PANNEKOEK KLEUR WENK

2014-04-17-gekleurdepannekoek

PANNEKOEK KLEUR WENK
Nog ‘n idee met pannekoek:
Maak beslag aan, deel dit in kleiner bakkies.
Kleur met koekkleursel, kan ook geure bygooi, bak.
Gee vir kinders en jy hoor die beste kommentaar.

Groen proe soos appels, rooi soos waatlemoen, geel soos piesangs ens.
Kinders wat swak eet, eet meer want hul wil elke een proe.
Bron: Joey Brummer




WENKE OM STEAK SAG TE MAAK

WENKE OM STEAK SAG TE MAAK
Louise Lategan
Hello julle, ek wil vanaand bees stroganof maak. My steak is altyd taai. Het iemand raad vir my?

Rina Kleinhans
Eerstens moet die vleis kamertemperatuur wees wanneer dit gaargemaak word en moenie dit oorgaar maak nie, 3-4 min aan ‘n kant, afhangende van hoe dik die steak is en ook die hitte, lekker hoë hitte. Jy kan dit ook die vorige aand kap met ‘n vleishammer, nie te veel nie, sprinkel bietjie suurlemoensap oor en laat marineer tot die volgende dag. Kom ons hoor wat se die lede nog?

Leigh-AnneMaurice Nortje
Lê dit in knorr se knoffel marinade vir so uur in die yskas, werk wonderlik.

Wanda Botha
Pynappel is ook taai steak se moses, voeg pynappel met die sap bo-op die vleis, laat marineer ‘n ruk en spoel af.

Johan Van der Walt
Rasper pynappel, smeer oor die vleis, los vir 5 min en krap dit af, probeer dit gerus.

Marius de Beer
Gebruik “meat tenderiser”, veilig om te gebruik, want dit word van papajas gemaak.

Marichelle Mader
Vlapoeier. Sprinkel oor die rou vleis, braai eers die vleis voor jy sous byvoeg, ek het dit ook nie geglo nie.

Louise Groenewald
Maak die stroganoff in die drukkoker, dan hoef jy nie die duurste vleis te gebruik nie.

Louise Lategan
Ek het “tenderised steak” gebruik. Dankie almal se raad, maar ek het nie enige van die bogenoemde in my huis nie. Ek het wel gewone marinade? Sal julle almal se raad onthou en in die vervolg sorg dat dit in my koskaste is. Ek het al gehoor van coke ook wat gebruik word, is dit waar???

Arthur de Lange
Plaas die vleis in ‘n dakkie en kap met ‘n hammer, dit breek die weefsel af. Indien jy bietjie Coke het, laat lê die vleis in die Coke vir ‘n uur of so. Sout die vleis en wanneer jy dit gaarmaak, voeg bietjie botter en jou speserye by.

Elmarie de la Rey
Indiese skrywer Ranjit Rai se lys vir versagters: rou groen papaja, rou pynappel, rou vye, groen mangopoeier, granaatsaad, tamarind, dikmelk, suurlemoensap en mostertsaad. Joghurt sal ook werk.

Leigh-AnneMaurice Nortje
Sprinkel gewone koekmeel oor die rou vleis en laat lê dit so halfuur, potbraai die vleis met die meel om die vleis, dit maak die vleis sag en die sous ook dik.

Diane Van Schaik Conradie
Louise ek braai die steak vinnig, tot net net gaar, dan laat ek dit eenkant staan tot die sous reg is. Giet die sous oor die vleis en bedien dadelik. Braai die steak bietjie bietjie anders kook dit op die ou einde en dit maak dit taai.

Heather Strumpher
My geheim is om die vleis met mosterdpoeier te besprinkle ‘n paar uur voor ek gaarmaak(braai of kook).

Adiela Manuel
Moenie die steak vooraf was nie, dit kan ook taaiheid veroorsaak.

Elmarie de la Rey Harold McGee,
In die boek, Food and Cooking, ‘n lywige wetenskaplike werk van meer as 800 bladsye, bevestig dit: The green fruit ( of the papaya) contains vessels of milky latex, rich in the protein-digesting enzyme papain, which is found in some meat tenderizers. Miskien sal julle die boek interessant vind.

