LIGHT FRUIT CAKE

1452499_181137138758233_1091147479_n
LIGHT FRUIT CAKE
150 g self-rising flour
150 g nutty-wheat flour
225 g butter
225 g brown sugar
1 lemon rind – grated
5 extra large eggs
450 g Mimed cake fruit
125 g glace cherries – chopped
30 ml golden syrup

Cream the butter, sugar and rind together. Add the eggs one at a time, beat well after each addition. Add the syrup. Combine self-rising flour and nutty wheat flour. Add cherries and fruit to flour. Add the creamed mixture. Mix well. Spoon the mixture into a prepared bake tin or make individual cakes. Bake at 160 ºC. for 1 hour or till baked.

Photos and text by Freddie Kritzinger – The Bald Chef




PRYSWENNER VRUGTEKOEK

1421451_10152834122794460_2023629618_ntestedpryswenner vrugtekoek 2

PRYSWENNER VRUGTEKOEK
1.25 kg vrugtekoekmengsel
500 gr dadels – fyn gesnipper
500 gr verglansde vrugte
125 gr rooi glanskersies
500 ml brandewyn
500 ml klam bruinsuiker
500gr sagte botter
6 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
5 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml neutmuskaat

Sit die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte en kersies saam met die brandewyn in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Prut vir twee minute, bedek en verwyder van die hitte. Laat staan vir een uur.

Voorverhit oond tot 150°C en smeer ‘n groot koekpan van 28cm of twe panne van 20cm goed met botter.

Voer boom en kante uit met ‘n paar lae bakpapier en smeer weer. Draai ‘n kraag van bruinpapier om pan(ne). Verroom suiker en botter tot romerig en klits eiers by.

Sif meel, koeksoda, kaneel, gemmer en neutmuskaat oor en roer ‘n paar keer. Voeg vrugte en brandewynmengsel by en meng goed. Skep in voorbereide pan(ne) en bak vir sowat 3 uur (vir groot koek) of 1¾-2uur (vir kleiner koeke) tot deurgaar. laat in pan afkoel, keer uit en bêre in lugdigte houer.

Lewer 1 koek of 2 middelslag koeke

NOTAS: Dit is ‘n heerlike resep en nog ‘n lekkerte van die koek is dat jy dit sommer die dag nadat jy dit gebak het al kan eet. Of jy kan dit vir ‘n paar maande rypmaak.

Jy kan dit ook vries (tot ‘n jaar lank) of in ‘n lugdigte houer in die yskas bêre (vir tot 6 maande).

Werklik ‘n staatmaker

Charne Kruger –  Tannie Rina….ek het net 250 g verglansde vrugte gebruik en 250 g gemengde neute ingesit. In plaas van 500g verglansde vrugte.

Hannie van der Merwe se foto
2de foto:  Charne Kruger




WONDERLIKE VRUGTEKOEK

wonderlike vrugtekoek

WONDERLIKE VRUGTEKOEK
2 koppies geelsuiker
1 koppies korente
1 koppies sultanas
2 koppies rosyne
½ koppie kersies
½ koppie pekan neute grof gekap
¼ koppie amandels grof gekap
½ pak gemengde skil
2 koppies kookwater
4 koppies koekmeel
250 g dadels
250 g botter (nie magerine)
1 teelepel gemengde speserye
2 teelepel kaneel
1½ teelepel gemmer
2 teelepel koeksoda opgelos in bietjie warm melk
2 eiers
1 teelepel sout
1 teelepel vanilla geursel
Opsioneel – ½ koppie versuikerde groenvy

Kook vrugte vir 10 min in 2 koppies water tot lekker dik.
Voeg laaste 3 min ½ pak gemengde skil by.
Voeg botter en suiker by warm mengsel en roer deur, laat goed afkoel.
Wanneer koud, roer 2 goed geklitste eiers, 4 koppies  koekmeel, en res van bestanddele by
Voeg opgeloste koeksoda heel laaste by en meng deur.

