GOOD HINTS AND TIPS

GOOD HINTS AND TIPS
1. Take your bananas apart when you get home from the store. If you leave them connected at the stem, they ripen faster.

2. Store your opened chunks of cheese in aluminum foil. It will stay fresh much longer and not mold!

3. Peppers with 3 bumps on the bottom are sweeter and better for eating. Peppers with 4 bumps on the bottom are firmer and better for cooking.

4. Add a teaspoon of water when frying ground beef. It will help pull the grease away from the meat while cooking.

5. To really make scrambled eggs or omelets rich add a couple of spoonfuls of sour cream, cream cheese, or heavy cream in and then beat them up.

6. For a cool brownie treat, make brownies as directed. Melt Andes mints in double broiler and pour over warm brownies. Let set for a wonderful minty frosting.

7. Add garlic immediately to a recipe if you want a light taste of garlic and at the end of the recipe if your want a stronger taste of garlic.

8. Leftover snickers bars from Halloween make a delicious dessert. Simply chop them up with the food chopper. Peel, core and slice a few apples. Place them in a baking dish and sprinkle the chopped candy bars over the apples. Bake at 350 for 15 minutes!!! Serve alone or with vanilla ice cream. Yummm!

9. Reheat Pizza
Heat up leftover pizza in a nonstick skillet on top of the stove, set heat to med-low and heat till warm. This keeps the crust crispy. No soggy micro pizza. I saw this on the cooking channel and it really works.

10. Easy Deviled Eggs
Put cooked egg yolks in a zip lock bag. Seal, mash till they are all broken up. Add remainder of ingredients, reseal, keep mashing it up mixing thoroughly, cut the tip of the baggy, squeeze mixture into egg. Just throw bag away when done easy clean up.

11. Expanding Frosting
When you buy a container of cake frosting from the store, whip it with your mixer for a few minutes. You can double it in size. You get to frost more cake/cupcakes with the same amount. You also eat less sugar and calories per serving.

12. Reheating refrigerated bread
To warm biscuits, pancakes, or muffins that were refrigerated, place them in a microwave with a cup of water. The increased moisture will keep the food moist and help it reheat faster.

13. Newspaper weeds away
Start putting in your plants, work the nutrients in your soil. Wet newspapers, put layers around the plants overlapping as you go. Cover with mulch and forget about weeds. Weeds will get through some gardening plastic they will not get through wet newspapers.

14. Broken Glass
Use a wet cotton ball or Q-tip to pick up the small shards of glass you can’t see easily.

15. No More Mosquitoes
Place a dryer sheet in your pocket. It will keep the mosquitoes away.

16. Squirrel Away!
To keep squirrels from eating your plants, sprinkle your plants with cayenne pepper. The cayenne pepper doesn’t hurt the plant and the squirrels won’t come near it.

17. Flexible vacuum
To get something out of a heat register or under the fridge add an empty paper towel roll or empty gift wrap roll to your vacuum. It can be bent or flattened to get in narrow openings.

18. Reducing Static Cling
Pin a small safety pin to the seam of your slip and you will not have a clingy skirt or dress. Same thing works with slacks that cling when wearing panty hose. Place pin in seam of slacks and … guess what! … static is gone.

19. Measuring Cups
Before you pour sticky substances into a measuring cup, fill with hot water. Dump out the hot water, but don’t dry cup. Next, add your ingredient, such as peanut butter, and watch how easily it comes right out. (Or spray the measuring cup or spoon with Pam before using)

20. Foggy Windshield?
Hate foggy windshields? Buy a chalkboard eraser and keep it in the glove box of your car When the windows fog, rub with the eraser! Works better than a cloth!

21. Re-opening envelopes
If you seal an envelope and then realize you forgot to include something inside, just place your sealed envelope in the freezer for an hour or two. Viola! It unseals easily.

22. Conditioner
Use your hair conditioner to shave your legs. It’s cheaper than shaving cream and leaves your legs really smooth. It’s also a great way to use up the conditioner you bought but didn’t like when you tried it in your hair.

23. Goodbye Fruit Flies
To get rid of pesky fruit flies, take a small glass, fill it 1/2′ with Apple Cider Vinegar and 2 drops of dish washing liquid; mix well. You will find those flies drawn to the cup and gone forever!

