HOEKOM N POTJIE NIE GEROER WORD NIE

HOEKOM N POTJIE NIE GEROER WORD NIE
HOEKOM N POTJIE NIE GEROER WORD NIE

Alta Lubbe – Kan iemand vir my ‘n rede gee hoekom mens nie ‘n potjie roer nie asb? Is daar ‘n spesifieke rede?

Suenell Liebenberg – Die kos kook sag as jy dit gaan roer gaan jy met pot sop sit op die einde van die dag…jy wil darm proe jy eet n vleisie of n wortel ens.

Pieter Venter – soos jou vleis en groente sagter word en jy roer dit breek jy dit kleiner en kleiner. as jy skep soek jy heel stukkies vleis en groente maar as jy gaan karring gaan jy sop kry.

Joy Opperman – Eenvoudig, stew roer jy pot nie. Als moet in lae gaar word

Jaun Le Roux – Yup, daarom sit jy dit in orde van hoe lank die bestandele vat om gaar te kook van onder na bo. Bv. Vleis, dan aartapels, wortels etc, sampioene bo

Johan van Deventer – Nee dis makliker as al die redes hier bo….want my ouma het so gesê en dis dit…. Reël nommer 1…moenie roer nie en moenie loer nie

Cecilia O’Connell Behrens Ek roer glad nie. n pot wat geroer is smaak NIE so lekker soos n pot wat NIE geroer is nie.
1. Dis geuriger omdat die smake nie vermeng is deur dit te roer nie. Maw jou vleis behou sy smaak,so ook die groente.
Anders proe dit soos sop,elke happie dieselfde.
2.dis pap en souerig en lyk soos n pizza.(alles dieselfde) maw jy herken nie die vleis of groente. Kos wat mooi lyk smaak ook lekkerder.
Ek begin met die uie…..braai dit in regte egte botter…..
Dan die vleis,….word geseēl in daardie botter….bietjie bruinerig van kleur….die geur vd uie ie nou in eie vleis…..sit jou sout en peper,ens in.(ek hou vd geur blokkies)
Dan die groente asook mushrooms,sou daar wees.
Gooi 1 of 2 koppies(nie bekers) water daarop en maak toe. Van nou af,glad nie meer roer nie.
Gooi liewer kort kort n bietjie water by as met een slag n klomp…..dis belangrik vir die geur…..anders kook jy sop….alles gaan weer dieselfde smaak.
Ek roer my potjie as dit nog net die vleis is wat in is.
As jou vleis sag is(groente kom in wanneer jou vleis nie meer lank het om te gaan nie) dan maak ek n mengsel van 3 eetlepels koekmeel ….dit smaak net lekkerder as enige verdikking….n lepel bisto vir die bruin kleur…aan met n half koppie chutney….balls se hot chutney,bietjie worcestersous,indien nodig,nog sout en witpeper vir skaap,swart peper vir bees.Meng met water,roer en gooi oor jou potjie.
Vou (nie roer) dit in die potjie en bedien dadelik.

Marietjie van der Merwe – My ma het Sondae by haar Game Lodge potjie vir die gaste gemaak. Daar was altyd n waglys. Sy het egter gekul met die pot. Sy het alles vooraf gaargemaak en dan omtrent 1 uur voor die gaste kom, haar lagies in groot swart pot op die vuur gesit. Kort voor opdien het sy dan net haar sous oorgegooi en dit laat deur kook. Was heeerlik en niemand het ooit geweet van die groot verneuk.




WENK VIR WIT WASGOED

 

GEVLEKTE HEMP

Ek persoonlik soak eers in lou water met die koeksoda (opgelos) en asyn en dan sit jy wasgoed in. Laat staan en was dan met die growwesout in plaas van waspoeier. Soms moet jy dit ‘n paar keer doen voor jy goeie resultate sien. Sterkte

Ina Van Heerden Jones




EGG SUBSTITUDES FOR CAKES

 

no eggs

(eggs mostly serve as leavening agents in cakes, helping to make the end product light and fluffy)

Gelatin (Non Vegetarian)
(1 tablespoon gelatin + 3 tablespoons lukewarm water = 1 egg)

Another popularly used egg substitute in baking is unsweetened and unflavored gelatin. Most vegetarians prefer adding Agar Agar instead of Gelatin as a substitute in cake, instead of the other options. For using gelatin in baking cake, mix together one tablespoon gelatin with three tablespoons lukewarm water. Add this mixture for making the cake dough.

