LEKKER PRAWN VOORGEREG

prawn voorgeregtested
LEKKER PRAWN VOORGEREG
Gideon Louw
Julllleeeeeeeeee Liezl het haarself oortref met hierrie voorgereg wat sy gemaak en ons het dit vannaand gedoen en dit was heeeeeeeerlik.
500 g prawn sterte skoongemaak
1 pakkie bokomo broodkrummels
2 eiers geklits
½ koppie maizena
olie vir vlakbraai
¼ koppie mayonnaise vir doopsous
suurlemoenskyfies saam met opdien
Doop die sterte eers in die maizena.
Dan in die geklitste eier.
Dan in die krummels.
Bak in die warm olie vir +- 4 of 5 min of tot goudbruin.
Sprinkel suurlemoensap oor en doop in mayonnaise en geniet.

Foto:  Liezl Louw
2 de Foto: Stompie Theron Borman
Resep: komplimente van Justin Bonello




FRIKKIE SE CAMEMBERT IN SKILFERKORS

frikkie se camembert voorgereg
FRIKKIE SE CAMEMBERT IN SKILFERKORS
‘n Vierkant skilferdeeg met dijon mosterd, heel korrelmosterd, Esdoring stroop, ‘n wiel camembert, bietjie peper en amandel splinters.

Vou toe en bak vir 15 min by 200 ºC.
Verlaag die hitte na 180ºC en bak nog 10 tot 15 min.

Uie marmelade is ook baie baie lekker in die plek van die mosterd

FOTO EN RESEP:  Frikkie Jones




DRIKA SE SPINASIEROL

tested
DRIKA SE SPINASIEROL

Kook spinasie tot sag, druk al die water af.
Braai uie, knoffel en sampioene wat opgekap is saam.
Skei 1 eier.
Meng spinasie eiergeel en uiemengsel saam.
Klop eierwit styf en meng met die spinasiemengsel.
Op ‘n oondpan le foil uit wat gesproei is met “cook n bake”.
Skep die mengsel op die foil en bak tot eier gaar is, ongeveer 10 min.
Nie te lank nie anders droog dit uit.
Strooi gerasperde kaas oor bak nog 5 min. vir kaas om sag te word.
Rol nou die spinasierol op (soos n swissrol).
Lyk pragtig en smaak heerlik.

Resep: Drika van Greunen




SPINACH DIP MOZZARELLA STICKS

SPINACH DIP MOZZARELLA STICKStested
SPINACH DIP MOZZARELLA STICKS
500 g cream cheese
½ cup cooked spinach
2 cups grated mozzarella cheese
1 teaspoon salt
1 teaspoon fresh ground pepper
1 teaspoon garlic powder
(The spices look a lot but it works perfectly)
Mix all the above ingredients and flatten in a baking sheet lined with greaseproof paper. Freeze for 30 – 60 minutes.
Tip out of baking sheet, remove paper and cut in fingers. (about 1 x 8 cm)
Roll in flour, then eggs, then breadcrumbs and shallow fry in oil.
2 cups cake flour
4 eggs beaten
2 cups breadcrumbs
Oil for frying
I got lazy in the end and rolled the stick in filo pastry, which was as good!!
Serve with any sauce – njammies !!

Recipe and photo: Nicolette Fick




VINNIGE RICOTTA VOORGEREG

Vinnige Ricotta Voorgeregtested
VINNIGE RICOTTA VOORGEREG
1 liter volroommelk
2 koppies karringmelk
2 teelepels suurlemoensap

Verhit alles oor lae hitte vir 40 min(ek het korter op hoër temperatuur. Melk gebring tot 90ºC net voor kook! Moenie roer nie! Dreineer die melk deur ‘n kaasdoek so 5 ure dan het jy lekker ricotta. (Vergeet om dit afteneem)

Gebakte Ricotta
250 g ricotta
2 teelepels oreganum
2 teelepels tiemie
olyfolie
sout en peper

