DAWIE SE VRUGTEKOEK

vrugtekoektested

DAWIE SE VRUGTEKOEK
Foto deur Dawie Vd Heever
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies koekmeel, hoogvol
500 g margarien
3 koppies suiker
12 eiers, geskei (Moenie al die gele bymekaar sit nie, dit word een-een bygevoeg)
2 eetlepels kaneel
1 eetlepel kitskoffie
2 eetlepels kakao hoogvol
1 teelepel koeksoda, opgelos in een eetlepel suurlemoensap net voor dit ingemeng word
1 teelepel amandelgeursel
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie brandewyn
½ teelepel sout
½ koppie ingelegte gemmer fyngesny, opsioneel
250 g dadels, fyngesny
250 g pitlose rosyne
250 g korente
500 g sultanas
125 g gemengde skil
125 g gevlokte amandels
¼ teelepel fyn gemmer
¼ teelepel fyn naeltjies
250 g kersies, fyngesny
250 g verglansde vrugte (Kry dit klaar gemeng in boksies)
Berei die sultanas, korente en rosyne voor. Was hulle af en dreineer alle water. Bak in ‘n toe dekselhouer in oond vir ongeveer ‘n halfuur op 130°C tot hulle uitgeswel is. Laat afkoel tot lou warm.
Klop suiker en botter saam tot room. Voeg amandelgeursel en sout by, voeg eiergele een vir een by. Klits mengsel deeglik.
Meng al die speserye met die meel.
Sit al die vrugte bymekaar voor dit by die mengsel gesit word.
Meng die droë bestanddele met die bottermengsel en voeg die vrugtemengsel by. Meng goed.
Voeg brandewyn en suurlemoensap met koeksoda by, meng goed.
Heel laaste vou styfgeklopte eierwitte goed in.
Skep in twee 23 cm panne wat uitgevoer is met dik tinfoelie. Bak vir 3 ure by 150°C.
Toets deur toetspen in die middel van die koek te druk, en dit moet skoon uitkom.
Nadat die koek gaar gebak is, laat goed afkoel.
Gieti ½ koppie brandewyn oor.  Draai goed toe in foelie en bere in koekblik met deksel.
Twee dae voor gebruik weer ‘n ½ koppie brandewyn.
HEERLIKE KLAM VRUGTEKOEK – 1ST PRYS OP PRETORIA SKOU.




MIKROGOLF VRUGTEKOEK

MIKROGOLF VRUGTEKOEK
Resep: Alet van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
(heerlik!)
500 g vrugtekoekmengsel
205 g bruinsuiker
130 g margarien / botter
250 ml water
5 ml koeksoda
100 g glanskersies in kwarte gesny
10 ml kitskoffiepoeier
500ml koekmeel, gesif
5 ml bakpoeier
5 ml gemengde speserye (mixed spice)
5 ml kaneel
2 eiers, geklits
100 g pekanneute
brandewyn

Plaas koekvrugte, suiker, botter/margarien en water in ‘n diep mikrogolfbak. Bedek met kleefplastiek of mikrogolfdeksel en mikrogolf vir 5 – 6 min. by 100% krag. Roer twee maal tussenin.
Voeg koeksoda, kersies en koffiepoeier by. Roer en laat mengsel heeltemal afkoel. (Die mengsel sal opbruis sodra die koeksoda bygevoeg word.)
Sif koekmeel, bakpoeier, speserye en ‘n knippie sout saam. Roer om die beurt met geklitste eiers by afgekoelde vrugtemengsel.
Voeg neute by en meng goed.
Smeer ‘n diep ronde (24 cm) mikrogolfbak of glasbak liggies (of Spray n Cook dit), voer die boom uit met kombuispapier. Skep beslag in die voorbereide bak, en mikrogolf vir 20 minute by 50% krag en dan vir ‘n verdere 20 minute by 30% krag.
Laat koek heeltemal afkoel in bak en keer dan uit. Giet genoeg brandewyn (ongeveer 75 – 100 ml) oor. Draai toe in foelie.
Wenk: As die koek ‘n klam kol in die middel het, bedek die rand van die bak met foelie en mikrogolf vir 3 – 4 min. by 100% krag.

 




WIT VRUGTEKOEK

WIT VRUGTEKOEK
Resep geplaas deur Karien Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
1½ koppie rosyne
1½ koppie sultanas
250 g kersies gesniper
1½ koppie bruin suiker
6 eiers
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels gemengde speserye
2 eetlepels gekapte amandels
1½ koppie korente
¾ koppie brandewyn
1½ koppie botter
3 koppies meel
½ teelepel sout
½ koppie melk

Meng al die droë vrugte saam, giet die brandewyn oor en laat staan oornag. Klop botter en suiker tot romerig. Klits die eiers een vir een by. Voeg die vrugte en amandels by en meng goed. Roer die droë bestanddele by, indien die mengsel te styf is kan nog ‘n bietjie melk bygevoeg word. Voer ‘n pan of kastrol uit met 3 lae goed gesmeerde bruinpapier. Skep die mengsel in die pan en bak in ‘n matige oond 180ºC vir 2½ tot 3 ure. Keer die koek uit en laat afkoel. Smeer die koek met brandewyn. Smeer die koek na 2 dae weer brandewyn, en daarna soos verkies.




