KOOK AFVAL SONDER N REUK

 

AFVAL IN SAKKIEtested

KOOK AFVAL SONDER N REUK

Rina Boshoff van Rhyn
As die afval stink dan weet jy nie hoe om dit reg te doen nie. Week oornag in asynwater, spoel af, dreineer, braai uie, voeg afval by en strooi mildelik met paprika! Geen reuk, voeg kerrie en sout na smaak by, as dit amper sag is voeg klein uitjies en baba aartappels by, paprika is die groot geheim. Portugese tannie het my dit geleer.
Riana Heyns
Ek het jare gelede raad gekry om broodkorsie bo-op afval te sit wanneer jy dit kook. Dit werk, ruik niks!

Rina Kleinhans
Gooi swart peper op die pot se deksel wanneer jy enige iets kook wat nie lekker ruik nie, self kool.. en mens ruik niks nie.. beproef.. dit werk




ONKRUID TUSSEN PLAVEISEL

ONKRUIDtested

ONKRUID TUSSEN PLAVEISEL
Vir onkruid tussen plaveisel: 1 k asyn, 2tl engelse sout, 1tl skottelgoedwasmiddel. Meng en spuit op onkruid. Die asyn maak dood, engelse sout sorg dat dit tot by wortels ingeneem word en seep laat dit aan blare vasklou. Wees versigtig want dit maak alles dood, selfs gras. Werk soos ‘n bom!

Annalie Joubert




VERWYDER WATERMERKE VAN HOUT

TAFEL MET WATERMERKETAFEL AGTERNAtested

VERWYDER WATERMERKE VAN HOUT
Jimmy Smit
Hallo julle, jammer nie kos vraag. My Bediende het op my eetkamertafel gestryk, nou het dit wit mere gemaak. Hoe kan ek dit restore asb.

Hennie van Deventer
Smeer volroom melk op en los oornag. Werk

Charlene Swanson
Woolies se brand furniture polish met olyf olie en lemoen werk baie goed.

Charlene Swanson
Ook mayonaise vir enige wit kolle op hout werk goed

Rensche Nagel
Probeer braso op n lap my oolede ma het altyd dit gedoen as daar merke op ons meubels was

Elize Els
vryf dik botte en los

Bobby Rabie
Sit wit asyn op

Anna van der Baan
Sit n baie nat asynlap op en los

Michelle van der Vyver Smeer n dik laag vasiline op

Beatie Rossouw
Hierdie is nie ‘n foefie nie, Maak ‘n lap nat en stryk jou tafel met die nat lap, dis so mooi as die wit vlekke uit is gee dit dan polish, Ek het dit al met baie gedeel en dit werk rerig.

Louise Schoeman Pienaar
Gehoor mayonaise werk…probeer gou n stukkie. Smeer aan en laat n rukkie staan en vryf af. Laat weet of dit werk.

Yvonne Burger Ek het al merke op hout uitgehaal met skoen politoer, dit het gewerk!

Magda Van Der Merwe ag sorry , as ek so n ongelukkie kry , blaas ek dit net baie goed met my haerdroer , dit haal die vogtigheid uit die hout

Rita Olckers
Ek is ook so lief om groot goeters op my kombuistafel te stryk en kry ook maar vlekke…..Toe ek kind was was dit die plek waar geskryk is, met n strykkombersie onder en dan n ou laken en dan stryk jy alte lekker…onder mammie se streng supervisie, maar mammie is dood en ek is lankal groot…. Nouja, ek het nie n strykkombersie nie ek stryk die kingsize duvets op die tafel en kry dikwels vlekke. Dan gebruik ek “Woodoc, food for wood” Dis n meubel waks en is regtig baie goed, maar nie so goedkoop nie….Ek gaan van nouaf julle lieflike mense se rate volg, klink goedkoper en vindingryk….

Rudi En Tippie
Al vele kere merke uitgehaal met tandepaste en baie elbow ghries, net skoon tandepaste op n droee lappie en vryf vryf vryf, enige watermerke op hout

Sharron Dianne van Eeden
Brasso

Hazel Jansen
Brake fluid. Los laat hy staan.

Amanda Mathee Mare
Vat teak olie of die rooi meubel olieven smeer dik aan en los tot more. As jy dan afvryf behoort die wit weg te wees

Jimmy Smit
Beautie Beatie Rossouw jy is my ster vandag, gestryk met warm lap ken polish, kyk nou!!! Wow!!! Unreal!! Dankie meisie nou gan ek Lekke my braai eet op jou tafel!!




