LINDA SE WENKE VIR ‘N SUKSESVOLLE KAASKOEK

LINDA SE WENKE VIR ‘N SUKSESVOLLE KAASKOEK
Met kaaskoek moet ‘n mens baie geduldig wees. Ek het ‘n resep wat ek al jare bak en mug’n bean kan nie eers naby dit kom nie (hang af van die kwaliteit roomkaas).

Wat ek al geleer het is as jy jou eiers heel laaste insit dan moet jy dit een vir een insit.
Ook ek klop nie my eiers in nie, ek vou dit amper in. As jy te veel aan dit peter kan jy ‘n taai harde kaaskoek kry en dit bars op die bo kant.
Die wenk is dat ek altyd ‘n klein staal bakkie water saam my kaaskoek in die oond sit.
En die volgende wenk is dat net wanneer hy styf is aan die kante dan haal jy hom uit en smeer vinnig jou suurroom mengsel bo op en druk dit terug in die oond vir 10-15 min.

Volgende wenk is om dit teen ‘n laer temperatuur te bak. As hy te vinnig bak kan hy ook bars.
Dan my laaste maar beste een is om geduldig te wees, as jy sien jou kaaskoek is styf aan die kante maar ‘n klein gedeelte in die middel is nog bietjie jiggly, sit dadelik jou oond af en sit ‘n houtlepel in die oond deur en laat hy egalig binne die oond se temperatuur afkoel. Sodoende sal hy nie bars nie.
Waar jy gewoonlik ‘n koek bak teen 180°C bak ek my kaaskoek tussen 100 – 150°C, hang af van die oond omrede ek agter gekom het elke oond verskil.
Hoop dit help jou en glo my kaaskoek bak is nie moeilik nie solank jy net lekker wenke het.
Deur Linda Greyling




WENKE EN RAAD VIR LOPERIGE ROOMKAASVERSIERSEL

WENKE EN RAAD VIR LOPERIGE ROOMKAASVERSIERSEL
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie vraag is al so baie hier gevra en ons het al baie antwoorde gekry, maar vanaand op ‘n kosprogram het een van die deelnemers dit gedoen en vertel dat dit die probleem oplos.
Almal kla altyd wanneer hulle roomkaas versiersel maak, dan is dit pap en hoe meer mens klits, hoe slapper raak dit. Sy het vanaand gewys, mens klits eers die botter en versiersuiker saam, baie goed, en dan voeg jy die roomkaas, lepel vir lepel by en hou aan met klits. Dit was pragtig, so mooi styf dat sy dit kon “pipe”. Nou ja, daar het ons dit, moenie al die roomkaas op eenslag byvoeg nie, maar bietjie bietjie.

Susan Van Dyk – Foto
Ek gebruik julle wortelkoek resep, en my versiersel doen ek regtig soos ek klits. Maar ek werk altyd op 500 g margarien,  7 koppies versiersuiker. Klits slegs die margarien en versiersuiker saam. Wanneer dit te styf word, skep die maaskaas lepelsgewys in. Ek gebruik omtrent op daardie hoeveelheid ‘n halwe bakkie maaskaas in totaal. Ek dink die geheim is in die klits. Ek het die major Kenwood en ek klits vir hom tot dit soos styfgeklopte room lyk. Dit ‘pipe’ maklik en lyk netjies. Ek gebruik slegs 70 % volvet bakmargarien. Moenie met medium vet probeer nie. Die water inhoud is te hoog. Dis my opinie en ondervinding. Ek bak al 22 jaar vir ‘n tuisnywerheid.

Natasha Prinsloo
Gebruik volvet-roomkaas: Moenie lae-vet of “smooth” roomkaas gebruik nie, want dit bevat te veel water en sal die versiersel laat skei of loperig maak.
Koue kaas, sagte botter: Klits jou roomkaas koud direk uit die yskas, maar maak seker jou botter of margarien is sag (kamertemperatuur) sodat dit nie klonte vorm nie.
Moenie te lank klits nie: Roomkaas kan vinnig “waterig” raak as dit te veel gemeng word. Klits net tot dit glad is.
Sif altyd jou versiersuiker: Om ‘n gladde tekstuur sonder korrels te verseker, moet die versiersuiker deeglik gesif word voordat dit bygevoeg word.
Voeg ‘n suurlemoen-skop by: ‘n Teelepel suurlemoensap of ‘n bietjie ekstra vanilla geursel sny die soetheid van die suiker en laat die roomkaassmaak uitstaan.

