

MAKLIKE VRUGTEKOEK
5 koppies vrugte koek mengsel
1 pakkie dadels, gekerf
1 pakkie kersies
1 pakkie pecan neute, gekerf
1 pakkie citrus (lemoen skil)
250 g stork bake
3 koppies water
2 koppies suiker
1 teelepel koeksoda
2 opgehoopte teelepels bakpoeier
5 ml sout
± 4 koppies meelblom (beslag moet nie te slap wees nie)
3 eiers, geklits
Kook vrugte, dadels, water, suiker , koeksoda en stork bake vir 25 min. Roer baie en laat afkoel.
Sif meel , bakpoeier en sout saam. Ek sit so halwe teelepel pypkaneel en mixed spice by.
Klits eiers en meng GOED om die beurt met vrugte en meel mengsel. Bak vir 3 uur by 160º C.
Draai bietjie koeler vir laaste halfuur.
Ek gebruik ‘n ou enamel kastrol met koerant papier buite om gebind en ‘n hele paar lae bruin papier en glad bake aangesien hy lank bak.
Ek versier nie en gebruik ook die alkohol nie, maar ek glo jy kan hom maar dokter. Geniet.
Foto: Sarah Rose Meikle
Sarah se notas:
Is nogal duur en hy weeg so 3 na 4 kg maar dis my sus hulle se kersgeskenk.
Ek is lief vir sout maar gebruik so 1 teelepel.
Ek gevind as die beslag bietjie styf is, gooi ek nog water by maar dit moet ‘n stywe beslag wees.
Sodra jy in pan het dan maak ek duikie in die middel anders bars hy bietjie, maar hy behou sy vorm sodra hy afgekoel het. Ja, ek is gelukkig om die ou kastrol te hê.
Ons het ‘n ou enamel kastrol met paar lae koerant buite om met tou vas en dan baie lae bruin en glad bake op bodem en aan die kante aangesien hy so lank bak !
Dames, in die ou tyd het jy die kersies en neute nog in pakkies gekoop. Ek koop sommer by Bakers Bin of Pack ‘n Spice ‘n groot houer kersies en deel hom in die helfte.
Ek hou van baie neute, dus sit ek sommer ‘n groot hand vol in. Ek kan nie presies sê hoeveel nie. Ouma hulle was maar behoeftig dus het sy maar skaars gewerk met dit.
Ek wil ook net noem, bedek die kersies met bietjie meel voor jy byvoeg by beslag. Dit voorkom glo dat dit nie afsak nie. (of so iets)
MOET NIE kersies en neute saam vrugte kook nie, dit verdwyn. Meng heel laaste met beslag voor jy in pan sit !!