Smeer bakplaat met olie en plaas ricotta op! Vryf met kruie en geur baie goed met sout en peper! Bedruip met olyfolie!
Bak 45 min tot goudbruin kors bo-oor vorm!!
Dis baie lekker. Proe net soos houlomi kaas!!
Ek’t ‘n sousie gemaak en dit soma daar in gedruk! ! Lekker voorgereg! !
Foto en resep gepos deur Benhet Nieuwenhuis




WAATLEMOEN “MARTINI”

waatlemoen martinitested

WAATLEMOEN “MARTINI”
Vars waatlemoen in jou blender en blend tot silky. Laat staan in yskas vir 15 min. Net voor jy jou ”martini” skink gooi 300 g ysblokkies by vir elke 1 liter vars waatlemoen sap. Blend baie vinnig sodat jy nog stukkies heel ys in jou sap het. Kikker jou glasie op met waatlemoen balletjies en ‘n stukkie mint. ‘n Tot vodka smaak ook nie sleg saam die waatlemoen sap nie, maar nou nie vir ontbyt nie. 🙂
SAAM OP DIE BORD
Ek het waatlemoen in driehoeke gesny soos ‘n pizza en vars vrugte bo op my pizza waatlemoen gepak. Op ‘n medium sosatie stokkie ‘n pynappel stukkie, kiwi fruit skyfie, halwe arbei en ‘n swart druiwe korrel. 1 medium grote spanspek bolletjie en ‘n klein winter spanspek bolletjie. Een lip lekker vrugte pizza stukkie.
In die klein glasie het ek 1 teelepel mixed berry compot en 2 eetlepels natuurlike yoghurt. Klein bietjie heuning bo oor en ‘n raspberry.
In die glas lepeltjie het ek ‘n mengsel van die volgende gemaak:
1 koppie klapper skaafsels
1 koppie sonneblom sade
1 koppie gemengde rosyne
1 koppie pekaneute en
4 koppies muesli van jou keuse

Meng saam en maak die lepeltjies vol. Ek hou die muesli apart van die yogurt, omdat baie mense allergies is vir neute.
Foto en resep:  Willemien Visser




CAMEMBERT EN UIE VIERKANTE

12744607_10208393372133399_7631334505096766075_n
CAMEMBERT EN UIE VIERKANTE
Gekoopte blaardeeg
Uie
Botter
Balsamiese asyn
Bruinsuiker
Knoffel
Camebertkaas
Sny die deeg in ewe groot vierkante en hou koud…braai intussen die uie in botter tot gaar en gooi dan balsamiese asyn en brunisuiker by en kook tot amper geen vog. Skep uie op vierkante…los ‘n randjie oop en bak vir 15 tot 20 min by ongeveer 200 grade tot goudbruin en opgepof…haal uit. Sny skyfies Camebert en sit bo op uie en sit terug in die oond vir so 2-3min. Vinnige maklike vinniger happie
Resep en foto – Corinne Munro




WILMA SE GEVULDE TAMATIES

gevulde tamatietested

WILMA SE GEVULDE TAMATIES
My gevulde tamatie. Ek dink dit gaan ‘n heerlike voorgereg wees.
6 medium grootte FERM tamaties
1 klein uitjie opgekap
2 eetlepel botter
500 g ertjies
1 eetlepel gekapte kruisement
sout en peper na smaak
1 eiergeel
Calamata Olywe vir garnering
Was en droog die tamaties deeglik. Sny die kroontjie af, hol die vlees uit en draai om sodat die oortollige sappe kan uitloop. (bêre die pulp vir latere gebruik).
Kook die ertjies tot net gaar in bietjie soutwater en laat afkoel.
Braai die ui tot deurskynend maar nie bruin nie. Voeg die ertjies en kruisement by en braai vir 5 minute.
Verpulp die ertjiemengsel. Skep terug in die pan waarin die ui gebraai is, geur met sout en peper.
Klits die eiergeel liggies en voeg by die ertjiemengsel. Roer deur.
Haal van die stoof af en los om af te koel en te stol.
Sprinkel sout en peper aan die binnekant van die tamaties.
Skep lepelsvol ertjiepulp in die tamatie holtes.
Sit die “dekseltjies” van die tamaties op en steek vas met ‘n tandestokkie.
Bak in ‘n gesmeerde oondvaste bak by 180ºC vir 10 min.
Die tamaties moet nog ferm wees
Verwyder die dekseltjies en steek ‘n olyf in elke punt van die tandestokkie.
Bedien dadelik.