Louise Veldman
Dit hang als af van die roomkaas wat jy gebruik.

Admin Rina
Gebruik die blokke roomkaas, dis al wat vir my werk. En moenie te veel klits nie.

Getha Singleton Meyer
Lancewood se roomkaas werk fantasties, asook Spar se maak, die bakkies roomkaas, meduim vet.
Blokke maaskaas en volroom is net onbekostigbaar duur en onnodig en dit is nie eers vol vet nie.
Geheim – stuk margarien en houer roomkaas, meng met klitser tot net gemeng, voeg dan so 500 g versiersuiker by, meng met klitser tot net gemeng.
Goeie 70 % margarien
Meduim vet roomkaas
Moenie baie klits nie

Susanna Kruger
Ek gebruik net één versiersel vir wortelkoek, dis heerlik en goedkoop.
250 g wit Wooden spoon margarien
1 eier
500 g versiersuiker
Meng alles baie goed tot daar geen klonte is nie. Meng dan suurlemoensap na smaak by, toets maar hoe “suur” wil jy dit hê, net nie te veel nie, anders is versiersel bitter.
Plaas die mengsel in die yskas vir 1 uur. Ek het nog nooit loperige versiersel gehad nie.
Jy kan seker as jy wil, roomkaas by dit inmeng, maar dit is regtig nie nodig nie, hierdie is baie lekker.

Eleanor Minny
Dis gewoonlik die roomkaas wat te veel water in het. Plaas die roomkaas in ‘n skoon doek, oor ‘n sif of vergiette, oornag in die yskas. Dit behoort jou probleem uit te sorteer.

Freda Raper
Ek klop botter tot glad, voeg versiersuiker by en klop dan suurlemoensap en die roomkaas laastens by. Altyd ‘n sukses.
Die is oorlede Fatima Sydow se resep – 350 g botter, kamertemperatuur, klits goed met ‘n elektriese klitser. Voeg 2 koppies gesifde versiersuiker by en klits goed. Voeg 2 eetlepels suurlemoensap en 250 g roomkaas of maaskaas by en roer deur tot gemeng.

Elsabie Templeton
Jy kan Kiri roomkaas (in die bakkie) of enige volroom roomkaas gebruik. Moet by kamertemperatuur wees. Dit hoef nie Philadelphia te wees nie. Dit versier perfek met enige vorm versierpunt.

Magda Van Der Merwe
Ons moet oplet, daar is n groot verskil tussen roomkaas en geroomde maaskaas. Ek gebruik altyd 230 g medium vet roomkaas en 200 g bak margarien (70%) van jou keuse, so 2 koppies versiersuiker, 1 doppie vanilla geursel en so ½ doppie suurlemoengeursel. Klop die roomkaas en margarien tot romerig, voeg die versiersuiker, lepels gewys by met die geursel. Klop tot lekker romerig, dit behou vorm en is heerlik.

Elaine Steyn
Jy kan maaskaas of roomkaas gebruik. Onthou net, die resep wat bv. aandui dat jy ‘n bakkie vol benodig, is vir roomkaas. Wanneer jy maaskaas gebruik, moet jy jou versiersel anders maak. Klop die botter, begin versiersuiker bietjies daarby inmeng. Sodra dit te droog raak, voeg die maaskaas bietjie vir bietjie by, totdat dit die regte dikte is. Klits vir ‘n paar minute. Jy kan met hierdie metode selfs dubbelroom of gewone jogurt gehruik. Ek doen dit gewoonlik, want roomkaas het verskriklik duur geword.

Riana Viviers
Ek gebruik nét roomkaas en versiersuiker.
30 g Rama blok margarien
500 g versiersuiker
1 teelepel suurlemoengeursel
5 eetlepels room of 3 eetlepels melk
As jy roomkaasversiersel maak, gebruik minder margarien en klits dit met die versiersuiker. Voeg laastens die roomkaas in. In baie warm weer, voeg ek bietjie aangemaakte gelatine ook druppelgewys by, terwyl klits. Hou die koek in koelkas sover moontlik.

