WENKE VIR DIE KOOK VAN PASTA
WENKE VIR DIE KOOK VAN PASTA
Wenk wat werk: Iemand het nou die dag video opgesit van pasta wat verkeerd gekook word deur in kookwater te sit. Toe probeer ek vanaand die koue water manier, sit op in koue water, sit plaat aan, verhit tot kookpunt en simmer tot sag. DIT WERK!
Ek is een van daai wat gedink het sorry buddy, ek kook al 35 jaar en dit gaan NIE werk nie. Wel dit werk. Heerlike sagte pasta wat sy vorm hou (ek kook so 5 minute past al dente), sit nie vas aanmekaar nie, is nie aangebrand nie. Perfek
” die koue water manier, sit pasta in pot, gooi koue water oor (genoeg om te bedek), sit plaat aan, sit pot op plaat, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en simmer tot sag. ” Dit vat so bietjie langer as die warm water metode.
Kiti De Jager
Tip vir diebete….
Dit sal werk, dit breek die stysels net stadiger af. Al probleem is as dit durum wheat pasta is is die GI van die pasta hoër omdat dit te sag gekook het. Vir n laer GI, gooi dit in kookwater en kook totdat dit nie heeltemal sag is nie
Hanlie Grobbelaar
Margaret Coetzee
Die italianers doen dit so smile emoticon ek het ook altyd eers my water gekook en dan my pasta in gooi tot ek n tanie ontmoet het wat van Italie af kom, jy gooi eers koue water in dan (teelepel kook olie) sout en n knypie pietersielie eers in die water dan die pasta. Dit is regtig baie lekker saam met (bolinaisse)mins
HOE OM AARTAPPEL SAG TE KOOK

HOE OM AARTAPPEL SAG TE KOOK
Mariska De Swardt Bekker – Jammer maar ek soek raad as iemand het asb. Wat doen mens as aartappels in n bredie nie wil sag kook nie?
Philip Reineke – Jy moet die aartappels uithaal en in water kook of ‘n paar minute in mikrogolf met ‘n deksel op sodat hulle nie droog word nie. Ek sny hulle bietjie kleiner vir bredie.
Nadia Fourie – Ek stoom my aartappels vooraf in die steamer
Rina Groer – Put the lid on the pot and turn the heat down to a simmer. Strange but it works.
Magda Paulsen – as jy bredie kook en daar is enige tamaties/puree in, sal jou aartappels nie sag kook nie. Kook die aartappels apart tot gaar/sag en voeg aan die einde van bredie by..
Ria Vermeulen – onthou…….aartappels sal altyd glaserig kook in enige gereg met ‘n tamatie basis……so as jy tamatie in jou bredie gooi…..kook jou aartappels apart en voeg heel laaste by net vir bietjie kleur. Ou Maleier Antie in die Kaap het my nog geleer….
Alida Otto – Glaserige aartappels kook nooit sag. Ongelukkig kan jy nie voor die tyd sien, kom dit maar agter as jy hom sny.
Ben Swanepoel – Take a tip from a porra here…….maak nie saak watse aartappel jy gebruik nie, jy skil hom en sny soos jy hom soek. Gooi hom in n plastiek sak maak plastiek vol gaatjies en druk vir so tussen 5 en 10 min in microwave dan gooi jy dit by jou kos
Liz Terblanche – Dit gebeur as daar tamatie in die kos is daarom kook jy vooraf jou aartaples bietjie
Christina De Jager – gebruik ‘n slowcooker, dan eet jy as jy by die huis kom of ‘n elektriese stoompot, werk soos ‘n bom
VAKUUM-VERPAKTE RUMP STEAK
VAKUUM-VERPAKTE RUMP STEAK
Hierdie is net ‘n wenk!
Ek het so 2 weke terug vandag 16 dae Rump Steak met n polony slicer sulke amper 1 cm skywe gesny.
Daarna ge vacuum en in die yskas gelos.
Vanaad sommer n steak rol gemaak.
