CARPACCIO MET N TWIST

CARPACCIO WITH A TWISTtested
CARPACCIO MET N TWIST
Koedoe / Kudu carpaccio. ( Alternatief enige bees fillet of snit ).
Sny die vleis en dun repies.
Marineer rou vleis in suurlemoensap, balsamiese asyn en olyfolie vir minimum 4 ure ( kan oornag ook laat staan ). Spesery met suurlemoen peper.
Botter beskuitjie van keuse liggies. Plaas snysel kaas, in hierdie geval Briekaas bo-op, smeer met hot English mosterd en plaas gedreineerde vleis snitte daarop. Sout na smaak. Bedrup met nog suurlemoen en tobasco na smaak.
As dit `n begin van die maand snack is, gebruik organiese ” baby herb ” slaai blaartjies en ingelegde ” capers “.
BRON – Johan Rossouw




VYE VOORGEREG

Vye voorgereg
VYE VOORGEREG

My Vy!!! Hier’s ‘n vinnige voorgereg happie bord veral vir kersfees of sommer voor ‘n braai!

Lekker ryp vye in kruise gesny
Gerookte salmon
Pistachios opgekap
Bloukaas (optioneel) [kan met brie kaas of Camembert vervang word]
Heuning ook optioneel [net ‘n ligte drissel]

Vreeslike lekker combo! Ons mans pop sommer dit so heel inni mond…

Gaan natuurlik baie lekker saam ‘n Pinotage of ‘n sagte Shiraz

Enjoy!!!

BRON EN FOTO: Morne Chef Mo‎ en Ansie Coetzee




GESTOLDE JOGHURT VOORGEREG MET FRANSE KAASBROODJIES

2015-12-04-gestoldejoghurtenfransekaasbroodjiestested
GESTOLDE JOGHURT VOORGEREG MET FRANSE KAASBROODJIES

500 ml joghurt (enige geur)
15 ml gelatine
25 ml warm water
Smelt gelatine in water en roer by joghut.
Skep in kolwyntjiepanne en laat set.
Keer uit wanneer gestol en versier met vrugtestokkie en lekker aarbei- of bloubessiesous.

KAASBROODJIES
Sny skuinssnye Franse brood of gebruik sommer broodrolletjies.
Rasper kaas op die fyn kant.
Meng kaas met genoeg mayonnaise om dit bo-op die broodjie te sit sonder dat dit loperig is en afloop.
Bak in oond tot broodjie gerooster en kaas lekker ligbruin is.
Dit is heerlik koud of warm.

Resep en foto: Amanda Struwig




KRAPKOEKIES


KRAPKOEKIES
1 blikkie krapvleis, gedreineer
1 appel met skil, gerasper
halwe ui, gerasper
rissievlokkies (opsioneel)
sout en peper
Meng al die bestanddele saam.
Rol dit in bolletjies, en plaas in yskas vir ‘n uur.
Smul! (Dit word glad nie gebak nie)




SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI

2015-11-09-salamienpoppyseedrostitested

SALAMI EN POPPIESAAD ROSTI
3 groot aartappels, grof gerasper
1 medium ui, grof gerasper
Dreineer deeglik, en druk soveel ekstra vloeistof uit as moontlik.

In ‘n aparte bak, meng deeglik:
sout en peper na smaak
knoffel en origanum na smaak
1 eetlepel Maizena en 1 eetlepel koekmeel
4 – 6 skyfies salami, fyn gesnipper
Meng aartappels en uie deeglik by meel mengsel
Voeg so 2 eetlepels olie by
Meng 1 eier by

Skep in ‘n gespuite oondpannetjie van jou keuse. (ek het ‘n Brownie pannetjie gebruik)
Sprinkel mildelik met poppy seeds bo-op.
Bak vir so 20 – 30 teen 180°C of tot goudbruin en crispy.
Laat effens afkoel en skep uit.
Bron en foto: ‎Meyer Combrinck‎




EDNA SE TUNARING MET BACON KIPS


EDNA SE TUNARING MET BACON KIPS
Gebruik vier verskillende bakke.
Bak 1:  krummel die bacon kips fyn en meng met een eetlepel botter.
Bak 2: rasper 4 agurkies en meng met 250 ml maaskaas en bietjie aromat. (gegeurde maaskaas van jou keuse is lekkerder)
Bak 3: rasper 6 hardgekookte eiers fyn, meng met 2 eetlepels mayonnaise en bietjie aromat.
Bak 4: rasper 2 agurkies fyn asook ‘n kwart ui en meng met 2 blikke tuna, 1 eetlepel mayonaise en 1 eetlepel blatjang.