Lourette Cronje
Resepte se hoeveelheid roomkaas is altyd te veel. Klits die botter en versiersuiker en voeg dan maaskaas en suurlemoensap by net om dit styf genoeg te maak sodat jy dit nog kan smeer. Beter indien geklits met elektriese klitser.




ROOM TE VEEL GEKLITS

ROOM TE VEEL GEKLITS
Nog ‘n wenk wat hulle vanaand gegee het wat ek ook nie geweet het nie, maar so leer mens maar.
Wanneer jy jou room teveel geklits het en dit wil lyk of jy begin botter maak, moenie weggooi nie, voeg net nog room by en klits weer, dan kom dit perfek reg en jy kan dit gebruik sonder skade.
Nooit te oud om te leer nie
Foto:  Louise Groenewald
https://www.foodloversrecipes.com/2016/12/louise-se-eenvoudige-trifle/




WENK VIR PEKEL VAN VIS VOOR BRAAI

WENK VAN PEKEL VAN VIS VOOR BRAAI
Deur die vis vir tien minute in ‘n sout pekelwater te los (1 eetlepel seesout per 4 koppies koue water), sal keer dat die vis op die rooster uitmekaar val.
Selfs as jy nie braai nie, soos wanneer jy kerrie vis maak sal ‘n vinnige pekelwater ontslae raak van die onooglike vlekke van wit albumien wat op vis vorm wanneer dit gekook word.
Dit gaan ook meer ferm bly.
Net 10 minute in ‘n 9 persent oplossing (1 eetlepel sout per koppie water) is genoeg.
Dit verbeter ook die vog retensie en jou vis sal sappiger wees
Die sout los die spiervesel op die oppervlak van die vis gedeeltelik op, sodat wanneer dit gekook word, dit stol sonder om saam te trek en die albumien uit te druk.
Wenk: Elize de Kock




RESEP AANPASSING VIR HOOGTE BO SEEVLAK

RESEP AANPASSING VIR HOOGTE BO SEEVLAK
Vermeerder (+) of verminder (-) per aangeduide hoeveelheid

Hoogte 900 m 1 500 m 2 100 m 3 000 m
Temperatuur + 5°C + 10°C + 10°C + 10°C
Bakpoeier 5 ml – 0,5 ml – 1 ml – 1 ml – 1 ml
Suiker 250 ml – 30 ml – 45 ml – 45 ml – 15 ml
Vloeistof 250 ml + 30 ml + 45 ml + 60 ml + 60 ml
Meel 250 ml     + 15 ml + 15 ml



WENK OM BOTTER OF MARGARIEN AF TE MEET

WENK OM BOTTER OF MARGARIEN AF TE MEET
Die is meer ‘n wenk wat ek deel, skoonma het my nog geleer.

Wanneer resep vra vir 250 g botter of margarien:
Maak pak oop, maak 2 snye dwars oor blok,  (SIEN FOTO) waar die snye kruis is 250 g.

Indien 125 g nodig is, kan die 250 g op dieselfde manier (dwars gesny) gemerk word en waar die lyne dan kruis, is 125 g.

(Kan ook dieselfde doen om weer die 125 g op te deel na 2 x 62.5 g dele)
Hoop my foto is duidelik.
Foto en wenk deur Corrie Van Der Merwe




DIE GAARMAAK VAN TONG, GAMMON EN PORK BELLY

DIE GAARMAAK VAN TONG, GAMMON EN PORK BELLY

TONG
Kook jy vir 3 ure stadig met water bedek. As jy dit in jou drukkoker doen is 45 min. genoeg. Sit ‘n gekapte ui, naeltjies, wortel en loerierblaar by. Laat afkoel in die water. Haal uit die water en trek die vel af. Die vel kom maklik af, don’t panic. Draai die tong in cling wrap toe en plaas in ‘n bak of bord. Nou moet jy kreatief raak en ‘n manier uitfigure hoe om iets swaar bo-op te plaas wat jy oornag in die yskas kan sit. Jy pers hom so bietjie. Môreoggend het jy ‘n lekker stywe tong om dun skyfies te sny. Gooi mosterdsous.