Flaxseed
(1 tablespoon of flaxseed oil+ 3 tablespoons water = 1 egg)
Stir the flaxseed mixture well and allow it to thicken for a few minutes. Strain the seeds by using a muslin cloth and use the filtrate for baking cake.

Vinegar and Baking Powder
Use this egg substitute in cake, only when you require more than one egg for baking. Mix one tablespoon each of white vinegar and water in a glass. To this, add one teaspoon of baking powder and stir well until
the mixture blends well. Now, use this egg substitute for your cake recipe.

Potato Starch
(2 heaped tbsp potato starch = 1 egg)
Arrowroot Powder
(2 heaped tbsp arrowroot powder = 1 egg)
Soy flour
(1 heaping tablespoon of soy flour + 2 tbsp water = 1egg)

Soda Pop
A regular-sized (12 oz.) can of soda pop can be used as a substitution for 3 eggs in your baking recipes. Additionally, one regular-sized (12 oz.) can of soda pop can be substituted for the oil/egg combo
required by most boxed cake mixes.
Bron: Chefinyou




HOE OM BRUISMEEL TE MAAK

bruismeel
HOE OM BRUISMEEL TE MAAK

9 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels kremetart
1 pak Maizena
Sif 3 x deur
BRON – Talitha van Niekerk

Wietske Mioch Roux – Waarvoor sou die Maizena wees? Ek het al bruismeel gemaak net met koekmeel, kremetart en koeksoda. Wonder of dit dan “ligter” is?

Rina Kleinhans – Wietske Mioch Roux ek reken ook dit is dan “Ligter” en so sal dit jou gebak ook dan lekker lig en sponsig maak.. dis maar wat ek dink kom ons hoor wat se Thys Taljaard

Thys Taljaard – Maizina of te wel “corn starch” het 2 funksies nl.
1. Dit werk as n verdikkings agent… word meestal gebruik daarvoor; maar
2.Dit kan ook as n “stabilizer” gebruik word in meeste gebak is dit waarvoor dit bygevoeg word in resepte. Hoop dit help Rina Kleinhans

Petronella Kleintjie Botha Pieterse – Mazeina maak dit stywer, nie so loperig soos bv wanneer jy melktertvulsel maak. Dit maak natuurlik ook die hoeveelheid koekmeelblom wat jy gebruik minder.




Maak silverware skoon in 2 minute

 

Maak silverware skoon in 2 minute

Hierdie is nou nie kosmaak nie, maar moet dit deel. Maak silverware skoon in 2minute. Gooi halwe koppie koeksoda en halwe koppie sout in n bak wat gevoer is met foelie. Blink kant na mengsel se kant. Voeg warm water by en dompel silverware daarin vir 2 minute. Spoel af met skoon water en droog af met sagte lap. Ek ht nog nooit so vinnig my silver skoongemaak soos nou nie.
Marietjie van der Merwe




WENKE VIR BOTTERVERSIERSEL

 

BOTTERVERSIERSELtested

Hannetjie Snyman
Kan iemand my dalk se hoekom my botterversiersel klontjies maak as ek dit meng, my botter is lekker sag.

Antoinette Rossouw – Wat se botter gebruik jy, een wat jy altyd gebruik?Het jy jou versiersuiker gesif … indien wel, sif dalk te grof, gebruik fyn sif.

Heibre Schronen – Hannetjie het jy jou versiersuiker gesif, daar is ook gewoonlik klein harde stukkies in.

Hannetjie Snyman – Ek sif altyd die versiersuiker, maar sal maak soos Antoinette se en ‘n fyner sif gebruik. Dankie in elk geval.

Rina Kleinhans Hannetjie Snyman jy moet jou botter klits dat die die biesies bewe, dit moet sommer so wit word soos room, dan sit jy jou versiersuiker wat gesif is bietjie vir bietjie by en klits… klits… klits…. dan het jy sulke lekker “smooth” versiersel

Alida Siebert – Hannetjie, sif jou versiersuiker so tweekeer voor jy dit by die botter insit, en dan klits jy tot by Tant Ella en Nathaniel verby

Zuri Roos – Hannetjie, ek het van my oorlede ma geleer dat mens botterversiersel moet klits tot dit begin-begin skif. Dan is dit glad, die suiker is opgelos, en dit proe heerlik. As mens dit nie lank genoeg klits nie, het dit soms so’n effens sanderige tekstuur.

