OM KROPSLAAI VARS TE HOU

2014-01-21-img-20140121-01449

Hou kropslaai vars in die yskas vir tot 3 weke:
Sny stronk gedeel uit en sit in tupperware bak, met n lepel/vurk of mes.
Daar word beweer die item moet van silver wees, maar my vurk is somma gewone ‘siver plated’. Daar is verseker so n t-lepel of vurk in julle kassies.
Ek waarborg julle, bly kraakvars vir tot 3 weke.

EASTWOOD LOFTUS NEL   –  foto Marie Rheeder Troskie




BEWAAR SUURROOM EN MAASKAAS

cottage cheese
BEWAAR SUURROOM EN MAASKAAS
SUURROOM EN MAASKAAS
Dit hou die beste om dit onderstebo in jou yskas te bewaar.




HUISHOUDELIKE WENKE WAT WERK

cartoon chef crying
HUISHOUDELIKE WENKE WAT WERK
Om jellie vinnig te lat stol,voeg ñ knippie koeksoda by
Om ñ visreuk uit die kombuis te verwyder, kook bietjeie tee in die pan waarin die vis gebak is
Voeg asyn by die water waarin kool gekook word, of plaas ‘n sny brood bo-op om die koolreuk te absorbeer
Vryf ‘n bietjie suiker in handpalms om uiereuk te verwyder.Onthou ook om altyd die hande in KOUE water te was nadat jy met uie gewerk het
Gooi kookwater oor rou aartappelskyfies, maak droog en bak soos gewoontlik, die skyfies is dan heerlik bros
‘n Suurlemoen en ‘n bietjie sout sal die broodplank altyd mooi wit hou
Voeg ‘n eetlepel kookolie by die water waarin beet kook om te verhoed dat dit oorkook
Doop piesang of advokadopeer, skil en al, 2 sekondes lank in kookwater om verkleuring te voorkom
As daar ‘n vetterige laag op sop is, gooi paar ysblokkies daarin, die vet sal aan die ys vassit

 

 




HANDJIE PAMPOENTJIES

 

2014-01-17-handjiepampoentjies

Jy moet eers jou hande met olie smeer voor jy die pampoentjie afskil, sodat jou hande nie taai raak van die gom wat dit afskei nie, sny dan in skywe en kook in soutwater, bedien met botter.

BRON- Elize Grobbelaar




WENK VIR LEWERKOEKIES

images (1)
WENK VIR LEWERKOEKIES

Ek bak my lewerkoekies in die ronde staal eierringetjies wat mens gebruik om eiers in te bak.
Dan is almal ewe groot, asook my plaatkoekies, sommer net ‘n wenk.

Iets wat ek doen is om ‘n groen appel sonder skil fyn in die lewerkoekkie mengsel te rasper en dan te meng en dan te bak, lewer het mos soms so wille smaak, help daarvoor. Alhoewel ek net skaap of lamslewer gebruik.

Regina Badenhorst




HOE OM EIERVRUG TE BEHANDEL

 

eiervrug

Die geleerde manier is om hulle op te sny sout te sprinkel en in n vergiete oor n bord of wasbak te los vir halfuur so dat bitterheid uit loop. Was hulle dan onder koue lopende water af im van sout ontslae te raak. Jy sal die verskil in smaak dadelik agterkom

Franco Dippenaar




LEMON, ORANGE, AND ROSEMARY AIR-FRESHENER

2014-01-10-lemon,orange,androsemaryair-freshener

2 quarts water
2 stems fresh rosemary
2 lemons, sliced
1 large orange, sliced
2 Tablespoons lemon extract

Bring all ingredients to a boil in a medium saucepan. Reduce heat and simmer uncovered, adding additional water as needed.

BRON- Welcome Home




RAAD OM KERRIE VLEKKE TE VERWYDER

  • curry stain
    GOEIE WENKE

    Rina Kleinhans
    as dit ‘n wit tafeldoek is gebruik die domestos, dit werk regtig, sit dit op die kolle, vryf so bietjie en was baie goed uit, of maak sterk domestos water en laat dit daarin le, as jy op ‘n gekleurde tafel doek dit wil toets op die puntjie kan jy, ek het al gekleurde T hemde so skoon gemaak
    Adri Grotsius Amana
    le in sout met warm water oornag spoel en dan gooi jy dit weer oornag in vanish liquid met warm water en was gewoonweg die volgende dag dit het bloedvlekke uitgehaal wat ek nie andersins kin uitkry nie
    Mickey Viljoen
    Smeer dik sunlight seep (regte steen sunlight) hanf in son to seep droog is. Was gewoonweg
    Gerdamarie Matthee
    As jy ‘n tee of koffie vlek het wat nie wil uit nie. Gooi DIK laag sout op die kol. Drup nou gewone jik op die plek waar die kol is. Woep wap kol is uit. MAAR GOOI DIK SOUT EN DRUP jik net op die plek waar die vlek is.

    Suzette Price
    Probeer Lux gesig seep
    Stephanie Oberholzer
    Daai geel pine gel werk…tot in masjien vir witter lakens….ink uit hempde…beermerke
    jy kan die laundry gel in jou heke huis gebruik. Dit haal kolle uit op donker materiaal ook. Orals staan houertjies. Skuur kastrolle, storte, bloedkolle…..
    Ansie Drewry
    ek kry nogal baie vlekke uit met gewone wit Lux badseep en warm water uit. Ek was dit onmiddellik uit. Probeer gerus maar en kyk of dit sal werk.
    Sarie Smit
    ek koop daardie nuwe akriel baie duur maar baie goed ek koop shout in bottel gooi dit by seepoeier as akriel klaar is
    Rita Baard
    Koeksoda en asyn werk baie goed
    Alma Renate Truter:
    Weet nie of iemand dit al gesê het nie, maar VIVA-seep (vir handwasgoed) haal al ons kerrievlekke op ons klere uit! Ons eet baie kerrie en daar is altyd kolle!!! Viva werk regtig!!!!

    Marthie Grobler
    Gebruik gewone gliserien vir kerrievlekke. smeer aan vlek. wag ‘n paar minute en was met seepwaster.



OM ROOIWYN VLEKKE TE VERWYDER

2014-01-02-omrooiwynvlekketeverwyder

Gooi droë witwyn op die kol, laat staan ‘n rukkie en was

Elize Colton

Ek het vroeër gesien iemand het gevra hoe om kerrievlekke te verwyder.
Het bietjie op Google gaan soek. Een wat ek teëgekom het is helfte louwarmwater gemeng met glyserien. Ek het dit nog nie self probeer nie, maar dit is die moeite werd om te probeer.

Elize Colton




Wenk: Slak-weerder

download

gooi koolblare in kookwater tot dit begin ruik, haal uit, gooi ‘n handvol sout in en sit waar die slakke loop, dit is ‘n natuurlike snailjail en trek ‘n menigte op ‘n slag! dit werk soos ‘n bom is obviously nie giftig nie!

Alida Siebert