GAMMON OF ONTBEENDEVARKNEK
Kan jy in die oond bak. Maklik! Sit in jou braaibak met ‘n deksel op. Giet klein bietjie water onderin om ‘n stoompie aan die gang te kry vir ‘n lekker sappige gammon. Bak so 90 minute, hang af van die grootte.180ºC. Sny die taai vel met ‘n skerp messie af dat net die vet oorbly. Maak diamant patroontjies vir fancygeit. Smeer enige van die volgende oor: appelkooskonfyt, mosterd, heuning, bruinsuiker. Of ‘n kombinasie van ‘n soetigheid met mosterd. Grill so bietjie tot dit mooi lyk. Hou dop dat dit nie brand nie.

PORK BELLY
(my gunsteling): Sout en peper, of jou gunsteling speserye. Gee hom ‘n spa treatment en massage so liggies. Bak oop op 160*C vir omtrent 2 ure. Indien baie dik en groot gaan vir 2 en ‘n half ure. Steek met skerp mes om te voel of die vleis sag is. Die mes moet deur gly. Grill bietjie vir lekker crispy cracking as dit nie reeds crisp genoeg is nie.

Raad gegee deur Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald – ontbeende varknek




TIPS FOR DOUGH-BREAD ENHANCER

TIPS FOR DOUGH-BREAD ENHANCER
5 INGREDIENTS TO HELP YOUR BREAD RISE HIGHER
One of the most frequent questions people ask me when it comes to baking bread is how I achieve those big, fluffy loaves. It’s not really a secret – I do what commercial bakeries do.

Dough enhancer.
DOUGH ENHANCERS WILL HELP YOUR BREAD RISE HIGHER
There are a lot of reasons bread doesn’t rise to its full potential, so to speak, but one way to ensure that gorgeous high rise loaf is a dough enhancer. Commercial bakeries use it for a reason.

Now, I am not telling you to use bunch of chemicals that you dump into the dough mixture. There are lots of natural ingredients that help your bread achieve that gorgeous shape that you are looking for. Here are some of my favorite ingredients to make your dough rise higher. You can use one of them or combine several. Take some time to try them to see what works for you.

A spoonful of ginger will help your bread rise higher.Save
Ginger? Yes please!

GINGER

I first learned about adding 1/4 teaspoon powdered ginger from an ancient cookbook. Old cookbooks are one of my addictions and I found this one in a second hand store. That was back when I first started baking bread in 1974. The note to add ginger was handwritten in the flyleaf so I tried it – and loved the result.

Ginger is still my favorite additive when I bake bread. The spice boosts the yeast like that first cup of coffee hitting you in the morning, if you know what I mean. The yeast gets more active much more quickly. Add 1/4 teaspoon of ginger in with the water when you are first proofing the yeast to help your bread rise higher and fluffier.

POTATO WATER

The next time you boil potatoes don’t salt the water. When the potatoes are done save that cloudy water in a Mason jar tightly covered in the fridge. Then, when you are ready to make your fluffy loaf of bread, warm the potato water to 110F and use it in place of the water in the recipe (in equal measure).

This works well to help your bread rise because of the potato starch in the water. The starch encloses the gas bubbles in dough and strengthens them. That makes your bread rise lighter and higher. Of course it also gives a pleasant flavor and I feel good about being as frugal as my grandmother was!

Don’t keep potato water more than a few days, though. It sours and can really smell up your kitchen.

Sometimes potato water will help your bread rise higher and fluffier.Save

WHEAT GLUTEN

Wheat gluten is present in all wheat flour and it is the substance that gives the dough that elastic feel. It strengthens the dough and holds the gas bubbles produced by the yeast and to make the bread rise higher.

You can buy vital wheat gluten, which is just the gluten. Substitute 1 tablespoon gluten for 1 tablespoon flour in each cup of flour for whole wheat bread and about half that for white. So, if your recipe calls for 8 cups whole wheat flour you’ll remove 1/2 cup of the flour and add 1/2 cup of gluten. Add with the flour.

If you’re making pizza dough or Italian bread you can add about 1 1/2 tablespoons per cup of flour to give your bread that chewier texture.

DRY MILK POWDER

Adding 2 tablespoons instant dry milk powder per loaf of bread will help your bread rise higher, stay soft, and hold the moisture longer. That means it won’t get stale as quickly. Dry milk powder creates a more golden brown crust and improves nutrition, too.

