PORTUGESE PERI-PERI CHICKEN

peri peri chickentested

PORTUGESE PERI-PERI CHICKEN
Marinade for two Chickens:
200 ml olive oil
200 ml worcester sauce
100 ml lemon juice
200 ml sweet cilli sauce
250 ml wine
30 ml aromat
50 ml paprika
peri-peri to taste
10 ml chopped garlic
7 ml fresh grated ginger


Mix well. Pour over Chicken and leave in fridge overnight, turn chicken occasionally to make sure marinade soaks in everywhere. Braai over moderate fire, turn and baste every 5 min so marinade doesn’t burn.
We did ours on the Weber. Gives it a lovely smokey taste.
Source:  Elizabeth Margaret Hendrikz




ELIZE SE ANGELFISH

tested
ELIZE SE ANGELFISH
4 x fillets fish of your choice, skin on (I used Angelfish)
1 cup white wine
2 garlic cloves, sliced
handful fresh parsley
salt to taste

Put in foil in webber. Fry only until done. not too long.
Serve with a wine sauce made from the juices in the foil
BRON – Elize de Kock




JOHN SE BROOD OP DIE KOLE-WEBER

BROOD OP DIE KOLE 2tested

JOHN SE BROOD OP DIE KOLE-WEBER
Net my gewone resep.
1 kg brood meel
750 ml lou warm water
2 teelepels gis (yeast)
60 ml botter
2 teelepels suiker
2 teelepels sout

Die brood sal goed in ‘n Weber bak. Kole moet warm wees . Maak jou deeg gewoon weg aan. Laat rys, tenminste 1 uur.
Smeer 2 broodpanne goed met botter. Deel jou deeg in twee. Sit in brood panne. Kry foelie gereed, smeer met botter sit oor jou brood. Sit altwee panne in jou warm kole.
Maak Weber deksel toe.
Bak vir tenminste ‘n uur. NA die uur haal jou brood uit die panne, Laat dit op die rakke van jou Weber rus.
Hoop dit help . My Afrikaans het bietjie verswak nou dat ek in Amerika is 🙂

Mens kan hom ook soos op die braai doen met kole van bo.. hou maar dop vir brand..
Bron:  John Van Coller




LAMSBOUD IN DIE WEBER

 

2015-06-21-lamsboudindiewebertested

LAMSBOUD IN DIE WEBER

Plaas die onderste rooster in vir die brickets.
Hak die “dividers” in sodat die drip pan tussen die 2 dividers sal kan inpas.
GEBRUIK 12 brikets aan elke kant en steek aan.
BELANGRIK hou die deksel eers af todat brickets goed rooi gebrand het.
DAN plaas boonste grill op en sit deksel op.
Laat die webber warm word vir so omtrent 5 min met onderste gaaitjies halfpad oop en boonste gate halfpad oop.
Belangrik om te sien dat daar geen rook is van die brikkettes af kom nie.
Plaas nou drip pan in onder die grill .
Plaas nou eers jou skaapboud op grill en maak toe vir plus minus 5 ure.
Belangrik om na uur en n half brikkettes op te top met brandende rooi brikkettes wat van jou ander vuur af kom.
Jy het 2 hope kole.
Die geheim met webber is dat kole uitgebrand moet wees maar bloedrooi anders gaan jy jou vleis rook

Resep:  Maryna Kruger

Foto: Dale van Staden




MAALVLEIS ROL IN DIE WEBER

maalvleis rol in webertested

MAALVLEIS ROL IN DIE WEBER
500 g  maalvleis
1 gekapte ui
2 Eiers
Plat blaar pietersielie
Basilie kruid
Koljander blare
15 ml Cajun speserye (Ina Paarman)
Keŕry Gold wit cheddar

Meng alles saam behalwe kaas. Sprei alles op plastiek (gladrap) om te rol. Sny kaas in lang stroke en rol toe in maalvleis.
Vleg spek in n mat plaas vleisrol bo op en rol toe.