Tamatie,
Gebraaide uie en daai Steak medium to rare.
Daar was darem plek vir bietjie chips ook.
Glo my as jy nou sagte vleis wil he. Vacuum en los in n yskas vir ten minste 14 dae.
Wenk en foto: Koos van der Merwe
WENK VIR CRISPY AARTAPPELS

WENK VIR CRISPY AARTAPPELS
Lee-Ann Nieuwenhuis – Ek het hierdie wonderlike tip gekry by Nataniel, moet nooit sout of speserye op aartapels sit terwyl hy bak in oond dit trek vog dus word aartapels nie crispy so ek sny aartapels in chip vorm smeer lekker olie en pak op bakplaat druk in oond op 200°C vir so 30 min tot gaar hang af hoe dik chippies is en sodra hy uit oond kom gooi ek my speserye op soos verkies, heerlik!!
Retha Grobler – Something I learned from my aunt…. Put your dry chips in cold oil, then put on stove and start cooking. No salt or spice until done.
Debbie Louw – Also after cutting them put them in water for a few minutes before frying
Isa Uys – Ek doop my chips eers in kookwater maak dit goed droog en bak dit dan in die oond in vet. As ek nie baie vet het nie meng ek dit met olyf olie. As ek glad nie vet het nie gebruik ek olyf olie gemeng met kookolie. EK WIL NOG KLAPPEROLIE PROBEER. Ek hou deesdae daarvan om string chips te maak, dit is nog chrispier.
Roelette Spies Greyling – My take away se resep, skil en sny vars aartappels so dik soos jy van hou. Spoel stysel af. Bak tot net gaar in warm/medium olie. Laaf afkoel… Bak weer in baie warm olie tot lekker crispy!! Sondag aartapeltjies. Sny aartappel in kwarte kook tot net gaar. Laat koud word, gooi spesirye op en diep braai in warm olie tot bruin en crispy! Mock -kFC backed potatoes: sny aartappel in wiggies. Kook tot net gaar in water, laat afkoel. Sprinkel met hoender spesirye. Doop in eier en water mensel. In n groot bak met n deksel gooi pak southern fry coating of gegeurde droe brood krummels, pak artappels in bak, maak toe en skud goed, diep braai tot bruin.
Hoe om beskuit in die mikrogolf droog te maak

Om beskuit uit te droog ,plaas kwart van baksel op absorberende kombuispapier en mikrogolf 20 minute by 30% krag. Sit opsy en hou apart
Herhaal nog drie keer met orige beskuit.
*Let wel*
Moenie beskuit gedurende die uitdroogproses te lank mikrogolf nie want hoewel dit nie waarneembaar is nie, is dit geneig om in die middel aan te brand.
WENKE VIR SOUT GEPEKELDE VARKRIB


Helen van Wyk – Ek soek raad asb. Ek het 2 varkribbes laat pekel en rook – dis BAIE sout. Hoe nou gemaak? HELP ASB!!!!!!!
Stefaans Blaauw – Laat le dit vir 4 ure in vars water, en dan laat hang jy dit die nag uit om weer lekker af te droog en kleur te kry
Tracey Collier – kook dit eers in water met “n paar wortels, ‘n bay leaf of twee, peperkorrels, ‘n bietjie seldery en ‘n ui. Meeste van die sout sal oplos in die water. Kook stadig tot sag en maak net bruin oor ‘n vuurtjie
Fanie Smit – Laat lê vir 1 uur in koue water waarin aartappels sonder sout gekook was. Braai dan met ‘n mengsel van botter tamatiesous chutney appelkooskonfyt en worcestersous met klein bietjie vars knoffel
Johann Viljoen – Ek koop partykeer daai “rooi” gerookte varkrib, eintlik pienk. Dis erg sout, dus knip ek die sakkie net so klein gaatjie en gooi appelsap in. Die rib kan ‘n dag of meer in die appelsap lê en “marineer” – vark en appel loop hand aan hand!