Maria Liebenberg
Ons eet baie skaapvleis omrede ons ‘n plaas het en soms is die vleis taaierig. As ek twyfel laat lê ek die vleis in mazienawater vir so 3 – 4 ure. Dan maak ek soos die namakwalanders, meng gekneusde heelkoljander, bruinasyn en Worcestersous, marineer die vleis daarmee. My man gooi die growwe sout op die rooster oor.

Brenda Groenewald
Sprinkel bakpoeier saam met die speserye en olyfolie op die vleis, dit verander nie die smaak nie en doen die ding, heel beste is knoffel steak marinade, die een in die pakkie wat jy met water aanmaak.

Susanna Kruger
Ek maak die steak vooraf sag deur met bakpoeier te sprinkel wat in spesery botteltjie is. Laat dit so ruk lê, omtrent 2 ure, spoel die bakpoeier af en die steak is heerlik sag, ek doen dit al vir paar jaar so, want “meat tenderiser” het net té duur geword.

Santa Ronquest Breedt
Sojasous maak vleis heerlik sag as jy dit vir ‘n paar ure daarin week.

Almarie Albertyn
Ek prik die vleis met ‘n vurk, beide kante, sprinkel sojasous oor, laat hom paar uur daarin lê.

Sonja Tredoux
Meng suurlemoensap en Worcestersous, laat marineer die vleis met die mengsel vir ‘n uur.

Flipkotie Olivier
Ons gebruik net vars suurlemoensap, dit werk baie goed om vleis sag te maak. Nie gekoopte botteltjie suurlemoensap nie.

Marius Rabie
Maak ‘n pakkie marie beskuit fyn, meng een teelepel Italiaanse kruie, braaivleis speserye en rooipepper daarby. Vryf dit in die vleis en laat staan vir ‘n uur of so. Werk uitstekend met varktjops. Wie nie waag nie, sal nie wen nie.

Linette Van Heerden
Marineer die vleis in jogurt oornag. Laat die vleis kamertemperatuur word voor gaarmaak, warm pan, net so 4 min aan ‘n kant.

Mucki Gouws
Laat lê die vleis in karringmelk vir ten minste 4 ure, sprinkel met sojasous en bak tot gaar, dit werk lekker vir ons.

Elize de Kock
Kap die steak weerskante met die oopkant van ‘n bottel, die bottel sal dit in sulke ringetjies kou. Strooi bietjie bruin uie souspoeier oor voor jy kap.

Foto: Elize de Kock

 

 

 

 

 




HOE MENS CHIP WHITE GEBRUIK OM AARTAPPELS TE VRIES

 

FLR BB be the first to give us a photo!!

Bets Lourens

Goeie dag vriende en vriendinne! Kan iemand asb vir my stap vir stap verduidelik hoe mens Chip White gebruik om aartappels te vries. Ek het na baie gesoek uiteindelik ‘n 70g pakkie gekry! Spoedige terugvoer sal waardeer word! Ek weet baie van julle gaan vandag braai, maar ek is seker daar is van julle wat my sal kan help.

Adam Cloete Bets Lourens, ek het geen idee of ons eers van dieselfde ding praat nie, maar ek het die volgende op die internet gekry by “dry white potato preparation”. Die aanwysings is ook vir grootmaat, maar as dit dieselfde ding is, kan dit dalk vir jou ‘n idee gee. Dit is in elk geval al wat ek kon opspoor. Having chipped potatoes directly
into a Drywite 25 Gallon Chip Bin
(code SI.25)
Thoroughly rinse chips to remove
starch.Drain Bin of water by
removing Rubber Bung.
When drained replace Rubber Bung.

Using a Drywite Solution Mixing
Bucket, mix Solution as follows:
Fill the Bucket up to the 25 litre mark
with cold water.

Add one 25 gram of Drywite
Formula no.2 Powder, using the
Measure provided.
Mix thoroughly.

Add the solution to the chip bin by
pouring over the chips.
Repeat process until chips are fully
covered.

Soak the chips in the solution for
exactly 15 minutes.

After soaking the chips for 15
minutes, drain the solution away
by removing the rubber bung.

