BAKING TIPS

BAKING TIPS
Reading a lot of posts now from newbie bakers struggling with cakes. here are a few tips from a now experienced baker who once also almost threw the baking tin out the window (would have thrown the oven too but the window was too small…;)))
1) INGREDIENTS: Make sure all your ingredients are at room temperature unless specifically mentioned otherwise. Butter needs to be soft so that you can slice a knife thru it easily but not melted or soupy. If you store your eggs in the fridge leave them out over night to come back to room temperature. Make sure your flour and leavening agents (baking powder/soda) are fresh. Don’t substitute ingredients arbitrarily. Baking is a science and there is a lot of chemistry between the ingredients that leads to the end result of a perfect cake. Some knowledge is necessary to make these swaps.
2) OVEN TEMPERATURE: Sometimes the knob settings are different from the actual temperature inside. Invest in an oven thermometer. 1 should work for a 45cm oven and two will be needed for a 90cm oven.
3) OVEN TYPE: I have always used a gas or electric oven and from my experience most recipes are made with these common options in mind. If you are using a microwave oven or other types then some research will have to be made into the adjustment of the recipe/temperature to suit that oven. It might not work automatically.
4) PREHEATING: when you preheat your oven it requires 15 – 20 minutes to heat up and settle at the temperature you have set it to. The tendency is usually that it will go a notch or two above your setting within the first 10-12 minutes and then start to settle in the last 5-7 minutes. Monitor your oven a few times while not actually baking to see if there are fluctuations after the preheating phase. These fluctuations really mess up your cake and are common in electric oven where power fluctuation exist.
5) PAN SIZE: If the recipe asks for a specific pan size the recipe is usually calibrated to suit that size. eg. a Victoria sponge cannot be baked in a 3” pan in a single cake. It has to be baked in 2 sandwich tins as the layers have to rise easily. So don’t make up a recipe and chuck it into a pan you have at home without considering this. Some recipes double and halve easily. Others don’t.
6)COOKING TIME: When you make a recipe to the size and temperature that is specified the time mentioned is usually the first benchmark at which you should open your oven door. Don’t be tempted to keep opening the door to check on the cake as the change in temperature affects your cake and will make it flop.
7) PLANNING: Go thru your recipe thoroughly, make sure you have all your ingredients ready, check your oven calibration etc before you start mixing a batter. Bake when you are relaxed. Even experienced bakers have flops when we bake under duress.

Lastly not all recipes you see on the internet are good recipes. There are some real duds out there! So take heart in knowing that sometimes when a cake fails….its not your fault!…..Keep Calm and Bake On!!!




Hoe om ‘n basiese resep te vermeerder

 

maat lepels

Die wetenskaplike manier is om van ń basiese resep (4-6 persone ) af te werk.neem die hoeveelheid deel deur4 of 6 en maal met hoeveelheid persone verlang bv. indien jou basiese resep vir 4mense is en Jy moet vir 27 maak en die resep verlang 125ml melk deel deur 4 en maal met 27 en Kry 844 ml. 50g botter word 338g . heŁ op hotelskool geleer en werk

Anthony Raymond




NUTTIGE WENKE

 