24. Get Rid of Ants
Put small piles of cornmeal where you see ants. They eat it, take it ‘home,’ can’t digest it so it kills them. It may take a week or so, especially if it rains, but it works and you don’t have the worry about pets or small children being harmed!

25. Dryer Filter
Even if you are very diligent about cleaning the lint filter in your dryer it still may be causing you a problem. If you use dryer sheets a waxy build up could be accumulating on the filter causing your dryer to over heat. The solution to this is to clean your filter with with a toothbrush and hot soapy water every 6 months.

Mary Johnson Melson




WENKE – KOEKSODA EN GEBRUIKE

koeksoda

WENKE – KOEKSODA EN GEBRUIKE
As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda gevoeg is.

Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as handy-andi is ‘n bleik- en ontsmettingsmiddel.

Voeg ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.

Plaas 1 koppie sout, 1 koppie koeksoda en 1 ketel kookwater in ‘n riool wat met vet verstop is. Die vetterigheid los dadelik op.

Hierdie spuitmiddel sal insekte verjaag sonder om hulle dood te maak en is baie veilig in die tuin.
Neem 20 Liter warm water, voeg 1 eetlepel koeksoda en 2 eetlepels Jeyes Fluid by.
Vlok een vyfde van ‘n steen blouseep in mengsel in en roer goed tot al die bestanddele opgelos is.

Indien troeteldier op die mat geurineer het, sprinkel koeksoda daarop. Los rukkie en stofsuig soos gewoonlik. Dit sal ook voorkom dat die dier weer daar urineer.

Kamme sal gou skoon kom as dit ‘n rukkie geweek word in warm water waarin 2 teelepels koeksoda opgelos is..

Koeksoda kan ook aan muf dele gevryf word om af te haal.

Wanneer ‘n by jou steek – Krap die by-angel met ‘n mes uit. Maak ‘n koeksodapasta en plaas dit op dit steekplek. Dit trek die gif uit.

Maak ‘n gevlekte warmfles skoon met 3 eetlepels koeksoda gevul met kookwater. Laat vir 15 minute, spoel en laat om droog te word.

Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig. Moenie perêls oornag week nie – net vir sowat ‘n uur.

Om ‘n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ‘n lagie koeksoda.

Om die ou reuk uit bottels te kry, vul met ‘n oplossing van water en koeksoda.

Om miere weg te hou, strooi koeksoda of borax poeier binne kaste en laaie.

Om slegte reuke uit skottelgoedwasser te verwyder – Strooi 4 eetlepels koeksoda onder die onderste rak en sit die wasser op spoel om die masjien vars te kry.

Om te verhoed dat staalwol roes, hou ‘n bakkie met water waarin koeksoda opgelos is by die opwasbak en sit die staalwol daarin na gebruik.

Sit ‘n bietjie koeksoda in die water om blomme langer vars te hou.

Sit bakkies met koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens.). Die kokkerotte eet dit (en dra dit na hul nes toe). Die vog binne hul lywe maak die koeksoda bruis en laat die kokkerot vrek. Dit voorkom ook dat ‘n volwasse kokkerot eiers lê voordat hulle doodgaan.

Stowe patats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.

Strooi koeksoda in skoene wat sleg ruik – Laat oornag staan.

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water en skrop.

Suurlemoen gemeng met koeksoda maak gevlekte tande mooi wit.

Verwyder koffie- en teevlekke op plastiekware deur dit met koeksoda te skuur.

Volgende keer wanneer jou oond skoongemaak is, vryf ‘n pasta van koeksoda en water aan die binnekant van jou oond om dit volgende keer makliker skoon te vee.

Was die hare en spoel af met 1 eetlepel koeksoda opgelos in 500ml water.

BRON- BOERERATE en VERBRUIKERS-WENKE

Laurette Hitchcock
Hier is my wenk vir daardie gevlekte pot waarin jy kerrie gekook het. Warm water, eetlepel koeksoda, bietjie skottelgoed opwasmiddel en ‘n teelepel suiker. Meng in pot en laat staan so rukkie. Die vlekke verdwyn sommer vinnig!🤗




WENKE – KOEK EN KOEKIES

2013-09-18-koekenkoekies
WENKE – KOEK EN KOEKIES

As jy ‘n ryk vrugtekoek maak, voeg ‘n koppie warm, sterk koffie in plaas van melk by om die kleur van die koek te verdonker en die geur te verbeter.

