PREMIX FRUIT CAKE

fruit caketested
PREMIX FRUIT CAKE
Premix Christmas Fruit Cake

1 premix fruit mix I bought from Cab Foods.
Just added
250 g butter,
6 jumbo eggs, the mixture comes with sugar mix, flour mix and fruit mix.
Mix altogether and bake in slow oven on 150 C for 1 1/2 to 2 hours or until skewer comes out clean.
Once cake has cooled down in your baking tin pour over the following sauce:
350 ml sugar,
250 ml water and
25 g butter or margarine.
On low heat dissolve these ingredients in a saucepan.

Simmer for 5 mins and add 80 ml Brandy ( optional ) pour over your cooled cake, only remove cake from tin when all the sauce has been adsorbed.
I then wrap the cake in tin foil and then cover in cling wrap and store in an air tight container.
In the last 3 weeks leading to Christmas, I pour 1 tbsp Brandy over the cake every week to keep the cake moistened. You can substitute the Brandy with a fruit juice.

Icing:
1 punnet marzipan,
1 punnet plastic white icing ( fondant )
3 tbsp melted apricot jam.
Glaze your cake with jam first then roll out your marzipan to drape the cake, not too thick, it will adhere to the jam. Roll out your white fondant and drape over the marzipan layer.
Decorate top of cake with fondant cutouts

RECIPE AND PHOTO: Gail Haselsteiner




3 BESTANDDELE VRUGTE KOEK MET SJOKOLADE MELK

2015-12-07-3bestandelevrugtekoekinsjokolademelktested
3 BESTANDDELE VRUGTE KOEK MET SJOKOLADE MELK

1 kg vrugtekoek mengsel (sit ekstra kersies by indien verkies)
750 ml sjokolade melk of rooibostee
2 koppies bruismeel

Week die vrugte in die melk vir 24 uur in die yskas.
Voorverhit die oond tot 150ºC of 120 ºC met die waaier aan.
Voeg die bruismeel by en meng baie goed deur.
Die mengsel is dik, skep in ‘n 25 cm losboom koekpan.
Bak vir 1 ½ tot 2 ure of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat die die pan afkoel vir ‘n uur en keer uit op ‘n afkoelrak en laat heeltemal afkoel.
Bewaar in ‘n toe houer in die yskas.
Die koek kan nie lank gebêre word nie. Dit is vir bak en eet – hou so twee weke in die yskas.
Bron en foto:  Hettie Bezuidenhout

Yvonne Naude:
With food lovers group – This is my 3 ingredients fruit cake. Will serve it on Thursday at our Seniors year end function. I used the Rooibos for the liquid.




ONGEBAKTE DADELKOEK


ongebakte dadel vrugtekoektested

ONGEBAKTE DADELKOEK

250 g botter
2 eiers, geklits
2 eetlepels kakao
1 pakkie pekanneute
2 ½ Mariekoekies, in kwarte gebreek
1 groot pak  kersies
2 pakke dadels, opgesny
¼ koppie suiker
¼ koppie  kook water
Smelt botter en suiker en roer eiers en kook water wat kakao in opgelos is in.
Meng res van die bestanddele by, meng goed en druk in jou gesmeerde pan.
Onthou om eier bietjie vir bietjie by te voeg anders stol die eiers in warm vloeistof.
Dit vries baie goed.

Foto en resep geplaas deur Winnie van Huyssteen




MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK

2015-11-20-maklikemikrogolfvrugtekoektested
MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK

500g koekmengsel
250 g dadels gesny
200g glanskerse
250 ml bruinsuiker
250ml kookwater
125g margarien in stukke gesny
5ml koeksoda
100g neute (opsioneel)
500ml koekmeel
3ml bakpoeier
2ml sout
2ml elk gemengde spesery
gemmer,
kaneel en
naeltjies
2 eiers geklits
12,5 ml sjokolade kleursel of sjokolade sous (opsioneel)
25ml brandewyn of Old Brown Sherry

