OM KONDENSMELK TE LAAT STOL

 

FLR BB be the first to give us a photo!!

Rianie Grobler Oelofse
Hoeveel gelatien gebruik ek om 250ml kondensmelk te stol?

Sheila Marsburg Troskie
Gewoonlik is dit n halwe koppie suurlemoen sap ek het nog nie gehoor van gelatien nie?

Adam Cloete
Ek het na ‘n klompie resepte gaan kyk. In almal word die gelatine in bietjie vloeistof aangemaak en dan met die kondensmelk gemeng. Die hoeveelhede is gewoonlik 170g gelatine poeier vir 2 blikke kondensmelk wat gesamentlik ongeveer 400g is. Dws 85g gelatien vir 1 blik kondensmelk. Ek sê wat ek gesien het, NIE WAT EK WEET NIE

Franco Dippenaar 15ml gelatine opgelos in bietjie warm water behoort die trick te doen.




ARGILLA WENKE

argilla pots
ARGILLA WENKE

Never preheat the oven when using Argilla Pottery!
NO water needed for veggies and meat!
Time saving & very healthy!
Die reels staan voor in die Agrilla boek, so ek hoop dit help.
1. Moet nie aan skokhitte blootstel nie
2. Nie bo-op warm plate nie, slegs binne-in oonde met normale hitte
3. Nie op “grill”nie, hitte van alle kante belangrik
4. Nie gevriesde voedsel of vleis in ‘n warm oond nie, pot en oond moet saam warm word, nie hoer as 180 grade nie
5. Nie koue water in warm pot nie, warm water in warm pot
Agrilla boekie




RAAD-WENKE VIR KAAS

 

kaas

RAAD-WENKE VIR KAAS

Kan ek voorstel dat ons ‘n file begin met Raad/Wenke? Ek raak heel opgewonde as iemand vir my ‘n blink idee gee wat werk, soos die volgende :

Om te keer dat kaas muf, sit ‘n beskuitjie soos provita of salticrax saam met die kaas in ‘n houer wat dig seël, vervang elke week. Ek het die raad by Van Gaalen Kaas in Hartbeespoort gekry en dit werk!

Ek het kaas wat lieflik vars is wat ek ‘n maand gelede gekoop het.
Petro Borchard

WENKE VIR KAAS
Kaas
Vul ‘n leë speserybottel met meel en gebruik dit om oor kaas te sprinkel op pizza of ‘n pastagereg. Dit voorkom dat die kaas drade trek.
Rasper kaas wat hard geword het, met die fynste deel van die rasper en gebruik dit in plaas van parmesaan.
Sorg dat daar altyd gerasperde kaas in die yskas is – dit bespaar tyd wanneer ‘n gereg berei word.
Hou jou kaas in foelie. Dit hou langer en muf nie.




WENK OM TE VERSEKER DIE KOEK BAK GELYK BO-OP

WENK OM TE VERSEKER DIE KOEK BAK GELYK BO-OP

Ek wil graag iets met julle deel. Het hierdie affere ook eers maar skeef aangekyk maar dit werk regtig. Ek was al moedeloos oor my koeke altyd met n punt rys, toe gaan krap ek so bietjie op Google en kry hierdie nuttige stukkie inligting. Vat n ou handdoek en sny stroke so hoog soos jou koekpan en lank genoeg sodat dit reg rondom kan gaan, steek dit dan sommer met n haak speldjie vas sodat dit styf om die pan pas. Haal dit af en maak dit nat , druk die water net so met jou een hand uit sodat dit nie drup nie en trek dit weer oor die pan. Gooi jou beslag in jou pan en bak die koek met die nat handdoek om. Jou koeke sal perfek gelyk uitkom bo op. Ek was baie skepties en het dit vandag weer gedoen en elke keer is my koeke gelyk, ek het nog nooit in my lewe sulke perfekte koeke gebak nie, gaan sommer nou een vir my plaatkoek ook sny.

FOTO’S: Adri Liebenberg en Suenell Liebenberg




SOYA

 

soya

These methods are for unflavored soya. Soya can be bought at health shops, Dischem, vegetarian shops.