Rook in weber of roker vir 1 tot 1.5 uur

Resep en foto:  Hendrik Markgraaff




KREEFSTERTE IN DIE WEBER

kreefsterte Herthatested

KREEFSTERTE IN DIE WEBER

Kreefsterte gaar geroerbraai in ‘n wok in die Webber.

Dis baie eenvoudig. Ons glo hoe eenvoudiger die dis, veral seekos, hoe lekkerder. Kreefsterte is in die helfte deur gesny. Groot plat pan of wok op die Webber en ‘n hele pak Knoffel Botter plus nog heelwat Knoffel en sout, peper, Paprika spice en sommer gedroogde Parsley. Dis al. By dit het ek ‘n aartappel dis bedien en gewone groenslaai. Bon appetit!

Resep en foto:  Hertha Manns Syvertsen




SPRINGBOK AND WARTHOG LEGS FOR THE WEBER

vleis vir webertested

SPRINGBOK AND WARTHOG LEGS FOR THE WEBER
Springbok and warthog legs for the Weber.
Stuff the legs with bacon cubes. About 8-10 cm appart.
Rub liberally with olive oil.
Spice liberally with Robertsons chicken spice, crusjed coriander seeds and rosemary and rub it all over the meat.
Rub more olive oil in.
Sprinkle with Worcestershire sauce and rub it in.
Bake in the Weber with coals on the side for around 2.5 hours with lid closed and vents open.
Recipe and pictures:  Joe Roux




GEROOKTE VARKNEK

2014-09-28-gerooktevarknektested

GEROOKTE VARKNEK
Jy kan Escourt nek gebruik of jou slagter vra om een te ontbeen en in net te sit.
Pekel vir drie tot 4 dae.   Droog af.
Ek gebruik Six gun spice en vryf die nek daarmee in.
Laat so uur staan en dan smeer ek dit met Spur Hickory basting sous.
Maak indirekte vuur in weber sit jou vark op rotiserie in.
Ek gebruik rooi of sekelbos stukke op die kole en rook dit dan vir 1.5 uur.
Smeer weer basting en sit hoender in.
1.5 uur later en jy kan vleis so 10 min laat rus, sny en bedien
Hendrik Markgraaff




STUFFED PORK STEAKS

tested
STUFFED PORK STEAKS

Some stuffed pork steaks hickory smoked tonight stuffing is garlic, onion, mushrooms, sundried tomatoes, parsley and bread crumbs.
Dit was 1 uur in die Weber teen so 210C. Nicolette het besluit dat ek my erg oortref het vanaand. Dit was ongelooflik lekker. Ek het die resep opgemaak, so was maar onseker…maar wow!! Die hickory ligte rook doen die ding erg!
Herman Fick




LAMSKENKELS IN DIE WEBER

LAMSKENKELS IN DIE WEBER

Claude Moller
Hoe groot is daai Skenkels ? Soos “Shanks”? Altyd INDIREK* gaarmaak; ‘Skies, maar min Weber-gebruikers weet wat dit beteken; Dis EINTLIK waarvoor Webers bedoel is; *Kole dus “Aan die kante”; Moet ‘Witgebrand’ wees VOOR jy vleis insit. NET met S&P; Handvryf eers met Sonneblomolie; GEEN marinades; Moet dus DROOG wees wanneer jy dit insit. Beide ‘Vents’ op OOP. Afhangend van hoe groot – Seker so 45+ minute MAX. Geniet & Laat weet.

Elsabie Templeton

  • ek marineer dit oornag in olyfolie en suurlemoensap en as jy roosmaryn kruie het (vars of droog) sit dit by, as jy van knoffel hou kan jy bietjie vars knoffel in gaatjies in die vleis druk voor jy dit marineer
    ek sit ‘n foelie houer in die middel tussen die kole en gooi water in dit voordat ek die rakkie bo-op sit waarop die vleis gaan rus, die water veroorsaak dat jou vleis vog kry en nie uitdroog nie