MAKLIKSTE VRUGTEKOEK

vrugtekoeke opgetooitested

MAKLIKSTE VRUGTEKOEK
Resep geplaas deur Lizelle Lehman De Jager
FOOD LOVERS RECIPES
Hi Ek het die reseppie gekry, ek dink nie mens kry makliker nie;
1 kg gemengde vrugtemengsel
1 koppie lemoensap, (gebruik ‘n soeter sap indien bang vir te suur)
1 koppie brandewyn
2 koppie bruismeel

Meng alles, skep in gesmeerde koekpan, bak vir 2 ure op die onderste rak van jou oond teen 130º C, Haal uit en laat afkoel, maak toe met foelie en laat staan ten minste 2-3 dae voor sny

 




STAATMAKER VRUGTEKOEK

tested

STAATMAKER VRUGTEKOEK
Foto en resep deur  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
Beslag vir 1 x 22 cm pan
750 ml gemengde koekvrugte
125 ml verglansde kersies
125 ml gesniperde dadels
OF
1 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
250 ml suiker
5 ml koeksoda
125 ml botter
300 ml water

125 ml kookolie
5 ml gemengde speserye
10 ml kaneel
3 ml neut muskaat
500 ml gesifte koekmeel
5 ml sout
7,5 ml bakpoeier
2 geklitste eiers
5 ml rum geursel

Kook die vrugte, kersies, dadels, suiker, koeksoda, botter, olie en water vir 25 minute oor stadige hitte. Roer gedurig om te verhoed dat dit aanbrand. Verwyder van die hitte en laat ‘n rukkie afkoel.
Klits die eiers en voeg die geursel by. Hou eenkant
Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng, gooi nou die eiermengsel stadig by en meng baie deeglik. Skep die koekmengsel in ‘n gesmeerde koekvorm of kastrol wat uitgevoer met 3 lae baie goed gesmeerde bruinpapier en maak ‘n deksel van ‘n laag foelie om bo-oor die koekvorm vas te druk. Dit is noodsaaklik dat die pan deeglik met papier uitgevoer word, anders sal die vrugte brand. Bak die koek vir 1½ – 2 ure  in ‘n matige oond by 160º. Of tot toetspen skoon uitkom, die tyd sal afhang van die grote van die koek.

Keer uit en laat afkoel, giet ‘n proppie of twee brandewyn oor en laat staan. Maak toe met foil en bere, gee elke week weer bietje brandewyn of sjerrie

Bak tenminste ‘n maand voor gebruik as jy wil he hy moet sommer lekker klam wees. Hou die hele tyd toe in foil en houer met deksel.  Versier indien nodig na laaste toediening van brandewyn/sjerrie.

2de foto deur Angela Woods Schubach.. beskrywing onderaan
I warmed up a mixture of apricot jam and brandy and brushed it onto the sides and top of the cake and then rolled the cake in a mixture of chopped almonds, pecans and walnuts
3de foto deur Adam Cloete  gebak in ‘n vierkantige koekblik..

HIERDIE BESLAG IS GENOEG VIR 3 x 18 cm KOEKE
1.5 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
375 ml suiker
7.5 ml koeksoda
200 ml botter
450 ml water
200 ml kookolie
7.5 ml gemengde speserye
15 ml kaneel
5 ml neut muskaat
750 ml gesifte koekmeel
7.5 ml sout
10 ml bakpoeier
3 geklitste eiers
7.5 ml rum geursel
VOLG BOGENOEMDE METODE

Nota:  Driena Pienaar  – Ek maak ‘n stroop, ek vat ‘n 1 koppie suiker, ½ koppie water, ½ koppie lemoensap, kook alles saam tot ‘n stroop en gebruik dit oor die koek, ek giet dit so twee keer oor voor die koek ge-eet word.




EASIEST FRUITCAKE EVER!

EASIEST FRUITCAKE EVER!
1 kg Mixed Fruit Mixture
2 cups Fruit Juice
2 cups Self Raising Flour

Preheat oven to 130ºC. Soak fruit in juice for 2 hours or overnight.
Stir flour into soaked fruit mixture and mix well. Put into large lined baking tin. Bake for 2 hours in the bottom of your oven on 130ºC. Remove and leave to cool.
Put into container or wrap in foil.
Keep for 2-3 days before cutting.
I absolutely ADORE cherries, so I used 600 g mixed fruit mixture. Then I added 200 g red cherries, 200 g green cherries.
I also used 1 cup orange juice, 1 cup brandy instead of 2 cups fruit juice.