Estelle Krüger Van Pletzen – Sal ook so bietjie kook met artappel en water afgooi doen dit so twee keer
WENKE OOR DIE WEEK VAN BONE VIR BOONTJIESOP
Annetjie Benade
Hullo ek wil net n dom vraag vrae , is dit n moet om die bone oornag te laat le in water voor jy sop maak met dit asb ?
Susara Wait: Dis nie n moet nie. Dit kook net gouer sag.
Jimmy Smit: Ek het dieselfde vraag gehad, het Myne al vanmiddag ingele, so ek gan hom halfpad kook vanaand. Dankie
Lottie Klopper: Sit net jou bone die volgende dag vroeer op of gebruik n stoompot
Estelle Krüger: Van Pletzen Ek was nog nooit suksesvol daarmee. Myne gis. So ek kook myne vir so 4 ure
Martie Janse Van Rensburg: Ek het dit nog nooit laat oornag nie gooi in stoompot met koue water geen sout as jy warm water oorgooi kook dit nie sag nie stoom vir n uur dan is dit baie sag ek maak baie boontjiesop nadat dit sag is gooi ek vleis en die ander bestanddele by asook geurmiddels
June Schutte Ek: gooi so 3 keer deur die dag warm water oor, dop hulle af dan gaan dit sommer gou
Karlen Storm: Nie as jy dit n n stoompot sit nie !
Lorraine Marais Saffy: Drukkoker werk wonders!
Estelle Krüger Van Pletzen: Moet dit nie kook met sout nie sit die soutbso half uur voor die einde in
Annetjie Benade: Ok dankie julle , as ek dit in water laat le , wat virkies julle warm water of koue water en hoe lank kan ek dit hou in water en nog n ding die bone wat bo le gooi n mens mos weg , en die water wat jy dit in le ook ne ?
June Schutte: Warm water los tot heeltemal afgekoel herhaal so 2 of 3 keer, spoel mooi af met skoon water en kook. Ja die boontjies wat bo le gooi ek ook weg saam met die water vars water saan boontjies in pot en kook
Estelle Krüger Van Pletzen: Nee sit vars water in om mee te kook
Annatjie Scheepers Visser: As jy boontjie sop maak gooi dit saam jou vleis in en hul gaan saam die vleis reg wees, die gewekery voel so of mens die voedsaamheid verminder. Ek maak baie boontjie sop sonder n drukpot en beloof dat na jy jou groente en ander goedjies by gooi die bone sag sal wees, geniet!!
Ursula Mensing Peens: Nee, spoel die bone net goed voor jy dit kook.
Pattie Rossouw: Laat jou bone net vir so rukkie goed opkook, laat staan tot afgekoel, en gooi water af! Spoel goed af. Jy sal vind dat jy nie soveel GAS in jou sisteem opbou nie. Kook dan verder met al jou ander bestanddele
Amanda Struwig: Annetjie, nog ‘n oorsaak is dat die boontjies gis omdat die water nie gereeld genoeg afgegooi afgespoel en met koue water vervang word nie. Boontjies gee toxin/ gifstof af wat phytohemagglutinin genoem word. (Elize Grobbelaar)
Amanda Struwig: Amanda Conradie het die volgende antwoord:
“All legumes, including black beans, contain a compound called phytohenagglutinin, which can be toxic in high amounts. This is a major concern with red kidney beans, which contain such high levels of this c…Sien Meer
Minky Swiegers: Hallo Annetjie, ek maak gereeld sop van droè bone, erte ens en dis onnodig om eers te week. Ek gooi als in ‘n stoompot met slegs Kruie, gedroogde of vars rissie, seldery, preie en enigiets anders afhangende wat ek wil hè, baie vleis al is dit nog bevro…Sien Meer
Christina De Jager: ja wel as jy dit nie soak nie en afwater nie weet jy mos wat die gevolge is, baie baie windmakerig
Minky Swiegers: Ek kook al Baie jare my sop so in die drukkoker – het voorheen ‘n gewone pot gebruik, maar dit kook dan baie ure langer. As bone baie lank gekook word, is daar nie toksienes in nie – kyk na die Engelse stuk wat deur iemand anders geplaas is. Ons het oo…Sien Meer
Lorraine van der Westhuizen: More Annetjie daar bestaan nie iets soos ‘n dom vraag nie hoor mense wat nie vrae vra nie kan nie leer nie , ek baklei nie asb se maar net maar ja dit is net lekkerder as jy dit oornag .