Add it with the flour.
dry milk powder will help your bread rise higher and make the crumb softer, too.Save

VITAMIN C POWDER

Don’t use this in your artisan type breads that have a coarser crumb but it will help sandwich loaves have a soft crumb — especially good when it comes to wheat breads. The acid of the vitamin C helps the yeast to work better and also acts as a preservative by deterring the growth of mold and bacteria. I toss the contents of a bottle of vitamin C tablets in the blender, turn them into a powder, and then store it in a Mason jar. I use 1/8 teaspoon per loaf of bread, adding it in with the flour.

HOMEMADE DOUGH ENHANCER MIXTURE

Yeah I know. More than 5 ingredients to help your dough rise because this is number six. Let’s think of it as a bonus, ok?

If you want to take the time to make a homemade dough enhancer mixture this one is pretty good. Store it tightly covered in the refrigerator.

1 cup wheat gluten
2 tablespoons lecithin granules
1 teaspoon vitamin C granules
2 tablespoons powdered fruit pectin
2 tablespoons unflavored gelatin
1/2 cup nonfat dry milk powder
1 teaspoon powdered ginger
Mix together and store in an airtight container in the refrigerator. Add 3 tablespoons for each loaf of bread a recipe makes and it works like a charm.

OTHER POSSIBILITIES

There are other additives you can use, of course. In addition to the ones mentioned above people add dried potato flakes, lecithin, vinegar or a variety of other ingredients. I tend to stick with those listed here because in the 41+ years I’ve been making bread they haven’t let me down!




WENK OM KONFYT TE BOTTEL

WENK OM KONFYT TE BOTTEL
Wil net ‘n wenk deel om maklik die warm konfyt te bottel. Sny ‘n 2 liter melk bottel of soort gelyk af soos ‘n tregter…..dit het mos reeds ‘n handvatsel. Nou kan jy die warm konfyt in jou bottels gooi of skep sonder om te brand.
Wenk en foto geplaas deur Barbie Willemse




SEEPSODA METODE OM HARDE VRUGTE TE SKIL


SEEPSODA METODE OM HARDE VRUGTE TE SKIL
Harde vrugte soos perskes, pere, vye ens. kan vinnig met seepsoda op die volgende manier geskil word:
Los 1 1/2 eetlepels seepsoda in 3 pinte( 1.4 liter) kookwater in ń enemelkastrol op en laat dit kook. (Voeg die soda by die water en NIE die water by die soda nie .)
Gebruik alleen goeie gesonde vrugte wat nie gesny is nie, draai dit in ń kaasdoek toe en laat dit in die oplossing sak.
Hou dit 15 tot 20 sekondes daarin en spoel dit dan twee keer in af sonderlike bakke water af.
Eers in die een bak en daarna in die ander bak. Vryf die skille met ‘[ngrowwe doek af terwyl dit in die tweede bak water lê.
Dompel die vrugte daarna in ‘n bak water wat met asyn of suurlemoensap suur gemaak is.
Vir pere met harde skille kan die seepsoda-oplossing sterker gemaak word. Werk ook goed vir vye.
Resep geplaas deur Magda Pienaar

Rudi Basson
Los 2 E seepsoda (caustic soda) op in 2 liter warm water. Gooi die groen vye daarin en roer goed met houtlepel vir 30 sekondes. Spoel onmiddellik goed af onder lopende water. Kook dan konfyt soos normaalweg.

Enna Nieuwoudt Coetzee
Resep by ou tante gekry 100 vye, sny kruisie – kook 15 koppies water  en 12 koppies suiker, sit vye in kook 40 min haal van stoof.  More kook jy verder tot stroop regte dikte het. dit werk vir my kook nie vir VLV kompetisie nie

SB Mossie Mossie
Ek kook al die jare nog so  om die seepsoda metode te gebruik en dit maak dat die bladgroen van die vye vatbaar is vir die kalk en heerlike “crispy” groenvye is die eindresultaat. Lewer skougehalte groenvye.
Net iets interessant gesien vandag, gooi 12,5 ml gliserien (kom ek sê 2 teel.) in stroop voor jy dit in laaste paar minute deurkook. Dit gee n lieflike glans aan die vye.

Foto:  SB Mossie Mossie