FLR BB Wenke

NUTTIGE WENKE

‘n Knippie kaneel verleen ‘n pikante smaak aan kakoa.
As jy toffie lekkers of fudge maak, giet die warm mengsel in plastiek ysbakkies wat vooraf met margarien gesmeer is.
Nadat die gestol het het jy dieselfde hap groote blokkies!
Bedek die bak van n kombuis skaal met kleefplastiek voordat jy die bestandele daarop weeg. Die bak bly skoon en jy hoef dit nie te was nie!
Draai ‘n pypskoonmaker om ‘n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek.
Draai kosse wat gestoor moet word baie styf toe in foelie & draai kosse liggies toe wat opgewarm moet word.
Gooi ‘n stukkie botter in vla – dit voorkom dat dit ‘n velletjie maak.
Gooi ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.
Hou altyd ‘n houer tafelsout gereed by die stoof, sou die pan met vet of olie vlam vat kan jy dit smoor deur sout daaroor te gooi.
Hou kos vir ‘n groot onthaal warm op asbesverwarmers.Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene. Melk sal nie oorkook nie as ‘n albaster in die melkkastrol geplaas word.
Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.
Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur ‘n doek wat goed natgemaak is in koue water.
Om oorskiet pizza op te warm, sit dit bo-op die stoof in ‘n nie-kleefbare pan en maak warm op lae hitte.
Raak ontslae van sterk en onaangename kosreuke wat aan ‘n kerfplank kleef deur dit met ‘n halwe pomelo of suurlemoen te vryf en dan af te spoel.
Voeg ‘n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.
Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.
Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie eet, kan jy brood of seldery eet of drink melk – moet glad nie water drink nie.
Wanneer warm vloeistof in ‘n fles gegooi word, plaas ‘n mes onder in die fles om te voorkom dat dit bars. (Della)
Lekker Gesels Hoekie




WATERMERKE OP JOU HOUT MEUBELS

 

wit merke op houttested

Alescha Pretorius het hierdie wonderlike raad gegee toe iemand gevra het hoe kry mens die wit koffie beker merke van jou hout tafel af. Baie baie dankie vir hierdie puik raad.
Hierdie is tried and tested en is verseker die enigste manier wat werk. Sit n lap of sloop oor die merk en stryk oor die lap met die stoom aksie aan en dis weg.




WENKE VIR OORSKIETKOS

 

FLR BB Wenke

Hein Steenkamp

Oorskietkos. meng alle oorskietkos wat in yskas gehou is en plaas in groot pan op stoof.Braai stadig en gooi sesamiesaad en sesamieolie in pan en klits so 6 eiers goed gooi oor en ook gerasperde kaas bo op. (jy kan vooraf uie en soetrissies braai en dan die kos ingooi) sodra kaas opis plaas pan onder griller tot bruin. sny skywe en geniet.

Wian Swart
Ek het die naweek ook so beitjie “skoon” gemaak. Het ‘n bietjie hoendersop en nog so 2 ander bietjies bredie sommer in die stoompot gegooi. Alles lekker saam gekook vir so 20min en toe die “immersion blender” gebruik om ‘n leker duk sop te maak. Ek haat kos weggooi en soek alty nuwe idees vir die bietjies!




Gewig van gedroogte beskuit

2014-04-05-karringmelkbeskuit

Ek het karringmelkbeskuit gebak. Die natbeskuit het 6kg geweeg. Nadat dit uitgedroog is weeg dit 4kg. So beskuit weeg n derde minder gedroog as nat.

Alice Meintjes

Colyn Serfontein
Jy kan jou nat bestandele weeg voor jy dit inmeng en dan kry jy a goeie idee hoeveel gewig jy gaan verloor as jy droog. Sommige vog raak reeds verlore in die bak proses.




WENK VIR ROOM KLITS

 

creamtested
WENK VIR ROOM KLITS

Martie Fourie Moolman
Wenk wat ek raakgelees het op internet en dit werk rerig. Om room se volume te verbeter as jy dit klits, sit die bak en die klitser vir so 30 min in die vrieskas voor jy die room klits.

Jenny Schneigansz
Ek sit ook n mespunt bakpoeier by en as amper styf genoeg is n bietjie gesmelte gelatine wat bietjie afgekoel is in n dun straal by terwyl ek klits. n Bietjie sout laat room langer hou, selfde met melk.




RAAD VIR MIET

FLR BB Wenke

RAAD VIR MIET
Tanya Smith
Ek soek asb DRINGEND hulp. Het so pas miet in ‘n toe pak rys ontdek. Rys in diepvries gesit. Kas deursoek en sien niks nie. Wat kan ek in my kas sit om miet en goed uit te hou.