Vat ‘n ring en pak alles in lae.
Kwart van die bacon kips, maaskaasmengsel, bacon kips, eiermengsel, bacon kips, tunamengsel en laaste weer bacon kips.
Druk alles styf vas en los oornag in yskas.
REGTIG HEERLIK.

Resep:  Edna van Heerden
Foto’s: Rudi Basson, Yvette Dolphin en Benhet Nieuwenhuis

Nota Benhet: EK het hierdie resep gemaak, maar net in kleiner vorms geskep vir elke gas. WOW dit was nou heerlik!




BACON AND ASPARAGUS STARTERS

tested
BACON AND ASPARAGUS STARTERS
asparagus spears
bacon strips halved lengthwise
toothpicks
Wash asparagus and cut 2 cm off the ends.
Place each bacon strip on a chopping board at a 45 degree angle.
Place one of the asparagus spears on top of the meat, perpendicular to it.
The tip of the asparagus should be lined up with the bottom of the bacon strip. Wrap the bottom end of bacon over the asparagus and holding the meat tight, start rolling the asparagus up.
The bacon strip will wrap around the whole length of the spear because it’s on an angle.
You can secure ends with toothpicks and don’t worry if parts of the asparagus spears are not covered completely.

Notes: You can pre-wrap the asparagus ahead of time until you cook. It’s best served just off the fire




RYSPAPIER ROLLETJIES

2015-09-03-rysroltested
RYSPAPIER ROLLETJIES
Rys vermacilli (week in kookwater vir 5 min)
Rys papier velle
basielie blare geskeur of mentblare
slaaiblare gesny
boontjie spruite
komkommer in repies
gras uie in repies
hoender fillet gaar en in repies (Ek het gerookte hoender borsies gebruik)
Shrimps (Ek het gerookte salm gebruik)
Doop die ryspapier in warm water. Sit dit bo-op klam kombuis papier. Sodra die ryspapier sag is plaas klein hoeveelheid van vulsel in en rol op. Soos springrolls.
Bedien met soet rissiesous of sous van jou keuse. Ek het party met salm en die ander met hoender gemaak.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman




SMOKED SNOEK PATE

2015-08-19-fb_img_1439989276459
SMOKED SNOEK PATE
Source – Feriel Sonday
Photo- Feriel Sonday
FOOD LOVERS RECIPES
250 g fresh smoke fish de boned
1 onion
I fresh lemon squeezed
1 teaspoon Fisherman Spice
1 teaspoon dried Parsley or fresh parsley
¼ teaspoon Peri Peri Spice
2 ½ tablespoon Mayonnaise

Add all above in food processor till a smooth paste serve on whole wheat bread or Crackers Enjoy




SPUR BUFFALO WINGS

2015-08-12-spurbuffalowingstested
SPUR BUFFALO WINGS
‘n pakkie hoedervlekies elkeen in die helfte gesny.
‘n Pot sonneblom olie (vir diep braai)
‘n Paar stingels seldery,
‘n bottel Ina Paarman (of Woollies)
Blue cheese salad sauce en
‘n bottel SPUR Durky Sous
sout

Diep braai jou vlerkies tot goud bruin en laat die ergste olie vinnig afdrup op handoek rol. Sprinkel sout oor na smaak en gooi dan van die durky sous oor die warm vlerkies – en daar het jy dit – bedien dan op saam met die seldery asook n bakkie van jou durky sous en die Blou kaas sous – glo my ek eet dit eerder nou by die huis as om die belaglike prys vir n paar stukkies in ‘n restaurant te betaal. Dit kan ‘n aandete saam met ‘n lekker slaai ook wees.

BRON/FOTO: Lunette Prinsloo