Plaas eerste 6 bestanddele in ‘n groot mikrogolfvaste bak en meng deur.
Bedek met kleefplastiek en mikrogolf 5 min @ 100%.
Verwyder plastiek, roer koeksoda en neute by en laat eenkant staan.
Sif droeë bestanddele saam.
Klits eiers, voeg sjokolade geursel of sous en brandewyn of sjerrie by die eiers.
Voer ’n 2 liter roomys bak (of ander bak van keuse) met handdoekpapier uit.
Die papier hoef net onderlangs en effens teen die kante onder te wees.
Roer meel by vrugtemengsel.
Roer eier by mengsel.
Skep versigtig in roomysbak sodat papier nie toevou nie.
Hol die beslag effens uit in die middel.
Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 15 min @ 100 krag.
Laat dit in die bak afkoel tot lou voordat dit uitgekeer en die papier verwyder word.
Sprinkel addisionele brandewyn of sjerrie oor en draai in foelie toe.
Laat ryp word in ‘n koel plek.
Kan elke paar dae met n bietjie brandewyn of sjerrie verder besprinkel word.
Die bruin suiker, asook die sjokolade kleursel gee aan die koek ‘n donkerder kleur.
Gebruik dus ‘n lekker donker suiker indien moontlik.
Ek sit ook soms 2 E sitrusskil in.
Ek het n groot mikrogolfoond.
Die tyd kan met ‘n minuut of 2 wissel met ‘n kleiner Watt oond.

RESEP EN FOTO: Sharron Dianne van Eeden (Lid)




BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK

diabete vrugtekoek marietjietested

BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK
1 kg vrugtekoekmengsel
300 gr heel rooi glanskersies
250 ml appelsap
250 ml brandewyn/sjerrie
2 xtra groot eiers,geklits
750 ml semelverrykte bruismeel
5 ml fyn kaneel
2 ml sout
Ekstra brandewyn/sjerrie
Oond 180ºC.  Maak 1 ronde koek.
Plaas vrugte, glanskersies, appelsap en brandewyn/sjerrie oornag in groot mengbak.
Klits eiers saam en voeg by geweekte vrugtemengsel. Voeg bruismeel, kaneel en sout by vrugtemengsel en meng. Skep in ronde koekpan wat op bodem en kante goed gevoer is. Spuit met kossproei. Bak vir een en n half uur of tot toetspen skoon uitkom. Laat koek in pan afkoel en keer versigtig uit. Trek papier lae af en draai in foelie toe. Berg op koel plek tot benodig. Kan besprinkel word met ekstra brandewyn/sjerrie indien verkies.

Resep en foto geplaas en aangepas deur Marietjie Myburgh

Nota:  Omdat ek ‘n diabeet is het ek moes aanpas. Gewone bruismeel vervang met semelverrykte bruismeel en brandewyn vervang met sjerrie. Ek laat rooi glanskersies weg en voeg bietjie meer vrugte by.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




RSG SE VRUGTEKOEK

rsg vrugtekoek reg

RSG SE VRUGTEKOEK

800 g fruit mix
200 g rooi en groen kersies
500 ml lemoen sap
Meng laat staan oornag.
Volgende dag, voeg by 500 ml bruismeel en ½ teelepel sout.
Moenie pan uitvoer nie, bak in oond van 140°C vir 2 ure.

Geplaas deur Christa Eksteen
Foto:  Jolandi Greyling
Tweede foto: Meagan Von Willingh




VRUGTEKOEK MET PRONUTRO

 

2015-11-04-vrugtekoekmetpronutrotested

VRUGTEKOEK MET PRONUTRO

500g droevrugtekoekmengsel
375ml water
250ml sagte bruin suiker
125g margerien
5ml koeksoda
2 eiers (geklits)
250ml ongesif afgemeet koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml sout
180ml pro nutro (gewone)
30ml soet sjerrie

VERSIERSEL

1 eierwit
2ml sitroensuur of 2 druppels asynsuur.
ongeveer 300ml versiersuiker (gesif)

Verhit die vrugtemengsel, water, bruin suiker en margarine saam in ‘n kastrol tot kookpunt en kook dit 20min lank. Haal van die stoof af, roer die koeksoda by en laat die mengsel heeltemaal afkoel. Roer die eiers by die afgekoelde mengsel.
Smeer ‘n diep ronde koekpan van 20cm deursnee. Voer die boom en wand van die pan met ‘n dubbel lag waspapier uit. Voorverhit die oond tot 160C.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die pronutro by en meng. Voeg hierdie mengsel by die vrugte mengsel en meng goed. Skep die beslag in die koekpan en maak dit gelyk. Bak die koek 1 1/2 uur,
Gooi die sjerrie oor wanneer die koek uit die oond kom en laat die koek 10 min lank in die pan afkoel. Keer dit op ‘n draadrak uit, Laat die koek heeltemaal afkoel en draai dit dan in was of btterpapier eb aluminiumfoelie toe. Bewaar 3-4 weke om ryp te word.