Petro Borchard
Ek het ‘n paar boererate – op die ou einde weet ek nie of dit werklik werk nie en of ek net gelukkig was die laaste ruk, maar hier is dit :
Sit vars lourierblare op elke rak.
Gooi Borax op die rakke (ek dink dit werk die beste).
Daar is ‘n produk wat ek bestel om te gebruik teen goggas op my plante in tonnels, maar dit maak alle goggas dood, bye ook, so wees versigtig waar jy dit gooi – Diatomatious Earth. Jy kan dit met veiligheid op jou troeteldiere gebruik teen bosluise, vlooie en wurms.

Janelle Stokker
Dit klink vir my asof daai miet saam met die rys gekom het as dit ‘n toe pak was. Ek’t een keer ‘n pak meel oopgemaak en daar was wurmpies in gewees. Miet kom van die winkel of verskaffer se store.

Monique Van der Merwe
Die lourierblare werk, maar ek het gevind naeltjies werk beter. Het so gesukkel met miet wat in ‘n pak pap uitgekom het en my hele kas oorgeneem het en die naeltjies (seker maar die reuk) het hulle finaal laat verdwyn.

Lynette Le Clus
Naeltjies gedroog. Dit werk, het dit in my kaste en niks. Help tot vir kokkerot se kind.

Tanya Smith
Is dit heel naeltjie wat ek los in die kas strooi. Sal heel swart peper korrels ook werk. Ek het peperkorrels gestrooi en op elke rak ‘n kers gesit.

Chrissie Calitz Adams
Ek sit droë lourierblare in my pakke of houers. G’n smaak nie. Wanneer ek groot pak meel koop, druk ek sommer handvol daarin.Werk soos ‘n bom.

Maria Du Plooy
Sit al jou goed in tupperware! Geen gogga kan inkom en dit hou kas netjies!

Chrissie Calitz Adams
Maria Du Plooy, ek het die slimste miere wat in my Tuperware inklim. My suiker nie veilig nie. Bêre nou suiker in yskas! Hehe

Maria Du Plooy
Sjoe Chrissie! Yskas dan veiliger! Ek stem saam! Ek bêre my pasta in die yskas!

Stella Cunningham
In Durban het ek al my rys en meel produkte in die vrieskas gebêre.

Elsabie Templeton
Ek het gevind dat baie van Checkers se meel en pasta produkte miet in het wanneer ek dit koop.

Jenny Ballack
Sit kerse tussen jou kos in koskas. Baie kerse. Dit het my probleem opgelos.

Hanre Stott
Ek het knoffelhuisies ingesit en dit het goed gewerk. So toe in sy vel.

Alita du Plessis
Definitief ‘n kers!!

Annelizle Botha
My curry het al miet gekry binne in die yskas, so ‘n yskas keer nie miet. Ek was my kaste met jik water.

Kleintjie Duvenhage Van Heerden
Jy kan ook ‘n koekie groen Sunlight seep in jou kaste sit help ook vir vis motte.

Wim Wessels
Droë lourierblare werk beslis. Ek gaan die heel naeltjies ook probeer.

Johanna Maria de Swardt
Ek pak my kas waar ek rys en pasta en ander droë goed hou, uit, spuit vlieggif, maak die deure vir die nag toe, was die volgende dag met asyn uit. Ek gebruik ‘n ou tandeboersl om die agter en voor kante mooi skoon te maak het ook ‘n stukkie kers in al my houers.

Ronnie Pieters
Gebruik koerant papier op die rakke. Sit die bottels en blikke op die papier. Blykbaar hou die drukker ink die miet weg.

Issie Snyman
Was kaste uit met Vendona.

Rina Kleinhans
Vendona is wonderlik, wanneer ons met vakansie gaan of die huis vir lank gaan toesluit, spuit ons dit oral op die lysies en daar is nooit probleme met enige gediertes as ons terug kom nie.