Bak in baie goed gevoerde pan vir 30 min by 180°C en ‘n verdere 2½ uur by 150°C

Wenke:
Oondrakkie moet nie in heel onderste gleuf wees nie, sit rakkie in eerste gleuf, laer as die middelste gleuf. As koek gaar is, keer versigtig uit op draadrakkie, Koel af en giet brandewyn, gemeng met soetwyn, versigtig oor, so 3 eetlepels op elke koek. As heeltemal koud, draai koeke versigtig om en sit in groot stuk tinfoelie, giet dan weer dieselfde hoeveelheid brandewyn/soetwyn bo-oor. Vou toe met foelie en bere in lugdigte blik.

Hierdie koek is ‘n heerlike klam koek en glad nie bitter nie. Bak ‘n paar weke voor die tyd en laat ryp word. Sprinkel van tyd tot tyd brandewyn of sjerrie oor.

As jy die koek wil versier moet jy dit doen voor jy dit in die oond plaas…

Susan Katryn JV Rensburg
(bron: My Ma se kookboek)




CHOCOLATE FRUIT CAKE

chocolate fruit cake

CHOCOLATE FRUIT CAKE

12 1/4 ounces (350 grams) dried soft prunes, chopped
8 3/4 ounces (250 grams) raisins
4 1/2 ounces(125 grams) currants
6 1/4 ounces (175 grams) unsalted butter, softened
6 1/4 (175 grams) dark muscovado sugar
6 1/4 fluid ounces (175 ml) honey
4 1/2 fluid ounces (125 ml) coffee liqueur
2 oranges, zested and juiced
1 teaspoon mixed spice
2 tablespoons good quality cocoa
3 free-range eggs, beaten
5 1/4 ounces (150 grams) plain flour
2 1/2 ounces (75 grams) ground almonds
1/2 teaspoon baking powder
1/2 teaspoon baking soda
For decoration:
1-ounce (25 grams) dark chocolate-covered coffee beans
Edible glitter
Gold mini balls
About 10 edible gold stars
Directions
Preheat the oven to 300 degrees F (150 degrees C).

Line the sides and bottom of an 8 by 3 1/2-inch deep, round loose-bottomed cake tin with a layer of reusable silicon baking parchment. When lining the tin with the parchment, cut the material into strips that are twice as high as the tin itself (it is easier to use two shorter strips of parchment, than one long strip); the height of the strips protects the cake from catching on the outside of the cake tin.

Place the fruit, butter, sugar, honey, coffee liqueur, orange zest and juice, mixed spice and cocoa into a large wide saucepan. Heat the mixture until it reaches a gentle boil, stirring the mixture as the butter melts. Let the mixture simmer for 10 minutes. Remove the saucepan from the heat and leave to stand for 30 minutes.

After 30 minutes, the mixture will have cooled a little. Add the eggs, flour, ground almonds, baking powder and baking soda, and mix well with a wooden spoon or spatula until the ingredients have combined.

Carefully pour the fruitcake mixture into the lined cake tin. Transfer the cake tin to the oven and bake for 1 3/4 to 2 hours, or until the top of the cake is firm but will has a shiny and sticky look. At this point, if you insert a sharp knife into the middle of the cake, the cake should still be a little uncooked in the middle.

Place the cake on a cooling rack. Once the cake has cooled, remove it from the tin.

To decorate, place the chocolate-covered coffee beans in the centre of the cake and arrange the gold stars around the perimeter of the top of the cake. Then sprinkle some gold mini-balls over the whole cake and sprinkle the top with edible glitter

FOTO: Lynette Vd Bergh




OUMA SE MENGELMOES VRUGTEKOEK

2013-11-05-vrugtekoektested

OUMA SE MENGELMOES VRUGTEKOEK
PARDOEMSKOEK AANGEPAS

Ek het die resep vandag verdubbel en ipv 2 kg vrugtekoek mengsel is die 2de kg opgemaak van kafferwaatlemoen stukke en groenvye.Behalwe 2 lae bruinpapier onder in elke pan maak jy vir elke pan met waspapier so kraag wat binne in die pan teen die kante pas en wat so 2cm uitsteek bo die pan en alles word gesmeer.Omdat ek dit gebak het in broodpanne is die baktyd korter dis 90min lank gebak in my thermofan oond by 140 grade C,dalk sal dit langer moet bak in gewone element oond.Toets met toetspen en as dit skoon uitkom haal dit uit die oond.