Recipe posted by Rina Kleinhans




MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK

VRUGTEKOEK2

MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK
Resep geplaas en foto: Louisa Prenzler
Ek het gou sommer 2 mikro vrugtekoeke gebak in silikoon panne. Dit is die mooiste wat hulle nog ooit gekom het en ek het nie eens `n omgekeerde piering onder die pan gesit nie, want die panne is mos slap. Die resep, weet ek nie meer waar ek hom gekry het nie, maar julle kan hom bak, dit kom nooit`n floppie nie.
FOOD LOVERS RECIPES
500 g vrugte (ek het geglanseerde vrugte redelike stukke gesny)
1 x 432 g blik fyn pynappel met stroop en al
1 koppie sagte bruinsuiker
125 g margarine in blokkies (ek het regte botter gebruik)
1 teelepel gemengde speserye
1 teelepel kaneel
1 teelepel fyn gemmer

Sit nou alles in `n bak en mikrogolf 5 minute op 100% krag met gladwrap oor.
Laat dit heeltemal afkoel en voeg roer dan die volgende by:-
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels brandewyn
200 g kersies (ek het ook 100 g pekaneute bygesit)
Meng nou die volgende saam en sif dit oor die mengsel om die beurt met die geklitste eiers:-
1 koppie koekmeel
1 koppie bruismeel
¼ teelepel sout
2 groot eiers

Ek het dit in my silikoon pan van 22 cm by 22 cm en 5 cm geskep, wat ek liggies gespray en cook het.
Maak `n holtetjie in die middel.
Mikrogolf vir  25 min by 70% krag.
Sprinkel brandewyn oor en laat in pan afkoel (Ek het nie eers nie).
Keer om op rak en sprinkel weer brandewyn.
Sodra die koek goed koud is, draai toe in foelie.

 

 




EKONOMIESE VRUGTEKOEK

EKONOMIESE VRUGTEKOEK
Resep geplaas deur Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
500 g droë vrugtekoekmengsel
250 ml sagte bruinsuiker
200 ml botter of margarien
375 ml water
10 ml koeksoda
500 ml koekmeel
5 ml gemengde speserye
Knippie sout
2 eiers
125 ml brandewyn

Bespuit ‘n 2.5 liter tuitpan, 23cm deursnee en 9cm diep met kleefwerende kossproei. Bedek die boom met ‘n sirkel waspapier met ‘n gat in die middel sodat dit plat in die pan lê.
Mikrogolf die droëvrugte, bruinsuiker, botter en water 10 minute oop in ‘n diep bak by 100% krag. Roer die mengsel af en toe. Roer die koeksoda by en laat afkoel.
Sif die meel, gemengde speserye en sout saam. Klits die eiers. Roer die meelmengsel by die vrugtemengsel en daarna die eiers. Meng goed.
Skep die beslag in die tuitpan en maak bo-op gelyk. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond. Bedek lossies met ‘n vel waspapier. Mikrogolf die beslag vir 20 minute by 70% krag.
Verwyder die vel waspapier en giet die brandewyn oor die warm koek. Laat dit in die pan afkoel. Keer uit op ‘n vel waspapier op ‘n draadrak en trek die sirkel waspapier versigtig af.

 




YSKAS VRUGTEKOEK

YSKAS VRUGTEKOEK
Variasie resep:  Veronica Roux
Resep en foto: Magda vd Merwe
Graag deel ek met julle vanoggend, so op ‘n pragtige Kersdag, hierdie heerlike yskas vrugtekoek. Dit is ‘n ou familie gunsteling.
FOOD LOVERS RECIPES
100 g regte botter
1 blik kondensmelk
60 ml Rum/ Brandewyn
100 ml rooi kersies
100 ml sultannas
100 ml korente
100 ml gekapte gemengde neute
100 ml fyngesnyde dadels
100 ml wit suiker
5 ml vanilla geursel
2 x 200 g fyn tennisbeskuitjies

Verhit die botter, kondensmelk en Rum/ Brandewyn saam, voeg suiker by en roer goed (nie kook nie).
Verwyder van die hitte en meng met die res van die bestanddele. Giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en druk vas, verkoel oornag. Sny die koek in skywe en geniet.

Variasie:
Probeer gerus hierdie vrugtekoekresep, dis yummies!!
250 ml gekapte dadels
125 ml elk sultanas, korente, rosyne, kersies en gekapte neute
125 ml bruinsuiker
125 ml botter
1 blik kondensmelk
2 pakkies Tennisbeskuitjies, in stukkies gebreek
5 ml vanilla

Smelt die botter en suiker. Roer die kondensmelk by en verwyder van die hitte. Voeg die vrugte en beskuitjies by en roer deur. Spuit ‘n ringkoekpan met kleefwerende kossproei en druk die mengsel in die koekpan vas. Laat staan 24 uur in yskas. Heerlik!!