Foto en resep:  Wilma Josey Venter




JENNIFER’S CHICKEN LIVER AND BACON PATE

Chicken liver and bacon patetested
JENNIFER’S CHICKEN LIVER AND BACON PATE
2 x 250 g tubs of chicken livers, cleaned
5 rashers bacon, fat removed
1 medium onion
2 cloves of garlic
salt and black pepper (Be careful not to add too much salt, as the bacon is salty, so add it last)
1 teaspoon dry white wine / ½ teaspoon brandy, optional
50 g of butter
250 ml tub of cream

Gently fry the onions and garlic in the butter until tender.
Half fry the bacon and remove the fat.
Add the chicken livers and all other ingredients, except for the cream, and fry until the livers are cooked.
Stir in the cream and warm it through.
Taste for flavouring.
Take off the stove and allow cooling for about 20 minutes.
You now need a grinder or liquidizer.
Liquidize small amounts at a time and place into a dish.
When last amount has been liquidized, place in the dish and stir.
Decant into smaller containers and once cooled, pour melted butter over the top, just to cover. This seals the pate and allows it to last longer. Refrigerate.
Recipe and photo: Jennifer Weir‎




WILMA SE HAPPIETERT

WILMA SE HAPPIETERT
WILMA SE HAPPIETERT
2 rolle skilferkorsdeeg
1 sakkie tamatiepasta
1 geklitste eier
½ groen sopetrissie
Handvol sampioene
1 middel grootte ui
1 pakkie “Bits’o’bacon
250 ml gerasperde cheddar kaas
Min sout en swartpeper
Braaispeserye
Knoffel
Rissiepitte

Stel oond op 160ºC. Smeer ‘n bakplaat wat ‘n sirkel van 30 cm in kan pas.
Haal die deeg uit die pakkies uit. Sit dit in die bakplaat, sit ‘n grootbord op die deeg en sny ‘n sirkel uit elke rolletjie.
Daar gaan deeg oorbly. Hou dit eenkant.
Smeer tamatiepasta op die onderste deeg sirkel. Maak dit toe met ‘n klam doek.
Braai nou die spek, uie, groen soetrissie en sampioene in ‘n pan en roerbraai in klein bietjie olyf olie tot gaar.
Geur met sout, peper, braaispeserye, knoffel en rissiepitte na smaak en laat vir nog so 2 minute braai.
Sit die mengsel op die onderste deeg bo-op die tamatiepasta en sit die tweede deeglaag bo-op.
Sit nou ‘n glas in die middel van die deeg en merk die sirkel af. Moenie deursny nie. Hou die glas daar en sny nou die deeg in skywe, soos vir ‘n koek van die middel by die glas af. Draai elke skyfie twee keer ‘n die rondte. Dis bietjie morsig.
Druk die punte stewig vas, smeer met eier en bak tot goudbruin en gaar. Wanneer gaar, breek af van die middel af en geniet met ‘n slaai of net so as ‘n versnappering.
Die deeg wat oorbly – Smeer met tamatiesous, strooi kaas oor en bak in ‘n warm oond. Wanneer gaar, sny in vingers of in blokkies en bedien as versnappering of ligte ete .

Resep en foto: Wilma Josey Venter