How to prepare soya chunks or mince for any curry or stew
1 cup soya chunks
2 tablespoons soy sauce
2 tablespoons vinegar
2 cups boiling water
4 tablespoons olive oil, sunflower oil, canola oil, grape seed oil
2 tablespoons garam masala

Place soya chunks in a bowl.
Pour soy sauce, vinegar and boiling water over chunks.
Leave to soak for 10 minutes until soft.
In a baking tray combine oil and garam masala.
Toss soya chunks through oil mixture.
Grill chunks in the oven until slightly browned.
Chunks are now ready to be used in stew or curry.

(Chunks resemble meat cubes and can be used instead of cubed meat in any dish)

MALAY CURRY WITH SOYA CHUNKS AND SUGAR BEANS

1 cup prepared chunks
1 cup sugar / borlotti beans
2 teaspoons mustard seeds
1 teaspoon turmeric
2 teaspoons chilli powder
2 teaspoons grounded coriander
2 teaspoons cumin seeds
Few curry leaves
Few cardamom pods
2 large carrots, grated
2 large potatoes, cut in chunks
2 large tomatoes, diced
1 – 2 cups water
1 tablespoon brown sugar

Prepare beans – soak beans overnight and cook till soft.

Method
Heat oil in a pot and add mustard seeds, turmeric, coriander, cumin, curry leaves. Fry gently until seeds pop. Add chilli powder and mix. Add carrots and braise gently. Add soya chunks and potatoes. Add enough water to make a decent gravy. Cook until potatoes are almost soft. Add beans, tomatoes and more water if necessary. Add sugar. Cook till potatoes are soft and serve.

SOYA BOLOGNAISE SAUCE

1 cup dry soya mince
2 tablespoons soya sauce
2 tablespoons vinegar
1 cup boiling water
1 tablespoon oil
2 teaspoons mustard seeds
1 teaspoon chilli powder
1 teaspoon garam masala
1/4 yellow pepper, diced
1/4 red pepper, diced
50g sliced mushrooms
1 small brinjal, diced (optional)
1/2 cup frozen peas (optional)
1 cup cold water
1 1/2 teaspoon salt
140g can tomato paste
1 tablespoon brown sugar

Put soya mince in bowl.
Mix soy sauce, vinegar and boiling water. Pour over mince and allow to stand.
In pot heat olive oil.
Add mustard seds and garam masala.
When seeds pop add chilli powder.
Add vegetables and sauté for few minutes. Add soya mince and fry for some time. Add cup of water and tomato paste.
Cook for 15 – 20 minutes.
Lastly add sugar.

Can be used as basis for vegetarian lasagna.

For cottage pie omit tomato paste and thicken mince with cake flour. Use more soy sauce to brown mixture.




BRAAI VAN EIERVRUG WENKE

 

FLR BB with Heart

PETRO BORCHARD

EIERVRUG
My man se (enigste) groente voorkeur is vir eiervrug skywe wat gekrummel en gebraai is.

Ek is altyd verbaas as ek hoor mense kla dat hulle krummel laag nie vasklou nie (aan eiervrug of enige iets anders). Hier is my metode (nie regtig ‘n resep nie)

Sny eiervrug in 1 duim skywe. Gooi sout liggies oor, laat vir 30 min staan en skraap die sout met ‘n mes af. Of dit nou regtig vir die bitter uittrek help kan ek nie waarborg nie, maar dit voorkom dat dit pap raak en ook te veel olie opsuig en terselfdertyd geur dit die eiervrug.

1. Kry gereed in 3 pap borde :- gegeurde meel, geklitste eier, broodkrummels (ek gebruik ‘n weergawe wat ek by Chinese kruideniers winkels koop wat vergelykbaar is met Panco wat die Food Network kokke graag gebruik). In daardie volgorde. Die meel is die geheim om die lot vas te laat klou.
2. Doop die skywe in daardie volgorde in die 3 borde en as jy ‘n dikker laag soek, herhaal die prosedure.
3. Braai in klein bietjie olie net om die krummels die verlangde kleur te laat kry, sit dan in die oond om deurgaar te word sonder om die spulletjie te verbrand. Geniet dit.