WENKE VIR DIE SKOONMAAK VAN JOU VRIESKAS

WENKE VIR DIE SKOONMAAK VAN JOU VRIESKAS
WENKE VIR DIE SKOONMAAK VAN JOU VRIESKAS
Rene Van Oosten – Ek gebruik my steamcleaner

Ella Brandt – sit waaier op die geyste dele… werk vir my…

Romano Frederick – Gou sout op die ys en laat dit staan oornag. werk uitstekend

Annatjie de Klerk – Stoom masjien of haar droeër

Mark Maddock – .ek sit gewoonlik n bak met kookwater in en herhaal tot al die ys weg is.

Helen Barnard – Stoot uit buite toe en laat manlief dit uit spuit met die tuinslang. Chop chop skoon.

Louw Coetzee – Al die raad werk vir ontvries. As jou vrieskas nou mooi droog is en amper reg is om weer aangesit te word, vee hom uit met ‘n blou spirits lappie en los so 10 minute oop. Die spirits ontsmet en help om die laaste bietjie vog te laat verdamp. Dit rek jou tyd voor die volgende ontdooi met ‘n paar maande!

Tokkie Beukes – Wanneer skoon spuit met Spray and Cook maak makliker skoon. Spuit ook tussen vleis pakkies.

Petra Schlierkamp – Maak deepfreeze skoon met koeksoda , vat reckon weg. Smeer uit met Glycerin, volgende keer vee jy net die ys uit

Susan Barnard – Sit n heater voor hom met baie handoeke more is sy skoon

Elizabeth Margaret Hendrikz – Laat hom staan met bak warm water dan was ek hom met Koeksoda water met Vanilla Essence in.

Cecile Matthee – My man het vir ons een van daardie Genesis stoommasjien goedjies gekoop by Verimark. Beste geld nog gespandeer. Ek skakel my yskas af, pak die goed uit en spuit die stoom op die ys en chop chop is dit ontdooi. Spuit ook binne die yskas. Maak skoon met louwarm water waarby bietjie koeksoda gevoeg is. Droog af. En nog voor die yskas kon “warm” raak is my goed terug gepak. Doen dieselfde met vrieskas.




VERSTEWIG JOU VERSIERSEL

 

icing vir koeketested

VERSTEWIG JOU VERSIERSEL

Nicolette Fick
As jy ⅓ holsum saam met ⅔ wooden spoon gebruik kry jy ‘n lekker stewige botterversiersel wat nie sommer sy vorm verloor nie, bly selfs mooi in hitte.




HOE SAVE EK LINKS OP MY FOON

2015-09-21-hoeomlinksopjouselfoontesave
HOE SAVE EK LINKS OP MY FOON

Jy kan die links op jou foon save.
Op ‘n Samsung volg die volgende stappe:

Eerstens kliek op die link
Bo regs op jou skerm is drie kolletjies
Kliek daarop
Onderaan die lysie is “Save Link”
Gaan nou heeltemal daaruit tot terug by jou eie profile
Bo regs is nou drie strepies (soos wat jy maak as jy na die groepe toe gaan), kliek daarop dan kry jy al die opsies
“Scroll” nou onder tot jy die opsie “Saved” sien.
Kliek daarop en jy sal al jou links daar kry wat jy gesave het.

Hoop dit help.




WENKE VIR LEKKER JELLY

WENKE VIR LEKKER JELLYtested

WENKE VIR LEKKER JELLY
Liezel Van der Merwe – Hoe maak ‘n mens lekker jelly? Ek maak priesies soos die pakkie sê en dis altyd te “taai” help asb

Nastassja Zeelie – Ek gooi ‘n telepel gelatien ook by. Maak die jelly fermer. Die jelly en gelatien moet baie goed opgelos wees.

Jeanette Lombaard – Maak seker die warm water is gekook en al die jelly is goed opgelos voordat Jy die koue water bygooi

Benita Nel – Wat jy ook kan doen is om so 2 teelelepes suiker by gooi wanneer jy die warm water by jellie voeg .. Dis wat ek altyd doen

Schalk Nel – En moenie die jelly laat stol in dieselfde bak as wat jy dit meng nie. Dis wat my ma my weer geleer het.