Michelle Joubert
Gewone wit kerse op elke rak, of sit ‘n stukkie wit kers binne in rys, meel ens, dit werk!

Rina Kleinhans
Ek stem Michelle Joubert al my rys en dinge het ook ‘n stukkie kers in en dit werk baie goed, ons hier by die see sukkel sommer baie met miet.

Leonie van Niekerk
Kerse werk soos ‘n bom in alles:-)




SMELT MALVALEKKERS / MARSHMELLOWS

2013-08-27-malvalekkers

SMELT MALVALEKKERS / MARSHMELLOWS

There are various ways of melting marshmallows. To melt marshmallows in a microwave oven, heat them in a microwave safe bowl at a low temperature for 30 seconds. Then bring out the bowl, add some butter to it and stir the melted marshmallows to smooth paste. To melt marshmallows on a stove or burner, heat them in a non stick pan at a medium heat. You can add butter for a better texture.

Elize Grobbelaar




WENK VIR FONDANT / PLASTIC ICING

tested

WENK VIR FONDANT / PLASTIC ICING
As jy ‘n ligte koek het, doen eers ‘n crumbcoat ( dun lagie botterversiersel) om al die krummels te laat vassit. Dan doen jy jou dikker laag botterversiersel net voordat jy die fondant opsit. Vir ‘n vrugtekoek sit jy eers ‘n lagie marsepein op. Maak seker dat wat jy onder die fondant sit is mooi glad want dit sal wys as jy die fondant gelyk maak.

Rol altyd gemaakte pettinice (fondant) op Maizena uit. As jy dit op versiersuiker uitrol raak dit taai. Om weer sag te maak, baie elbow ghries en Trex. Trex is ‘n groente vet botter. Ek het dit nog nooit met olie of botter probeer nie omdat diere vette galsterig kan raak. Deel dit in hanteerbare stukke en begin knie Jy kan ook so ‘n vuisvol op ‘n slag vir so ‘n halwe draai in die mikro sit om dit weer werkbaar te maak. Sommer nog ‘n ‘tip’ as jy gom nodig het om blommetjies aan die fondant te plak, neem so ‘n teelepel grootte pettinic met ‘n teelepel water en gee dit so ‘n paar draaie in die mikrogolf. Roer tussen elke draai, jy sal sien as dit reg is.

MMF is marshmallow fondant. Dit staan ook bekend as pettinice, plastic icing of net fondant. Sugar Veil is iets heeltemal anders wat saam met die kant (lace) sheets gebruik word. Jy smeer dit daaroor, laat dit vir ‘n dag staan en dan kan jy dit aftrek en daarmee werk soos materiaal kant.

Fondant word nooit totaal hard nie, mens kan dit altyd nog sny. As ek my Kersfeeskoeke maak, kan ek dit ‘n maand voor die tyd al versier maar dis omdat die vrugtekoek verseël is onder die fondant en dit kan niks oorkom nie. As jy ‘n gewone botterkoek of ander resep gebruik, dan gaan dit oor hoe lank die koek kan hou want die fondant is ‘never ending’. So met ‘n gewone koek sal ek dit nie meer as twee dae voor die tyd versier nie want as jy in ag neem dat dit dalk nog twee dae sal hou na aflewering om klaar geëet te word. Bottom line, dit gaan oor hoe lank die koek kan hou en nie die fondant nie. Hoop dit help?

Net aan nog iets gedink: om jou fondant mooi glad te maak is daar ‘tools’ in die mark wat ‘fondant smoothers’ genoem word. Wat ek ook al geleer het is dat ‘n stuk ‘leftover’ fondant net so goed werk. Gebruik ‘n stuk fondant om die fondant oor die koek superglad te maak – werk soos ‘n bom. Werk altyd van bo af ondertoe – as jy ‘n lugborrel het, druk ‘n klein gaatjie in die fondant en werk net genoeg daaroor, dit sal toemaak.

Geplaas deur Nicolette Fick
Foto:  Wiandra Nel