  • Regina Badenhorst Gooi 1/4 teelepel asyn in olie wanneer jy enige iets in diepolie braai, met krummels, dan val die krummels nie af nie, of met n deegie.



KOOK MET TAMATIES-WENKE

KOOK MET TAMATIES-WENKE

Geen ander groente of vrugte word meer algemeen gebruik as die tamatie nie. Van pizza, tamatiesous, songedroogde tamaties en alles tussen in, die tamatie het ‘n oneindige aantal gebruike op die tafel. Hulle kan selfs versuikerd  en in koeke gerbuik word. Gebraaide groen tamaties is ‘n gewilde gereg.

Tamatie kook wenke
• ‘n Goeie getande mes is baie beter as ‘n plat -rand mes vir die sny van tamaties. As jy ‘n plat -rand mes gebruik, maak seker dit is baie skerp, of jy sal die tamatie kneus en vermorsel terwyl jy dit sny.

• Uitgeholde kersietamaties maak groot eetbare koppies vir vis of eier slaai, gekruide kaas, of kaviaar as ‘n voorgereg. Gebruik ‘n standaard -grootte hol tamatie, gevul met enige verskeidenheid van vulsels as ‘n bykos, rou as ‘n bakkie vir souse. Draai die uitgeholde tamaties onderstebo om te dreineer vir ongeveer tien minute voor jy dit vul. Wanneer mens gestopte tamaties bak, plaas dit in ‘n muffinpan vir stabiliteit.

• Moet nie ‘n aluminium pot, pan of werktuig gebruik wanneer jy tamaties kook nie. Die suur in die tamatie reageer ongunstig met die aluminium. Die gebruik van aluminium maak die tamaties meer bitter en verdof die kleur. Die gereg sal ook sommige van die aluminium smaak absorbeer en die suur in die tamaties kan die aluminium kookgerei verkleur.

• As jou tamaties té suur is, kan jy ‘n bietjie suiker en sout byvoeg, wat albei  die geur sal uitbring.

• Bo suiker, verkies ek om gerasperde wortel by te sit om die ergste suur te bekamp. Die wortel disintegreer in die sous en voeg bietjie soet by, maar daar is geen aanduiding van die wortel geur nie.
Mens kan self die wortel in repe sny en weer uithaal voor jy die tamatie kos bedien, dit sal werklik die suur gehalte van die gereg bietjie minder maak.

• In tamatiesous, ‘n kwart teelepel koeksoda per liter sal ook help om die suur te verlig.

• Die hoë suurinhoud van die tamaties vertraag die kook proses van ‘n paar ander kos. Byvoorbeeld, as jy bone gaar met tamaties bygevoeg, neem dit tot twintig persent meer gaarmaaktyd as daar sonder.

• Pruimtamaties is die beste vir die gebruik in souse. Groot, kersie, en druiwe tamaties is die beste om rou te eet, hoewel alle variteite is goed vir vars eet.

• As jou enigste keuse die bleek, smaaklose supermark vars tamatie is, kan jy jou gereg verbeter deur blik tamaties te gebruik. Blik tamaties van van jou beste tamaties wat geblik is.

• Kruie wat goed trou met tamaties sluit  in basiliekruid, oregano, marjolein, peper, dille, tiemie, knoffel, lourierblaar, seldery saad, sesamsaad, dragon, grasuie en pietersielie.

Siende dat ons die hele jaar tamatie kry en gebruik is dit altyd ‘n vraag hoe mens dit vars kan hou en bewaar.
Nou ja dit het ek ook nie regtig geweet nie, moenie jou tamaties in die yskas bêre nie, dit verander die geur en tekstuur van die tamatie binne ‘n paar dae.  Bere hulle in ‘n bak wat met papierhanddoek uitgelê is en met die stingel kante na bo teen kamer temperatuur.  Hou dit dan uit direkte sonlig of hitte soos bv jou stoof.  Indien dit nog nie vinnig genoeg opgebruik word nie, draai dit net so af en toe in die bak. Mens kry ook ‘n spesiale houer waarin mens tamaties stoor wat sorg vir ventilasie en dat die tamaties droog bly.  Op die manier behoort tamaties meer as ‘n week vars te bly.