FOTO GELEEN BY – kitchenjournaldesserts




VLEIS WENKE

2015-09-12-vleiswenke

VLEIS WENKE
•As kerrie te sterk gemaak is, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by.
•As vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg.
•Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.
•Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.
•Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.
•Gooi ‘n teelepel water by wanneer jy maalvleis braai. Dit help om die vet uit die maalvleis te kry.
•Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
•Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.
•Maak die smaak van ‘n kerriegereg anders deur ‘n fyn gekapte nartjieskil by te voeg.
Droog die skil uit deur dit in die yskas te bêre.
•Moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang.
•’n Bietjie asyn in die olie verhoed dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
•’n Heerlike manier om ‘n varkboud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie.
Bak die vark boud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur.
Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak.
•Natuurlike jogurt is ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.
•Om hoendervleis sag en sappig te hou, gooi ‘n koppie suurlemoensap oor voordat dit gaargemaak word.
•Om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by.
•Smeer asyn en sout aan vleis. dit versag die vleis en sal verhoed dat die dit gou bederf.
•Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie.
•Sprinkel ‘n bietjie sout in die braaipan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergiettes onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat.
•Strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis – dit gee ‘n heerlike geur.
•Taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel.
•Vir geurige vaktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte Corn Flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word.
•Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat jy dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak.
Geplaas deur Petro Collinet




KRY DIE BESTE RESULTATE WANNEER JY ETES VRIES

2015-08-21-krydiebesteresultatewanneerjyetesvries
KRY DIE BESTE RESULTATE WANNEER JY ETES VRIES
FOOD LOVERS RECIPE
Wanneer sekere bestanddele, bv seisonale groente en vrugte geredelik beskikbaar en goedkoper is, kan ’n mens daardie voordeel ook benut. So kan jy bv tamaties aankoop wanneer dit goedkoop is en vries om later in sop of bredies en souse te gebruik. Dis ook ’n uitstekende manier om bestanddele soos meel, neute en sade te bêre.
Goeie praktyke wanneer kos gevries word, lei tot minder vermorsing en dat die kos steeds in ’n aptytlike manier geniet kan word. Kos moet ook verkieslik nie ontdooi en weer gevries word nie.
Daar is egter ’n paar dinge wat ’n mens in ag moet neem, om die beste resultate te verkry.
– maak meeste groente eers liggies gaar, bv deur dit te blansjeer en vries dit dan. Iets soos mieliepitte, van die stronk gesny, kan rou gevries word, maar boontjies moet lief eers geblansjeer word. Anders verloor groente hul vog, tekstuur en geur.
– maak seker dat alles deeglik verpak is, met so min as moontlik lug/suurstof rondom die kos. Lug rondom kos, veroorsaak groot yskristalle in die vrieskas, wat vriesbrand (vries-skade) aan die kos veroorsaak.
– trek alle lug uit ’n sakkie dmv ’n strooitjie en verbind dan stewig met ’n binddraadjie of toutjie. Rekkies en taai-papier is nie geskik nie.
– kos moet heeltemal afgekoel wees voor dit in die yskas of vrieskas gebêre word.
– gebruik houers en vriessakkies geskik om te vries, bv roomysbakke of vriessakkies.
– verpak vleisporsies individueel in botterpapier en dan in lae in ’n vriessakkie. Dit neem minder ruimte in die vrieskas in beslag.
– verpak vleis en ander kos in die porsie-groottes waarin dit gebruik gaan word, bv 6 tjops in ’n pakkie of 1-2 liter sop in ’n houer.
– vries vloeistof in geskikte houers, bv leë feta-houers en plaas dan in vriessakkies wanneer hard gevries – dit neem minder plek in die vrieskas.
– onthou dat vloeistof uitsit wanneer dit gevries word, so laat genoeg ruimte in ’n houer.
– merk alles deeglik met die inhoud, datum, gewig of hoeveelheid. Maskeerband op ’n sakkie of houer werk goed en skryf met ’n koukie of pen daarop.
– meeste kos vries goed vir 3-6 maande
– ontdooi kos oornag in die yskas, nie in ’n mikrogolfoond nie, want dit begin dikwels aan die kant gaar word, wat die kos kan uitdroog.

