel insit, gebruik´n harde voorwerp, om die peul te ‘crush’ sodat die heerlike geure vrygestel kan word. Dit word alom in pilafs, drankies (bv. koffie en tee), nageregte, vrugtedisse, koekies en vleisgeregte gebruik.

Gemmer

Fyn gemmer is beslis nie onbekend nie, maar die vars gemmer waarvan dit afkomstig is, kry nie soveel aandag nie. Vars gemmer kan per kilogram aangekoop word en is dikwels by die groente-afdeling verkrygbaar. Maak seker dat dit nie gerimpel is nie, want dan is dit oud. Om dit te gebruik, breek ´n stukkie af, skil dit en rasper dit fyn. Heerlik as jy dit saam met uie braai vir roerbraai of kerrie. Mens kan ook gemmer klaar gerasper koop -John West se vars gemmer is byvoorbeeld heerlik om in die yskas aan te hou.

Kerrieblare

´n Eenvoudige manier om jou aan die smaak van kerrieblare bekend te stel, is om dit  by jou ma se kerrie-resep of by jou oorspronklike kerrie-resep te voeg. Mens gooi net eenvoudig een of twee takkies by terwyl die gereg prut en proe! Alhoewel mens dit kan eet, is dit beter om die blare uit te haal as jy nog aan die smaak gewoond raak. Sommige supermarkte het wonderlike afdelings waar mens Oosterse bestanddele kan aankoop insluitend vars kerrieblare wat jy per gewig koop. Dit kan tot 7 dae in die yskas bly, as dit dan nog nie opgebruik is nie, knoop die sakkie toe en hou dit in die vrieskas om later te gebruik.

Koljander

As getroue Suid-Afrikaner sal jy sommer dadelik die geur van koljander herken  dit word alom as geurmiddel vir biltong en wors gebruik! Koljanderblare word as krui

gebruik, terwyl die saad as spesery gebruik word. Koljandersaad vorm die basis van baie kerriepoeiers en masala. Dit word ook dikwels by ingelegde groente en vrugte gevoeg en word ook in die maak van blatjang gebruik.

Komyn

Komynsaad is lank, ovaalvormig en bruin. Dit kom meestal in fyngemaalde vorm voor. Komyn is een van die belangrikste bestanddele van kerriepoeier, masala en dukka. Komyn en koljander word dikwels saam in Indiese kos gebruik. Mens kan ook heerlike gegeurde flatbreads met komyn en koljander maak.

Lourierblare

Lourierblare het geen bekendstelling nodig nie. Maar, het jy geweet dat dit ´n boom is wat sommer baie maklik in ´n groot pot op jou stoep of in jou tuin sal groei? Nie net het die Grieke geglo dat dit jou wysheid sal bring nie, dis ook baie lekker om altyd ´n voorraad van vars lourierblare te hê, wat baie geuriger as die gedroogde weergawe is. Dit word in bobotie en baie ander vleisgeregte as geurmiddel gebruik.

Neutmuskaat

Neutmuskaat het ´n soet, warm aroma. Dis meestal in fyngemaalde vorm beskikbaar. Dis eintlik ´n groot saad met ´n pit in. Die pit, of kern, word heel verkoop en mens kan dan daarvan rasper soos jy dit benodig. Rondom die saad kom daar nog ´n spesery voor : foelie. Dit het ´n sterker neutmuskaat geur. Neutmuskaat word dikwels, maar nie uitsluitlik nie, in soetgebak gebruik. Witsous (blanchamel) is heerlik met ´n knypie neutmuskaat in, veral as jy eers die melk met lourierblare gegeur het.

Steranys

Steranys is die songedroogde vrug van ´n sekere magnolia-boom. Die geur daarvan is baie sterk en herinner aan die van anys en liquorice. Dit is meesal bekend inChinese five spice waar dit met Sichuan peper, vinkelsaad, naeltjies en kaneel gemeng word. Dit smaak heerlik in ´n suikerstroop om oor tropiese vrugte te eet, of voeg dit by wanneer jy pere in rooiwyn en speserye posjeer.