After draining allow the chips to dry
for at least 1 hr. Store in cool (10ºC),
dry conditions, chips will remain dry,
white & ready to fry for at least 48hrs.
DO NOT RE-SOAK IN WATER!

For perfect crisp fried chips, fry at
188ºC to 196ºC.

Bets Lourens Adam Cloete dit klink soos die ware jacob! Baie dankie vir jou terugvoer. Gaan dit probeer en kyk hoe dit werk! Eers net klein hoeveelheid en sal dan terugvoer gee. Wil kyk hoe dit vries, want kry van tyd tot tyd aartappels op special en wil dan kan grootmaat koop en bewerk.

Annelie Janzen Ek gebruik altyd 2 eetlepels chip white met 5 liter lou water jy kan al jou wit groentes daarin.plaas vir 10 minute,uithaal verpak en vries wala so maklik




HANDIGE KOMBUIS WENKE

 

FLR BB Wenke

HANDIGE KOMBUIS WENKE

‘n Manier om jou yskas skoon te maak sonder dat die vloere nat word; Skakel die yskas af, gooi fyn sout teen die ys en hou die deure oop.
‘n Uur later kan jy die ys optel met ‘n eierspaan(egg lifter). Dit werk soos ‘n bom

‘n Halwe teelepel asyn in olie verhoed dat vleis wat in eier en meel gerol is nie in die pan waarin dit gebak word, vassit nie; die deeg sal ook nie afkom nie.

Om afval gou sag te kry, gooi een pakkie kitsgis (yeast) oor; dit kook gou sag en jy proe nie die kitsgis nie.

Gooi elke aand ‘n handvol growwe sout in die uitlaatpype van wasbakke; die sout sal in pype afdrup en dit vry van vetterigheid hou.

Gooi ‘n lepel vol sout in die water waarin jy geskilde vrugte gooi voordat jy dit inmaak, dan sal die kleur van die vrugte volmaak hou.

Om aangebrande vullis aan buitekant van kastrol aft e kry, gebruik oven cleaner; maak jou pot louwarm, spuit oven cleaner aan en laat staan so uur en was met sponsie.

Voeg ‘n halwe teelepel suurlemoensap by room wanneer jy dit klop; dit raak baie gouer mooi styf.




HOE OM SAMPIOENE TE VRIES

 

2014-04-08-prataioli

Steph Kirchner

Hi julle. Kan ek n pakkie vars sampioene in vrieskas sit tot ek dit nodig het?

Tanya Smith Kerf dit eers op in skywe en vries dan. Wanneer jy dit dan wil gebruik, gebruik dit net so gevries. As jy hom eers ontdooi gaan hy baie waterig wees

Marian van Deventer Jy kan dit eerder opsny en droog in oond. Gaan baie langer hou….het ek vandag gelees

Belinda Steenberg de Bod doop in sout kookwater vi 2min , gooi water af en laat afkoel voor vries! werk leka!

Verna Parker Ek vries dit net so en dit kom niks oor nie.




Wenk vir Red Velvet Cake

 

RED VELVET CAKE

Die koffie moet met koue water aan gemaak word. En dit is makliker as mens ‘n elektriese klitser gebruik wanneer jy die nat en droe bestandele meng, want dit klont baie maklik

Bron: Maria Liebenberg




WENKE OOR HOT CROSS BUNS

hot cross buns
WENKE OOR HOT CROSS BUNS

Anita Dreyer Stanley

As mens Hot Cross Buns vries en weer ontdooi, sal dit dan nog net so lekker proe? Hoekom proe die buns gewoonlik so gou ‘oud’ ? Is daar ‘n manier om dit langer te laat ‘vars’ proe?

Driesman van der Vyver
sny dit in die helfte en droog soos beskuit. jy sal nie spyt wees nie. ek ooreet myself.

Ingrid Vermaak
Ek vries myne gereeld en eet selfs lamk na Paasfees lekker daaraan. Ek haal direk uit vrieskas en oond met lae temp

Marius de Beer
Vries dit en stoom dit voordat jy dit gebruik. Die swel weer mooi uit en proe net so vars. Jy moet dit egter dadelik eet en kan nie oorstaan nie. As jy nie n veri mark stomer het nie laat weet dan vertel ek jou die boere manier.