Magda Paulsen: Ek kook my bone in n slowcoocker oornag, dan is die kooktyd baie korter…
Michelle van der Vyver: Boontjies veroorsaak gas en daaroor moet jy dit maar oornag staan of so n pr maal afspoel en weer laat week voordat jy dit kook
Ria Magdalena Susanna: Ek week gladnie my bone voordat ek sop maak nie, maar kook dit goed, en nadat dit n ruk gekook het, spoel ek dit deur die vergietes totdat die water helder deurkom, gooi terug in die kastrol met skoon water, kook verder. So spoel ek dit vier keer, en voeg dan my finale water, uie, kookvleis, en alles wat ek in die sop wil he by en kook my soppies, heerlik!!
Louise Groenewald: Ek glo weer dis ‘n moet. Dit maak vir my ‘n verskil.
Louise De Kock: Hi Annetjie, ek weet as mens lus is vir sop, is dit nie eers die volgende dag as dit klaar gesoak het nie. Ek koop Borlotti boontjies in die blik “ag nee, nie dit nie”, smaak net so lekker of tot beter
Marisa Vosloo: Ek het altyd geglo die lang wekery help om die bone minder gas te laat veroorsaak in die spysverteringskanaal. Die weekwater moet afgegooi word. En natuurlik vryf die doppe baie makliker af. Verder is dit so dat jy nie sout moet byvoeg voordat dit reeds saggekook het nie (nes met droee ertjies), anders kook hulle net nooit sag nie.
Minky Swiegers: ….En ek glimlag oor die gestry of bone gas maak of nie. Alle kos gis in jou maag….en die groente, preie en uie maak ook gas… Wat maak dit alles saak, solank dit Lekker smaak EN alle moontlike voedingswaarde behou… Sodra mens gaar kos in water afspoel, is Alle wateroplosbare vitamines WEG…. So, geniet in vrede jou eie kokery met of sonder voedingswaarde – dis elke kok se eie keuse. Mooi aand!!
Foto: robinrobertson
KRAKERIGE OF KOUERIGE KOEKIES WENKE
KRAKERIGE OF KOUERIGE KOEKIES WENKE
WENK: Krakerige of kouerige koekies: (Behoort te werk vir enige koekie)
Crunchy v Chewy – which do you prefer?
Here are our top tips for perfect Anzac biscuits – just how you like them.
For extra crunch…
Cook for 15-20 minutes, then leave on the tray to cool completely
For a lighter golden brown finish drop temperature and increase cooking time.
For chewy biscuits…
Cook for 8-10 minutes and transfer to a wire rack after 5 minutes to cool completely
Increasing golden syrup with also help to get you lovely chewy biscuits
Posted by Kiti De Jager
PLAASVERVANGER VIR ROOM OF MELK


PLAASVERVANGER VIR ROOM OF MELK
Maklike vervanger vir room, melk, ideal melk in enige resep!!
Cremora:::
Meng 1 koppie Cremora op 1 koppie kook water, verkoel in vrieskas, kan styf geklits word en as klop room en koek vulsels gebruik word( hoe stywer room, hoe meer droë cremora sit jy by terwyl jy klits),
Kan gegeur word met, amper enige iets, kakao, amandel, kits poedings, suurlemoen, peperment… .
As ‘n plaasvervanger vir ideal melk: 1/2 koppie cremora op 1 koppie kookwater.
Geplaas deur: Roelette Spies Greyling
-300x225.jpg)