As jy koek bak en jy sit dalk sonder eiers, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier. Veral belangrik as jy ‘n cholesterolvrye dieet volg.

Gebruik ‘n skêr wat eers in meel gedruk is om glansvrugte makliker in stukke te sny.

Voeg 5 ml Gliserien om enige koekmengsel ‘n ligter tekstuur te gee.

Voeg ‘n ¼ teelepel peper by jou gemmerkoekies om dit daardie effense brandsmaak te gee.

Klein koekies bly langer vars as jy ‘n laag suiker onder in die bak strooi.

Leë margarine papier kan gestoor word in ‘n bakkie of sakkie in die vrieskas tot bakdag. Gebruik die papier om al jou panne mee te smeer.

Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk.

Om pannekoek of muffins op te warm – sit ‘n koppie water saam in die mikrogolf. Die ‘stoom’ bevogtig die gebak.

Om te keer dat appelkooskonfyt nie uit appelkooskonfyttertjies loop nie, klits 1 eierwit en 1 teelepel suiker goed en smeer aan rand.

Plaas ‘n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ‘n harde lagie vorm.

Smeer nuwe bakpanne met varkvet en plaas in matige oond vir 45 minute. Wanneer koud, vee af met kombuispapier.

Suiker en botter sal gouer meng as ‘n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag -die koek sal dan baie lig uitrys.

Voer jou koekiepanne uit met swaardiensaluminiumfoelie voor jy koekies bak. Dit voorkom dat die koekies merke laat.

Voordat jy klewerige bestanddele in ‘n maatbeker plaas, giet eers kook water in die koppie. Giet die water uit, maar moenie afdroog nie. Nou kan jy die stroop, grondboontjiebotter, ensovoorts afmeet en dit behoort maklik uit te loop.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – GROENTE DEEL 2

GROENTE-DEEL 2

BEET

As die beetvlek op ‘n kledingstuk is, gooi ‘n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.

Om beetvlek op ‘n mat te verwyder gebruik gliserien met ‘n spons in te vryf en dit dan met warm seepwater te was.

‘n Eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook.

Om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by.

 BLOMKOOL

Kook blomkool in melk en plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word.

Sit ‘n stukkie suurlemoenskil of bietjie suurlemoensap in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

 KNOFFEL

As jy ‘n sterk knoffelsmaak in jou gereg wil hê, gooi dit aan die einde van die gaarmaakproses in.

Vir ‘n minder sterker smaak, gooi die knoffel aan die begin in.

Om knoffelasem te verwyder, kou vars mint, pietersielie of seldery.

Sny knoffel fyn en gooi in kookolie in klein houertjies. Kan baie lank so in yskas gebêre word.

Die olie kan agterna weer gebruik word wat klaar knoffel geur het.

 PAMPOEN

Om ‘n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ‘n lagie koeksoda.

Om te verhoed dat die hande vlek wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.

 PATATS

Stowe patats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.

 RADYSE

Skud radyse in ‘n fles vol water om hulle deeglik te was.

 TAMATIES

As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ‘n kwart koppie melk op die end by en roer goed. Dit voorkom sooibrand by die mans.

‘n Knippie kerriepoeier by tamatiesop verbeter die smaak.

 

Tamatiesous –

Gebruik 2kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is, 2 koppies suiker, kwart koppie appelasyn, half teelepel sout.

Versap die bestandele saam en kook by ‘n lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer gereeld.

Gooi deur ‘n sif om stukkies te verwyder Voeg 1 verpoeierde Vitamien C tablet by om die kleur te behou.

Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik.

Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.

 SLAAIKOPPE

Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ‘n bak yskaswater te plaas; nie yswater nie.

Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie.

 UIE

Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – VERSKEIE

 

2013-09-13-1444933_121005075129_boererate

Grondboontjiebotter

As jy per ongeluk jou skeerroom vergeet het op ‘n wegbreeknaweek, kan grondboontjiebotter gebruik word.