Ilse Beneke – Ek gooi my versiersuiker bietjies by….en klits omtrent 5-8 min op hoog…..baie lekker romerig. Altyd met elektiese klitser

Nicolette Fick – Ek het vir my ‘n boek gekoop : The contemporary Buttercream Bible’ ek het die resep probeer vir hulle buttercream en dit werk ongelooflik: 225g botter, 113g Holsum, 2 teelepels vanilla essence, 600g versiersuiker. Dan sê hulle jy kan die botter klits so lank soos wat jy wil (5 min met ‘n menger) maar die oomblik as jy die groentevet bysit moet jy nooit meer as 20 – 30 sekondes op ‘n slag klits nie (dis nou in ‘n menger). Voeg nou die essence by en dan die versiersuiker en meng goed. Dis ‘n baie ferm botterversiersel en jy kan ‘n druppel of twee water bysit as jy dit sagter wil hê. Dit maak ‘n baie stabiele botterversiersel wat in die koue en hitte goed werk.

Fanie Smit – Ek gebruik supabake white. Werk baie goed.

Hannatjie Vd Berg Pieters
Klits 1 blik yskoue kondensmelk met 250g stork bake wat sak is (nie gesmelt nie) tot styf en spierwit soos room. Gooi 1t vanilla of caramel geursel by. Heerlik!




HOE OM JOU STRYKYSTER SKOON TE MAAK

maak jou strykyster skoontested

HOE OM JOU STRYKYSTER SKOON TE MAAK
Ek het ook navorsing gedoen. Ek het die asyn en sout probeer maar dit het geen verskil gemaak nie. Ek was bang dat die tandepaste die teflon sou krap. Julle sal nie glo wat ek gedoen het nie. Parasetemol /Panado!!!
Dit het gewerk soos ‘n bom. Maak die yster warm (Cotton). Knyp Parasetemol tablet met tang vas sodat jy jouself nie brand nie en vryf stadig oor die swart areas. Dit borrel die swart los as dit warm word! Dit maak ‘n swart “sousie” op die yster. Hou ‘n dik nat lap bederhand en stryk kort -kort daaroor om die swart sousie te verwyder voordat dit weer aanbrand op die yster. Ek was so opgewonde dat ek vergeet het om fotos te neem. Hier is egter die eind resultaat!

Foto en idee:  Christo Robbertse




WAT IS ‘N PORSIE SE GEWIG


WAT IS ‘N PORSIE SE GEWIG

Gereg klaar 250 g
1 kg rou pasta 2.3 kg gaar pasta
2 vleise maksimum 95 g p/p per vleis
1 Vleis maksimum 180 g p/p
Westers 250 tot 300 g pp

Soms kom jy nog steeds kort op hierdie Westerse groepsamestelling, solank daar 2 tot 3 soorte vleis is.

Fanie Smit




VERWYDER OLIE- OF VETKOLLE

 

GEVLEKTE HEMP

 “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Peet Cloete




WENKE WAT WERK – OONDE

 

MIKROGOLFOOND

Maak ’n vuil mikrogolfoond skoon deur ’n koppie water ’n paar minute lank daarin te kook. Die stoom sal die aanpaksels los maak en dank an jy dit met ’n skoon vadoek uitvee.
Kook ’n halwe suurlemoen in water in die mikrogolfoond en vee die oond dan skoon.
Raak van uie- en knoffelreuke in jou snybord ontslae deur die oppervlak met ’n pasta van koeksoda en water af te vee.
Meng 250 ml asyn, 60 ml koeksoda, 125 ml water en 125 ml skottelgoedwasmiddel. Laat die oond warm word en skakel dit dan af. Maak die oond skoon met die mengsel en vee af met skoon, warm water.

Elna van der Merwe – Uit: Huisgenoot Huiswenke Wat Werk.

Petro Borchard
Ek gooi so 2 koppies wit asyn saam met 1 koppie water in ‘n pot in die oond, laat warm word tot die mengsel begin kook. Skakel af, laat staan vir so 30 minute en vee dan uit. Die asyn los die vetterigheid op. Jy kan ook vir die erge vuilgoed asyn en koeksoda op ‘n sponsie gebruik soos hier bo.