Vriesbrand: dit vind plaas, wanneer kos, veral vleis en groente, swak gevries word. Vog en lug wat rondom die kos vries, vorm groot yskristalle, wat die wit kolle op die oppervlak van die kos vorm en dit uitdroog. Hierdie dele is smakeloos en nie eetbaar wanneer die kos weer ontdooi nie.

Kos wat uitstekend vries:
– gaar sop en bredies, sonder aartappels
– goedverpakte hoender, vleis en vis
– lensies en boontjies in kook-vloeistof gevries, kan in bredies en sop gebruik word
– gerasperde kaas
– geskilde, gekapte tamaties
– vrugtepurees
– eierwitte
– brood, muffins, onversierde koek en ongebakte pasteie en pizzas
– meel, semels, neute, sade
– vars gemmer
– klappermelk

Kos wat nie suksesvol vries nie:
– aartappels
– blokke kaas
– rou slaaibestandele
– eiergele
– witsouse, eiersouse en jogurt – dit skif maklik wanneer dit ontdooi

Yskas – maak alles goed toe, sodat nie uitdroog of ander reuke optel of veroorsaak.

Louise Groenewald
Gaar pasta vries goed. Ek vries altyd die helfte of so van ‘n 500 g pasta wat ek gaar maak. Dan maak jy baie vinnig kos. Ek sit sommer die gevriesde pasta net so bo-op die maalvleis, laat dit stadig prut en oor so 20 minute kan jy dit lekker deur roer en nog so 5 min kook.

 




WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE – HOEVEELHEDE


WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE – HOEVEELHEDE

Vla: 1 liter is genoeg vir 10 persone (100ml vlapoeier + 6 e suiker per 1 liter melk)
Mengelslaai: 1 slaaikop vir 33 persone
: 1 komkommer vir 24 persone
: 1 pynappel vir 25 persone
: driekwart kas tamaties vir 100 persone
Maalvleis    : 1 kg vir 10 persone
Beestong    : 12 – 16 tonge per 100 persone
Rou vleis met been : 250 g per persoon
Rou vleis sonder been: 125 g per persoon
Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:
Pynappels in blokkies : 20 pynappels
Pynappels in skywe : 10 pynappels
Brokkoli : 17,5 kg (gaar)
Kool, gekerf : 12,5 kg (gaar)
Wortels : 13 kg gaar
Blomkool : 25 kg gaar
Komkommers : 6,5 kg
Kropslaai : 8,5 kg
Sampioene, gekap : 4,5 kg
Groenertjies : 25,5 kg
Groen rissies, gekap : 4 kg
Aartappels, geskil : 19 kg
Tamaties, ongeskil : 10 kg
Visfilette : 15 kg
Rys rou : 1 k vir 6 – 8 persone
Pannekoek : 1 k meel maak 6 pannekoeke

Dranke:

Wyn 1 bottel – 6 glase
sjerrie en port 1 bottel – 16 – 20 sopies
whiskey, brandewyn, jenewer 1 bottel – 21 – 22 sopies
likeur 1 bottel – 20 – 24 sopies
bier 1 groot bottel – 4/250 ml glase
koffie swart klein koppies – 6 koppies op 500 ml
koffie wit groot koppies – 3 koppies op 500 ml
melk 20 koppies tee op 500 ml
suiker 500 g vir 25 persone
sop 4 koppies op 500 ml

Vingerete:

Klein worsrolletjies 2 per persoon
klein worsies 2 per persoon
frikkadelle 2 per persoon
vol-au-vents 2 per persoon
kaasstrooitjies 6 per persoon
gevulde eiers 1 eier per persoon
toebroodjies 2 snye per persoon (24 snye uit 1 brood)
oopbroodjies 2 snye per persoon

Buffetete:

500 g gesnyde koue vleis 6 – 8 porsies
(Ham, soutvleis)
souttert (200 – 250 mm) 12 porsies
aartappelslaai 1 – 1,5 kg aartappels = 10 porsies mengselslaai 1 slaaikop, 1 bos seldery, 250 g tamaties, 2 hardgekookte   eiers, bossie pietersielie = 6 porsies
koekvlapoeding 6 porsies (1 liter)
room 6 – 8 porsies = 125 ml

Bron:  Peterjasie

Fanie Smit
I suggest the following:
Cold meats:
Chicken 100 g.
Lamb 120 to 150 g.
Potato salad 150g final product.
Noodle salad: 100g final product.
Depending on the group diversity. All per person.