Vang muise of rotte met grondboontjiebotter, hulle verkies grondboontjiebotter bo kaas.

Verwyder gom (superglue ens) vanaf meubels: Vryf met grondboontjiebotter oor die gom en dit sal loskom.

Verwyder kougom van hare deur ‘n teelepel grondboontjiebotter in die kougom te vryf en dit sal gou loskom.

Verwyder krapmerke op CD’s deur grondboontjiebotter daarop met ‘n sagte lappie te vryf.

 Kaas

Bêre kaas in aluminium folie. Die kaas sal langer vars bly en nie muf nie.

Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.

Voordat jy kaas rasper, smeer botter oor rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik.

Maaskaas hou langer as jy dit onderstebo bêre.

 Koffie

Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.

Kookolie

Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vetspat.

Sny die onderste deel van ‘n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.

Kastrol

As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels sout gevoeg is.

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water en skrop.

Verwyder die bruin aanpaksel met ‘n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKENS-WENKE




WENKE – GROENTE DEEL 1

WENKE – GROENTE DEEL 1
Groente:
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

Om groete langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebêre word.

Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk bespaar.

Aartappels

‘n Bietjie melkpoeier maak die aartappels ook mooi donsig.

‘n Gerasperde ui gee ‘n besonderse smaak aan kapokaartappels.

Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word.

Giet slaaisous oor terwyl die aartappels nog lou is en dit trek in die aartappels in.

Giet 5 ml melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor

Kapokaartappels is lig en sag as ‘n knippie bakpoeier bygevoeg word.

Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.

Laat aartappels vir 30 minute in melk lê om mooi bruin te bak.

Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ‘n vars groen appel by dit.

Voeg ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak.

Voeg eetlepel asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.

Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.

Voeg suurlemoensap by die water as jy ‘n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

Geplaas deur Linda Venter




WENKE – EIERS

 

eiers

Eiers

As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder

As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak, gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is.

As jy eiers oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.

As jy koek bak en jy sit dalk sonder eiers, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier. Veral belangrik as jy ‘n cholesterolvrye dieet volg.

Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.

Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie.

Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.

Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word.

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer: Dit bevat ook eiers en so spaar jy ‘n eier.

Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.

Beet – Rooi

Saffron – Geel

Spinasie sap – Groen

Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.

Gooi gekookte eiergeel in ‘n ‘zip-lock’ sakkie. Seël sakkie en druk fyn. Gooi ander bestanddele by en meng goed.

Sny nou die punt van die sakkie stukkend. Druk die inhoud by die gaaitjie uit. Gooi dan die sakkie weg.

Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 001 en Desember as 365.

Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei.

Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie.

Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.

‘n Gekraakte eier bly bruikbaar as jy die kraak met botter verseël en die eier dan kook.

‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.

Om eiers langer te laat hou meng jy 400g ongebluste kalk met 6 liter water en plaas die eiers daarin.

Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.

Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600ml water.

As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê.

Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.

Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek.

Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.

BRON- Boererate & Verbruikers-Wenke

EIERS
HOE OM EIERS TE BEWAAR EN TE VRIES

HOE OM EIERS TE BEWAAR
Nadat jy inkopies gedoen het, gaan reguit huis toe en bêre die eiers in ‘n yskas of temperatuur van 4,5grade C of koeler.
Hou dit in die eierhoue en plaas in die koudste deel van die yskas.
Moenie eiers was nie – die beskermende lagie minerale-olie sal afgewas word wat die kans vergroot dat bakterie”e die dop kan binnedring.
As jy te vinnig oor ‘n spoedhobbel gery het en jy kom met ‘n klomp gekraakte eiers by die huis aan, breek hulle in ‘n skoon houer oop, bedek goed en bewaar in die yskas, maar gebruik binne twee dae.
Eiers behoort nie langer as twee uur buite die yskas l^e voordat dit gebruik word nie.

OM EIERS TE VRIES:
Eierwitte kan net so, sonder enige byvoegings, gevries word.
Eiergeel kan met groot sukses gevries word deur vir elke 12 eiers, 5ml sout of 20ml suiker of heuning of 10ml gliserien by te voeg.
Die gevriesde eiers moet egter eers goed ontvries voordat jy dit kan gebruik.