• As dit gebeur dat jy die ongelukkige slagoffer is om aan die verkeerde kant van ‘n muishond te wees, sal tamatiesap die stinkende verdedigende spuit neutraliseer.




BEESSTERT WENKE

2014-05-03-beesstert
BEESSTERT WENKE

Pieter Coetzee:
Braai eers bruin in pot. Gooi koppi rooiwyn en uie saam in warm pot, nou n koppie vleis aftreksel met teelepel gemende kruie, en laat kook vir 3ure. Proe vir sout en peper en pas aan. Ons gooi ook n blikkie gekapte tamaties by en los vir n uur. In totaal ongeveer 3 ure.Proe gereeld.

Rachel Ras :
As jy n slowcooker het…marineer en garneer die beesstert na smaak en sit deurnag in jou slowcooker! Heerlik sag en smaaklik!

Hanlie Grobbelaar :
Ek kook myne met n hele bottel rooiwyn. Braai bruin saam met uie en knoffel dan gooi ek n bottel goeie rooiwyn in. Top op met water of aftreksel as dit droogkook. Kook stadig vir 2-3 ure en voeg dan die aartappels en groente by. Dit maak ‘n dik donker sous. Ek het al n potjiekos kompetisie gewen met hierdie resep!

Elrika Lesch
Nuttelose inligting : Wanneer Beesstert op n billike aanbod te koop is…. koop ek n paar pakke … stoom dit in my drukpot vir 20 minute ….. Skep ergste vet af en skep beesstert en sous in ZIPLOCK FREEZER sakkies …. Seel lugdig en vries. Wanneer jy vir n lekker pot lus kry hoef jy net groente by te gooi en goed deur te kook … 30 minute max

Petro Borchard
Ek maak altyd ‘n hele slowcooker vol wanneer ek oxtail kook. Laat afkoel wanneer dit sag is en skep die vet af. Ek vries dit wat te veel is met genoeg sous, voeg groente by die res en kook tot dit verder. Soos meeste stews verbeter dit ook deur die word-vervolg metode.

Karen Neethling Vd Merwe
Ek hou daarvan om die lekkerny te laat afkoel deur die nag, die harde vet af te skep die volgende dag en dan begin ek hom weer, met bietjie brandewyn en coke 😉 en bedien met stampkoring.




WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING

images
WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING
Franco Dippenaar Score die vel met n skerp mes en strooi growwe sout mildelik in die snye en oor die vel. Braai stadig in die oond tot vel crackling maak

Hettie Bezuidenhout

Daar is soveel maniere om die crackling te maak. Ek score die vel met n stanley mes.spesiaal in my kombuis vir daardie doel. Dan sit ek hom in die wasbak en gooi kokende water uit die ketel oor hom Die vel krimp en gee ontbloot die vetlagie. Dan moet jy hom goed droogmaak.Ek gebruik n haardroeer. Dan vryf jy hom goed in met baie growwe sout. Dit laat die vet uitbraai. Gooi growwe peper ook. Voorverhit die oond tot 250 grade C, sit die vark in vir so 30-45 minute tot die crackling mooi bruin en crispy is. Stel nou die oond af tot 160 grade C. En laat hy stadig verder bak tot gaar.



Idees vir Ontbeende Skaapboud

FLR BB Wenke

Ons wil ‘n ontbeende skaapboud braai. Het iemand dalk bietjie raad vir wat om daarop te sit of waarin om dit te marineer?

  • Anita Groenewald Olderwagen Ek maak ‘n dry rub van bruinsuiker paprika maar die gerookte een selderysout mosterd poeier en woestersous sprinkel vryf die vleis goed daarmee en laat staan so 24 uur in yskas dis heerlik
  • Suneth van Rensburg Ek gebruik ziplock sakkie en marineer in 1liter gewone yoghurt, karringmelk of amazi. Voeg vars roosmaryntakkies by en ook paar knoffelhuisies. Oornag in die yskas en op die Weberspit vir ongeveer 90 minute.
    Yolandie Prinsloo Fresh black pepper,salt,rosemary,garlic and olive oil.Rub it into the meat and let it rest for about 1-2 hours.