Anita Dreyer Stanley
Marius ek het nie ‘n veri mark stomer mie. Vertel my asb die boere manier. Hoe werk die stomer manier?

Marius de Beer  – Stoom die rolletjies in n kastrol. Neem n kastrol waarin n bord maklik inpas of kleinbordjie as dit nie baie is nie. Gooi 1 tot 2 koppies water in. plaas n lee blik of n blikbeker in kastrol. Plaas bord bo op en pak die buns op die bord. Sit deksel skeef vir oortollige stoom om te ontsnap. Wanneer buns mooi ontdooi het is hulle mooi uigerys. Ek gebruik sommer klein broodmandjie in die kastrol ipv. n bord. Werk 100%




WENK OOR “KUNSROOM”

an-sjokolade-room-poed
WENK OOR “KUNSROOM”

Net so vir interesantheid Bakels Delight, Orley Whip, Meadowlands Classique en Milac Gold is almal Artifical of Genetically Modified Creams baie van dit bevat well suiwel asook Guar Gum wat die room sy styfklop vermoe gee. Die Artifical Creams vat well langer om styf te klop maar hou sy vorm langer en bly langer “vars” agv die preservatives wat dit bevat. Lekker aandjie en lekker bak

Groete Thys Taljaard




GLUTENVRYE WENK

chickpeas
GLUTENVRYE WENK

 Kyk as die blikkies kekerertjies weer op special is by die winkels. Ek stock sommer so rak vol op, gebruik dit (veral puree) om souse. kerries en stews te verdik ipv meel of om bietjie tekstuur te gee aan bakgoed met die gf mele wat so ‘glad’ is (gril)… groente muffins en broodjies ens ens. Is altyd handig om te he en baie minder moeite (en ietwat goedkoper) as die gedroogtes.

Lindi Erasmus




WENKE VIR VLEKKE VERWYDER en POTTE WAT AANBRAND

spills

WENKE VIR VLEKKE VERWYDER en POTTE WAT AANBRAND

BEET: Spoel in koue water uit en was dadelik in baie warm water.
Week droë vlek in oplossing van 25 g boraks by 500 ml water.
BLOED: Week in oplossing van 15 ml sout, 15 ml ammoniak en 1 liter waterbloedvlek. Laat droog word en stofsuig of borsel af en vlek is weg.
Alice Meintjes :  Om bloed uit bekleedsel te verwyder meng mens maizena met bietjie water en smeer dik oor.
INK: Gebruik witdulsies, brandspiritus of gliserien en ‘n paar druppel ammoniak.
KERRIE: Week in asyn en laat blyk in die son.
KONTAKLYM EN GOM: Vryf aan verkeerde kant met nie olierige naellakverwyderaar (Toets eers op seker materiale voor gebruik).
Vryf met lap wat in brandspiritus gedoop is.
ROES: Vryf met ‘n pasta van suurlemoensap en sout en bleik in die son.
Kook in ‘n olossing van 60 ml wynsteensuur by 500 ml water.
TEE EN KOFFIE: Smeer boraks oor en giet kook water deur.
Skuur vlekke op koppies met ‘n pasta van bakpoeier en koue water.
WYN: Vryf met mengsel van suurlemoensap en sout.
Bespuit met sodawater.
Giet wit wyn op rooi wyn.
Bedek kol met sout.
TEER: Giet kookolie op, laat ‘n rukkie staan en vryf uit.
AS EMALJEKASTROL AANGEBRAND HET: Vul met koue water en 10 ml bakpoeier en laat kook.
AS GIETYSTERPOT AANGEBRAND HET: Vul met sodawater en laat kook.

Leer banke
Vir balpuntink op leer banke, deurweek vlek met haarsproei (tipe wat in ‘n blik is) los aan vir ‘n paar minute, maar moenie laat droog word nie. Borsel dan liggies met ‘n oplossing van asyn en water. Herhaal proses vir hardnekkige vkekke, merk sal ligter word elke keer as jy haarsproei aanspuit.
Spuit Doom en was agterna af met koue water.
Goo Gone (kuns winkels) verwyder dit blitsig uit leer, sonder om te beskadig.
Coppertone sonbrand aanspuitmiddel!
100% Alkohol (apteke)