1

GEROOKTE EISBEIN IN DIE WEBER

GEROOKTE EISBEIN IN DIE WEBER
My eerste eie pork shank, eisbein gerook op die webber en dis baie lekker
Ek het gister al n dry rub opgesit.
3 teelepels sout, sonder iodine,
4 teelepels peper korrels gegrind
4 teelepels knoffel poeier
4 teelepels mosterd korrels(ek het 3tl mosterd poeier gebruik)
8 teelepels bruin suiker
Maak vleis droog en maseer goed met mengsel.
Ek het webber se appel saagsels tebruik, aanwysings is agter op. My shanks was gesny en het so uur en half gevat, in die tyd het ons twee keer hout chips opgegooi, geen ekstra kole.
15 minute voor afhaal het ek ‘n Jimmys sousie op geborsel.
Resep en foto: Jenel Ralph van Wyk




APPELTERT MET HEUNING LIKEUR SOUS


APPELTERT MET HEUNING LIKEUR SOUS
(6 porsies)
45 ml botter
200 g (250 ml) suiker
3 eiers
60 ml melk
140 g (250 ml) bruismeel
10 ml bakpoeier
6 appels
SOUS
10 ml karamelgeursel
250 ml ingedampte melk
200 g (250 ml) suiker
80 ml heuning likeur

Verhit oond tot 180°C. (As jy dit op die kampvuur wil maak, sien wenk onder)
Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en meng goed.
Voeg melk, bruismeel en bakpoeier by en meng goed tot gladde beslag.
Verwyder die appels se stronke en sny appels in dun skywe.
Gooi beslag in ’n oondvaste pan van 30 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Versprei appelskywe eweredig oor deeg.
Sit in oond en bak vir sowat 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Sous: Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt.
Gooi warm sous oor tert sodra dit uit die oond kom. Sit voor met crème fraîche.

WENK
Jy kan die tert in ’n Weber maak. Versprei die kole eweredig en sit tert bo-op die draadrooster.
Maak die Weber toe. Bak vir 30 minute en toets of dit gaar is. Maak toe en bak langer indien nodig.

Resep: Hester Harding




WIAN SE SKAAPBOUD IN DIE WEBER

WIAN SE SKAAPBOUD IN DIE WEBER
1 Skaapboud
250g Bees bacon (kan ander bacon ook gebruik)
Braai rub (tuisgemaak of gekoop, maar enige een met bietjie bruinsuiker in werk goed)
Groente (wortels, aartappels, patats, butternut, uie werk lekker)
Ontbeen die skaapboud. Ek sny maar net langs die been af en maak ‘n paar snye in die dikker stukke vleis.
Gooi ruim braai rub aan die binnekant en pak dan die bacon op. Vars kruie kan ook aan die binnekant gesit word. Rol die boud weer toe. Ek rol die boud dat dit ‘n bietjie langer is, so draai die boud effens. Bind vas met tou. Gooi ruim braai rub oor die boud en sit in yskas vir so 12uur.
Maak vuur in die Weber en gebruik die indirekte hitte metode (vuur aan die kante en nie direk onder die vleis nie). Sny die groente in groot stukke, los die skil aan. Sit groente in ‘n bakkie/s wat onder die vleis kan staan. Sit vleis op rooster en maak Weber toe. Ek kyk na so 45min en draai dan die boud om. Een wenk wat ek kan gee is om eerder die vleis langer in te los as om dit medium gaar te maak. Die buitekant kan maar so bietjie karameliseer, dan is dit die lekkerste. Na so 2 ure sal die vleis reg wees en lekker sag (en nog sappig).
Bron en foto: Wian Swart




GEROOKTE GEELSTERT

GEROOKTE GEELSTERT

Brine:
1/2 koppie growwe sout
1/2 koppie bruin suiker
1 eetlepel growwe swart peper
3 eetlepels knoffel vlokkies
Vars tiemie
1/4 teelepel peri peri poeier

Rice spice
Brine vis vir 2 ure in die brine
Na 2 ure, haal vis uit die brine, smeer met speserye en tiemie
Rook in weber vir 2 ure teen 80°C

Resep en foto: Cecil Dunhin




SKAAPKOP IN DIE WEBER

SKAAPKOP IN DIE WEBER

Brine:
1/2 koppie suurlemoensap
250g sout
1/2 koppie suiker
5 eetlepels gemaalde swartpeper
1/2 koppie suurlemoensous