1 kg vrugtekoekmengsel
250 g dadels fyn gesny
1 koppie kersies fyn gesny
1 koppie okkerneute fyn gekap
1 koppie brandewyn
250 g regte botter by kamertemp.
2 koppies suiker
5 eiers
4 koppies koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 ½ koppie sterk warm koffie
½ koppie bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel fyn naeltjies
1 opgehoopte teelepel kakao

Plaas al die vrugte in ‘n bak en giet 1 koppie brandewyn oor en laat staan oornag

Meng botter en suiker tot romerig en voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed, voeg daarna speserye en bruinsuiker by, los koeksoda op in warm sterk koffie.

Sif meel en sout saam en voeg beurtelings met koffie by. Dis redelike slap deeg. Voeg vrugte by en meng goed deur.

Smeer 2 koekpanne met 2 lae gesmeerde bruinpapier uit en skep beslag daarin.
Bak by 140ºC in voorverhitte oond vir 3 ure of tot toetspen skoon uitkom en koeke van die rand van pan begin wegtrek.

Nadat die koeke uit die oond kom giet jy 3 eetlepels brandewyn oor elke koek terwyl die koeke vuurwarm is. Wanneer afgekoel draai jy die koeke toe in tinfoelie en dan dose jy elke week eenkeer per week die koeke tot kersfees tyd.

Bron- Naudéa Visser

 




MADELEINE VAN BILJON SE PARDOEMSKOEK

vrugtekoek stompie

MADELEINE VAN BILJON SE PARDOEMSKOEK

200 g (340 ml) glanskersies, afgespoel en in kwarte gesny (ek gebruik 100 g groen en 100 g rooi)
25 ml brandewyn
10 ml kakao
10 ml kits koffiepoeier
500 ml kookwater
1 kg droëvrugte koekmengsel
7 ml koeksoda
300 g (375 ml) suiker
125 g (135 ml) margarien
3 ekstra groot eiers, geklits
360 g (750 ml) koekmeel
7 ml bakpoeier
1 ml sout
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
25 ml brandewyn

Voorbereiding van die pan: smeer die kante van ‘n ronde 23 cm koekpan goed en voer dit uit met waspapier. Plaas 20 lae bruinpapier onder op die bodem van die pan. Plaas ‘n laag waspapier bo-op die bruinpapier en smeer goed. Draai 12 lae bruinpapier om die pan en bind dit stewig vas met tou, Maak ‘n deksel van aliminiumfoelie blink kant na binne om op te sit tydens die bakproses.

Die volgende stap kan reeds die vorige aand gedoen word: Marineer die kersies minstens 1 uur lank in die brandewyn.  Los die kakao en koffiepoeier in kookwater op en plaas saam met die droëvrugte koekmengsel, koeksoda en suiker in kastrol. Verhit tot kookpunt en kook dan 5 minute lank. Roer sodat dit nie aanbrand nie. Verwyder van die hitte, voeg die margarien en gemarineerde kersies met brandewyn en al by. Roer goed en koel heeltemal af. Laat staan oornag.

Voorverhit die oond tot 140°C (275°F).
Voeg die geklitste eiers by die vrugtemengsel.
Sif die koekmeel, bakpoeier en geurmiddels saam en voeg dit stadig by die vrugtemengsel terwyl goed geroer word.
Skep die beslag in die voorbereide pan, bedek met die aliminiumfoeliedeksel blink kant na binne en bak 4½ uur lank of totdat ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Koel die koek in die pan af en giet die 25 ml brandewyn oor. Verwyder uit die pan wanneer heeltemal afgekoel.
Verseël die koek dig met swaar aliminiumfoelie en bêre ongeveer ‘n week lank voordat dit gesny word.
Lewer ‘n groot koek.
Indien langer bêre, gee elke week 25 ml brandewyn bo en onder op koek.