RAAD VIR KONFYTTERTJIES

jamtertjiestested

RAAD VIR KONFYTTERTJIES
(laat die konfyt binne bly)
Ade Le Vries:
plaas bietjie gevriesde konfyt in die tertjie of spuit die konfyt na gebak in met ‘n spuitnaald.

Alda Cilliers
Wanneer ek konfyttertjies met outydse skilferdeeg (tuisgemaak, nie die wat jy in die supermark koop nie) maak, druk ek die deegsirkels uit, smeer die randjie van die een helfte met water en druk dit toe in ‘n halfmaantjie. Dan bak ek dit SONDER konfyt. Die dingetjie pof mos so mooi op, en wanneer dit uit die oond kom, spuit ek appelkooskonfyt daarin met een van daardie spuitbotteljies met die punt aan wat mens gewoonlik sou gebruik vir tamatiesous.

Brosdeegtertjies is ‘n ander storie: ek gebruik appelkooskonfyt wat ek self gekook het. Het hierdie wenk by ‘n bejaarde dame gekry: wanneer jy konfyt kook, kook so een pot heelwat langer as die ander sodat jy ‘n lekker stywe konfyt het. Wanneer jy die tertjie maak, rol jy die stywe konfyt ook in bietjie meel en sit dit dan in die tertjie voordat jy dit toeplak en bak.
Of meng die konfyt met bietjie pampoen

Rika Jacobs Stiglingh : jy moet die konfyt eers in meel rol as jy dit in die deeg toe maak.
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)

Elsa du Plessis
More ek lees nou in my ouma se hand geskryfde boek van 1970 n wenk oor jam tertjies. Om te verhoed dat jam uit kook moet jy die jam eers verhit tot amper kook voor jy dit op die pastry skep. Ek moet dit probeer…my jam kook altyd uit.

Ria Badenhorst
Kook n blik konfyt met 1 pk dadels en laat koud word.

Petré Van Jaarsveld
Maak konfyttertjies  klaar.  Vries hulle dan en bak @ 200/210°C .. Die deeg moet gaar wees voordat die konfyt kan kook.. Druk n gaatjie of 2 aan die bokant van die tertjie sodat die stoom kan uitkom..

Hettie Snyman
Maak tertjies klaar en vries dan vir n paar minute . Maak bakplaat warm in oond en sit koue tertjies op warm bakplaat en sit so gou moontlik in oond.

 




WENKE – ASYN DEEL 2

FLR BB Template

ASYN – NR 2

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

Indien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n

skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)

Klein geroeste artikels kan ‘n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

Maak ‘n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

Maak ‘n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag om sweetmerke te verwyder.

Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn.

Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou

tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig.

Week pêrels slegs sowat ‘n uur. Moenie pêrels oornag week nie.

Meng lou water met ‘n handvol sout en 60ml asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.

‘n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem ook hik weg.

Neem houertjies en gooi asyn daarin, as dit kan, hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die persentasie asyn wat op

die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.

Dit verfris die vertrek en hou miskiete en vlieë weg.

Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.

Om hoerdervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Smeer dadelik asyn aan brandwond – dit neem brand weg en keer blase.

Smeer ‘n bietjie asyn op ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

Stop ‘n skoon vloerlap in ‘n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op ‘n mat met 1 deel witasyn en

3 dele water. Wit asyn haal ook bloed en rooiwynvlekke uit matte uit.

Verwyder verfkolle op vensters met asyn.

Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Voeg ‘n bietjie asyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

Voeg asyn by uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.

Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn vir ‘n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.

Vryf Koperware blink met sout en asynmengsel.

Vuil mikrogolf oond – Verhit ‘n 125ml asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los.

Vee mikrogolf met sagte lap uit.

Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die

tenk leeg.

Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.

Dit voorkom verkalking.

BRON- BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE




WENKE – BROOD

FLR BB Template

BROOD

As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond._

Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ‘n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie._

Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.

‘n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.

‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Plaas ‘n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevrieste brood, beskuit, pannekoek of muffins ontdooi. (Die vog sal verhoed dat die kos uitdroog.)

Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

Bron- Boererate & Verbruikers-Wenke