Opgelos in water
Brine oornag
Smeer sout, swart peper en droëwors speserye in die kop
Braai in ń bak in die weber vir 1 uur
Braai indirek vir 2.5 ure verder
Baste met sous na 3 ure
Sous: 3 eetlepels worcestersous, 1/4 koppie blatjang, 1/4 koppie suurlemoensous

Bron en Foto: Cecil Dunhin




SMOKED PULLED BEEF


SMOKED PULLED BEEF
Making smoked pulled beef today. Started this morning at 8 and will take about 12 hours. 3kg bone on brisket spiced with paprika, garlic powder, mustard powder, little dried chilly, salt and pepper. Smoke in Weber at 100 degrees with mix of apple and hickory chips that has been soaked in red wine. Kept enough wine to see me through the day 😃

Wat n lang dag.. Maar so die moeite werd. More eet ons hom met coliflower mash en slaai

PHOTO AND RECIPE: Chris van Rensburg




HULI HAWAIIAN HOENDER

chickentested

HULI HAWAIIAN HOENDER

1 hoender
Pekel hoender vir 24 uur:
1 eetlepel growwe sout
1 koppie suurlemoen sap
Water
Laat hoender in yskas lê bedek met pekel
Droë rub:
1 teelepel growwe sout
1 teelepel paprika
1/2 teelepel kumin
1/2 teelepel swart peper
2 teelepels knoffel poeier
1 teelepel oreganum
1 teelepel wit peper
1/2 pakkie bruin uie poeier
Knippie chili poeier
Droog rub hoender vir +- 1uur
Braai dan tot gaar

Resep aangepas en geplaas deur Cecil Dunhin
Foto: Cecil Dunhin

Nota:
Freddi Kroukamp  – Hoeveel water word gebruik in die pekel asseblief.

Cecil Dunhin  – Hang af hoe groot jou hoender is Freddie. Net genoeg om die hoender te bedek.




THERESA SE GEROOKTE SKAAP RIBBETJIE IN DIE SKOTTELBRAAI

gerookte ribstested

THERESA SE GEROOKTE SKAAP RIBBETJIE IN DIE SKOTTELBRAAI

Ek het rib in pekelwater laat lê vir 12 ure, mooi droog gemaak!
Ek het vuur in Weber gemaak met harde hout, tot vuur amper begin afgaan, toe het ek wynvat saagsels wat so uur in die water gele het opgooi (oe ja net so 5 groot lepels, dit ook self geleer)
Ek maak Weber toe laat rook kan begin! Seker so 5 min toe rook dit heerlik!
Sit vleis op rooster en maak toe, na halfuur omgedraai, weer halfuur omgedraai so vir 2 ure! En daar’s dit… heerlik! Soos Oubaas sê my man het sy vingers afgekou! Wil môre die boude so rook! Hulle lê langer in pekel!

Bron en Foto: Theresa Geldenhuys




PORK BELLY MET LEMOEN

pork belly met lemoen 2pork belly met lemoenpork belly met lemoen 3tested

PORK BELLY MET LEMOEN
1kg pork belly
1 lemoen
1 gesnyde ui
Growwe swart peper
Growwe sout
Vars tiemie
Braai sous
Droog rub met peper en sout
Plaas op tiemie
Druk halwe lemoen oor vleis
Plaas uie en lemoen stukke saam in bak
Bak in weber indirek vir 1.5 ure
Smeer met braai sous
Braai verder direk sonder bak vir verdere 30 min draai om die beurt.
RESEP EN FOTO:  Cecil Dunhin




VARK IN DIE WEBER

tested
VARK IN DIE WEBER
Bestanddele:
1.5kg Vark maag (pork belly)
1 ui gesny
Growwe sout en peper
Tiemie

Basting sous
1/2 koppie bruin suiker
2 eetlepels knoffel
2 eetlepels worcester sous
1 koppie water

Kook alles saam en laat af koel

Droog rub vleis met sout en peper vir 2ure
Plaas vleis op tiemie met uie
Braai in toe weber in pan indirek vir 2 ure
Braai verder op weber en baste met sous en draai reelmatig vir 20 min tot bruin direk
Laat vleis rus vir 30min

BRON: Cecil Dunhin