VERSIERSEL

Klits die eierwit liggies in ‘n mengbak. Voeg die sitroensuur – of asynsuur by. Klop die versiersuiker teelepel vir teelepel by todatdie regte dikte verkry is. Om te toets, steek ‘n mes daarin en trek dit weer uit; dit moet ‘n sagte spitsie vorm.
Smeer die versiersel glad op die koek met ‘n mes wat in warm water gedoop is.

FLR FOTO: Elsabe Britz Vander Watt




PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK

2015-10-06-petreselekkervrugtekoektested

PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1,3 kg vrugtekoekmengsel
400 g rooi glanskersies
250g ontpitte dadels grof gekap
250 g gemengde neute
1 flessie groenvye gekap
15 groterige stukke maketaan fyn gekap
1 koppie bosbessies (cranberries)
250 ml brandewyn
500 g botter
500 ml sagte bruinsuiker
10 ekstra groot eiers
10 ml vanilla geursel
10 ml karamelgeursel
60 ml lemoenmarmelade
4 koppies ml koekmeel
2 ml sout
5 ml neutmuskaat
10 ml fyn kaneel
10 ml gemengde speserye
10 ml fyn gemmer
125 ml brandewyn vir agterna oorsit

Meng al die vrugte met 1 koppie brandewyn en laat week oornag
Voer 2 vierkantige 20cm-koekpanne met 2 lae waspapier en 2 lae bruinpapier ( ek sit nog tinfoil ook tussenin. Spuit of smeer goed en hou eenkant.
Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. ( Ek voeg ‘n teelepel koekmeel met elke eier se toevoeging by … Dit help dat die mengsel nie skif nie). Voeg die geursels en marmelade by.
Sif die meel, sout en die speserye saam. Voeg die vrugte by die droë bestanddele en meng goed sodat al die vrugte met dit bedek is. Voeg dan die bottermengsel by en meng goed. Skep die beslag in die gesmeerde panne en bak ongeveer 2 ¼ ure in voorverhitte oond by 140ºC. Giet 125 ml brandewyn dadelik oor elke koek sodra dit uit die oond kom. Laat die koeke heeltemal in die panne afkoel.
Beslag 1 en ‘n half keer aangemaak
petre-se-vrugtekoeke

Voorbereiding van die panne
petre-se-panne

Foto: Petro Kloppers




MAMMA SE BAIE LEKKER VRUGTEKOEK

tested

MAMMA SE BAIE LEKKER VRUGTEKOEK

Dit is ‘n lekker donker koek.
Voer panne met twee lae bruinpapier en een laag waspapier
Voorverhit oond na 140-150 ºC
1 kg koekmengsel
250 g kersies
750 g dadels
neute
geglaseerde vrugte
3 koppies koekmeel
2 koppies suiker
3 eiers
2 teelepels koeksoda
250 g botter of margerien
1/3 koppie sterk koue koffie
Kook vrugte met die margerien en 2 koppies water vir 15 min.
Laat effe afkoel,roer suiker in en dan die goed geklitste eiers,
Dan meel en heel laaste koeksoda wat eers met bietjie warm melk gemeng is. Skep in panne en bak vir 2 uur of tot gaar.
Mamma gee nie die hoeveelhede vir die neute en glazed fruit nie maar ons skat so handvol van elk sal reg wees
Hou hom nat met brandewyn (of appelsap as jy nie alkohol verkies nie)

Bron: Eleanor Steyn (Isabel)




MARIETJIE SE VRUGTEKOEK

2015-09-21-marietjiesevrugtekoektested

MARIETJIE SE VRUGTEKOEK

250g margerien
2 telepels van neut en gemengde speserye
3 telepels koeksoda,
2 koppies suiker,
4 X 250g pakkies gemengde vrugte,kook saam vir 10 min sit 1pakkie kersies en neute van jou keuse by. Haal af en laat afkoel.
Voeg 1kop water
4 eiers,
4koppies meel en
3 telepels bak poeier by.
Meng goed en bak in voorbereide oond van 350gF vir 1uur met bruin papier bo-op. Dit verhoed net dat koek nie te bruin. Word nie stel oond af na 250gF en bak nog n vedere 2 ure. Toets met breipen en as skoon uitkom is koek gebak as nie bak nog tot jy tevrede is geniet en eet lekker. Onthou om elke 3weke n paar doppies brandewyn op te gooi draai toe in foelie en bere in yskas haal 2 dae voor kersfees uit en sit n paar glans vrugte op en strooi met versiersuiker

Bron en foto: Marietjie du Toit (lid)