Saffraan

Saffraan is die stempel van die saffraanblom en word met die hand geoes. Ongeveer 80 000 blomme is nodig om 2.5 kg stempels te kry, wat 500 g saffraan lewer nadat dit gerooster is. Dit is dus geen verrassing dat saffraan die heel duurste spesery is nie. Gelukkig hoef mens nie baie daarvan te gebruik om die trefkrag te proe nie. Saffraan word as kleur- en geurmiddel gebruik. Dit kom tradisioneel in paella voor.

Gebruike van Kruie en Speserye

Naam Gebruik Engelse Naam
Basiliekruid Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie Basil
Borrie Kerrie, geelrys Turmeric
Brandrissie Sterk gegeurde vleis, vis en groentegeregte Chilli
Bronslaai Slaaie Watercress
Dragon Lamvleis, souse en piekels Tarragon
Foelie Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoek Mace
Gemmer Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte Ginger
Grasuie Slaaie, sop, souse en doopsouse Chives
Kaneel Souse en vrugtegeregte, soetpatats, pampoen, nageregte, soetgebak Cinnamon
Kappertjiesaad Vis en ander seekosse Capers
Knoffel Vleis, vis, groente en slaaie Garlic
Koljander Vleis, droëwors en biltong Coriander
Komyn kerriegeregte (Maleise resepte) Cumin (Jeera)
Lourierblare Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas Bay leaves
Ment Groente, lamsvleis en vis (met botter) Mint
Moederkruid Sop, bredies en vleisvulsels Marjoram
Mostert Vleis, vis, groente, souse en sop Mustard
Naeltjies Hoender, vark, vis en wildsvleisgeregte Cloves
Neutmuskaat Vleis, groente en soetgebak Nutmeg
Oreganum Sop, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) Oregano
Paprika Vleisgeregte, groente en slaaie Paprika
Peperwortel Gebraaide bees en skaap Horseradish
Pietersielie Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie Parsley
Pimento Bredies Allspice
Rissiepeper Kaas en eiergeregte Cayene pepper
Roosmaryn Vleisgeregte, hoender, sop en souse Rosemary
Saffraan Rys, vulsels en vleis Saffron
Salie Vulsels vir vleis en hoender Sage
Tiemie Vleis (skaap en hoender), groente en sop Thyme
Vinkel Groente, visgeregte en slaaie Fennel (Barishap




WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER

2013-07-01-4goedwatjymoetweetoorhoender

WENKE VIR HIGIENIESE HANTERING VAN HOENDER
In bredie, roerbraai, gebraai of gestoom,  hoender se veelsydigheid ken geen einde nie. Verwyder die vel, dan is dit een van die goedkoopste keuses, as dit by gesond eet kom.
Bedek hoender dadelik om dit teen bakterieë te beskerm.
Wees veilig met hoender: Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë vermeerder by ‘n sekere graad van hitte, temperature tussen 8ºC en 75 °C is die gevaarsone. Verhoed bederf deur kos so vinnig as moontlik buite hierdie gevaarsone te kry, hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou of so vinning as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
Yskas wenke: Moenie warm kos in die yskas plaas nie, dit maak al die ander kos in die yskas meer vatbaar vir bakteriese bederf.
Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke, sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
Kapborde: Moenie dieselfde kapbord en mes gebruik waarop rou hoender gesny is om bv. slaai op fyn te kerf nie. Die slaai kan besmet word met die bakterieë van die rou hoender.
Skrop kapplanke en messe in warm seepwater om ontslae te raak van kieme. Was jou hande gereeld. Meeste kombuise het kleurkodes vir kapplanke, vir rou en gaar kos.
Rou vs gaar: Moenie gebraaide hoender met dieselfde tang waarmee jy dit uit die marinade gehaal het, van die kole verwyder nie. Moet dit ook nie in dieselfde bak plaas as waarin die rou hoender in was nie.
Wenke: Marie Rheeder Troskie

 




WENKE VIR “CHOUX” DEEG

CHOUX DEEG

WENKE VIR “CHOUX” DEEG
Kiti De Jager
Jy moet die meel en water kook tot dit begin wegtrek van die kante van die pot en ‘n bolletjie in die middel maak (resep se dit nie) Dan moet jou eiers net goed ingeklits word met houtlepel voor jy die volgende een ingooi.