Foto en resep geplaas deur Stompie Theron Borman




ONGEBAKTE VRUGTEKOEK

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
115 g botter
115 g suiker
115 g glasuurkersies, gekap
225 g sultanas
225 g dadels, fyngekap
225 g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3 ml kakaopoeier
1 eier
1 pakkie Marie-koekies, in stukkies gebreek

Sit die botter en suiker in ‘n kastrol en laat kook.  Haal van die plaat af.
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neuter en kakaopoeier by.
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik.
Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin.
Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef.
Bêre oornag in die yskas, haal dit uit die pan en sny in skywe.  Bêre in ‘n lugdigte houer.
WENK:
Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die koekies te breek.

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
3 pakkies Mariebeskuitjies
1 bakkie kersies
2 pakkies droëvrugte (250 g)
500 g margarien
16 eetlepels suiker
4 geklitste eiers

Breek die Mariebeskuitjies in stukkies, nie fyn.
Snipper een bakkie van die kersies en al die droëvrugte.
Voeg dan alles by die beskuitjies.
Smelt die margarien  saam met die suiker.
Roer helfte van beskuitjies  by.
Voeg dan die  geklitste eiers by en roer terwyl die mengsel op die stoof is.
Haal af, voeg res van beskuitjiemengsel by roer deur.
Druk in oondpan, laat afkoel.
Sny blokkies.
Resep geplaas deur Piet Hazel de Jager




MINI MUFFIN SIZE FRUITCAKES

tested

MINI MUFFIN SIZE FRUITCAKES
500 g dried fruit cake mix
100 g mixed citrus peel
100 g red glacé cherries,
halved 100 g flaked almonds
200 g butter
250 ml brandy
250 ml brown sugar
10 ml bicarbonate of soda
4 ml mixed spice
2 extra large eggs
120 ml sherry/brandy
120 ml milk
400 ml cake flour
5 ml baking powder

Place cake mix, mixed citrus peel, cherries, almonds, butter, brandy, sugar, bicarbonate of soda and mixed spice in saucepan.Bring to the boil, lower heat and cook for 5 minutes while stirring continuously.Leave to cool.
Beat the egg, sherry/brandy and milk together and add fruit mixture.
Sift in the flour and baking powder. Mix well.
Spoon into muffin cases in a muffin tin and bake in a preheated oven at 160°C for 30 minutes.
Leave to cool.
Decorate with plastic icing or whatever you prefer

Recipe posted by Carol Elliott Claassen
Photo:  Renee van Rensburg




MAKLIKE VRUGTEKOEK

1381480_590451864325975_267273531_ntested

MAKLIKE VRUGTEKOEK
3 koppies koekmengsel
1 ¼ koppies suiker
2 koppies water
125 g botter
150 g glans kersies

Kook alles saam vir 25 minute , voeg die volgende by:

1 teelepel koeksoda
1 koppie gesnipperde dadels
Laat afkoel en voeg by:
¼ koppie brandewyn
2 eiers effens geklits
1 teelepel mixed spice
2 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeel

Meng goed, skep in voorbereide pan of panne en bak in voor verhitte oond op 150 ºC vir uur en 45 minute tot 2 ure.
Smeer brandewyn oor as klaar gebak is !
Laat heeltemal afkoel en verpak.

Resep: Rinie Louw




VERSIER JOU VRUGTEKOEK

VERSIER JOU VRUGTEKOEK
In Vrouekeur 2 is ‘n vrugtekoek wat jy agterna die neute en kersies bo-op pak.
Dan verhit jy 60 ml botter, 250 ml bruinsuiker, 125 ml room in n kastrol en skep die sousie oor die koek.
Dan sit jy die koek weer in die oond en rooster die spulletjie.
Dan sit die neute en kersies vas as hy koud word.

Wenk geplaas deur Dawie van den Heever
Foto: Zelda Ellis