Christine Oosthuizen
dis regtig maklik, ek was so bang daarvoor en toe ek dit eers probeer, kry ek dit met die eerste probeerslag reg! Peggy Devine praat van die eiers se bymeng, ja, dis waar die geheim le, ek gebruik my elektriese handklitser daarvoor… breek die eiers vooraf in ‘n maatbeker (die gele moet nie breek nie!) en tip hulle een eier op ‘n slag in terwyl jy die handklitser volspoed laat hardloop…

Leane Visser le Roux
Ek het natuurlik ook flops gehad met dit, maar die geheim is dat die water moet kook en die botter moet opgelos wees in die water. Ek gebruik ook my elektriese hand klitser en dit werk soos ‘n bom. Die bak waarin jy dit gaan bak moet ook net effens gespuit wees.




SANDSUIKER BY KONFYTE

SANDSUIKER BY KONFYTE

Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml(1tl) kremetart byvoeg.
Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
Erika Henn

Estelle Oosthuyse
Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. die ongesmelte suiker word sandsuiker. Getoets
SANDSUIKER

Lynette Thessner Van Vuuren – I can suggest some things; she’ll just have to try them out to see how they work.
Gently re-warm the jam (don’t boil) and add a little acid (citric acid powder, ascorbic acid powder or lemon juice) to prevent dissolved crystals from re-crystallizing.
Extra “insurance” to prevent re-crystallization is to add a tablespoon or so of corn syrup, golden syrup or mild honey. You need a different form of sugar to interfere with the binding of sugar crystals.
Depending upon the size of the batch, I’d be inclined to add a tablespoon of lemon juice and a tablespoon of corn syrup, stir in and gently re-warm until crystals are dissolved. It may take a while.

SANDSUIKER BY KOOK VAN KONFYT:
VOORKOMEND:
• Konfyt word sandsuiker as die vrugte geroer word voor die stroop kook, so ook as die stroop kook voor al die suiker opgelos is.
• Om sandsuiker te voorkom kan op 3-4 kg vrugte wat nie suur is nie, die sap van een suurlemoen, of 2,5ml sitroen of wynsteensuur, of 5ml (1tl) kremetart byvoeg.
• Om te voorkom, gooi ¼ teel wynsteensuur (Tartaric Acid) vir elke kg vrugte in konfyt net voor jy dit van stoof verwyder om te bottel. (As daar reeds suurlemoensap in konfyt is, hoef jy nie wynsteensuur by te voeg nie.)
• Om seker te maak dat jou suiker opgelos is voor die stroop kook, kook dit stadig en op ‘n laer hitte tot jou suiker opgelos is.
• Baie belangrik, die suiker moet eers alles gesmelt wees voor begin kook. Die ongesmelte suiker word sandsuiker.

REEDS SANDSUIKER
• Gooi konfyt weer in kastrol, maak ¼ teel Wynsteensuur in ½ kop water aan vir elke 1kg konfyt en bring konfyt oor stadige hitte net tot by kookpunt. Bottel dadelik.

Jy roer dit in die begin oor lae hitte tot suiker opgelos is en dan gooi ek gewoonlik suurlemoensap in om te voorkom dat dit sandsuiker maak. Het ongelukkig ni raad om dit te fix ni

Jyt dit telank gekook! Jy mut water by sit en weer kook jy kan gemmer wortwl in sit of bietjie suurlemoen sap
Verskaf deur: Lynette Thessner Van Vuuren

Riana van der Merwe – Mikrogolf dit so 3 -5minute en sit n bakkie kookwater ook in mikrogolf apart

Foto:  Adele Berndt




GEDROOGDE KRUIE

gedroogte pietersielie


(Mikrogolf)
Takkies kruie moet skoon en vars wees. As die takkie blaarryk is, is dit beter om die blaartjies af te stroop. As pietersielie of sedery gedroog word, kap dit eers fyn.
Versprei 250 ml kruie tussen lae papierhandoek op ‘n papierbord en plaas ook ‘n bakkie met 125 ml water in die mikrogolfoond….
Mikrogolf dit ongeveer 5 minute by 100% krag tot droog.
Roer die kruie gereeld terwyl dit gemikrogolf word.
Laat afkoel.
Druk die kruie fyn en bewaar dit in ‘n digte houer.


Wenk uit mikrogolf-wenners